Hallo almal
Ek herinner julle aan ons Tafelberg Disa-stap eerskomende Saterdag (17 Februarie). Ek het besluit om die roete te verander en met Nursery Ravyn op te stap en met Skeleton Gorge af te kom . Ons gaan rustig stap en hou by die pas van die stadigste stapper. Ek voel meer gerus om ons motors by Kirstenbosch te los as by Constantianek.
Ek het uit ‘n betroubare bron verneem dat die Disas besonder mooi is vanjaar. Ek hoop dat hulle nog sal vasbyt tot ons hulle gesien het.
Neem saam: Hoed, ten minste 2 liter water en energie-drankies, energiestafies of ander eetgoed na keuse. Verkieslik moet jy nie die water op die berg drink nie. Dra stewige stapskoene, en moenie jou kamera of selfoon vergeet nie.
R30.00 brandstof donasie indien jy saam met iemend gaan ry.
Ons ontmoet om 06:00 op die parkeerterrein tussen die Stellenberg NG Kerk en die BP Diesstasie, waar ons saamrygeleenthede gaan reël.
Groete
Mariana
*******************************************
Mariana Delport
DEDT registered Cultural and FGASA Level 2 Field Guide,
Tel.: +27 21 919 2282
Mobile : +27 82 460 4847
E-mail : m...@cape-ecotours.co.za
Web : www.cape-ecotours.co.za
Facebook : http://www.facebook.com/mariana.delport
Jammer, ek het vergeet van die R10.00 adminfooi wat ook betaalbaar is.
Groete
Mariana
*******************************************
Mariana Delport
DEDT registered Cultural and FGASA Level 2 Field Guide,
Tel.: +27 21 919 2282
Mobile : +27 82 460 4847
E-mail : m...@cape-ecotours.co.za
Web : www.cape-ecotours.co.za
Facebook : http://www.facebook.com/mariana.delport
--
Jy het hierdie boodskap ontvang omdat jy ‘n lid is van die Google Groep "Stellenberg Stappers" .
Indien iemand by die groep wil aansluit, stuur ‘n e-pos aan stellenberg-sta...@googlegroups.com
As jy die groep wil verlaat, stuur ‘n e-pos aan stellenberg-stap...@googlegroups.com
Vir meer opsies, besoek die groep by http://groups.google.com/group/stellenberg-stappers?hl=af
---
You received this message because you are subscribed to the Google Groups "Stellenberg Stappers" group.
To unsubscribe from this group and stop receiving emails from it, send an email to stellenberg-stap...@googlegroups.com.
For more options, visit https://groups.google.com/d/optout.