Liewe Carlie
Ek het gedink ek moet darem bietjie gesels met jou, en jou sommer op hoogte bring van my lewe…
Maar eerstens: hoe gaan dit met jou? En met die Akademie?
Ek is nou reeds 3 weke ‘n inwoner van Bloemfontein. Ek ervaar dit (in elk geval tot dusver) as baie positief. Ek is met soveel dinge besig: moes die Sondag 2 dae na ek arriveer het reeds aflos op orrel bd Hervormde gemeente in Langenhovenpark; vandag en verlede Sondag moes ek die volledige diens in die Lutherse Kerk waarneem (!!) (dit verg baie meer kophou met al die rituele en gebare). Maar dit was ‘n baie positiewe en lekker ervaring; veral om die preke uit te werk.
Verder het ek gister my 1ste oefening van die “Rahpsody Orchestra” bygewoon: dis ‘n amateurorkes bestaande uit ‘n “mixed bag” van spelers. Die dirigent is baie knap (Heinrich Lategan); ek speel omdat hulle altviole nodig het, maar ook omdat dit my help om mense in Bloem te leer ken.
Verder is ek gevra om in die volgende konsert vd FSSO (Vrystaatse Simfonieorkes) te speel.
Ek probeer ook om ‘n paar seuns by Grey LS te akkommodeer vir viool (beginners), maar op die oomblik is dit ‘n stryd om die rooster uitgewerk te kry. -En ja: dis nie iets wat ek uit vrye wil sou gedoen het as ek geldelike gemoedsrus gehad het nie – maar ek moet maar enige werksgeleentheid aangryo, en “I will give it my best shot.”
Dit het die afgelope paar dae lekker gereën in Bloemies, wat my maar net weer laat besef het dat ek die Hoëveldse weer 100X verkies bo die Boland s’n…
Anyway, laat dit met jou goed gaan
L,L