Crying after afternoon nap

3 views
Skip to first unread message

Louis Kerswill

unread,
Aug 27, 2007, 12:47:49 AM8/27/07
to willi...@googlegroups.com

Hi,
My ws son, 3, cries continuously after his afternoon nap. Has anyone had a similar experience.

Thanks
Louis

Louis Kerswill

unread,
Aug 27, 2007, 12:49:10 AM8/27/07
to willi...@googlegroups.com
HI Louis
Henri skree ook soms vir geen goeie rede wanneer hy na 'n slapie wakker word.  Dit gebeur nou baie minder, hy slaap omtrent nooit meer in die dag nie.  Ek het gevind dat dit gebeur wanneer hy nie heeltemal die die hele slaap siklus gegaan het nie en verward was wanneer hy wakker word.  Soms het sy gunsteling storie vir 'n rukke op die TV gehelp, maar ook nie altyd nie, dit was baie uitputtend. Hy het op 'n tyd (seker vir 'n maand lank) elke nag met 'n benoude gil wakker geword en dan het dit omtrent 'n uur geneem om hom weer te kalmeer en aan die slaap te kry.  Ek het opgelees daaroor en tot die gevolgtrekking gekom dat dit iets soos night terror of iets soortgelyk is, wanneer jou brein meer wakker as jou lyf is.  My senuwees was omtrent gedaan.  Hy het dit lanklaas gedoen, dankie tog.
Hoe gaan dit met Zander?
Ek dink ons almal wens daar was bietjie meer van 'n goeie resep om resultate en vordering uit ons kinders te kry, maar met Williams kinders is dit beslis nie die geval nie, dit voel soms of ek leeg is van idees en planne!!
Het jy en Suzy al "The Strangest Song" deur Howard Lenhoff gelees? Dit gaan oor sy dogter Gloria (WS) wat nou al 50 is. Dit inspireer my ongelooflik en ek voel vir die eerste keer in 'n lang tyd weer opgewonde oor die versteekte potensiaal ( al neem dit baie werk om te verwesenlik) binne elke WS kind.  Ek kon identifiseer met so ongelooflik baie daarin.  Ons speel nou elke dag klavier, trekklavier en kitaar (ek is nie 'n virtuoso nie, maar ek kan darem als in C sonder kruise en goed  speel), en al lyk dit soms nie so nie, is ek oortuig dat dit wel 'n indruk maak. En dis lekker vir ons almal, musiek is sowaar 'n universele taal.  Henri praat steeds nie, ek hoop hy kan op 10 darem 'n sinnetjie maak.  Se darem al Pappa as hy vir Jacques sien, so dit is darem vordering.
 
Ek hoop julle vind 'n oplossing vir Zander se gehuil, dit is baie moeilik om elke dag deur so iets te gaan, ek het werklik simpatie met julle!!!!!!!!!
Sterkte
Tanja

Louis Kerswill <Louis.K...@intecbilling.com> wrote:

Ready for the edge of your seat? Check out tonight's top picks on Yahoo! TV.

magda

unread,
Aug 28, 2007, 3:37:46 AM8/28/07
to Williams-sa
Louis, Johan was nooit 'n huil "baba", wissel mos van WS tot WS kind,
maar wat ek wel geleer het, is dat hy nagmerries kry (WS) en dat hy
onseker en bang is. Ons het na sy hartoperasie 'n chicco-ster(baba-
nagliggie) gekry wat ek altyd in sy kamer brand. In plaas van huil,
het hy dan bed natgemaak tot op ouderdom twaalf en 'n half, tot drie
keer in 'n nag. Was is die ergste? Vra maar die mas wat al die duvet's
en matrasse moet skoon kry. Maar dit sê vir my dat hulle geweldig angs
het (tipies WS) en ons nie werklik kan verstaan wat deur hul gemoed
gaan nie. Omdat hulle "missing genetic material" het, sekere geheue
kaarte ontbreek en moet met tyd, diksels baie tyd, gebou word - het
hulle baie angs wnt hulle kan nie situasies om hulle verstaan en kan
ook nie vertel hoe hulle voel, wat hulle beleef en dit jaag hulle rond
wanneer hulle slaap. Dit is algemeen dat WS (groot en klein) steeds in
die nag by ouers kom inkruip, nagmerries jaag hulle op/versteur die
slaap. Ek het ook op 'n stadium Johan se slaap in die dag weggevat,
maar geleer dat hulle dan in werklikheid nog moër bed toe gaan en
deur die nag slegter slaap. WS-kinders word gouer moeg as ander a g v
"missing elastin gene". Johan het van 5 jaar kleuterskool toe gegaan
( 8 - 12) en net drie keer 'n week (baba-klas 3 - 5 jariges). Ek het
hom gestuur vir stimulasie en sosialisering, hy het storietyd,
versies, liedjies en konserte so geniet. Maar ook dit wat in dag met
hulle gebeur lei weer tot nagmerries. Ek het aktiwiteite voor slaaptyd
afgeskaal tot bad en leestyd, nie goed wat hom ogewonde of onsteld kan
laat voel nie. Lekker leestyd, beter slaappatroon so probeer aanhelp.
Het jy al DIFFERENT MINDS gelees (Robert Finn)? Ons kinders dink en
voel werklik anders.

Hoop dit help al 'n bietjie - ons het so 'n ver pad met Johan geloop.

Magda Coetzee
Ma van Johan (13 WS)

On Aug 27, 6:47 am, "Louis Kerswill" <Louis.Kersw...@intecbilling.com>
wrote:

> > Louis- Hide quoted text -
>
> - Show quoted text -

Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages