Opsomming van hoe die 'group' werk

0 views
Skip to first unread message

Louis Kerswill

unread,
Aug 29, 2007, 1:38:19 AM8/29/07
to willi...@googlegroups.com

Hi Almal,
Hierdie is net 'n mail om op te som hoe die groep werk.
Basies is almal wat die mail kry reeds geregistreer by die williams-sa groep. Al wat dit maar beteken is dat as iemand 'n vraag het oor enige-iets waarmee ander williams ouers kan help, stuur net 'n mail aan:

willi...@googlegroups.com
Wat dan gebeur is dat alle ander williams ouers die mail kry. As iemand iets wil se oor die vraag, reply net soos gewoonweg op die mail. Weereens kry almal dan die email. Op die manier kan mens net 'n oog hou  op die mails wat inkom en kyk wat van toepassing is, maar alle vrae en antwoorde word aan almal gestuur.

Wat gebeur tesame met die emails wat heen en weer gestuur word is dat die emails 'versamel' word op die website:
http://groups.google.com/group/williams-sa?hl=en

Dit beteken dat as iemand emails mis of eers later aansluit kan hulle na die website gaan en die alles emails daar sien.

Gewoonlik 'subscribe' mens deur 'n email te stuur na:
williams-s...@googlegroups.com
Maar ek het sommer vir Lidia en Aletta self bygevoeg. (So dis nie vir julle nodig nie)
Baie dankie Magda, Wanita en Tanja wat so fluks boodskappe pos, en vir Tanja wie se idee die 'group' was.
Groete vir eers
Louis

Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages