Goeienaand lesers,
Rethie van Niekerk is ‘n predikant by die NG Kerk Somerstrand in Port Elizabeth, waar sy haar bes probeer om uit die moeilikheid te bly en terselfdertyd die Here se wil te doen. Die gemeente se website kan hier [www.ngkerksomerstrand.co.za] besoek word, of by Klema [www.klema.co.za], hul “nuwe gemeente ontwikkeling”. Somerstrand se droom / visie is om met vreugde te lewe en met liefde te dien vanuit ‘n vaste geloofsverbintenis met Jesus Christus, ons Hoof.
Laurie skryf oor Rethie se oordenking:
Dis seker vanselfsprekend dat 'n mens die afwesigheid van intimiteit in die winter nog meer intens aan jou lyf voel. Dit laat jou weer besef hoe wreed en onprakties die onnatuurlike afsnyding daarvan is. Daarmee wil ek nie ontken dat daar ook mense is wat kies om nie seksueel aktief te wees nie of wat nie verhoudingsmense is of hulleself in verhoudings bevind nie. Ds Rethie van Niekerk van Somerstrand NG-gemeente in Port Elizabeth, skryf ons oordenking hierdie week oor die natuurlikheid van ons begeertes en hoe die Gees ons daardeur lei. Sy gee praktiese riglyne oor wat kuisheid en reinheid eintlik beteken met verrassende gevolgtrekkings.
Julle terugvoer, soos gewoonlik, is welkom, en kan aan ons gestuur word by vuurk...@live.com.
Gaan lees ook verdere terugvoer oor die afgelope week hier.
Geniet hierdie vars leesstof, en geniet die res van die naweek.
Groete,
JOHAN D. STRYDOM
Posbus 1299, 6330, JEFFREYSBAAI | PO Box 1299, 6330, JEFFREYS BAY
086 591 3326 (Faks | Fax)
jdst...@telkomsa.net
| jdst...@live.com
SKYPE: jdstrydom | MSN: jdst...@telkomsa.net
http://vuurkairos.wordpress.com
This message is
for the named person's use only. It may contain confidential, proprietary
or legally privileged information. No confidentiality or privilege is
waived or lost by any mistransmission. If you receive this message in
error, please immediately delete it and all copies of it from your system,
destroy any hard copies of it and notify the sender. You must not,
directly or indirectly, use, disclose, distribute, print, or copy any part of
this message if you are not the intended recipient.
P Please consider the environment before printing this e-mail