Goeienaand leser,
Die vreemde weer wat ons beleef, het heelwat mense platgetrek met een of ander vorm van verkoue/griep – so ook ons bydraer wat Sondag se oordenking sou skryf. Ons wens haar ‘n spoedige beterskap toe.
Ek herpubliseer vir Sondag ‘n oordenking wat redelik vroeg nadat VuurKairos sy deure oopgegooi het, verskyn het. “’n Narratief: Liggaan en Siel” is deur Barnard Steyn geskryf, en verwoord ook in ‘n groot mate ons doelstelling hier by VuurKairos – om liggaam en gees as eenheid te sien.
Ek vertrou dat julle die herlees hiervan net soos ek sal geniet.
“’n Narratief: Liggaam en Siel” kan hier gelees word: http://vuurkairos.wordpress.com/2009/08/15/n-narratief-liggaam-en-siel/
Beste wense vir ‘n lekker naweek, drink julle Vit C-pilletjies, en draai die serpe twee maal om jou nek om die koue uit te hou.
Warm groete,
JOHAN D. STRYDOM