Naandsê lesers,
Dit is asof ek hier by die kus al die Lente in die lug kan ruik! Hoe ongelooflik dat mens in sulke tye weer opnuut krag kry om projekte aan te pak en dinge te doen terwyl jy stadig maar seker wakker word vanuit ‘n winterslaap?
Van projekte gepraat: die gemeente waar ek tans orrelis is, bied op 23 Augustus ‘n “Songs of Praise”-geleentheid aan met die titel “Lofsing die Here – loof Hom met ‘n duisend stemme”. As jy in die omtrek is, word jy hartlik uitgenooi om hierdie geleentheid te kom bywoon. Meer inligting hier: http://vuurkairos.wordpress.com/2009/08/07/lofsing-die-here-loof-hom-met-n-duisend-stemme/
Ek steek ook vanaand ‘n devosiekers aan vir ‘n spesiale vrou in my lewe wat ‘n besonderse pad saam met haar kind gestap het. Lees dit hier: http://vuurkairos.wordpress.com/2009/08/08/n-devosiekers-vir-tannie/
Ons kry daagliks met soveel ideologieë te doen – kapitalisme, seksisme, sosialisme om maar net ‘n paar te noem. Gaan lees gerus my oordenking, “’n Gesondmaak-ideologie in ‘n stukkende tyd” aan die hand van Matteus 14 hier: http://vuurkairos.wordpress.com/2009/08/08/n-gesondmaak-ideologie-in-n-stukkende-tyd/
Julle terugvoer, soos gewoonlik, word waardeer. Skryf vir ons by vuurk...@live.com
Groete!
Johan Strydom
Liewe Lesers,
‘n Paar stukke wat julle dalk interessant mag vind:
‘n Kerk voor die regbank: ‘n herbesoek aan 11 – 13 Augustus 2008. Lees meer oor my ervaring in die jaar na afloop van die hofstaak teen Moreletapark. http://vuurkairos.wordpress.com/2009/08/12/n-kerk-voor-die-regbank-n-herbesoek-aan-11-13-augustus-2008/
Laurie skryf: Die Kaap se strate was toe ons s’n Vrydagoggend. Ek het stadigaan Afrika se ritme deur my lyf voel tintel soos ons vir Zoliswa Nkonyana ge-“march”het. Dit was lekker om ‘n mens se hele lyf in die ding te sit en ek dink dat ek in die vervolg meer gereëld gaan toyi-toyi om van my frustrasies ontslae te raak! LEES MEER: http://vuurkairos.wordpress.com/2009/08/11/solidariteit/
It is widely known that member states of the Southern African Development Community (SADC) and the African Union (AU) have blatantly homophobic laws. In countries such as Uganda, Zimbabwe and many others, members of the Lesbian, Gay, Bisexual and Trans (LGBT) community are imprisoned, tortured and murdered because of their sexuality. READ MORE: http://vuurkairos.wordpress.com/2009/08/11/put-homophobiahomosexuality-on-the-sadcau-agenda/ and sign the petition here http://www.gopetition.com/petitions/homosexuality-on-the-sadc-au-agenda.html
Die stof oor die sinodebesluit van die Gereformeerde Kerk sowat vyf weke gelede oor vroue in die amp, het nog nie gaan lê nie. Sekere Doppergemeentes het egter anders besluit. Wat vir my opvallend was van dié artikel, was die hart van Johan Fleischman wat gesien kan word in die onderhoud. Ek wil myself verstout om te vra hoe ver dié denominasie nog moet stap om ook gay lidmate in die amp toe te laat. Gelukkig is daar Johan Fleischmans daar buite wat vir ons hoop gee… LEES MEER: http://vuurkairos.wordpress.com/2009/08/09/die-anderster-dopperdominee/
Groete,
Johan Strydom