NUWE INHOUD

2 views
Skip to first unread message

Johan D. Strydom

unread,
Sep 18, 2009, 10:29:34 AM9/18/09
to vuurk...@googlegroups.com

Liewe leser/Dear Reader

 

Die naweek is voor die deur, en ons hoop dat dit vir julle ‘n aangename een sal wees!

 

NUWE INHOUD NOU AANLYN OM TE LEES:

 

Sondag se oordenking is deur Hennie Pienaar geskryf. In  “Waar is jou stem?” vra Hennie die vraag:  “Is jou stem gedoof omrede jy nie heteroseksueel is nie?” 

 

Die volgende hoofstuk in uit OOR GAY WEES, “Die ontwikkeling van ‘n gay oriëntasie” is nou beskikbaar.  Dankie aan Lidia Theron wat gehelp het met die tikwerk.  As jy ‘n tydjie beskikbaar het om te help tik aan die hoofstukke, stuur asseblief vir ons e-pos by vuurk...@live.com

 

Nadat ons die onderhoud met prof. Pierre de Vos geplaas het (“Jou belange:  In gesprek met prof. Pierre de Vos”) het ons heelwat kommentaar ontvang van ons lesers.  Ons plaas sommige van hierdie komentaar hier by “Ons lesers skryf”.

 

SLUIT AAN BY ONS FACEBOOK-GROEP:  VuurKairos

Stuur aan ons jou e-pos adres as jy in kennis gestel word elke keer as hierdie blad opgedateer word by vuurk...@live.com

Laat hoor van jou! 

 

Groete

Johan Strydom

 

Johan D. Strydom

unread,
Sep 22, 2009, 4:27:10 PM9/22/09
to vuurk...@googlegroups.com

Liewe Leser / Dear Reader

 

Die derde in die Woensdag-reeks uit die pen van Barnard Steyn handel oor “Vreemdelinge”.  Hy skryf dat die ou Keltiese Christene van “dun plekke” gepraat het waar God en mens mekaar kan ontmoet.  Om vreemdelinge te ontmoet, kan ook ontmoetings met God wees.  “Woensdag-meditasie:  Vreemdelinge

 

Dankie vir julle kommentaar en brieweLees meer oor wat ons lesers skryf/dink.

 

Beer Adriaanse skryf dat om uit te vind dat jou heel beste mansvriend gay is, nogal ontstellend is.  Jy voel verraai en baie selfbewus as iemand so naby jou skielik vir jou laat weet dat daar ‘n kas is waarvan jy nie bewus was nie, en dat hulle in die proses is om daaruit te tuimel.  Gaan lees hoe Beer Adriaanse op komiese wyse hierdie onderwerp hanteer:  “Ek is ‘n ‘faghag’ sonder ‘n ‘gaydar’”.

 

Stuur aan ons jou e-pos adres as jy op ons versendingslys geplaas wil word wanneer die blad opgedateer word by vuurk...@live.com .

Jy word vriendelik genooi om deel te neem aan die gesprekke en kommentaar te lewer.  Bereik ons by vuurk...@live.com .

 

Sluit gerus aan by ons Facebook-groep:  VuurKairos

 

Groete!

 

Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages