Liewe lesers,
Weens verpligtinge by my gemeente is hierdie vir my ‘n kort week, en daarom word Sondag se oordenking alreeds vandag geplaas. Rethie van Niekerk het geen bekendstelling nodig nie. Sy het al voorheen vir ons ‘n oordenking geskryf (“Kuisheid herbesoek”), en hierdie week skryf sy oor “’n Stem teen geweld”. Sy vra onder meer die belangrike vraag: Wat doen ons met die woede en die behoefte aan wraak waarmee ons dikwels leef?
Meer oor Rethie (in haar eie woorde!): Rethie is ‘n predikant by die NG Kerk Somerstrand in PE waar sy haar bes probeer om uit die moeilikheid te bly en terselfdertyd die Here se wil te doen. Gaan lees Rethie se oordenking by http://vuurkairos.wordpress.com .
Daar is ook twee interessante artikels geplaas: “Cape Town diocese requests pastoral guidelines for gay members” en “IAAF vra om verskoning vir sy hantering van Semenya-saak” .
Ek sluit hierdie kort briefie af met twee goed: ‘n Teksvers wat iemand vir my aangestuur het, en ‘n gebed wat ek êrens raakgelees het – my verskoning aan die skrywer daarvan: ek kan nie onthou wie jy is nie, of waar ek jou raakgelees het nie, en gee graag erkenning as ek jou, of jy my, opspoor!
Kolossense 1: 16 & 27
16 God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op die aarde is: alles wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan word nie, konings, heersers, maghebbers, gesagvoerders. Alles is deur Hom en vir Hom geskep.
27 God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe seënryk en heerlik hierdie geheimenis vir die nasies is. Die inhoud daarvan is: Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid.
Vandag wil ek sommer net by U kom rus en vra dat U my die regte prioriteite sal wys. Sal U my help onderskei tussen die dinge wat regtig saak maak en die dinge wat die wêreld ons probeer voorskryf? Ja, help my om te weet wat vir U belangrik is.. Maak huis skoon met my, Here. Verwyder die selfopgelegde eise in my oorvol lewe en leer my om sommer net U kind te wees.
Groete,
JOHAN D. STRYDOM
Posbus 1299, 6330, JEFFREYSBAAI | PO Box 1299, 6330,
JEFFREYS BAY
+27 (0)42 296 1073 | +27 (0)72 724 9600 | 086 591 3326 (Faks |
Fax)
jdst...@telkomsa.net | jdst...@live.com
SKYPE: jdstrydom | MSN: jdst...@telkomsa.net
http://vuurkairos.wordpress.com
This message is for the named person's
use only. It may
contain confidential, proprietary or legally privileged information. No
confidentiality or privilege is waived or lost by any mistransmission. If
you receive this message in error, please immediately delete it and all copies
of it from your system, destroy any hard copies of it and notify the
sender. You must not, directly or indirectly, use, disclose, distribute,
print, or copy any part of this message if you are not the intended recipient.
P Please consider the environment before printing this e-mail