NUWE LEESSTOF

4 views
Skip to first unread message

Johan D. Strydom

unread,
Sep 5, 2009, 6:19:03 PM9/5/09
to vuurk...@googlegroups.com

Goeienaand liewe leser,

Nuwe lewe is so ongelooflik, en alhoewel ons dit soms aan ’n spesifieke datum koppel, soos in die afgelope week met Lentedag, laat die vuur en oomblik (VuurKairos?) hom nie vasvang in ’n spesifieke datum en tyd nie!

 

Meer oor hierdie week se leesstof:

 

Wat gedoen as jy voel dat jy van jou vrede beroof word?  Wat gemaak as jy gekwets word?  Neem jy wraak?  Lees Andre Smith se oordenking, SHALOM, hier:  http://vuurkairos.wordpress.com/2009/09/05/shalom/

 

Hennie Pienaar is ’n Kliniese Pastorale Terapeut, en het onder meer studeer in Rational Emotive Behavioral Therapy.  Gaan lees meer hier:  http://vuurkairos.wordpress.com/2009/09/05/hennie-pienaar-clinical-pastoral-therapist/

 

Laurie bied ’n Taizé-diens aan:  Sondagaand, 6 September.  Vir meer besonderhede, lees hier:  http://vuurkairos.wordpress.com/2009/09/02/laurie-gaum-taize-diens-n-g-kerk-pinelands/ . (Sou dit graag wou bywoon Laurie!)

 

Gepraat van nuwe lewe:  ek het vanaand groot opgewondenheid beleef toe ek die DVD ontvang het van die spesiale Lofprysingsdiens (“Lofsing die Here – Loof Hom met ’n duisend stemme) wat ons in die N.G. Gemeente, Kareedouw, aangebied het.  Vir my het hierdie DVD ook op dieper vlak betekenis as “reisdokument” die afgelope paar jaar.  Om meer te lees, en bestellings te plaas, volg hierdie skakel:  http://vuurkairos.wordpress.com/2009/09/05/dvd-lofsing-die-here-loof-hom-met-n-duisend-stemme/ .  Ondersteun asseblief ons gemeente se musiekfonds deur hierdie projek.  ’n Voorskou kan hier gesien word:  http://www.youtube.com/watch?v=XZRMVGifAKM

 

Om mee af te sluit ’n Seëngroet (http://vuurkairos.wordpress.com/2009/09/05/n-seengroet/ ) wat ek graag volledig hier vir julle plaas:

 

As jy nie kan slaap nie, weet dat God jou op Sy skoot gaan tel hierdie week, en Hy gaan vir jou ‘n wiegeliedjie sing.

As jy onrustig is, weet dat Hy sy hand op jou skouer gaan sit, en jou gaan deel maak van sy ballade.

As jy alleen is, weet dat Hy sy arms om jou gaan slaan, en Hy gaan vir jou die hoogste lied sing van die liefde.

As jy treur, weet dat Hy vir jou gaan troos.

En omdat dit waar is sê ek vir jou:

die GENADE van die Here Jesus Christus,

die LIEFDE van God,

en die SAGTE HAND van sy Gees,

sal met elkeen van ons wees.

-          Ds. Kobus Bohnen, Sondag 23 Augustus 2009

 

Groete,

Johan Strydom

 

Johan D. Strydom

unread,
Sep 8, 2009, 5:50:05 PM9/8/09
to vuurk...@googlegroups.com

Liewe leser,

 

Vars leesstof!

 

Barnard Steyn is leraar van die N.G. Gemeente Joubertina hier in die Oos-Kaap, en het ‘n aantal meditasies aan VuurKairos beskikbaar gestel wat ons oor die volgende paar weke op Woensdae sal plaas.  Die ou Keltiese Christene het van “dun plekke” gepraat waar God en mens mekaar ontmoet.  Met dit as sentrale tema, skryf hy o.a. vir ons oordenkings oor hierdie besonderse plekke waat ons God kan ontmoet: kuns, die natuur, vreemdelinge, gedigte, voedsel, films en stilte.  Die eerste meditasie/oordenking kan hier gelees word:  http://vuurkairos.wordpress.com/2009/09/08/woensdag-meditasie-kuns/

 

Daar is min dinge so lekker in die lewe as om ‘n potlood te vat en iets in ‘n boek te onderstreep omdat jy dit wil onthou en later wil gebruik.  Gaan lees drie aanhalings hier:  http://vuurkairos.wordpress.com/2009/09/08/quotes/

 

Julle sal onthou dat dr. Jean du Plessis aan VuurKairos toestemming verleen het om sy boek, “Oor Gay Wees” gratis aan ons lesers beskikbaar te stel.  Die eerste hoofstuk, “Wat is homoseksualiteit”, kan hier gelees word:  http://vuurkairos.wordpress.com/2009/09/08/oor-gay-wees-wat-is-homoseksualiteit/

Julle deelname en kommentaar op hierdie hoofstukke sal waardeer word.

 

Groete tot later in die week!

 

JOHAN D. STRYDOM

 

 

JOHAN D. STRYDOM
Posbus 1299, 6330, JEFFREYSBAAI | PO Box 1299, 6330, JEFFREYS BAY
086 591 3326 (Faks | Fax)
jdst...@telkomsa.netjdst...@live.com
SKYPE:  jdstrydom  |  MSN: 
jdst...@telkomsa.net
http://vuurkairos.wordpress.com
 
This message is for the named person's use only.  It may contain confidential, proprietary or legally privileged information.  No confidentiality or privilege is waived or lost by any mistransmission.  If you receive this message in error, please immediately delete it and all copies of it from your system, destroy any hard copies of it and notify the sender.  You must not, directly or indirectly, use, disclose, distribute, print, or copy any part of this message if you are not the intended recipient.

P Please consider the environment before printing this e-mail

 

 

Johan D. Strydom

unread,
Sep 12, 2009, 1:39:24 PM9/12/09
to vuurk...@googlegroups.com

Gegroet!

 

Hierdie week het dit weer opnuut aan my duidelik geword hoe die geestelike en liggaamlike saam funksioneer binne ons samelewing en die dampkring van ons ervaringswêreld.  Ek hoop dat julle dit ook in die inhoud sal sien wat hierdie week op VuurKairos geplaas is:

 

Laurie steek ’n devosiekers op vir ’n vriend wat hy aan die dood moes afstaan:  http://vuurkairos.wordpress.com/2009/09/10/n-devosiekers-vir-bertus/

 

Die volgende hoofstuk van dr. Jean du Plessis se boek, Oor gay wees – Hoe algemeen kom homoseksualiteit voor? – is geplaas:  http://vuurkairos.wordpress.com/2009/09/11/oor-gay-wees-hoe-algemeen-kom-homoseksualiteit-voor/

 

Die NILC maak geluide dat daar herbesin moet word oor sogenaamde liberale wetgewing wat gay huwelike insluit:  http://vuurkairos.wordpress.com/2009/09/11/mailguardian-reports-zumas-new-god-squad-wants-liberal-laws-to-go/

 

Marietjie van Loggenberg skryf ’n pragtige stuk, “Met Caster Semenya op die Waterberge”,  in antwoord op die Caster Semenya-sage wat in Kerkbode verskyn:  http://vuurkairos.wordpress.com/2009/09/12/met-caster-semenya-op-die-waterberge/

 

Ons lesers skryf en lewer kommentaar:  http://vuurkairos.wordpress.com/2009/09/12/ons-lesers-skryf/

 

Onthou dat julle nou die DVD, “Lofsing die Here – Loof Hom met ‘n duisend stemme” hier (vuurk...@live.com) kan bestel:  http://vuurkairos.wordpress.com/2009/09/05/dvd-lofsing-die-here-loof-hom-met-n-duisend-stemme/

 

“Shattered by Death:  Embarking on the Journey of Grief” is hierdie Sondag se oordenking (http://vuurkairos.wordpress.com/2009/09/12/shattered-by-death-embarking-on-the-journey-of-grief/)

 

 

 

Laurie skryf ‘n bietjie meer daaroor, en stel Eugene Mouton aan ons bekend:

 

Liewe vriende/ Dear friends

 

Soos wat die Caster Semenya-saak die afgelope tyd toenemend ontvou, raak ek bewus van hoe broos ons as mense in ons samestelling en in ons menslikheid is. Dit is tragies dat mense se liggame, seksualiteit en geslagtelikheid dikwels die slagveld word waarop allerhande oorloë hulleself afspeel. 

 

Eugene Mouton wat as 'n AGS-pastoor opgelei is en werksaam is by die Universiteit van Johannesburg, reflekteer hierdie week oor die weerloosheid wat hy in sy eie lewe ervaar het toe die dood van geliefdes sy pad gekruis het. Hy moedig ons aangrypend aan om, in die woorde van Rainier Maria Rilke, die vrae van die lewe self te lewe en lief te hê. Lees lekker saam!

 

Please read our meditation this week in English by Eugene Mouton, trained as an AFM pastor and working at the University of Johannesburg.

 

 

 

SLUIT AAN BY ONS GROEP OP FACEBOOK:  VuurKairos

 

Groete,

Johan Strydom

 

 

 

Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages