You do not have permission to delete messages in this group
Copy link
Report message
Show original message
Either email addresses are anonymous for this group or you need the view member email addresses permission to view the original message
to
Haai julle, ek wil gou vir julle ietsie vertel. Met ons terug vlieg na SA gaan ons toe na ons huis in Phalaborwa. My seun wou sy hare sny voordat hy universiteit toe gaan en ons gaan toe na 'n seker haarkapper - Cliff's Haarkapper. Dit is sekerlik die mooiste manssalon wat ek nog gesien het of miskien is ek so bietjie agter wat dit aanbetref. Hier by ons is nie sulke mooi winkels nie. Dit is 'n haarkapper met al die rugbyspanne asook die bokke se wapens ens. Binne is vanaf 1963 se rugby foto's, getekende truie en so meer. Ek het my verkyk aan alles. hahaha maar wat ek eintlik wil vertel is dat toe ons die salon ingaan het my oog die mooiste woorde opgemerk. Bo-aan die deur staan... 'REAL MEN FOLLOW JESUS'. Wow, ek het so tuis gevoel in daardie salon, self die haarkapper lyk amper soos Kobus Wiese. hahahaha. Dis die vriendelikste persoon wat ek nog gesien het en boonop baie christelik. As julle ooit eendag in daardie geweste gaan doen moeite en gaan kyk hoe sy plekkie lyk.
Ek het sommer fotos geneem want dis nie aldag dat 'n mens so iets moois sien nie.