Is Hy jou Blydskap?

2 views
Skip to first unread message

Michelle Wentzel

unread,
Dec 6, 2010, 2:40:04 AM12/6/10
to Voetspore

Click Me!
Mattheus 2
 

In hierdie hoofstuk, vind ons die geskiedenis van Jesus se babatyd. Hier vind on hoe vroeg in sy lewe Hy begin swaarkry het, en dat in Hom die Woord van Geregtigheid vervul sal word, voordat Hyself Geregtigheid sou vervul.

I. Die wyse manne se soektog na Christus

 

Mat.2:1-8

1

En toe Jesus te Betlehem in Judéa gebore is, in die dae van koning Herodes, het daar wyse manne uit die Ooste in Jerusalem aangekom

2 en gesê: Waar is die Koning van die Jode, wat gebore is? Want ons het sy ster in die Ooste gesien en gekom om Hom hulde te bewys.

3 En toe koning Herodes dit hoor, was hy ontsteld en die hele Jerusalem saam met hom;

4 en hy het al die owerpriesters en die skrifgeleerdes van die volk bymekaar laat kom en by hulle navraag gedoen waar die Christus gebore sou word.

5 En hulle het vir hom gesê: Te Betlehem in Judéa, want so is daar deur die profeet geskrywe:

6 En jy, Betlehem, land van Juda, is volstrek nie die geringste onder die vorste van Juda nie, want uit jou sal 'n leidsman voortkom wat vir my volk Israel 'n herder sal wees.

7 Toe het Herodes die wyse manne in die geheim geroep en hulle na die tyd van die ster se verskyning uitgevra;

8 en hy het hulle na Betlehem gestuur en gesê: Gaan doen noukeurig ondersoek na die Kindjie, en as julle Hom vind, laat my weet, sodat ek ook kan gaan en Hom hulde bewys.

 

II. Die wyse manne se opgewondenheid toe hulle uitvind waar Hy was

Mat.2:9-12

9 En nadat hulle die koning aangehoor het, het hulle vertrek. En kyk, die ster wat hulle in die Ooste gesien het, gaan voor hulle uit totdat hy kom en bly staan Bo-oor die plek waar die Kindjie was.

10 En toe hulle die ster sien, het hulle hul met baie groot blydskap verheug.

11 En hulle het in die huis gegaan en die Kindjie by Maria, sy moeder, gevind en neergeval en Hom hulde bewys. Daarop maak hulle hul skatte oop en bring vir Hom geskenke: goud en wierook en mirre.

12 En omdat hulle in 'n droom 'n goddelike waarskuwing ontvang het om nie na Herodes terug te keer nie, het hulle met 'n ander pad na hul land teruggegaan.

 Neem kennis:  Hierdie gedeelte wys duidelik dat daar nie 3 wyse manne was nie. Gaan ons terug in die geskiedenis, Dan leer ons dat wyse manne in groepe tussen 50 en 500 beweeg het. Neem ook kennis dat dit heidenne was wat eerste hulde gebring het aan Jesus en Hom erken het as die Koning van alle konings! Hier leer ons dat wanneer 'n mens 'n ontmoeting met Christus gehad het, jy nooit weer dieselfde kan wees nie. Jy kan nie terugkeer na die ou dinge nie. Jy gaan vorentoe met die wete dat Hy jou verander het.

 

III. Christus se vlug na Egipte, om die wreedheid van Herodes te ontvlug

Mat.2:13-15

13 En toe hulle teruggegaan het, verskyn daar 'n engel van die HERE in 'n droom aan Josef en sê: Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en vlug na Egipte, en bly daar totdat ek jou sê; want Herodes gaan die Kindjie soek om Hom dood te maak.

14 Hy het toe opgestaan, die Kindjie en sy moeder in die nag geneem en na Egipte vertrek.

15 En hy was daar tot die dood van Herodes, sodat die woord vervul sou word wat die Here gespreek het deur die profeet: Uit Egipte het Ek my Seun geroep.

Soms beland ons ook in Egipteland. Waarom? As nuutgebore kinders van die Here, is ons tog maar net babas. Eers moet ons leer kruip en Dan loop. Babas leef van melk. Vaste spys is vir volwassenes. Daarom moet ons mooi kyk na baba-christene. Hulle voed met melkkos, op die regte tyd sak die Here hulle roep om hulle bedieninge vol te staan en te doen wat Hy beplan het.

 

IV. Die barbaarse moord op die babas

Mat. 2:16-18

16 Toe Herodes sien dat hy deur die wyse manne mislei was, het hy baie woedend geword en gestuur en in Betlehem en in al die omstreke daarvan al die seuntjies van twee jaar en daaronder laat ombring, ooreenkomstig die tyd wat hy van die wyse manne uitgevra het.

17 Toe is vervul wat deur Jeremia, die profeet, gespreek is toe hy gesê het:

18 'n Stem is in Rama gehoor: rouklag en geween en groot gekerm; Ragel beween haar kinders en wil nie vertroos word nie, omdat hulle daar nie meer is nie.

Dis hartverskeurend om te dink dat iemand 'n baba kan doodmaak.  Hieruit kan ek net sê ons moet versigtig wees wat ons vir baba-christene leer. Te veel vaste spys te vroeg kan hulle net seermaak en wegdryf van Jesus af. Ongelowiges veral word deur die duiwel gebruik om die 'babas' te vernietig. Dis hartseer om te weet dat hy dit regkry.

V. Christus se terugkeer uit Egipte

Mat.2:19-23

19 En ná die dood van Herodes het daar 'n engel van die Here in 'n droom aan Josef in Egipte verskyn

20 en gesê: Staan op, neem die Kindjie en sy moeder, en gaan na die land van Israel; want hulle is dood wat die lewe van die Kindjie gesoek het.

21 En hy het opgestaan, die Kindjie en sy moeder geneem en in die land van Israel gekom.

22 Maar toe hy hoor dat Archeláüs oor Judéa koning was in die plek van sy vader Herodes, was hy bevrees om daarheen te gaan. En hy het 'n goddelike waarskuwing in 'n droom ontvang en na die streke van Galiléa teruggekeer.

23 En hy het gaan woon in 'n stad met die naam van Násaret, sodat vervul sou word wat deur die profete gespreek is, dat Hy Nasaréner genoem sou word.

Soms stuur die Here ons lewens in rigtings waar ons wonder wat ons daar soek. Vir ons maak dit nie sin nie, maar iewers in jou hart het jy die vrede dat dit net tydelik van aard is en dat God jou weer daaruit sal roep.

Luister ons nog werklik na Sy stem? Jaag ons gedagtes weg wat Hy juis daar geplaas het, net omdat dit nie by ons raamwerk pas nie? Liewe vriend en vriendin, raak vandag stil en kyk of jy is waar Christus jou wil hê. Is jy in Egipteland? Hou moed en weet dat Hy jou op die regte tyd daaruit sal roep. Wat het jou daar laat beland? Was dit werklik God of het jy weens verkeerde keuses self daar beland? Weet net, wat ookal die rede, God is getrou, Hy sal jou daardeur help. Hou moed en vind jou vreugde in Hom.

 

Groete in Christus

Michelle W

Russell Wentzel
 
Michelle Wentzel
 
FREE Christmas Animations for your email – by IncrediMail! Click Here!
1.jpg
SENDER_EMAILwentzel@@almal@gmail@@com.png
2.jpg
xmas_tree_en.gif
Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages