Hey Julle
Ons gaan vir ons afsluiting Dirty Dancing kyk op Saterdag, 17 November 2012. Ons gaan die 15:00 vertoning kyk en dan na die tyd by my huis braai en kuier. Dirty Dancing is opsioneel, maar die kuier (so vanaf 18:30) is verpligtend… ons het 'n nuwe groebestuur wat ingelyf moet word :-D Mwuhahaha…
Die koste van die vertoning is vanaf R100 tot R400 – maar ons kyk na die R100 – R200 sitplekke…
Die kuier is 'n bring en braai. Bring vleis, drank en swemklere. Daar sal een of twee bykosse wees. Daar is ook oorslaap geriewe vir die gene wat daarvan gebruik wil maak.
Laat weet my teen Woensdag, 31 Oktober 2012 of jy wil gaan Dirty Dancing kyk – ek gaan Donderdag die bespreking maak en ek gaan nie ekstra plek bespreek nie.
Lekker dag!
Willem