Hi Almal
Hier is my voorstelle vir die volgende punte wat nie gefinaliseer was by die byeenkoms nie. Se asseblief of julle saam stem of nie?
· Werksverdeelings
Ek is gemaklik hiermee.
· Program
18:00 Aandete (Opskeppers en tafelgebed?)
Laaste voorbereidings en grimering (Wie gaan diens doen tydens ete en wie gaan nie daar wees nie?)
Ek sal verkies as tannie Johanna en Esme nie hoef op te skep nie. Net ons help met porsies en leiding. Meeste van die staatmakers sal besig wees om reg te maak en gemake-up te word. Ons kan dalk die offesiere hier in span.
Willem de Jager het aangebied om die tafelgebed te doen.
19:30 Nagmars Inligtingsessie (Wie?)
Ek dink Ruan en Jean moet hierdie fasiliteer, Marnette, Willem en Karin kan hulle help waar nodig.
00:00 Milo (Kombuis)
Is die nie ook n punt vir die nagmars nie?
Een van die bemande punte?
00:00 Wagstaan beurt 1 begin (wie?)
02:00 Wagstaan beurt 2 (wie?)
04:00 Wagstaan beurt 3 (wie?)
Dit is bietjie moeilik om hierdie te doen voor ons weet presies watter staatmakers is almal by die nagmars en wie gaan moontlik na die nagmars ry. Ek voel dat almal moet staan, al is daar meer as 3-4 staatmakers wat wagstaan. (Daar is wel individue wat ek voel nie moet staan nie, ek sal dit wel met Pieter wat verantwoordelik is vir die indeling bespreek)
06:30 Maak Verkenners wakker (wie?)
Kampadjudant is oor die algemeen verantwoordelik vir die wakker maak van die hele kamp. Die Veldkornette moet hom net help om seker te maak alle verkenners is wakker en staan op. Ek sal seker maak dat al die staatmakers wakker is, sodat ons nie weer n geval het soos laas jaar nie.
07:00 Ontbyt (Opskeppers en tafelgebed?)
Die offesiere kan weer opskep of die staatmakers wat nie besig is met ander take nie
Verkenners pak op (Ruan, San-Mari en Jean)
08:00 Verkenners vertrek
Kamp word afgeslaan (almal)
Help toerusting terugry, was en wegpak – Willem se huis
Die is vir my n baie belangrike punt. Hierdie is almal se plig. Ek weet ons almal gaan moeg, en gatvol wees teen daai tyd. Dis hoekom ALMAL moet kom help hiermee. Dit sal nie regverdig wees om te verwag dat net n handjie vol saam met die bestuur en Willem dit doen nie. Dit is wat in die verlede elke keer gebeur het, en dit is verkeerd.
Sien julle almal more 12:00 by die terrein.
Lekker Dag
Karin
--
You received this message because you are subscribed to the Google Groups "Sweepslag Staatmakers" group.
To unsubscribe from this group and stop receiving emails from it, send an email to sweepslag+...@googlegroups.com.
To post to this group, send email to swee...@googlegroups.com.
Visit this group at http://groups.google.com/group/sweepslag.
For more options, visit https://groups.google.com/d/optout.