Fwd: Fakkels en Vlae – ’n Unieke Geleentheid!

2 views
Skip to first unread message

Willem Scholtz

unread,
Apr 29, 2014, 4:28:50 AM4/29/14
to swee...@googlegroups.com
Hi Julle

Soos ons by die byeenkoms bespreek het, het ons ’n tema / boodskap per week, vir elke wee, tot en met die PD Seremonie Naweek:

Week 1: Fakkels en Vlae: Bekendstelling van die PD Seremonie Naweek en Sweepslag se credibility (die boodskap hieronder)
Week 2: Wat ons aanbied: Meer detail oor wat ons aanbied vir ons belangegroepe (PDs, Ouers en Kommando’s)
Week 3: WIIFM: Hoekom moet PDs die geleentheid bywoon? Wat gaan hulle kry?
Week 4: Die eksklusiewe aanbod: Die geleentheid om deel te neem aan die vlagseremonie tydens die jaarlikse Irene Kampkerkhof herdenking

Ons bemarkingstrategie, in kort, vir die PD Seremonie Naweek is:
  • Rona gaan die onderstaande boodskap aan al die kommandoleiers en AKL Administrasie in Transvaal stuur.
  • Sosiale Media:
    • WP het ’n video gemaak wat gepubliseer moet word
    • Ian gaan help met ’n paar prentjies om die belangstelling te prikkel
    • Sweepslag Staatmakers moet om die beurt oor die PD Seremonie Naweek praat op al wat ’n groep en bladsy is - hoe meer, hoe beter!
  • Kommando Besoeke:
    • Almal wat by kommando’s kan uitkom, moet asseblief ’n draai by hulle gaan maak en met die Gr. 5, 6 en 7 praat oor hierdie geleentheid.
  • Spanoffisiere:
    • Petro sal ’n lys van alle Gr. 5, 6 en 7 spanoffisiere in die hande probeer kry.
    • Petro sal die amptelike boodskappe direk aan hulle stuur.
  • Transvaal Poslys:
    • Rona sal die amptelike boodskappe laat uitstuur op hierdie poslys.
  • Sweepslag webblad:
    • Alreeds opgedateer met die nodige inligting
    • Elektroniese inskrywingsvorms is alreeds beskikbaar
  • Oordbestuurvergadering:
    • Pieter sal die vergadering bywoon en die PD Seremonie Naweek net weer onder die aandag van die oordbestuur bring.
  • eHouKoers
    • Willem sal kyk of ons ’n ’n artikel in die volgende eHouKoers kan kry (wat net voor die PD Seremonie Naweek gepubliseer word).
  • Pamflette
    • Cecilia sal kyk of ons pamflette kan laat maak en uitdeel by ander GGA’s.

Lekker dag!
Willem

Begin forwarded message:

From: Willem Scholtz <willem....@telkomsa.net>
Subject: Fakkels en Vlae – ’n Unieke Geleentheid!
Date: 29 April 2014 at 10:12:00 CAT
To: Rona Schöder <blomm...@ymail.com>

Geagte Ouer / Voog / Spanoffisier / Veldkornet / AKL Administrasie / Kommandoleier

Sweepslag Staatmakers bied in 2014 met trots aan: Fakkels en Vlae – Sweepslag Staatmakers se PD Seremonie Naweek.

Sweepslag Staatmakers is al meer as 15 aaneenlopende jare betrokke by die aanbied van hierdie PD Seremonie Naweek. Dit het in 1998 begin as ’n afrondingsgeleentheid vir Voorslag kandidate van Oord Hennops (wat toe later Oord Monument geword het). Oor die volgende paar jare het Sweepslag Staatmakers hierdie aktiwiteit ontwikkel in ’n volwaardige kentekendag, wat toegewy is aan seremonies. Gr.5, 6 en 7 Penkoppe en Drawwertjies kom van heinde en verre om Spanseremonies en Seremonies by Sweepslag Staatmakers te kom doen.

Sweepslag Staatmakers spesialiseer in ’n verskeidenheid van seremonies en die aanbieding daarvan. Van Sweepslag se lede was onder andere betrokke by die seremonies van die 2001, 2005, 2009 en 2013 kongresse, die 75 jaar Feeskamp en die jaarlikse Irene Kampkerkhof herdenking (vanaf 2000). Daar is al bykans 1000 Penkoppe en Drawwertjies deur Sweepslag Staatmakers se hande by hierdie unieke PD Seremonie Naweek.

2014 se Sweepslag PD Seremonie Naweek beloof om hope pret te wees. Dit bied elke Penkop en Drawwertjie die geleentheid om te leer hoe om uitnemende seremonies te benader, te beplan en uit te voer. Ons gaan leer van tradisionele vlagseremonies, netjiese drilwerk, verskeie maniere van hoe om ’n vlag te versorg, die aanwending van hulpmiddels (onder andere vlae, vuur, fakkels, kleur en musiek), ons sal ook kyk na hoe mens emosionele effek skep om van tradisionele geleenthede, unieke onvergeetlike seremonies te maak…

Sweepslag Staatmakers se PD Seremonie Naweek is ’n OGA (oord goedgekeurde aktiwiteit) van Oord Monument en tel 4 ABC punte (dieselfde as ’n GGA). Moenie jou Penkoppe en Drawwertjies hierdie geleentheid ontneem nie, stuur hulle na Fakkels en Vlae – die Sweepslag Staatmaker PD Seremonie Naweek.

Sperdatum vir Inskrywings:
Woensdag, 14 Mei 2014

Registrasie:
Vrydag, 23 Mei 2014 vanaf 18:00

Afsluiting:
Satedrag, 24 Mei 2014 om 17:30

Koste:
R 150 per Penkop / Drawwertjie
R100 per Volwasse Meeloper

Kursusse:
Gr. 5 - Spanseremonies (B)
Gr. 6 en 7 - Seremonies (B)

Plek
Polsslag Voortrekkers se Kommandosentrum (Gloverlaan 264, Lyttelton, Centurion)

Vir meer inligting besoek asseblief Sweepslag Staatmakers se webblad by: http://transvaal.staties.co.za/sweepslag/pd_seremonie_naweek.htm

Vriendelike Sweepslag Groete

Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages