Fwd: Stembrief en prosedure vir Gebiedskakeldraer

1 view
Skip to first unread message

Willem Scholtz

unread,
Sep 10, 2014, 3:47:07 AM9/10/14
to swee...@googlegroups.com
Beste staatmaker,
 
Vind aangeheg die stembrief vir die verkiesing van die gebiedskakeldraer. Vergewis jouself asseblief van die volgende prosedure:
 

1.      Lees en volg die instruksies asseblief noukeurig.

2.      Bring jou stem uit deur ‘n kruisie in die blokkie teenoor die kandidaat se naam te maak.

3.      Epos:

a.     “Save as” die volledige stembrief in pdf-formaat. Die pdf formaat is ‘n kontrole om te voorkom dat aan die elektroniese stembrief verander kan word. Moenie enige persoonlike inligting op die stembrief aanbring nie.

b.    Alternatiewelik kan die dokument gedruk en weer na pdf geskandeer word.

c.     Dui jou lidnommer; naam; van en kommando/groep in die epos se “onderwerp” veld aan. Die persoonlike inligting in die “onderwerp” veld word slegs gebruik om die naam van die stemgeregtigde op die kontrole lys af te merk. Hierdie aksie dien as ‘n “handtekening” van die stemgeregtigde.

d.    Alle epos stemme moet na zan...@voortrekkers.org.za gestuur word teen 19:00 opWoensdag 10 September 2014.

4.      Die stembrief word vanuit die epos gedruk; opgevou (toegevou) en in die houer met ander stembriewe geplaas.

 

5.      Persone kan ook tussen 16:00 en 19:00 op Woensdag 10 September 2014 hul stem by die Boerplek uitbring. In hierdie geval moet die stemgeregtigde die kontrole lys teken en sy stembrief in die houer met ander stembriewe plaas.

 

6.      Aangesien elke staatmaker ‘n stem het, moet 75% van die stemgeregtigdes se stembriewe ontvang word alvorens die stembriewe oopgemaak en getel kan word. Die getal handtekeninge op die kontrole lys word gerekonsilieer met die getal toegevoude stembriewe. Sodra die vereiste minimum getal stembriewe ontvang is; sal die stembriewe oopgevou en getel word.

 

7.      Stemgeregtigdes moet hulself beskikbaar hou tot en met 22:00 indien ‘n Tweede of Derde stemming nodig is.

 
Baie dankie
 
Zandra Machin
Adjunkgebiedsleier:  Volwasse Sake
Stembrief en prosedure.docx
image004.png
Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages