Verandering van datum van Tafelberg Disa- stap

3 views
Skip to first unread message

Mariana

unread,
Jan 26, 2018, 3:36:40 PM1/26/18
to stellenber...@googlegroups.com

Hallo almal

Ek moes ongelukkig die datum van ons Tafelberg Disa-stap verander as gevolg van ‘n verpligting waaruit ek nie kan ontsnap nie.  Die nuwe datum is ‘n week later, naamlik Saterdag, 17 Februarie 2018.

 

Ons ontmoet om 07:30  op die parkeerterein tussen die Stellenberg NG Kerk en die BP diens-stasie.  Nadat ons saamrygeleenthede gereël het vertrek ons na Constantia-Nek waar ons die motors parkeer.  Ons stap dan rustig via die Jeep Track tot by die Waterwerke museum.  Hier kan ons ‘n bietjie rus en iets eet. Dan stap ons op langs die stroompie waar ons Rooi Disas behoort te sien.  ‘n Entjie verder, in die AquaDuct behoort daar baie Disas te wees,  Ek hoop om ook hier die klein Blou Disa  te sien.  Op hierdie punt kan ons besluit of ons verder aan gaan stap,  in die rigting van die kabelspoostasie of terugdraai na die motors toe.

 

Ons ontmoet om 07:30 by Stellenberg kerk waar ons saamry geleenthede sal reel.   Bring asb genoeg drinkwater en ander vloeistof saam (ten minste 2 liter vloeistof per persoon) asook genoeg te ete vir die dag.   Bring ook beskerming teen son en wind. Ons behoort teen 16h00 weer terug te wees by die kerk.

 

Koste per persoon:    

Adminfooi:      R10

Brandstof donasie:    R40 (betaalbaar aan persoon saam met wie jy ry)

Geen toegangs-gelde nie

 

Laat weet asb vir my indien julle belangstel om saam te stap.    Dit is regtig ‘n pragtige stap.

Groete

Mariana

***********************

Mariana Delport

DEDT registered Cultural and FGASA Level 2 Field Guide,

Tel.: +27 21 919 2282

Mobile : +27 82 460 4847

E-mail : m...@cape-ecotours.co.za

Web : www.cape-ecotours.co.za   

Facebook : http://www.facebook.com/mariana.delport 

 

 

Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages