Engelse Fort Franschhoek - 04 November 2017

2 views
Skip to first unread message

Joan Killian

unread,
Oct 26, 2017, 6:20:17 AM10/26/17
to stellenber...@googlegroups.com
Beste stappers

Neem kennis dat die stap na die Engelse Fort by Franshhoek wat tentatief aangegee is vir 28 Oktober verskuif na 4 November.   Ek hoop nie dit verontrief julle te veel nie.

Ons begin by dieselfde plek as die Bergriviernek stap maar stap in die rigting van die Theewaterskloofdam.  Daar is 'n effense bundubash al langs die stroompie maar bereik weer 'n duidelike voetpad wat ons tot by Fortsnek vat.  Hiervandaan is daar pragtige uitsigte oor die dam en Franschhoek.

Ons kom 07h00 by Stellenbergkerk bymekaar waar ons saamrygeleenthede sal reël.   Sorg vir genoeg te ete en drinke asook die nodige t.o.v. veranderde weersomstandighede

Die stapafstand is 14km
Gradering is 3A   ('n mate van redelike fiksheid word verlang)
Ryafstand:   56km
Brandstofbydrae:   R40
Admin koste:   R10

Indien jy belangstel om saam te stap, kan julle my kontak per epos of telefoon

Stapgroete


Joan Killian
Mobile:  084-504-6876




Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages