Beste stappers
Neem kennis dat die stap van Saterdag wat ons by Franshhoek sou gedoen het verander na Dassieskasteel by Silwermyn. Jaco wat die stap sou gelei het, het ongelukkig ander verpligtinge en vra verskoning dat hy dit nie kan maak nie. Ek en Mariana het besluit om weer vir julle na Dassieskasteel te neem. Ek kan regtig die stap aanbeveel met baie mooi uitsig oor bv Noordhoek/Kommetjie in die begin, Muizenberg strand, Fals baai, Kalkbaai en Vishoek asook die rots formasies.
Ons neem die Kaapse weg en op die top van die Kaapse weg aan die linkerkant is die parkeerarea waar die roete begin (tweede ingang na Silvermyn). Met die huidige droogte wat die Kaap teister sal ons nie gelukkig wees om water by die waterval te kry nie.
Ons kom 07h00 by Stellenbergkerk bymekaar waar ons saamrygeleenthede sal reël. Sorg vir genoeg te ete en drinke, veral water!!! Ook die nodige t.o.v. veranderde weersomstandighede
Die stapafstand is ± 14km
Gradering is 2B ('n mate van redelike fiksheid word verlang)
Ryafstand: 98km
Brandstofbydrae: R50
Admin koste: R10
Indien jy belangstel om saam te stap, kan julle my kontak per epos of telefoon
Ek hoop almal wat gereageer het op die Engelse Fort sal hierdie stap mee maak.
