Tulbgh veld en wingerd stap - 19 Mei 2018

4 views
Skip to first unread message

m...@cape-ecotours.co.za

unread,
May 10, 2018, 6:41:47 PM5/10/18
to stellenber...@googlegroups.com

Hallo almal

Stellenberg Stappers stap weer Saterdag, 19 Mei 2018 die gewilde Wingerd & Veld stap vanaf Theuniskraal, Tulbagh.  Dit is ’n baie gemaklike sirkelroete stap van wynplaas tot wynplaas, met opsionele wynproe by elke stop.  Vanjaar is daar ook die moontliheid om op pad van  Moniki se tuisgemaakte sjokolade te proe en koop. 

Koffie en beskuit is beskikbaar voordat ons begin stap, en heerlike sop en broodjies as ons klaar gestap het.  Al hierdie verversings is opsioneel maar moet vooraf bespreek word.  Julle kan die besprekings via my doen.  Die inkomste hieruit gaan vir projekte vir die plaaswerkers. Ek sal binnekort laat weet wat die kostes vir die sop en broodjies is.

 

Ons ontmoet om 07h00 op die parkeerterryn tussen die Stellenberg N.G. Kerk en die BP garage, waar ons   saamrygeleenthede reël.  Kontak asb. vir my by 021 919 2282 0f 082 460 4847 / of  m...@cape-ecotours.co.za ) vir meer besonderhede en om te bespreek.  Dit is noodsaaklik om vooraf te bespreekk indien jy koffie en beskuit en/of sop  en broodjies wil hê sodat hulle kan weet vir hoeveel mense om voor te berei.

Brandstof donasie indien jy saam met iemand ry: R75 per persoon

Admin fooi: R10

Kontak my gerus indien jy meer inligting verlang.

 

Sorg vir voldoende beskerming teen wind en sonbrand en neem genoeg vloistof saam.

 

Groete

Mariana

*************************

Mariana Delport

DEAT registered Cultural and FGASA Level 2 Field Guide,

specialising in Birding and Botanising

Tel.: +27 21 919 2282

Fax : +27 86 698 8390

Mobile : +27 82 460 4847

E-mail : m...@cape-ecotours.co.za

Web : www.cape-ecotours.co.za   

 

m...@cape-ecotours.co.za

unread,
May 16, 2018, 4:10:14 PM5/16/18
to m...@cape-ecotours.co.za, stellenber...@googlegroups.com, Lesinda Pretorius

Hallo almal.

Ek herinner julle aan ons wyn-roete stap by Tulbagh eerskomende Saterdag, 19 Mei 2018.  Ons ontmoet om 07:00 op die parkeerterryn tussen die Stellenberg N.G. Kerk en die BP garage, waar ons   saamrygeleenthede reël.

Brandstof donasie indien jy saam met iemand ry: R75 per persoon.

Admin fooi: R10

Ek kon geen antwoord kry by Moniki vir die sjokelade proe of koop nie.  Ons kan daar aandoen en kyk of  sy daar is.  Miskien is haar telefoon net buite werking.  Dit is ‘n kort entjie van pad af.

Ons stap-roete is ± 10 km lank en ons kan by verskeie wynkelders aandoen.  Ek stel voor dat ons by die Tulbagh Kelder, Saronsberg en Twee Jonge Gezellen kelders stop voordat ons weer terug is by Theuniskraal.    Daar kan ons vir oulaas wyn proe en iets eet.

 

Wat die opsionele eet- en drinkgoedgoed by Theuniskraal betref:  Die vrou wat dit aanbied het die opsies bietjie eenvoudiger gemaak:

  • Oggend by aankoms:  Koffie / tee met broodjie of beskuit @ R40.00 p.p
  • Middag as ons klaar gestap het:  Twee soorte sop met broodjie @ R50.00 p.p
  • Beide ontbyt en middag ete @ R75.00 per persoon.

 

NB: Kontak asb. vir my by 021 919 2282 0f 082 460 4847 teen nie later nie as Donderdag, 16:00 om jou  eet- en drinkgoed te bespreek.

Kontak my ook gerus indien jy meer inligting verlang.

Sorg vir voldoende beskerming teen wind en sonbrand en neem genoeg vloeistof saam.

Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages