Ons stap op Saterdag, 7 Oktober 2017 in die Fernkloof Natuurreservaat by Hermanus. Die totale afstand sal ± 15 km wees. Die geskatte tydsduur is ± 5 tot 6 uur. Fernkloof bied van die mooiste uitsigte in die Wes-Kaap, en die Fynbos behoort nou op hul mooiste te wees.
Ons ontmoet om 07:00 op die parkeerarea tussen die Stellenberg Kerk en die BP diensstasie, waar ons saamrygeleenthede sal reël. Ons hoop om teen 09:00 by Fernkloof te wees. Dié wat direk daarheen wil ry, kan ons om 09:00 by die geboutjie waar die blomme vertoon word, ontmoet. Dit is die verste punt in die reservaat tot waar jy met die motor kan ry. Daar is ook toiletgeriewe. Neem genoeg te ete en drinke, asook beskerming teen wind en koue.
Toegang is gratis. ‘n Admin-fooi van R10.00 per stapper is betaalbaar. Ons stel ’n brandstofdonasie van R100.00 per persoon wat saamry, voor. Dit is direk betaalbaar aan die eienaar van die motor saam met wie jy ry.
Bevestig asb. aan my indien jy saam gaan.
Groete
Mariana
***********************
Mariana Delport
DEDT registered Cultural and FGASA Level 2 Field Guide,
Tel.: +27 21 919 2282
Mobile : +27 82 460 4847
E-mail : m...@cape-ecotours.co.za
Web : www.cape-ecotours.co.za
Facebook : http://www.facebook.com/mariana.delport
Hallo almal
Neem asb kennis dat die Fernkloof stap van 7 Oktober gekanselleer word as gevolg van te min belangstelling.. Die volgende stap is die Sosyskloof-stap op 21 Oktober, wat deur Ivan gelei word. Sien sy kennisgewing van hierdddiestap (aangeheg)
Groete
Mariana
***********************
Mariana Delport
DEDT registered Cultural and FGASA Level 2 Field Guide,
Tel.: +27 21 919 2282
Mobile : +27 82 460 4847
E-mail : m...@cape-ecotours.co.za
Web : www.cape-ecotours.co.za
Facebook : http://www.facebook.com/mariana.delport