Sea Farm /Hangklip stap - 24 Maart 2018

1 view
Skip to first unread message

m...@cape-ecotours.co.za

unread,
Mar 16, 2018, 4:18:37 AM3/16/18
to Stellenberg Stappers Google Groep

Beste Stappers

Ons stap Saterdag 24 Maart by Sea Farm tussen Hangklip en Bettiesbaai. Ons stap vanaf Hangklip om die vuurtoring in die rigting van Bettiesbaai en terug langs min of meer dieselfde roete. Die afstand kan deur die stappers bepaal word. Dit is 'n maklike roete al langs die kus met pragtige see en bergtonele.

 

Ons ontmoet om 7:00 agter die Stellenberg NG Kerk waar saamrygeleenthede gereël sal word. Toegang is gratis. Die voorgestelde  brandstofdonasie is R75 en die adminfooi R10. Sorg vir voldoende beskerming teen wind en sonbrand en neem genoeg eet en drinkgoed saam.

 

Laat weet asseblief vir Mariana Delport by m...@cape-ecotours.co.za   / 082 460 4847 as jy gaan saam stap.  Jy kan ook vir ons stapleier,  Martin Wooding kontak by mater...@gmail.com  / 084 510 6514 indien jy meer inligting oor die staproete wil hê.

 

Onthou hierdie belangrike inligting wat asb in jul stapsakke moet wees

1.  Mediese Lidkaart

2.  Telnr en naam van kontakpersoon in geval van 'n ongeluk 

3.  'n Fluitjie

 

Groete

Mariana

 

*******************************************

Mariana Delport

DEDT registered Cultural and FGASA Level 2 Field Guide,

Tel.: +27 21 919 2282

Mobile : +27 82 460 4847

E-mail : m...@cape-ecotours.co.za

Web : www.cape-ecotours.co.za   

Facebook : http://www.facebook.com/mariana.delport 

 

 

Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages