Aankondigings vir 8 Augustus 2010

2 views
Skip to first unread message

Hannes Windell

unread,
Aug 6, 2010, 7:25:48 AM8/6/10
to sonh...@googlegroups.com

NG Gemeente Sonhoogte

8 – 15 Augustus 2010

Tiende Sondag in Koninkrykstyd

’n Gelowige behoort nie jou godsdiens en lewe van mekaar te skei nie. Die kern van Jesus se boodskap aan die mense van Sy tyd en die eeue daarna was dat God se koninkryk gekom het. Dié koninkryk het egter nie net in die hemel gekom nie, maar ook op die aarde. Op alle terreine van die lewe moet God se wil geskied en Sy Naam verheerlik word. Die manier waarop ons lewe sê altyd iets van ons godsdiens of gebrek daaraan.

Leesroostertekste

In Jesaja 1 spreek die Here Sy volk aan omdat hulle godsdiens beoefen sonder om dit deur hulle lewens te bewys.

In Lukas 12:32 e.v. praat Jesus met sy dissipels oor die sorge van die lewe. Hy vestig hulle aandag daarop dat die lewe belangriker is as besittings. Ons moet werk vir ’n skat in die hemel. Geloof is juis om dié skat te hê. Lees gerus wat Hebreërs 11:1-3 oor geloof sê.

 

Erediens

Jesaja 1

Om God te dien is meer as om Hom te dien.

Godsdiens is wonderlik en belangrik

Daar is nog meer!

Psalm 146; Lied 163; 232; 266; 532.

 

Bybelskool

Ds Hannes beplan om op Sondag 15 Augustus met ’n Bybelskool te begin. Dit sal om 18:00 begin en tot 20:30 duur.  Dit sal help met die voorbereidings as persone, wat belangstel hulle name aan ds. Hannes of die kerkkantoor kan deurgee. ALMAL IS WELKOM!

Program vir die week

Sondag      8 Augustus - Deurkollekte :  Sinodaal

                09:00     Erediens

                                Geen Kategese  (langnaweek)

                11:15     Volwasse Kategese

                18:00     Aanddiens    

Maandag      9 Augustus

                                Nasionale Vrouedag

Dinsdag      10 Augustus

                19:00     Dagbestuurvergadering               

Woensdag 11 Augustus

                09:00     Tabita – biduur

                19:00     Wyksbyeenkoms

Donderdag            12  Augustus

                19:00     Ouderlingtoerusting

Sondag        15 Augustus - Deurkollekte :  Vroue-aksie

                09:00     Erediens

                08:00     Kategese

                11:15     Volwasse Kategese

                18:00     Aanddiens

Tweedehandse klereverkope

Die somer is hier en tyd om klerekaste uit te sorteer! 

Sal u so gaaf wees om kinderklere, mansklere en damesklere te skenk vir ons verkope aan die einde van Augustus?  

Kontak: Janet Swanepoel

Basaar 4 September 2010

Oor minder as vier weke is die gemeente se jaarlikse basaar. Ons almal gaan dit ’n wonderlike gesellige gebeurtenis maak. Die diakens het reeds kollektelyste waarmee hulle vra vir bydraes. As jy lus is om by een van die tafels te help, gee asb. jou naam vir jou diaken of by ds. Hannes of Ansie of Hester.

Noodsaaklikheid van oefeninge vir bejaardes

‘n Seminaar word aangebied by Witfield Park Aftree-oord op 14 September 2010 vanaf 08:00 tot 12:00.  Die koste is R100.00 per persoon wat ontbyt en tee insluit.  Skakel Marita van der Walt by 011 826 2441 vir verdere besonderhede en registrasievorm.

 

Verjaarsdagwense

Baie geluk aan die volgende lidmate wat vandag en die komende week verjaar.  Mag julle die Here se seen en genade elke dag beleef en raaksien.

  8 Augustus                  Theo Jordaan;  Beatrix Smith

  9 Augustus                  Wally Wait;  Tiaan Grobler

10 Augustus                  Wanda Louw

12  Augustus                 Jacques Schultz;  Hennie Terblanche;  Kaitlin Troskie;  Ivan Bouwer

13 Augustus                  Bertie Wilson

14 Augustus                  Riaan Lange

Skoolbroodjies – Woensdag 11 Augustus 2010

Elize du Plessis, Ursula du Plessis en Mari-Lize Verster

                                                                                                              Baie dankie!

Voorbidding

Wees  boweal in jou gebede versigtig om God nie te beperk nie, nie net deur ongeloof nie, maar ook deur jou te verbeel dat jy weet wat Hy kan doen.  Verwag onverwagte dinge, ‘oneindig meer as wat ons bid of dink’.  Elke keer, voordat jy intree, word eers stil en aanbid God in sy heerlikheid  Dink aan jou plek en voorreg in Christus en verwag groot dinge!                           Andrew Murray

Persone in die hospital

Sr Wendy Rademan se baba, Natan, is in die Sunninghill Hospitaal,

Br Bonnie van der Linde van Northridgelaan, in Roseacres-hospitaal.

Ander persone en sake

Br Koos en sr. Nellie Bosch en br. Jack Hattingh in Witfieldpark,

Sr Jackie Bosman,

Sr Drieka Botha se suster Corrie,

Sr. Ivy de Lange, Eerstestraat 54,

Sr. Bettie de Wet, Haarlemstraat 9,

Sr Mollie de Wet, Haarlemstraat 21,

Sr Marie Erasmus, Sr. Daphne Gray, Sr. Gertjie Potgieter, Claude van der Merwe, Christa van Heerden en sr. Joy van Zijl van Solheim,

Sr Johanna Funchal, sr. Madelein Joubert se ma, Rigelstraat 21,

Davey Kolkota, Sesdelaan,

Sr. Anna Kotze van Bataviastraat, was vir ’n operasie,

Br Johannes Lessing, Korhaanstraat,

Br. Hannes en sr Hettie Louw, Sonkruin woonstelle,

Sr Tessa Louw se pa na ’n hartvatomleiding,

Nadine Nielsen, Van Riebeeckstraat 19,

Br Mike Odendaal, Mariana Odendaal se pa was vir ‘n heupoperasie,

Kyle Parkes,

Sr. Lydia Parkes, Associationweg 17,

Sr. Felicity Prins, Olympiastraat 37,

Die Richards-familie: Derrick Richards, Modelaine Janse van Vuuren, Amy Leigh Richards in ’n hospitaal in die Kaap,

Br. Francois Roelofse se suster, Hendrina, was vir ’n operasie,

Linda Solomon se broer, Rodney Roodt,

Janet Swanepoel het voorbidding gevra vir Duerell

Sr. Elise van Dorsten,

Sr. Drien van Rooyen, Skoollaan 77, gaan moontlik hospitaal toe

Sr. Natasha van Wyk, Vyfdelaan 11 se suster in Secunda,

Sr Rina Vermeulen, Vyfdelaan 6.

Ons bid vir Denemarke

Denemarke is die mees suidelike van die Skandinawiese land. Dit was eens die tuiste van die trotse Vikings wat ’n uitgebreide ryk in Noord-Europa  gehad het. Dit het ontwikkel as ’n welvarende land met ’n stabiele demokratiese regering. Die land behoort aan die Europese Unie.

Die land se ekonomie is uitvoer gerig en steun op dienste, ligte vervaardiging en landbou.

Bevolking

5,515,575.   95% is Deense burgers en 5% ander.  Die amptelike taal is Deens.

Godsdiens

Die land het volle godsdiensvryheid, maar die Lutherse kerk is die nasionale kerk. Die staat hef ’n kerkbelasting d.w.s. alle burgers dra ’n deel van hulle belasting by as befondsing van die kerke.

Godsdiens

Bevolking

Betrokkenes

Christene

85.85%

4,544,246

Ongodsdienstig

11.00%

582,256

Moslem

3.02%

159,856

Jode

0.13%

6,881

Sake vir gebed

Denemarke het werklik ’n herlewing nodig. Al is die persentasie christene so hoog woon minder as 5% mense eredienste by. Ongeveer 50% sê dat hulle nog daagliks bid.

Daar is verskeie predikante in die kerk wat baie ywerig werk om die gemeenskap te evangeliseer. Bid dat die Here hulle werk sal seën en dat die Heilige Gees in die lewens van die Dene sal werk.

Daar is baie trekarbeiders wat na die land kom. Dit is ’n wonderlike geleentheid om die evangelie ook aan hulle te bring. Bid vir die sendingwerk onder die Turke, Arabiere, Iraniërs en Albanese.

.

 

image001.png
Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages