Aankondigings Sondag 15 September 2013

1 view
Skip to first unread message

Hannes Windell

unread,
Sep 16, 2013, 7:07:44 AM9/16/13
to sonh...@googlegroups.com, hes...@abbeycon.co.za, Johann van der Merwe
Hieronder is die aangepaste aankondigings wat gister aangekondig is.
 

NG Gemeente Sonhoogte

Aankondigings :  15 September 2013

Sewentiende Sondag in Koninkrykstyd

Dit is al amper 2000 jaar sedert die evangelie die eerste keer verkondig is. Sommige van ons kan nie ’n tyd onthou wat ons nie geweet het van God en sy genade nie. Die boodskap van die evangelie met al die implikasies daarvan is al tientalle, dalk meer as 100, kere aan ons verkondig. Sommige van ons glo die evangelie, ander het opgehou om te glo, nog ander wonder nog of hulle wil glo.

Doen die komende week moeite om na te dink oor die manier waarop jy op die evangelie reageer. Watter invloed het jou reaksie op die evangelie op die manier waarop jy saam met jou gesin en kollegas werk.

 

Erediens

In die erediens ontmoet die Here sy gemeente. Mag jy gereed wees vir jou ontmoeting met Hom en mag Hy jou vandag seën.

 

Deurkollekte – Sondagskool

 

 

Leesroostertekste

Die twee tekste uit die Ou Testament, Jeremia 4:11-12 en 22-28 en Psalm 14, beklemtoon die Here se oordeel oor mense wat hardkoppig nie wil glo nie.

Die twee tekste uit die Nuwe Testament, Lukas 15:1-10 en 1 Timoteus 1:12-17, beklemtoon die wonder van God se genade in die evangelie. God red uit genade!

 

Ons bid vir die volgende lidmate vir ’n geseënde verjaardag en ’n jaar vol van die Here se goedheid

15/09     Tokkie Kruger 0118222855/0835049619; André Stroiz 0118287206.

16/09     Marnu Green 0795673432; Arnold Potgieter 0118283737; Elsie vd Linde.

17/09     Werner Cloete 0118221920.

19/09     Jan de Waal 0826329286; Christa Potgieter 0118283737.

20/09     Kosie Botha 0118284152/0829340211.

21/09     Sandra Jordaan 0788539507

 

Ons bid vir die siekes

Sr. Nellie Bosch is in Folateng;

Sr. Gertjie Potgieter, sr. Anna Roux, sr. Joy van Zijl en br. Bertie Wilson van Solheim;

Br. Koos Bosch, Witfieldpark; Kobus en Elmarie Deysel; sr. Judy du Preez; sr Sue Engelbrecht br. Arthur Fensham; br Henry Coetzee; br. Dawie Groenewald; Sr. Lydia Parkes; sr. Sus Prinsloo; br. Derrick  Richards; br. Koos Strydom; sr. Annatjie Wallis; Fanie Wassermann; sr. Riekie Wepener;

Ons bid vir familielede en vriende van lidmate:

Chrissie Breedt se suster, Frieda; Hermien de Villiers – Oom Koos Bosch se dogter; Herman Maree se broer, Frikkie; Amanda Podges se oom, Hansie Fourie; Linda Solomon se broer, Rodney Roodt; Duerell; sr. Ans Weyers se suster, Lettie v.d. Walt; Poppie en Boet Human.

Meegevoel

Sr. Sjoukje Oberholzer is Dinsdag oorlede. Ons bid haar kinders, Christa en Santie, familie en vriende die Here se vertroosting toe met hulle groot verlies. Die begrafnis het Vrydag reeds plaasgevind.

Ons bid vir Montenegro

Text Box:  Montenegro was vroeër deel van Joego-Slawië maar is sedert 2006 ’n onafhanklike republiek. Soos baie Balkanstate was ook dié land deel van die Ottomaanse ryk met Moslem-oorheersing. Die oorloë in Joego-Slawie het ook ’n effek op die land en sy mense gehad. Van die meer as 600000 inwoners is ongeveer 72% Christene en 20% Moslems.

Bid dat die kerk aan die Christene leiding sal gee, sodat daar ’n nuwe bewuswording van hulle geloof en die uitdagings van christenskap sal kom.

 

 

 

Byeenkomste

 

In Junie 2014 is Sonhoogte 60 jaar oud! – Maandag 18 September om 19:00 – almal met idees en wat betrokke wil wees by die beplanning vir die verjaardag is welkom by die vergadering.

 

Finansiële Kommissie –  Dinsdag  17 September om 19:00

 

Biduur – Woensdag  18 September om 19:00

 

Manneaand – Maandag 30 September vanaf 18:00 – alle manne is hartlik welkom.

 

 

Vakature – Koster

Die aansoeke vir die pos van koster sluit 15 September 2013. Mans sowel as dames is welkom om aansoek te doen vir die pos.

 

NG Sonhoogte – Bankbesonderhede

ABSA – Tjekrekening

Kode – 632005

Rekening Nommer 250590326

 

Woekerkoeverte

Baie dankie vir lidmate wat reeds hulle koeverte ingehandig het. Ons vra dat uitstaande woekerkoeverte so gou moontlik ingehandig word. Maak asb. seker dat u naam op die koevert aangebring is aangesien dit help met kontrole.  Baie dankie vir die entoesiasme en inisiatief waarmee hierdie projek aangepak is.

 

Nissies

Graag herinner ons die gemeente dat daar nissies beskikbaar is vir aankope.  Vertel gerus vir vriende en familie wat mag belangstel. Die prys is vanaf 1 September op met 10% na R1 815 per nissie.

 

Minimark – Saterdag 26 Oktober 2013.

Skenkings vir die Witolifanttafel word benodig. Kombuisware is ‘n goeie verkoper. Hou die kerkblaadjie dop vir items wat verkoop sal word.

 

Klereverkope

Ons maak weer gereed om klere te verkoop om  fondse te genereer.  Op hierdie stadium is die klerestoor leeg en vra ons of u weer so vriendelik sal wees om u kaste na die winter uit te sorteer vir mansklere, veral skoene , vroueklere  asook kinderklere.   Baie dankie.   Kontak   Janet Swanepoel 011 8287663 / 083773045

Solheim Tuiste vir Bejaardes beskik oor `n vakature vir `n Administratiewe Beampte so spoedig moontlik na 1 Oktober 2013.

Vereistes vir die pos behels die volgende:

·         Toepaslike boekhouding kwalifikasie met kennis en ervaring tot op proefbalansvlak

·         Rekenaargeletterdheid wat insluit Pastel

·         Afrikaans en Engels magtig

·         `n Geldige rybewys

·         `n Verstaan van en liefde vir Bejaardes

·         Bereidwilligheid om soms na-ure beskikbaar te wees vir bywoon van vergaderings

Vergoedingspakket is onderhandelbaar.

Belangstellendes kan aansoeke met volledige CV indien by die Bestuurder,  Sunstraat 62, Solheim, Germiston 1401

Aansoeke moet ingedien word voor of op 18 September 2013 om 12h00

Solheim sal nie verplig wees om alle aansoekers vir `n onderhoud te nooi of om `n aanstelling te maak nie. Indien `n aansoeker nie binne 5 dae na onderhoud terugvoer ontvang nie, moet aanvaar word dat die aansoek onsuksesvol was.

 

att5d1db.png
Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages