Onafhanklik van wie of wat? ;-)
Dis 'n term wat mens telkemale teëkom wanneer mense van die '94 verkiesing
praat.... ek wonder hoekom....
Niks fout daarmee nie as hulle rerig skuldig is aan moord kom dit hulle toe.
Hoogveraad? wat is dit? Dit klink soos 'n opgemaakte klag sodat hulle erger
straf kan kry as wat hulle oortredings regverdig.
Dan moes al jou ANC vrinne ook mos gehang het?
Maar dit laat jou nog steeds nie daaroor dink nie? Dat as die doodstraf
bestaan, dit vir allerhande dinge uitgedeel kan word?
Oor die doodstraf vir moord, hier in Engeland was daar nou onlangs 'n saak
waar 'n ou na 16 jaar in die tronk vir moord onskuldig bewys is deur DNA
toetse. As die doodstraf hier 'n opsie was was hy gehang. Daarvan gepraat,
nie lank terug nie is dit bewys dat iemand wat wel gehang is toe die
doostraf nog hier gegeld het ook onskuldig was. Die doodstraf gaan oor die
vraag of jy beskaafd is of nie. Die misdadiger mag dalk nie wees nie, maar
as jy die doodstraf toedien wat maak dit dan van jou?
Lorinda
Wat doen jy in daardie geval(le) waar daar onomwonde bewyse bestaan?
Daar is wel enkele onskuldige veroordeeldes - maar al die slagoffers was
onskuldig.
"Lorinda" <lor...@freint.fsnet.co.uk> wrote in message
news:bfbdej$3br$1...@newsg1.svr.pol.co.uk...
Die regter en die jurie was seker dat daar onomwonde bewyse bestaan het.
Inderdaad was al die slagoffers onskuldig, maar dit gaan oor 'n beskaafde
standaard. As jy dink dat onskuldige mense wat gehang word nie saak maak nie
in die groot prentjie nie, is dit omdat jy dink dat dit nooit met jou kan
gebeur nie. Ek vertrou geen regering met die doodstraf nie. Die regsbank is
veronderstel om onafhanklik te wees, maar as die doodstraf ingestel is kan
dit gebruik word vir politieke doeleindes. As die doodstraf hier bestaan het
in die tyd van Margaret Thatcher sou die klagte van "verraad" en
"terrorisme" gou-gou ook die doodstraf gedra het. Dis 'n blik wurms.
Lorinda
Ek het nęrens simpatie met die moordenaars uitgespreek nie.
Lorinda
Sorry vir die "off-topic content" vriend. Ons (en daarmee bedoel ek ons
Namibiėrs) kan anderdag 'n bespreking oor daai een hou...
Om terug te kom by jou oorspronklike vraag - Dit lyk vir my of die oorgrote
meerderheid van die mense op die huidige thread vir die instelling van die
doodstraf is. Ek is genyg om om saam met hulle te stem as my hart die
dinkwerk doen. Dis mos niks minder as reg om 'n ou te laat boet met sy eie
sonde nie. Oog vir 'n oog... maar dan neem my brein oor en herinner my dat
wat ons vandag as die "beskaafde" deel van die wźreld sien, is absoluut
daarteen. En daar is baie goeie rede daarvoor soos Lorinda alreeds genoem
het. Ja ja ja ek weet daar is nog so paar yankies (Bush en sy cowboys
inklusief) wat nie kan wag om die volgende ou te toast nie maar is dit
genuine die laaste uitweg? Mens kan seker ook redeneer dat ons dit nodig het
tot tyd en wyl die mense beskaafd genoeg is om meer waarde aan die lewe van
'n ander te heg maar waar en wanneer trek mens die streep?
Terloops, wat is die gevoel op hierdie groep t.o.v. Sharia? Met 'n
ordentlike regsbank natuurlik. Is dit vir die pro-doodstraf ouens 'n stap in
die regte rigting? As ons 'n mens die doodstraf kan gee, hoekom dan nie
sommer 'n dief se hande afkap ook nie? Of in die geval van verkragter sommer
sy family jewels? Doodstraf is in daai geval nog ok as jy 16 jaar later
onskuldig bewys word maar wat maak daai arme dief of verkragter as hy later
onskuldig bewys word.... ;-)
"Jottie" <so...@nomail.com> wrote in message
news:3f1b3904$0$253$4d4e...@read.news.de.uu.net...
Annette
"Suidwester" <ock...@mweb.com.na> wrote in message
news:3f1b9...@news1.mweb.co.za...
Die tronk is nie mooipraat nie. Selfs al dink jy sekere mense sal dit
verwelkom, is dit nog steeds nie grappies nie.
Afgesien van die geselskap waarin jy sal verkeer as jy die doodstraf
terugbring, is daar die geskiedenis van die doodstraf.. Tydens die tydperk
van verstedeliking in Engeland het die galg oortyd gewerk. Daar was duisende
honger en desperate mense op die strate van Londen en Bristol wat ook niks
anders as hulle lewens gehad het om te verloor nie, en goed geweet het wat
gaan gebeur want misdadigers is in die openbaar gehang. Interessant genoeg
was daar daardie tyd persentasie gewys meer moorde as nou. In vergelyking
met daardie dae is Londen deesdae, misdaad en al, 'n baie veilige plek.
In plekke wat mense so bewonder, soos Saudi, is daar allerhande faktore wat
'n rol speel om die plek "veilig" te maak, soos bv. 'n streng geloof wat
afgedwing word om 'n manier wat westerlinge moeilik sal vind om te aanvaar.
Dit alles nieteenstaande, het die "executioner" daar steeds baie werk.
Lorinda
Ek het niemand nog ooit hoor se dat hulle dink moord ens. is aanvaarbaar en
verskoonbaar nie. Ek weet nie waar jy dit vandaan kry nie. Miskien sal dit
help as jy noem teen wie dit is wat jy stry?
Lorinda
"PietR" <sta...@mweb.com.na> wrote in message
news:3f1d1...@news1.mweb.co.za...
Jy se vir die naasbestaandes dat jy, en hulle, beskaafd is. Anders as die
barbaar wat die slagoffer se lewe geneem het. Daar is nie "genade" vir die
moordenaar nie. Hoe gaan die dood van die moordenaar genade aan die
naasbestaandes verskaf? Presies hoe gaan dit hulle (of inderdaad die
slagoffer) help?
Lorinda
Ek gee toe dat daar 'n paar onskuldige mense die doodstraf opgelę is in die
verlede en dis baie jammer maar ons leef nie meer in die donker eeue nie. As
iemand sonder enige twyfel skuldig is aan moord moet hy met sy eie lewe
daarvoor betaal. Dieselfde tegnologie wat die veroordeelde moordenaars
onskuldig bewys het verseker ook dat ons in die toekoms meer seker sal wees
oor 'n moordenaar se skuld of nie. Daar is baie gevalle ,wat natuurlik nie
so wyd gepubliseer word nie, waar DNA toetse in elk geval net bevestig dat
veroordeeldes wel skuldig is. Daar is absoluut geen ander afskrik middel wat
dieselfde effek sal hę nie. En moenie vir my sę dat moord net so algemeen in
in streke waar die doodstaf is of nie is nie. Die groot bohaai wat mense oor
die doodstraf maak gee hierdie moordenaars hoop en as dit nie daarvoor was
nie sou die doodstarf dalk meer effektief gewees het. "Beskaafde" mense wat
moordemaars hoop gee is miskien in 'n mate ook verantwoordelik vir die feit
dat moorde steeds gepleeg word te midde van die doodstraf.
'n Paar jaar terug het ek die teregstellings drama van een of ander
gewapende rower/moordenaar op "Court TV" gevolg, natuurlik het hy Jesse
Jackson, Al Sharpton en 'n hele groep narre gehad om hom te ondersteun en
probeer loskry. Hulle argument was dat hy onskuldig was aan die moord
waarvoor hy tereggestaan het, hulle het egter erken dat hy drie ander mense
vermoor het maar het geglo hy moet gespaar word omdat hy nie die spesifieke
persoon vermoor het nie. Hy was op 'n "Crime spree" saam met iemand anders
en die ander ou het klaarblyklik die persoon vermoor. Ek dink sy pel was
deur die polisie doodgeskiet. Hoe verduidelik jy dit, die man het geen
respek vir ander mense se lewe nie maar wil sy eie gat gered hę. George W
Bush was nog die goewenieur van Texas en het hom nie aan hulle gekerm
gesteur nie. Die moordenaar is volgens skedule tereggestel en die wereld is
vandag 'n beter plek.
My oom is vermoor op sy plaas. Daar was 5 mense betrokke by sy moord. Die
persoon wat die "getaway car" bestuur het, het daarmee weggekom. Hy het aan
die hof gesę hy het net afgetrek om langs die pad te slaap want hy was moeg.
Getuienis is deur plaaswerkers gelewer dat hulle hom sien die ander aflaai
het. Seker was hierdie plaaswerkers nie "beskaafd" genoeg om geglo te word
nie. Een van die moordenaars is deur my neef doodgeskied toe hy na die moord
op die moordenaars afgekom het. Die ander drie het redelikke ligte tronk
strawwe gekry en sal seker binne die volgende jaar of twee weer losloop op
Suid Afrikaanse strate. Hierdie groepie moordenaars het ook 2 ander mense
vermoor die week voor hulle my oom vermoor het.
EK voel ons as die familie wat eers deur die moordenaar te na gekom en toe
besluit die hof om familie se lewens "cheap" te maak
Nee wat as dit beskawing is kan jy dit maar vir jouself hou.
> "Beskaafde" mense wat
> moordemaars hoop gee is miskien in 'n mate ook verantwoordelik vir die
feit
> dat moorde steeds gepleeg word te midde van die doodstraf.
<knip>
> Nee wat as dit beskawing is kan jy dit maar vir jouself hou.
Ek weet nie waarom julle so histeries raak waneer daar 'n bespreking oor die
doodstraf is nie. Die wereld is overdue vir 'n periode van die donker eeue
en tyd en die geselskap waarin julle verkeer is aan julle kant.
Oor jou oom, niemand behalwe jy maak sy lewe "cheap" nie. Tog snaaks hoe
julle altyd aaneem dat iemand wat teen die doodstraf is nooit 'n
naasbestaande kon gewees het van iemand wat vermoor is nie.... Miskien omdat
die persoon nie na genoeg aan jou was nie, en jy nie weet dat wat mens
regtig, regtig wil he in daardie geval is dat dit nie moes gebeur het nie.
En dis iets wat jy nie kan kry nie, selfs al hang jy die moordenaar, of
selfs al slag jy sy maag oop en laat hom sy eie derms eet terwyl jy sy lewer
uitslag (net om hom 'n les te leer natuurlik), of al neem jy vyf minute om
hom in 'n elektriese stoel te braai. Wat jy ookal doen, sal jy die moord
nie ongedaan maak nie. En weet jy, wat met my familie gebeur het gebeur
tydens die vorige regering, toe daar nog 'n doodstraf was.
Hierdie bespreking was tog interessant, al was dit net in die sin dat dit
ons gewys het dat daar nie werklik 'n bespreking moontlik is nie. Net iets
oor tronke, wat julle dink glad nie 'n afskrikmiddel is nie, al wil ek
aanbeveel dat enigiemand wat werklik geinteresseerd is gaan oplees oor die
doodstraf, en statistieke en plekke waar dit eens op 'n tyd uitgevoer is, en
wat die gevolge (indien enige) daarvan was, eerder as om eenvoudig te dink
mense is bang om hulle lewens te verloor en sal dus nie moor nie om die
straf te vermy. Dis 'n belaglike oorvereenvoudiging. En anders as in
Glucklich se interessante logika, dis nie die fout van mense wat moordenaars
hoop gee dat die doodstraf nie werk nie. Om terug te kom by tronke, dis so
erg 'n straf as wat dit moontlik is om vir iemand te gee, soos oor en oor
bewys deur selfmoord in tronke (Ian Brady word nou al jare met 'n pyp wat in
sy keel afgedruk word om hom teen sy wil te voed geforseer om aan die lewe
te bly terwyl hy smeek om dood te gaan) en kondisies in tronke oor die
algemeen.
As die meerderheid van julle in SA en Namibia dan die doodstraf wil terug
he, en dus 'n regsbeginsel wat op wraak en die doodstraf gebasseer is, dan
hoop ek julle kry dit, en wil dit nog steeds he waneer julle dit kry. Dis
dalk 'n goeie idee om aanhoudend ondergetekende briewe aan die politici te
stuur waarin julle daarop aandring. Onthou ook om dit aan die beskaafde
wereld uit te basuin dat julle die doodstraf heelhartig ondersteun.
En ja, Glucklich, ek wil baie baie graag die beskawing (vir myself) hou.
Dankie vir die bespreking.
Lorinda
Daar is nie eintlik 'n punt in om die bespreking (met my) voort te sit nie,
ons is nou besig om in sirkels te redeneer. Soos ek gesę het mense dink maar
wat hulle dink oor hierdie saak. Dit is nie dat ek nie simpatie het met die
feit dat Suider-Afrika deur 'n moeilike periode gaan nie (tans gaan almal
daardeur, vantevore was dit net die lot van die townships), en dis waarom ek
dit vergelyk het met die periode van verstedeliking in Engeland. Ek dink net
dat verdere brutaliteit nie die saak sal help nie, dit maak dit net erger
want jy ondermyn jou eie posisie (dat om 'n lewe te neem barbaars is). Ek
dink ook dat om die doodstraf voor te staan kortsigtig is.
Terloops, het jy opgelet dat niemand in hierdie bespreking ingespring het
met Bybelse aanhalings nie? Ek wonder wat dit sę?
Lorinda
Mens sou nie so sę as jy na baie van die ander temas wat al hier bespreek is
kyk nie:-)) . Hulle was net baie stil gedurende hierdie spesifieke gesprek,
wat ek nogal interessant vind. Of as hulle wel deelgeneem het het hulle nie
die Bybel aangehaal nie.
Lorinda
Daardie moordenaars wat my oom vermoor het is binnekort weer op straat in
Suid Afrika.
Glo jy dat die paar jaar in die tronk hulle gerehabiliteer het?
Was al die balastinggeld 'n goeie belegging of nie?
Indien die tronkstarf nie gewerk het nie, dink jy hulle volgende slagoffers
is maar net bloot slagoffers van die beskawing?
Is dit die risiko werd om hierdie soort mense weer op straat los te laat?
Hoe kan jy sę die doodstarf is nie effektief nie. Het jy bewyse van
tereggestelde moordenaars wat weer gemoor het?
Was die "Roman Empire" 'n groep barbare of 'n beskawing?
Wat presies is jou definisie van beskawing?
Ek gee nie voor ek weet alles nie, ek is ook maar op soek vir antwoorde oor
goeters soos die.
En "Interessante Logika" is dalk 'n taktiek om reaksie uit te lok, so wees
versigtig.
Annette
"Tobie" <ask...@isat.co.za> wrote in message
news:bfp3s6$86e$1...@ctb-nnrp2.saix.net...
Glucklich, ek probeer gewoonlik om nie aanstoot te gee nie. Ek kry dit nie
altyd reg nie. So ek sal maar net sę ek hoop jy kry die antwoorde op die
"vrae" wat jy vra. Ek raai dat jy nie na antwoorde soek nie, net
regverdigmaking vir wat jy glo.
Oor die "interessante logika", ek glo nie dat dit 'n taktiek is om reaksie
uit te lok nie, dis die rugraat van jou argumente waaroor jy nou ookal pos.
Ek het alreeds gesę ek hoop julle kry wat julle wil hę. Oor 'n "definisie"
van beskawing is dit 'n heel ander bespreking, en het ek my opinie daaroor
gegee. Jy het joune ook gegee. Moor voort.
Lorinda
Hoe is dit dan nou skielik 'n ander bespreking? Moenie vergeet nie dit was
jy wat die kwesie van beskawing by hierdie bespreking opgebring het.
> Hoe is dit dan nou skielik 'n ander bespreking? Moenie vergeet nie dit
was
> jy wat die kwesie van beskawing by hierdie bespreking opgebring het.
>
Dis reg. Dit was ek. Oor hoe beskawing uitgedruk word in 'n samelewing in
die 21ste eeu wat sę dat die neem van 'n lewe verkeerd is. 'n Ander
bespreking is oor 'n "definisie" van beskawing want dit moet noodwendig oor
baie meer as 'n woordeboek aanhaling gaan. Beskawing is iets soos 'n
gemeenskap wat deur 'n hoë vlak van intelektuele, sosiale en kulturele
ontwikkeling gekarakteriseer word. Dit beteken niks sonder konteks nie.
Kom ons kyk na jou "vraag" oor die Romeinse beskawing. Praat jy van die
Republiek of die Ryk? Praat jy van Cicero se siening as mens hom nou sou
vergelyk met die siening van iemand soos Herodotus of 'n filosoof soos
Plato, wat sy voorgangers was en die basis waarop die Romeine gebou het, of
soos vergelyk met iemand soos sę Hobshawn of Baudrillard in die twintigste
eeu (om na die geskiedkundige sowel as die filosofie te kyk)? Praat jy van
die beskawing soos uitgedruk in die boukuns, die ingeneurs talent, die
regsbeginsel? Daar is nie 'n ja of nee antwoord op jou "vraag" nie. Ek het
my opinie, en die opinie van die beskaafde wereld oor die doodstraf gegee.
Dit maak ten volle sin dat jy dink wat nou bevraagteken moet word is
beskawing. As jy voel dat dit juis die beskaafde lande/state is wat wel die
doodstraf het, dan kan ek maar net sę geniet die geselskap.
Ook jou beskuldiging dat dit ek was "wat beskawing by hierdie bespreking
opgebring het". Jy is reg, en dit is duidelik dat jy dink dit hoort nie hier
nie. Ek praat graag met mense wat ander wereld beskouings as ek het, ek voel
nie dat ons mekaar noodwendig moet ooreed nie, mens kan nog altyd iets leer,
of jou eie denke verskerp. Jy is nie een van hulle nie. Daar is twee redes
voor, die een is dat jy nie redeneer nie, jy kerm. Jy kerm selfs voort in
enige ander tema op die ng of dit nou iets met hierdie bespreking te doen
het of nie, soos jy nou doen oor "tronke" Die tweede sluit daarby aan, jy
sien sentiment en emosie vir 'n argument aan.
Lorinda
"Good for you" Maar ook nie as ander mense te veel van jou verskil nie nč,
dan verkleineer jy hulle eerder.
>Lorinda:
>Jy is nie een van hulle nie. Daar is twee redes
> voor, die een is dat jy nie redeneer nie, jy kerm. Jy kerm selfs voort in
> enige ander tema op die ng
Stadig met die beledigings!! dit getuig nie goed vir jou redenasie vermoë
nie.
>Lorinda:
>of dit nou iets met hierdie bespreking te doen
> het of nie, soos jy nou doen oor "tronke"
Die tronke storie sluit aan by hierdie bespreking. Tronke is daai duur
hotelle wat jy voorstel as straf vir moordenaars. Dis egter beter as 'n
hotel want as mens by 'n hotel uitboek moet jy betaal vir jou verblyf. Die
slagoffers se beskaafde familie betaal vir jou verblyf in tronke.
> Lorinda
> Die tweede sluit daarby aan, jy sien sentiment en emosie vir 'n argument
aan.
Wraggies daar spaar jy my sowaar 'n klomp geld, ek gaan onmiddelik my
afspraak by die sielkundige kanseleer.
Nee, Glucklich. Net vir jou. En jy het lank gesoek.
Lorinda
Nee ek soek niks nie antie, ek het maar net vrae gevra wat jy nie kan/of wil
antwoord nie.
LOL. Kerm dan nou maar iewers anders.
Lorinda
Jy sal seker baie bly wees om te weet ek gaan vir die volgende week of wat
in die Karribiese eilande wees, so ek sal nie in jou ore kan "kerm" nie.