Ek sou wou geweet van die taalkundiges onder julle:
-wanneer skryf die mense in Afrikaans 'n 'e' an die einde van 'n
byvoeglike naamwoord en wanneer doen hulle dit nie?
Ek is daaroor in die grootste verwarring.
Sal 'n antwoordjie seer waardeer.
Norbert (uit Vlaandere)
Ek wens jy kan die oplossing vind op hierdie volgende blad
http://www.shibumi.org/eoti.htm
Gr.Rico
"Sterrenkijker" <Strand...@netscape.net> wrote in message
news:r6lm7vse34odk8hu0...@4ax.com...
> -wanneer skryf die mense in Afrikaans 'n 'e' an die einde van 'n
> byvoeglike naamwoord en wanneer doen hulle dit nie?
Ek het nie 'n grammatikaboek hier, sodat
ek vir jou kan sę wat die taalkundiges sę
nie, maar ek sal bietjie probeer raadgee:
(1) Ek dink die -e- aan die einde verskyn
gewoonlik by byvoeglike naamwoorde wat
meer as een lettergreep het. Dus:
wonderlike ding
prettige ding
maanbestraalde ding
allemintige ding.
Maar daar is altyd uitsonderings, veral
by sommige tweelettergreep-woorde:
lekker ding
wakker persoon
En daar is somtyds 'n -e- by eenlettergrepige
woorde:
goeie ding, dooie ding ( waar in Nederlands
mens goede/dode sal sę?
mooie ding ( spesiale gebruik van "mooi" om
nog meer emosie te wys)
As jy nog probleme het, vra raad.
Tant Hessie van die Derde Republiek se taalkomitee
> Ek sou wou geweet van die taalkundiges onder julle:
> -wanneer skryf die mense in Afrikaans 'n 'e' an die einde van 'n
> byvoeglike naamwoord en wanneer doen hulle dit nie?
Hel, nou vra jy mos 'n onmoontlike ding. Daar's nie reëls daaroor nie.
Maar... wel... byvoeglike naamwoorde (bnw'e) wat wel 'n "=e" bykry as dit
vóór die naamwoord staan, verloor gewoonlik die "=e" ná die naamwoord.
Byvoorbeeld: "Dis 'n belaglike oorlog" en "Die oorlog is belaglik". Voorts
het bnw'e wat bestaan uit 'n stam plus 'n voor of agtervoegsel, gewoonlik
wel 'n "=e". Byvoorbeeld: be-lag-lik, ou-lik, ver-ve[e]l-ig. Dieselfde
geld vir bnw'e waarvan die trappe van vergelyking nie die gewone patroon
volg nie, byvoorbeeld goeie (goed, beter, beste i.p.v. goed, goeder,
goedste). Wanneer woorde wat gewoonlik nie die "=e" kry nie, wel die "=e"
kry, het hulle gewoonlik óf 'n figuurlike betekenis óf dit word gedoen om
die woord te beklemtoon.
Sou jy sę dat "hout" in "houte tafel" 'n bnw is? In Afrikaans is dit nie,
en daarom is dit "houttafel" in Afrikaans, en nie "hout tafel" nie.
Hilda.
<@rogers.com> schreef in bericht news:3E7C836B...@rogers.com...
Wat eenlettergrepige woorde betref, het ek ook al
> gesien dat bv. "'n arm man" 'n man is met min geld, en 'n "arme man" een wat
> jy kan jammer kry.
Ek sou geinteresseerd wees om uit te
vind oor hoe julle hierdie verskil
in betekenis in Nederlands weergee?
Gloudina
Wanneer woorde wat gewoonlik nie die "=e" kry nie, wel die "=e"
> kry, het hulle gewoonlik óf 'n figuurlike betekenis óf dit word gedoen om
> die woord te beklemtoon.
Ja, die -e- aan die einde van eenletter-
grepige woorde is 'n studie in sigself.
Neem nou maar "geen bloue duit," "swarte
tater," "witte wolkies." Dit lyk vir my
mens kan met hierdie woorde rondspeel in
Afrikaans, sonder dat daar te veel reėls
daarvoor is.
Hoe gaan die met die kleine baba?
Gloudina
Dankie vir julle antwoorde, mense. Ek kan nou nie deelneem an die
diskussie nie (ek doen nou my werk van die weekeinde). Ek kom volgende
week Maandag terug.
Norbert
Die 'eienskapaanduidende' adjektief wat 'n kwaliteit uitdruk kan (hoef nie -
in die spreektaal sal daar dikwels wel 'n 'e' gebruik word) sonder 'e'
gebruik word as dit gevolg word deur bv. man, een naam van 'n beroep of 'n
funksie, ens. bv: een oud en wijs man, een groot strateeg, een uitstekend
leraar, ... maar jy kan ook sę : een uitstekende leraar (= onderwyser), een
groot toneelspeelster (beteken dus nie dat sy 'groot : big' is nie, maar dat
sy 'n baie bekwame speelster is).
Met 'mens' en 'iemand' is daar nooit 'n verbuiging nie : een vreedzaam mens,
een belangrijk iemand.
Hierdie reëls is algemene reëls, daar's baie 'nuanses', maar dis te lank om
alles te skryf.
Hilda.
<@rogers.com> schreef in bericht news:3E7CCF45...@rogers.com...
> Hoe gaan die met die kleine baba?
Kleine baba is nie meer 'n kleine baba nie. Hy is 15 maande oud en loop al
lekker rond. Sy boetie/sussie kom in September aan. Ek weet ook nie hoe
dit dié keer gebeur het nie.
> Kleine baba is nie meer 'n kleine baba nie. Hy is 15 maande oud en loop al
> lekker rond. Sy boetie/sussie kom in September aan. Ek weet ook nie hoe
> dit dié keer gebeur het nie.
Het jy nog nie van die birds en die
bees gehoor nie?
Gloudina
Dankie vir jou reaksie, Marilize. Dit sal wel so wees soos jy my dit
hier vertel. Maar tog verstaan ek nie sulke sakes as byvoorbeeld
hierdie wat volg:
Ek lees in my woordeboek:
"helium" = 'n skaars, baie ligte, kleur-, reuk-, en smaaklose gas...
In my eie taal (Vlaams = Nederlands) is dit so:
"helium" = een schaars, zeer licht, kleur-, reuk- en smaakloos gas...
Hier sien jy dat geen enkel van daardie byvoeglike naamwoorde 'n 'e'
gekry het.. Dit kom omdat die woord "helium" by ons 'n onsydige woord
is (ons sę: 'het' gas, i.p.v. 'die' gas) en omdat daar die onbepaalde
lidwoord 'een' geskryf is mag daar geen 'e' an die eind van die
byvoeglike naamwoorde kom nie. Dit sal wel so wees as daar gesę word:
"het schaarse, zeer lichte, kleur-, reuk- en smaakloze gas..",
eenvoudig omdat ons hier die bepaalde lidwoord "het" gebruik het en
daardeur verander ook die vorm van die byvoeglike naamwoorde. Dis net
so 'n bietjie soos in Duits waar die verbuiging van die byvoeglyke
naamwoorde ook verander afhanklik van die lidwoord.
Maar by julle sien ek staan: 'n skaars, baie ligte, kleur-, reuk-, en
smaaklose gas... Nou is my vraag duidelik: waarom skryf julle "skaars"
in hierdie geval sonder 'n 'e' en die andere byvoeglike naamwoorde
skryf julle mčt 'n 'e'? Die gevoelswaarde van die woorde "skaars",
"lig" en "smaakloos" is in daardie sin tog dieselfde? En hulle is ook
aldrie attributief gebesig, of is ek verkeerd?
Sal 'n antwoordjie seer waardeer!
Norbert (uit Vlaandere)
> Maar by julle sien ek staan: 'n skaars, baie ligte, kleur-, reuk-, en
> smaaklose gas... Nou is my vraag duidelik: waarom skryf julle "skaars"
> in hierdie geval sonder 'n 'e' en die andere byvoeglike naamwoorde
> skryf julle mčt 'n 'e'? Die gevoelswaarde van die woorde "skaars",
> "lig" en "smaakloos" is in daardie sin tog dieselfde? En hulle is ook
> aldrie attributief gebesig, of is ek verkeerd?
Goeie vrae, Norbert. Die algemene riglyn bly
nog altyd - meerlettergrepige byvoeglike
naamwoorde sal byna altyd die -e- aan die einde
kry, eenlettergrepige byvoeglike naamwoorde
meestel geen -e-. Dis wit man, geel kleur, nat
vloer. Dis nou as dit voor die selfstandige
naamwoord gebruik word.
Dus is daar geen probleem met "skaars" in jou
voorbeeld nie. Wel met die "ligte" gas. Nou,
dit sal nie baie gebruik word nie, maar mens kan
dink dat iemand sal verkies om te sę "die lig gas"
en dat hy die gebruik sal kan verdedig.
Iemand het eenkeer aan my verduidelik dat tale
soos Afrikaans, wat wegbeweeg van grammatikale
reëls en verbondenheid aan die geslag van lidwoorde,
groter vryheid het om modale veranderings te maak
in betekenis deur rond te speel met woordeindes.
Dit is dus vir ons moontlik om die -e- aan die
einde van eenlettergrepige woorde te sit, as ons
daardeur 'n ander atmosfeer aan die woord kan gee.
Byvoorbeeld - mooie meisie, kleine baba, witte
wolkies, reine skoonheid ens.
Gloudina
<@rogers.com> schreef in bericht news:3E7CCF45...@rogers.com...