Google Groups no longer supports new Usenet posts or subscriptions. Historical content remains viewable.
Dismiss

Maer Hond

155 views
Skip to first unread message

Elaine

unread,
Mar 8, 2003, 4:37:48 AM3/8/03
to
Het enigiemand raad? My arme hond (die chow) is so maer dat sy ribbes al
beginne deursteek. Hy't nie wurms nie en hy eet nie vreeslik baie nie, al
is hy ongelooflik aktief. Ek het my pa se raad van bruinbrood en melk
probeer, maar die hond raak net alhoe maerder en maerder. Op die oomblik
voer ek hom mieliepap en melk saam met sy gewone kos, maar ek dink nie hy
hou van pap nie, behalwe as daar 'n vleissousie saam is. Hy lyk gesond, se
velletjie blink, sy neusie is nat en hy's baie spelerig en aktief. Het
enigiemand 'n idee hoe om bietjie vetjies aan sy lyfie te kry, of moet ek
hom dalk veearts toe vat?

Dankie en groete
Elaine


pete

unread,
Mar 8, 2003, 5:30:34 AM3/8/03
to
As ek so na my pens kyk moet jy miskien bier probeer.............


TJ

unread,
Mar 8, 2003, 6:01:55 AM3/8/03
to
Veearts is 'n goeie idee - is al sy inspuitings ook op datum? 'n Wurm tablet
elke jaar.

Daar is ook 'n baie goeie SPCA (Midrand) langs Grand Central lughawe vir
diens en advies.

Ek self verkies om net "pellets" the voer en geen mensekos nie, maar dit kan
duur raak (van Vets Choice tot by Hills).

:-)

TJ

---

http://www.chowchow.org/
Feeding

After the Chows is at least a year old it is fine for them to eat one meal a
day. Although many choose to feed them twice a day. The feeding time should
be consistent as much as possible to maintain proper health. For those who
feed once a day it is recremended to feed in the evening, since an animal
tends to settle down quietly to sleep after a meal.

When choosing the correct feed for your chow, it is important to remember
that the Chow cannot be fed a lot of meat, if you do the dog tends to have
skin problems. A good source of protein for them is eggs, rice, cottage
cheese, and maybe a small spoonful of meat per meal (but don't overdo it, it
will be more harm than good). One of the most common is rice. Rice is very
good for their digestive system and great for a shiny coat. A well
recremended dog food is "Pro Plan" (proper vitamins and protein) for the
adult. This should be mixed with warm water (no gravy stuff). If you do feed
a meal dry, make sure it is a ready-expanded meal otherwise the gases
produced in the stomach when the dry food becomes wet could well produce the
very serious problem of torsion and cause death of the dog. Most of the food
you find in supermarkets tend to be filled with preservatives and added
products that can be bad for your dog in the long run. It is best to stick
to the same general diet with minor variations (chicken or vegetable stew
mixed with meal) to assure a good healthy dog.

The amount of food can vary from dog to dog. Most Chows eat about four cups
of food a day, two in the morning and two in the evening or just four in the
evening. what ever fits your own commitments. It is very important not to
self feed, if the dog eats to much it's stomach will bloat and can lead to
death.

Raw hides are not recremended for any dogs at all. These have killed a good
number of dogs due to the fact that the dog can not digest them properly,
also from choking on them. If you wish to give the dog a something to chew
on the best thing is a cow hoof (they like them better too!).

Clean fresh water should always be available, it's good to have water inside
and out side in case they get locked out for some reason.

http://www.chowchow.org/


Elaine

unread,
Mar 8, 2003, 6:28:18 AM3/8/03
to
Ek bly nie meer in Midrand nie :-) ek het verlede Vrydag getrek. Ek voer
ook gewoonlik net hondekos en nie menskos nie, maar my honde het fiemies.
Ek het begin met Eukanuba (op die veearts se aanbevelig), na twee maande wou
die Chow dit glad nie meer eet nie. Toe's ek oor Nutriphase toe.
Nutriphase het goed gegaan vir so 5 maande, toe hou hy op om dit ook te eet.
Op die oomblik is hulle op Pedigree, maar ek sien hy wil dit ook nie meer
eet nie. Ek meng Pedigree vleisies in by hulle kos, maar die is ook nou nie
meer goed genoeg nie.

Hy's 'n maand terug ontwurm, so ek twyfel dat dit wurms is.

Elaine

"TJ" <in...@artslink.nospam.co.za> wrote in message
news:3e69cdbd$0$2...@hades.is.co.za...

TJ

unread,
Mar 8, 2003, 6:25:51 AM3/8/03
to
"Chows don't do well in extreme heat or high humidity" en ons het beide in
Gauteng op die oomblik - jy het ook onlangs getrek en hond se kind stres
seker oor die nuwe werf. Gee hom kans om aan te pas en hy sal seker sy dieet
regskud.

:-)

TJ


Elaine

unread,
Mar 8, 2003, 1:10:20 PM3/8/03
to
Dankie. Ek sal hom nog so twee weke kans gee, en dan's dit veearts toe met
meneertjie :-)) Ek sien hy verloor baie hare, meestal donsies - dis 10 teen
1 die warm weer wat ons het.

Elaine

"TJ" <in...@artslink.nospam.co.za> wrote in message

news:3e69d359$0$2...@hades.is.co.za...

Suidwester

unread,
Mar 10, 2003, 1:02:47 AM3/10/03
to
Miskien moet jy van sy fiemies ontslae raak? Hondekenners reken dat 'n
hond, soos enige dier behalwe die mens wat alles in elk geval opdonner, net
behoort te eet wanneer hy honger is. Dit is ongeveer elke 3 dae. Maar
ons dink mos ons eetgewoontes moet ook die arme hond s'n wees. Gee daai
Pedigree [volgens die hoeveelheid aanbeveel op die verpakking] en as hy dit
nie wil eet nie, los die besluit vir homself. Hy sal wel begin eet as hy
honger is. Moet hom intussen nie van die tafel af voer en 'ag foeitog
mamma se ou hondjie' trek nie.....dis hoe hy aanvanklik bederf geraak het!
Die mens is toevallig ook maar so! As mens jouself afvra voor jy goed in
jou gesig stop: "Is ek rêrig honger?".....sal ons omtrent almal wat
oorgewig is, nie meer wees nie!
"Elaine" <evd...@hotmail.com> wrote in message
news:3e69d...@news1.mweb.co.za...

Thys de Wet

unread,
Mar 10, 2003, 1:29:44 AM3/10/03
to
Elaine, probeer "Science Diet" hondekos.

Thys op't Bos waarie honne nog hoograg beenlig @ al wat paal en bossie is...


"Elaine" <evd...@hotmail.com> wrote in message

news:3e69b...@news1.mweb.co.za...

Annette

unread,
Mar 10, 2003, 1:24:35 AM3/10/03
to
Daardie "is ek honger" werk nie vir my nie - want dan sal ek my daaglikse
sosiale afsprake moet afstel:))
Ek lewe om te eet, want dit is so lekker.
Gister middagete - op 'n stoep by die Portugese Taverna in Milnerton.
Effense briesie om die koerant deurmekaar te waai, wonderlike uitsig oor die
see en die berg. Gesellige kelnerin, en die uurlange worsteling om Pietie se
Platter, wat ons gedeel het, sonder sukses te probeer klaarmaak.

Annette


"Suidwester" <ock...@mweb.com.na> wrote in message
news:3e6c2...@news1.mweb.co.za...

Elaine

unread,
Mar 10, 2003, 3:16:00 AM3/10/03
to
Ja wel, hulle bakke het altyd kos in, maar hulle eet net wanneer hulle
honger is. Die probleem is as die hond 'n week lank nie geëet het nie, dan
begin 'n mens nogal worry nê? Ek sê mos ek het hom nooit menskos gevoer tot
onlangs toe nie, en dit was in 'n poging om sy maer gat bietjie vet te kry.
Die hond was 'n maand terug 4kg ondergewig. Hy's nou 6kg ondergewig. Jy
sou ook bekommerd geraak het as dit jou hond was :-))

Elaine

Ns. Ek's altyd honger. Honger vir tjoklits en honger vir chips en honger
vir braaivleis en honger vir putupap met botter en suiker. Ek vra myself
nooit of ek rerig honger is nie. Ek weet ek's honger :-))


"Suidwester" <ock...@mweb.com.na> wrote in message
news:3e6c2...@news1.mweb.co.za...

Elaine

unread,
Mar 10, 2003, 3:16:11 AM3/10/03
to
Dankie, ek neem aan dis net by die veearts beskikbaar? Ek wil nie graag
weer sy kos verander nie, want dit neuk hulle magies op, en as ek die Chow
s'n verander moet ek die Kollie s'n verander. Mind, die Kollie sal enigiets
eet wat ek in haar bakkie gooi. Sy't 'n sterk magie :-))

Elaine

"Thys de Wet" <th...@son.yc.za> wrote in message
news:b4hbcp$2008$1...@news.adamastor.ac.za...

Annette

unread,
Mar 10, 2003, 3:57:22 AM3/10/03
to
Elaine, ek sal die arme dier so gou as moontlik by 'n veearts probeer kry.
Dit kan die hitte of die ander blyplek wees, maar dit kan ook iets meer
ernstig wees.

Annette


"Elaine" <evd...@hotmail.com> wrote in message

news:3e6c4...@news1.mweb.co.za...

Elaine

unread,
Mar 10, 2003, 7:13:06 AM3/10/03
to
Ja, ons is ongelukkig vrek besig hierdie week, maar ons gaan hom Vrydag by
die Veearts hę. Ek begin nou baie sleg voel oor my baby. Hy wil al weer
nie vandag eet nie, maar hy het darem 'n stukkie vleis by my gevat. Sy
tandvleis en tongetjie is die regte kleur, so dis nie bosluiskoors nie.
Hy's ook hopeloos te lewendig vir bosluiskoors. My Kollie het nou die dag
maaggriep gehad en jy kan sommer sien as hulle siek is. Sy wou nie eers 'n
stukkie vleis uit my hande vat nie, en sy wou nie eers speel nie. Die
vorige veearts het hom ontwurm (verlede maand) en gesę hy sien niks fout
nie. Hy't pap en melk voorgestel, gesę die hond is te aktief vir sy size.
Ek dink die veearts het dagga of iets gerook.

Elaine

"Annette" <ann...@ctnet.co.za> wrote in message
news:b4hkh1$1uq6p9$3...@ID-92016.news.dfncis.de...

Sterrenkijker

unread,
Mar 10, 2003, 7:50:44 AM3/10/03
to
Ek dink ek weet wat met jou hond verkeerd is.
Hy het waarskynlik las van sy skildkliere. Ek het 'n dergelik geval
gesien hier by ons op die televisie 'n paar weke gelede.
Waarskynlik sal hy 'n operasie nodig hê waarby 'n deel van sy
skildklier word weggeneem. Moet veearts toe gaan.

Groete vanweë

Norbert (uit Vlaandere)


On Sat, 8 Mar 2003 11:37:48 +0200, "Elaine" <evd...@hotmail.com>
wrote:

Suidwester

unread,
Mar 10, 2003, 7:23:20 AM3/10/03
to
Ek sou vrek bekommerd gewees het en lankal die amper 200km afgelê het
veearts toe en terug. Hieronder sê jy die veearts het vir jou gesê jy moet
die hond pap en melk gee......fire hom. Mieliepap verteer nie eintlik in
'n hond se maag nie [net 23%] en hy sal ondervoed bly.

"Elaine" <evd...@hotmail.com> wrote in message
news:3e6c4...@news1.mweb.co.za...

Elaine

unread,
Mar 10, 2003, 3:40:46 PM3/10/03
to
Ek sê mos ek dink die veearts het dagga gerook! Ek gaan hom Vrydag na 'n
nuwe veearts toe vat.

Elaine

"Suidwester" <ock...@mweb.com.na> wrote in message

news:3e6c9...@news1.mweb.co.za...

Elaine

unread,
Mar 10, 2003, 3:41:38 PM3/10/03
to
Dis 'n moontlikheid ja. Ek's meer bekommerd dat hy dalk maagkanker of iets
dergliks het.

Dankie
Elaine

"Sterrenkijker" <Strand...@netscape.net> wrote in message
news:642p6v87gprg821an...@4ax.com...

Sterrenkijker

unread,
Mar 10, 2003, 6:30:43 PM3/10/03
to
Ek es self nie 'n dokter nie, Elaine. Maar daar is ook mense wat baie
maer is en tog gesond uitsien en lewendig is. Hulle het die siekte van
Basedow en dit bestaan by diere ook. Ek het self ook al so van daardie
mense ontmoet. Ek hoop egter dis nie waar wat ek veronderstel nie!
Sou tog beter na die veearts toe gaan. Dan is jy seker!

Groete,

Norbert (uit Vlaandere)


On Mon, 10 Mar 2003 22:41:38 +0200, "Elaine" <evd...@hotmail.com>
wrote:

Elaine

unread,
Mar 10, 2003, 6:55:26 PM3/10/03
to
Dankie, ek sal :)))

E

"Sterrenkijker" <Strand...@netscape.net> wrote in message

news:el7q6vgihs5kcpl35...@4ax.com...

hennie.ki...@gmail.com

unread,
Jan 26, 2015, 10:04:07 AM1/26/15
to
Ellain ons het ook chow honde my reun is 1 jaar en 7 mnde ons gee haar Bobtail en ons het nou n 2 mnde oue pedigree chinese chow gekoop en ons gee haar vets choice en sy lyk so gesond.Hoop my advies sal help. Dottie
0 new messages