DIE OORSPRONKLIKE LEGENDE
Lank gelede het 'n mier en 'n sprinkaan saam op dieselfde stuk veld gewoon.
Gedurende die somer het hierdie mier dag en nag gewerk sodat hy genoegsame
voorraad kon inbring vir die naderende winter. Hy het selfs sy huis so
ingerig dat hy warm en beskut sou wees gedurende die lang, koue maande.
Intussen het die sprinkaan singend rondgehop en al die gras gevreet waaraan
hy behoefte gehad het. Ook het hy, sodra die drang tot paring in hom
opgestu het, dit onverwyld met die eerste beste maat bevredig.
Die winter het gekom en daarmee saam die bitter koue wat die gras laat vrek
het. In sy warm huisie het die mier geen tekort gehad nie, terwyl
die sprinkaan - wat hom nie op die winter voorberei het nie - van honger
en ontbering omgekom, en 'n horde klein sprinkaantjies sonder kos of
skuiling agter gelaat.
Die legende leer mens dus om hard te werk sodat jy vir jouself en jou kroos
kan sorg.
DIE SUID AFRIKAANSE WEERGAWE
Die eerste deel van die storie is dieselfde, maar omdat dit in
Suid-Afrika afspeel eindig dit nie daar nie . . . . . . .
Die verhongerde, verkluimde nasaat van die sprinkaan wil weet hoekom die
mier toegelaat word om warm en gevoed te wees terwyl hulle reg langsaan in
die aller haglikste omstandighede sonder kos en klere moet leef.
'n Televisie-span maak hulle opwagting en beeldsend tonele van die mier
in sy gemaklike huis met 'n spens vol kos - en die wêreld is stom geslaan.
"Hoe is dit moontlik?" vra hulle. "Moontlik vir die mier om in soveel
weelde in hierdie lieflike omgewing te bly, terwyl die arme sprinkane so
ly?"
In 'n oogwink is SASU - die Suid Afrikaanse Sprinkaan Unie -
gestig.Hulle kla die mier aan van "spesie diskriminasie" en beweer dat die
sprinkane slagoffers is van 30 miljoen jaar se groen onderdrukking.
Hulle loods 'n protesoptog voor die mier se huis en breek omtrent die hele
straat af. Tydens 'n Televisie-onderhoud sê hulle almal dat indien daar nie
gehoor gegee word aan hulle eise nie, hulle gedwing sal wees tot kriminele
lewens. Net vir oefening steel hulle een van die TV-span se bagasie,
vermoor die bestuurder en kaap die span se voertuig.
Die GHK - Gryp en Herverdeel Kommissie - regverdig hierdie gedrag
deur te sê dat dit die nalatenskap is van die mier se diskriminasie
teenoor-en onderdrukking van die sprinkane. Hulle eis dat die miere die
sprinkane om verskoning vra vir alles wat hulle, hulle aangedoen het en dat
hulle die sprinkane vergoed vir alles wat nog ooit deur die geskiedenis heen
aan 'n sprinkaan gedoen is.
GATSAK - Goed Aardiges Teen Sprinkaan Afknouing en Kastyding -verklaar
dat hulle 'n heilige oorlog teen miere begin.
Die President verskyn op die agt uur nuus en sê dat hy alles in sy vermoë
gaan doen vir die sprinkane. Die sprinkane wat hulle verdiende welvaart
ontneem is deur diegene wat onregmatig bevoordeel is gedurende die somer.
Die Regering plaas EEVA - Ekonomiese Egalisasie Van Agtergeblewenes - op
die wetboeke, terugwerkend tot aan die begin van die somer.
Die mier word beboet omdat hy nie genoegsaam groen insekte in sy diens
het nie, en omdat hy niks oor het om sy agterstallige belastings mee te
betaal nie, vat die Staat sy huis vir her-verdeling.
Die verhaal eindig waar die sprinkaan weglê aan die laaste bietjie van
die mier se voedsel terwyl die Staatshuis waain hy bly - wat net toevallig
die mier se gewese tuiste is - rondom hom inmekaar val omdat hy nie weet
hoe om dit in stand te hou nie, en eerlikwaar ook glad nie omgee nie.
Op die TV - wat hy en 'n paar van sy vriende van 'n ander mier gesteel
et - sien die sprinkaan die President voor 'n klomp wilde dansende en luid
singende sprinkane staan en aankondig dat 'n nuwe era van "gelykheid" op
die veld aangebreek het.
Intussen word die mier nie toegelaat om te werk nie, want hy is histories
deur die veld bevoordeel. In sy plek is tien sprinkane aangestel -
drie in baie senior posisies met byvoordele - om die gras in te samel
voordie winter. Maar dit lyk asof dit nie die verlangde resultate lewer
nie, want die sprinkane werk net twee ure per dag - net op die dae waarop
hulle opdaag vir werk - en steel dan die helfte van alles wat hulle in
daardie tyd geoes het.
Dan is dit weer winter, en te min gras is geoes. En die sprinkane staak en
eis 'n 150% loon-verhoging sodat hulle kos kan koop. Kos wat nou ingevoer
moet word omdat die sprinkane nie genoegsame voedsel op hulle eie veld kan
produseer nie.
Die mier pak sy tassies en emigreer na 'n ander veld toe waar hy 'n hoogs
suksesvolle voedselmaatskappy begin en 'n miljoenêr word deur kos uit te
voer na sy ou veld toe.
Wys jou net, nê! Weet om die dooie dood nie wat dit jou wys nie...
maar dit wys jou net.
Sakkie wrote in message <3b0b9f20$0$2...@hades.is.co.za>...
Met die beste groete van
Norbert (uit Vlaanderen)
"Sakkie" <coet...@nampak.OC.za> schreef:
"Annette" <ann...@ctnet.co.za> wrote in message
news:9egsns$7gs$7...@ctb-nnrp2.saix.net...
Jonas wrote in message <3b0c9ece$0$2...@hades.is.co.za>...
Sterrenkijker wrote in message <3b0c9d30...@news.online.be>...
"Annette" <ann...@ctnet.co.za> wrote in message
news:9ei8h9$q6s$3...@ctb-nnrp2.saix.net...
Sakkie wrote in message <3b0cba10$0$2...@hades.is.co.za>...
> In die Suid-Afrikaanse politiek, dis nou onder die politici, is daar
> klaarblyklik 'n jintelmans ooreenkoms dat daar nooit oor rokjagtery /
> veelwywery gepraat word nie. Al die ander sondes kan oopgevlek word - net
> die ene, rokjagtery, is taboe. Hoekom?
>
Omdat "rokjagtery" (en in die geval van vroue "broekjagtery"?)
absoluut niks te make het met of 'n persoon 'n goeie leier is of
nie, of hy sy werk ken of nie. Neem die geval van Bill Clinton
en JFK in die VSA. En die feit dat in die VSA Rooseveldt,
algemeen aangeneem as die grootste president van die twintigste
eeu, vir die laaste deel van sy lewe 'n mistress aangehou het.
Gloudina
> As jy die erkenning / respek van die openbare oog/oor wil geniet, dan moet
> jy maar die reëls nakom.
> As sy sedes vrot is, het hy die reg om hom met
> my sedes te bemoei - sonder dat ek hom/haar bevraagteken.
En wie besluit wie se "sedes" nou nagevolg word? Menskry byvoorbeeld in die VSA
die "far right" wat aanhoudend
oor ander mense se sedes praat, en dan gee hulle geboorte
aan predikers soos Jimmy Swaggart wat hoereer terwyl hy
ander predikers beskuldig dat hulle agter vrouens aanloop.
Ek het ook al agtergekom dat daar 'n hoë persentasie van
egskeidings is juis onder die "pentecostals" hier in Kanada.
Dit het my regtig verbaas. Ons het ook gesien hoe daar in
die VSA Congress vreeslik geskree is teen die sogenaamde
sedeloosheid van Clinton, en toe binne omtrent een maand,
na die verkiesing van 1996 moes twee Speakers bedank,
onder andere omdat hulle ook maar die kat in die donker
geknyp het. So, in die proses van Clinton aanval, val die
Republikeine toe soos vlieë. Want die Amerikaanse publiek
was volwasse genoeg om te weet wie die werklike leier was-
die een wie se ekonomiese beleide die VSA welvarend
gemaak het, vrede gebring het in die Balkans en mense goed
laat voel het. Hulle het die gevoel onmiddellik verloor toe
George Bush president geword het ( en onthou, totdat hy
veertig jaar oud was, het hy glo maar erg die elmboog
gelig, en sy dogter is die ander dag gestraf vir een of ander
alkohol-oortreding. So daar het jy dit - die voggies vloei
lyk meer vrylik onder die Republikeine wat so skeinheilig
oor ander se "sedes" praat. Soos Jerry Falwell se tydskrif
wat kla dat Tinkie Winkie van die Teletubbies homoseksueel
moet wees. Wys jou net in watter groewe hulle breine beweeg.
Gloudina
> So ook met hoogheilige akademici wat waarde-oordele uitspreek, maar dan
> hoereer hy/sy met nagraadse studentjies.
> So ook met hoogheilige akademici wat waarde-oordele uitspreek, maar dan
> hoereer hy/sy met nagraadse studentjies.
Luister, Jonas, die persentasie van akademici wat met nagraadsestudente hoereer
is net soveel ( of selfs minder) as in die algemene
bevolking. Ek sien in jou 'n agenda. Jy wil iets sê teen mense wat
hulle brood verdien teen onderwys te gee, en nou voel jy vreeslik
bakgat as jy kan praat van die "akademici" wat dan so "hoereer."
Onderwyl hoereer dieselfde persentasie van rekenaarstegnici en
assuransie-agente en straatskoonmakers ook, maar mens hoor
jou nooit teen hulle uitvaar nie. En weet jy, dis nie altyd die mans
wat hoereer nie. Hier in Kanada kry ons nou die een geval na die
ander waar onderwyseresse daarvan beskuldig word dat hulle
met minderjarige seuns verhoudings aanknoop. Dus, as jy nou
opgewonde word met die mense wat so hoereer, moenie vergeet
dat heelwaarskynlik van hulle vrouens is en nie mans nie. (Dit
maak nie van hulle beter of slegter onderwysers nie. Dit is net
teen die wet om met minderjariges seksuele verhoudings aan te
knoop.)
Gloudina
<@home.com> wrote in message news:3B0D4AAC...@home.com...
Jonas wrote:
> As jy die erkenning / respek van die openbare oog/oor wil geniet, dan moet
> jy maar die reėls nakom.
> As sy sedes vrot is, het hy die reg om hom met
> my sedes te bemoei - sonder dat ek hom/haar bevraagteken.
En wie besluit wie se "sedes" nou nagevolg word? Menskry byvoorbeeld in die
VSA
die "far right" wat aanhoudend
oor ander mense se sedes praat, en dan gee hulle geboorte
aan predikers soos Jimmy Swaggart wat hoereer terwyl hy
ander predikers beskuldig dat hulle agter vrouens aanloop.
Ek het ook al agtergekom dat daar 'n hoė persentasie van
egskeidings is juis onder die "pentecostals" hier in Kanada.
Dit het my regtig verbaas. Ons het ook gesien hoe daar in
die VSA Congress vreeslik geskree is teen die sogenaamde
sedeloosheid van Clinton, en toe binne omtrent een maand,
na die verkiesing van 1996 moes twee Speakers bedank,
onder andere omdat hulle ook maar die kat in die donker
geknyp het. So, in die proses van Clinton aanval, val die
Republikeine toe soos vlieė. Want die Amerikaanse publiek
Soos ek gesien het in my ensiklopedie is n witte mier wel deeglik n
bees wat behoor tot die Suidafrikaanse biotoop. Hulle word ook
"termiete" genoem. Hulle is baie bedrywig en bou selfs wolkekrabbers.
In Johannesburg staan veels daarvan. Dog hierdie geboue is nou al
deur swarte miere in beslag geneem!
Met die beste groete van
Norbert (uit Vlaanderen)
"Annette" <ann...@ctnet.co.za> schreef:
<@home.com> wrote in message news:3B0D4CA7...@home.com...
Jonas wrote:
> So ook met hoogheilige akademici wat waarde-oordele uitspreek, maar dan
> hoereer hy/sy met nagraadse studentjies.
Luister, Jonas, die persentasie van akademici wat met nagraadsestudente
hoereer
is net soveel ( of selfs minder) as in die algemene
bevolking. Ek sien in jou 'n agenda. Jy wil iets sę teen mense wat
Jonas wrote in message <3b0d3a70$0$2...@hades.is.co.za>...
Danielle wrote in message <6thqgtovfcftismi2...@4ax.com>...
>On Thu, 24 May 2001 18:43:44 +0200, "Jonas" <meg...@hotmail.com>
>wrote:
>
>>As jy die erkenning / respek van die openbare oog/oor wil geniet, dan moet
>>jy maar die reëls nakom. Wanneer 'n leier poepdronk onder 'n tafel lę,
moet
>>ek steeds sy gesag aanvaar?
>
>Ja, as jy volgens die bybel leef, en alles in die bybel letterlik
>opneem, dan moet jy. :-)
>Kyk as voorbeeld dan nou na die stories van Noag. En kyk veral wat
>het gebeur met die arme seun van Noag nadat hy sy pa gespot het oor sy
>dronkenskap en naaktheid. Party mense glo selfs dat dit is van
>hierdie seun wat die swart menserasse ontwikkel het. So...OPPAS
>Jonas!! :-))))
>
>Noag was duidelik baie lief vir sy doppie - die eerste ding wat hy
>aangeplant het na die vloed was 'n wingerd? Duidelik was sy
>prioriteite reg! :-)))
>
>(Natuurlik het ek alles hier bo met my tong in my kies geskryf.) :->
>
>
>
>
>
>-----= Posted via Newsfeeds.Com, Uncensored Usenet News =-----
>http://www.newsfeeds.com - The #1 Newsgroup Service in the World!
>-----== Over 80,000 Newsgroups - 16 Different Servers! =-----
Sterrenkijker wrote in message <3b0de360...@news.online.be>...
"Krokkie" <k...@kkie.co.za> wrote in message
news:3b0dec23$0$2...@hades.is.co.za...
> Dit is eienaardig dat sekere mense die aksies van JFK en Clinton mbt
> rokjagtery sal goedpraat, maar dan ook teistering ten sterkste veroordeel.
> Wat my van Clinton/Lewinsky-saak (siende dat die saak vars in die geheue is)
> gepla het, is die feit dat die aap (Clinton) nie oor die vermoë beskik het
> om die verhouding met 'n vroumens kovert te hou nie.
Die vraag onder bespreking was: of 'n "rokkejagter" ook 'n goeie
ekonomiese en administratiewe leier kan wees. Ek praat nie die
"rokkejagtery" goed nie. Sulke mense het 'n minderwaardigheids-
kompleks erens in hulle en leef dit op hierdie manier uit. Veral in
die geval van JFK was dit absoluut belaglik. Hy is glo voorsien
van one night stands deur die Secret Service. (Terloops, ek dink
ook nie dat JFK so 'n groot leier was nie. Hy is nie verantwoordelik
vir groot en goeie wetgewing, soos Johnson deurgeloods het nie.
Hy was verantwoordelik vir die eskalasie van die Vietnam Oorlog.
Hoekom die Amerikaners hom so hoog ophemel, gaan my verstand
te bowe.)
Gloudina
>. (Terloops, ek dink
>ook nie dat JFK so 'n groot leier was nie.
Hij was maar kort aan de macht....resultaat heb je pas aan het einde van
een ambtstermijn en nog meer in een tweede termijn.
Die kans heeft JFK niet gehad dus dat is moeilijk te beoordelen.
De wereld had veel vertrouwen in hem hij was een nieuw soort leider.
>Hoekom die Amerikaners hom so hoog ophemel, gaan my verstand
>te bowe.)
Hij heeft de Cuba crisis goed opgelost en hij heeft toenadering gezocht met
het communisme.
Hij was een moderne nieuwe leider met veel charisma en hij was voor een
socialer Amerika......ook had hij veel aanhangers en vertrouwen van de
zwarte bevolking.
Grt Emmy
Gloudina
Die groete,
Norbert
"Annette" <ann...@ctnet.co.za> schreef:
>Neen, neen! Asseblief, bly maar wat jy is! Termiete hier op hierdie
>nuusgroep is miskien skadelik vir die stewigheid!
>
>Die groete,
>
>Norbert
>
>"Annette" <ann...@ctnet.co.za> schreef:
>
>>:)))) Dankie Norbert - ek is oortuig:)))
>>Van nou af sal ek my voorstel as 'n termiet:)))
>>Annette
>>
Dankie Annette, onthou jy ek het gespog met my ryke verbeeldingskrag?
Jy maak dit minder en minder nodig. Ek weet nou al dat die girl wat
nie in 'n Scope hoef te kyk om groot borste te sien nie, in 'n
woonstel woon. Met heelwat stewigheid daarby natuurlik!
DD
Davie Davis wrote in message ...
>Ek het 'n suiwer etniese bouvorm:))))
>Jy is in 'n mate verkeerd oor die stewigheid - my swaartepunt sit 'n bietjie
>hoog, so ek val maklik om:))
>Annette
>
uh uh, reg gesien want dit is waar ek die stewigheid gesien het... :-D
DD
>uh uh, reg gesien want dit is waar ek die stewigheid gesien het... :-D
>
>DD
nou moet jy nie verkeerd verstaan nie - by topheavygeit bedoel ek dat
wanneer ek na jou skrywe kyk, dink ek dat jou heel swaarste punt sit
bo jou skouers.
DD
Davie Davis wrote in message ...
>
"Annette" <ann...@ctnet.co.za> wrote in message
news:9ep1rs$opq$1...@ctb-nnrp2.saix.net...
>Verraaier, jy gaan 'n stewige kakebeen nodig kry as ek naby kom!!
>
>> Annette ( wat geld vandag gewen het op die Brumbies)
>>
Davie Davis lag toe en sę ...
ô ô... nevermaaind die rugby (dis mos wat die broembies speel né?)
hier kommie comrades... en ek dink Annette gaan wen... want die
wenprys is 'n heel kakebeen!
DD
Davie Davis wrote in message ...
>On Sun, 27 May 2001 08:42:42 +0200, "Sakkie" <coet...@nampak.OC.za>
>wrote:
>
>>Verraaier, jy gaan 'n stewige kakebeen nodig kry as ek naby kom!!
>>
>>> Annette ( wat geld vandag gewen het op die Brumbies)
>>>
>
> Davie Davis lag toe en sê ...
Sakkie wrote in message <3b10a15f$0$2...@hades.is.co.za>...
"Annette" <ann...@ctnet.co.za> wrote in message
news:9er44j$na9$1...@ctb-nnrp2.saix.net...
Miskien het hulle jou nie gewaarsku nie, maar die Waterfront is slegs vir
toeriste uit Amerika en Engeland:)))
Ek sal dit regtig nie teen jou hou dat jy 'n Province ondersteuner is
nie:)))
Self is ek 'n vurige VRYSTAAT!!!! Ondersteuner:))) - Rugby, Krieket en Swem.
Annette
Sakkie wrote in message <3b11fd69$0$2...@hades.is.co.za>...
Wouter:
'n Blikoor in Kaapstad?
Wat ben je toch een rare meid!
"Wouter Plaasvark" <plaa...@hotmail.om> wrote in message
news:3b133...@news1.mweb.co.za...
Samuel, is dit jy?
Gloudina Poirot
Gloudina Poirot : Samuel, is dit jy?
Wouter Watson :
Nee, maar ek is 'n vriend van Johanna.
Hoe gaan dit nou met haar, is sy OK?
Sakkie
Wouter, dit is moelikheid soek om 'n (ex)Vrystater 'n meid te noem!!
Wouter : Jaaaa boet. Maar dis 'n Ollangse meid daai, hoor :-))
Ek hoor jou, maar sy't my al gedreig met die swart gordel in die kas so man
moet maar lig loop.
Sakkie (wat vinnig rondkyk of Annette nie naby is nie)
Wouter Plaasvark wrote:
> >Wouter Watson :
> Nee, maar ek is 'n vriend van Johanna.
> Hoe gaan dit nou met haar, is sy OK?
So, is jou naam Walter?Nie so goed nie, dink ek. Wag vir nuus.
Dink sy het besluit 'n rehabilitasie-sentrum
is 'n beter keuse as die woonstel, op die
oomblik. Is bietjie bekommerd oor haar.
Gloudina
Gloudina : So, is jou naam Walter? Nie so goed nie, dink ek. Wag vir nuus.
Dink sy het besluit 'n rehabilitasie-sentrum is 'n beter keuse as die
woonstel, op die oomblik. Is bietjie bekommerd oor haar.
Wouter :
Nee jong, so maklik kom jy nie op wouter plaasvark se naam nie, maar terwyl
ons nou 'n gemeenskaplike kennis het sal ek jou sę, jy moet net vir my
skryf.
Sakkie wrote in message <3b13a0e1$0$2...@helios.is.co.za>...
Wouter Plaasvark wrote in message <3b133...@news1.mweb.co.za>...
> Ek sal dit regtig nie teen jou hou dat jy 'n Province ondersteuner is
> nie:)))
> Self is ek 'n vurige VRYSTAAT!!!! Ondersteuner:))) - Rugby, Krieket en
Swem.
> Annette
'n WP ondersteuner het eenkeer opgemerk dat daar net hoere en rugbyspelers
in die Vrystaat is.
Toe staan 'n groot ou op en se^ sy vrou is van die Vrystaat.
Die WP outjie vra toe ewe kalm; "O, en vir watter ploeg het sy gespeel?" !
(ploeg beteken span)
"Annette" <ann...@ctnet.co.za> wrote in message
news:9f14cb$cet$5...@ctb-nnrp1.saix.net...
Sakkie wrote in message <3b15f4f7$0$2...@hades.is.co.za>...
Kobus Pietersen wrote in message <9f3h2q$2id$1...@ctb-nnrp1.saix.net>...
"Annette" <ann...@ctnet.co.za> wrote in message
news:9f76rk$6fg$5...@ctb-nnrp2.saix.net...
"Sakkie" <coet...@nampak.OC.za> wrote in message
news:3b174727$0$2...@hades.is.co.za...
"Krokkie" <kro...@krokkedil.krok> wrote in message
news:3b174b3b$0$2...@hades.is.co.za...
Sakkie wrote in message <3b175c48$0$2...@hades.is.co.za>...
>Ek hčt nou die dag op Bantry Bay oorgebly. Amper loopafstand van Clifton
>af. Jare terug was dit mos 'n strand vir minder skaam mense.
>Sakkie
En ryk Joodse tannies met verkykers! :-)
-----= Posted via Newsfeeds.Com, Uncensored Usenet News =-----
http://www.newsfeeds.com - The #1 Newsgroup Service in the World!
-----== Over 80,000 Newsgroups - 16 Different Servers! =-----
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.
Danielle <dani...@sg-1.com> wrote in message
news:n33mht4s3ik91p6q2...@4ax.com...
Miskien is dit die rede hoekom hy daar bedank het:))))
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.
Sakkie <coet...@nampak.OC.za> wrote in message
news:3b174727$0$2...@hades.is.co.za...
> Ek hèt nou die dag op Bantry Bay oorgebly. Amper loopafstand van Clifton
meneer die diener
ek kan sweer ek weet wat ek sien
hul's kaal daai mans
daar by die see
haai o gedorie wee
mens mag nie kaal kom swem
veral nie hier by bantry baai
van al die koue water
kan ek nou niks van hulle sien
maar as ek op my stoel
wat op die tafel staan gaan staan
en deur die hoogste venster van my toilet loer
en my sterkste verkyker op my oge laat gaan
dan sien ek iets wat ek van hou
ek kan myself daaraan verkyk
maar dis te laat en hul te ver
ek is te oud
en die lewe al baie koud
om iets in my aan te wakker
ai die lewe raak ook al swakker
so nou kom sê ek net
hul's kaal daai mans
daar by die see
agter daai hoë kontrytmuur
en ek sit hier en kyk
uur vir uur
Gloudina, ook maar goed jy was toe nie hier nie, want hulle was glo maar
BAIE wit!
Thys oppie Bos
"Annette" <ann...@ctnet.co.za> wrote in message
news:9fosbh$57v1p$6...@ID-92016.news.dfncis.de...
> Maar dit was mos daai antie wat op Graaff' se Poel gekyk het virrie kaalgat
> omies:
> Gloudina, ook maar goed jy was toe nie hier nie, want hulle was glo maar
> BAIE wit!
>
Jaaaaa, Thys. Hoop daar is vandag wit en swart naakte liggame daar
by Graaff se poel. Hoe gaan dit by Sandy Beach? Is dit nog altyd
clothes optional?
Tant Hessie Ann Barnard wat kaalgat in die poel
in Kirstenbosch geswem het.
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.
Thys de Wet <th...@it.sun.ac.za> wrote in message
news:9fq39k$m84$1...@news.adamastor.ac.za...
Was die naweek in De Doorns. Pragtig met al die wingerde wat nou so mooi
aan't verkleur is.
Thys oppie bos ver vannie kaal omies af...
<@home.com> wrote in message news:3B20BD2A...@home.com...
> Thys de Wet wrote:
Thys de Wet <th...@it.sun.ac.za> wrote in message
news:9g1s7u$7ls$1...@news.adamastor.ac.za...
> Was die naweek in De Doorns. Pragtig met al die wingerde wat nou so mooi
> aan't verkleur is.
>
Wonder vanwaar "De Doorns" sy naam kry?
Gloudina
Thys de Wet <th...@it.sun.ac.za> wrote in message
news:9g2ip0$kgs$1...@news.adamastor.ac.za...
By die plek met naam van de doorns
het annette en gloudina
gewonder oor die naam
of daar turksvye by was met doorns
maar thys wil beweer
dat wingerde dra
druiwe
en nie doorns.
by 'n poel in die berg
is die water so koud
dat vir die wat gaalkat gaan swem
(soos in ou graaff se poel by die see)
is die water so koud
dat daar als is verberg
en jy nie kan sien:
is hy of sy frans of fransien?
"Annette" <ann...@ctnet.co.za> wrote in message
news:9g3bb0$6n3a4$2...@ID-92016.news.dfncis.de...
> sal dit ook maar vrek koud wees. Jy sal dan
> nie weet of jy frans of fransina is nie...
>
> is die water so koud
> dat daar als is verberg
> en jy nie kan sien:
> is hy of sy frans of fransien?
>
Dierbaarheid, Thys, jy het darem baie snaakse
persepsies van die moontlikhede van die manlike
en vroulike organe om eners te lyk in ekstreme
koue. Jy het duidelik nog nooit mixed swimming
in baie koue omstandighede gedoen nie.
Gloudina
Hij zit er niet eens zo heel ver naast. Ik ben eens zo'n 20 km van huis door
het ijs gezakt (kopje onder) en ik moest daarna 'n kleine drie kwartier
terugschaatsen met tegenwind en temperaturen ver onder nul ....
Groeten,
Arthur
He he he: Wat vertel jy my nou! Mixed swimming! Hoe swem mens gemengd?
Een hou swem jy en die ander hou swem ek? Of hoe doen mens dit?
Maar jy's dan ook duidelik nie 'n man wat al soos Arthur "yzig ondergegaan"
het en daarna die nodige "soekwerk" moes doen nie.
En ek kies ten minste my verwysings meer delikaat as Gert Vlok Nel. Klink
my maar meer na Gert Vloek vir Nel, maar nou ja.
As jy dan nou so digterlik vry wil wees, lees dan maar sy goete. Ek sal dit
liewer nie doen nie.
(En ek is nie preuts nie, net beskaafd)
Thys oppie Bos
"Arthur Hagen" <hag...@topmail.de> wrote in message
news:9g5jg9$2cq2$1...@news.kabelfoon.nl...
> Maar jy's dan ook duidelik nie 'n man wat al soos Arthur "yzig ondergegaan"
> het en daarna die nodige "soekwerk" moes doen nie.
Thys, wil jy my nou vertel dat dit geheel en al entoet en taal verdwyn in
ekstreme koue?
Gloudina
Erg veel scheelde het niet ;)
Groeten,
Arthur
Soos die twee tantes wat besluit het die lewe in die ouetehuis is te saai en
eentonig. Besluit hulle twee om te 'streak' in die gang af tot by die
teekamer en terug nas hul kamer. So gesę, so gedaan. Beweeg hulle toe in
die gang af, draai om in die teekamer. Oom Hans en oom Maans sit daar oor
hulle kieries en sug.
"Hans, verbeel ek my of het die twee nou vanoggend nuwe rokke aan of wat?"
"Gaats Maans, dit lyk my nogal so, maar wat hulle ookal aan het, is maar erg
gekreukel"
Thys oppie Bos (frans, nie fransina nie, nog nie Arthur-deur-die-ys-gestort
gedoen nie)
<@home.com> wrote in message news:3B279F7B...@home.com...
> Die spulletjie krimp so effens heelwat op ja, maar darem nou nie heeltemal
> nie...
>
Nou-ja, dis soos ek gedink het.
Gloudina