Ek dink dis pragtig.
Wat dink julle?
Groete
Henry in Pennsylvania
* Sent from RemarQ http://www.remarq.com The Internet's Discussion Network *
The fastest and easiest way to search and participate in Usenet - Free!
> Die nuwe motto van Suid-Afrika se landswapen: diverse people unite (soos
> hierbo, in die San-taal van die uitgestorwe Xam-groep).
>
> Ek dink dis pragtig.
> Wat dink julle?
Dus die vertaling uit die Latyn wat vantevoredaarop verskyn het. "Ex unitate
vires" of soiets.
Gloudina
Miskien tog nie heeltemal dieselfde nie...
of klink dit net ietwat anders?
Dit is ook (myns insiens) 'n pittige beskrywing van die
simboliek van die nuwe landsvlag.
In article <3908A97B...@home.com>, @home.com wrote:
>
> Die nuwe motto van Suid-Afrika se landswapen: diverse people
unite (soos hierbo, in die San-taal van die uitgestorwe Xam-
groep).
(knip)
> Ek dink dis pragtig.
> Wat dink julle?
Ek dink die ontwerp van die nuwe wapenvir SA is baie treffend. As mens aan
die
oorvolle ou een dink, dan kan jy 'n sug
van verligting slaak. Ek hou van die
eiervormige basis van die ontwerp:
'n eier met vlerke en 'n kroon. Ek hou
van die feit dat hulle die sekretarisvoel
gekies het, weens die inheemsheid
daarvan, maar dit herinner sterk aan
die ontwerp van 'n phoenix met die se
sterk simboliese inhoud. (Dit het my
'n rukkie geneem om te besef dat dit
'n protea is wat die onderlyf van die
sekretarisvoel vorm, en dat die spies
en die knopkierie die bene vorm.)
Die braafste deel is duidelik die besluit
dat die enigste taal wat op die wapen
sal verskyn, die van 'n uitgestorwe
San groep sal wees. Dit was egter 'n
besluit wat Salomo groen van jaloesie
sou maak : in 'n land waar 11 tale om
aandag dring, kies jy nie een van hulle
nie, en het seker algehele konsensus
dat daardie woorde op die wapen die
regte keuse is!
Die tannie wat verantwoordelik is
dat 'n paar Kanadese 'n San woord
gebruik (eina).
KaapseKind <huisieb...@hotmail.com> wrote in message
news:8e9qfn$298$1...@ctb-nnrp1.saix.net...
> Die nuwe motto van Suid-Afrika se landswapen: diverse people unite (soos
> hierbo, in die San-taal van die uitgestorwe Xam-groep).
>
<<>Die nuwe motto van Suid-Afrika se landswapen: diverse people unite
(soos
>hierbo, in die San-taal van die uitgestorwe Xam-groep).
>
>Ek dink dis pragtig.
>Wat dink julle?>>
X!! XXX !!!
KaapseKind <huisieb...@hotmail.com> wrote in message
news:8ebds4$n14$1...@ctb-nnrp1.saix.net...
> Kangakid,
>
> Hier is die landswapen - as jy dit nog nie intussen gevind het nie.
> (Ek heg dit aan as "attachment" en hoop dit werk).
>
> Ek het ook die volgende beskrywing op MWeb se tuisblad gekry - en was te
lui
> om dit te vertaal.
>
> "The new coat of arms has two Khoisan figures symbolising South Africa's
> common heritage as the central feature. The figures are enclosed in a
shield
> surrounded by two wheat ears, a symbol of fertility and growth.
>
> Also featured are elephant tusks which represent wisdom, strength,
> moderation and eternity, as well as a Protea, symbolic of the beauty of
> South Africa and the flowering of the nation's potential, and a secretary
> bird, a symbol of protection.
>
> A spear and knobkerrie cross over the top of the shield, a sign of
> authority. As they are lying down, they also represent peace.
>
> The motto, written in the San language of the now extinct Xam people,
> translates as: "Unity in Diversity".
>
> The old coat of arms, introduced at union in 1910, incorporated the
symbols
> of the now defunct four provinces".
>
>
> Wat dink jy daarvan?
>
>
>
> Y?
xarra
*smile*
Rocco
KaapseKind <huisieb...@hotmail.com> wrote in message
news:8e9qfn$298$1...@ctb-nnrp1.saix.net...
Dis nou van hulp vir mense wat die Xhosa klanke ken.
Vir ongexhoseerdes... 'n !k is 'n tong wat vassuig aan die middel van
die verhemelte, 'n / is 'n tong wat vassuig aan die voorpunt van die
verhemelte net agter die voortande, en 'n // is 'n tong wat aan die kant
in die kies vassuig.
Ek let op dat jy deurlopend praat van "julle" en neem dus aan jy is nie 'n
Suid-Afrikaner nie.Ook maar goed so. Jy kompliseer my lewe Rocco.
Om jou (kategoriserende) taal te praat...
As "'n Blanke Christen Afrikaanssprekende" aanvaar ek JUIS die landswapen.
Nog méér - Die sogenaamde verskuilde betekenisse is ongetwyfeld getrou aan
my eie waardes en wek trotsheid om hier te wees. Ek kan saam met my swart en
bruin kollegas 'n wapen in ons kantore aanbring en bloot Suid-Afrikaners
wees - ONS (nie hulle, julle en ek nie).
Dankie aan die wyses wat geweet het die wapen sal rassiste soos 'n seer
vinger laat uitstaan om getel te word - en hulle sal in die mindere wees.
Hulle sal my ook hopelik JULLE noem en nie probeer om my in te sleep by
dieselfde denke (bloot omdat ek wit is!) nie.
Ek mag uniek wees en my landswapen erken dit. Eenheid in verskeidenheid. Nét
wat ons nodig het en waarna ons streef. O ja, en Rocco - dis so EG
Christelik! (Respekteer mekaar, wees een in Christus). Sien, ek kan dit
selfs as strewe gebruik om dieselfde taal te praat as my (dikwels swart en
bruin) Christenvriende. Wonderlik...
> Ek mag uniek wees en my landswapen erken dit. Eenheid in verskeidenheid. Nét
> wat ons nodig het en waarna ons streef.
Nee wat Kaapse Kind, Rocco is te domom te sien dat die wapen juis vir die
Afrikaner
toelaat om uniek te wees binne die groter
verskeidenheid.
Mense soos Rocco besef ook nie dat wat
hy "ons" (die Afrikaners) noem, gebore is
uit 'n baie groot diversiteit van groepe nie.
Eintlik is mense soos Rocco nie verenig in
hulle liefde vir hulle taal en hulle groep nie,
maar in hulle rassehaat. Dis die dat 'n Poolse
immigrant en 'n double-barreled Engelsman
met 'n Australiese vrou vir Chris Hani se
dood verantwoordelik was. Al wat hulle
verenig het, was haat.
Gloudina
Wel, ek het gaan loer... en here goes met al die verskuilde
kommunistiese en satanistiese tekens:
1. Die new-age piramiede wat die bokant van die protea vorm.
2. Die "son" bo-aan wat, as jy dit vervorm en reg uitknip en weer
aanmekaar vasplak, 'n perfekte kommunistiese ster vorm.
3. Die liggeel dele van die voël se vlerke is joysticks wat simbolies
is van die beheer wat die regering oor ons het via rekenaars en die
internet.
4. Die ligbruin dele van die vlerke het elk 6 kepe in (die satanistiese
syfer).
5. Die donkerbruin dele van die vlerke het elk 7 kepe in (die
christelike syfer) ... die dele met 6 kepe staan dus verhewe bo-kant die
dele met 7 kepe in, wat simbolies is van die oorwinning van die duiwel
oor God.
6. As jy mooi kyk sal jy sien dis eintlik 'n aasvoël en nie 'n
kraanvoël nie, simbolies van die verval van die land en die swartes wat
ons plase gaan aas.
7. Die twee halms koring is simbolies van die koring en die kaf wat
geskei gaan word, maar omdat daar nie 'n kaf aangedui word nie (slegs 'n
tweede koring), maak dit 'n bespotting van die idee dat die goeie van
die slegte geskei word... dit sê dus "kaf bestaan nie, alles is koring",
wat beteken dat die slegte nie bestaan nie, net die goeie -- 'n tipiese
kommunistiese leuen wat christene in die verderf in probeer lei met die
argument dat sonde en die hel nie bestaan nie.
8. Kyk na hoe die mannetjies op spesifieke plekke "opgebreek" is... as
jy hulle so opbreek en op 'n sekere manier aan mekaar sit dan kry jy 'n
5-puntige ster van satanisme.
9. Die twee figure is albei mans -- 'n goedkeuring van homoseksualisme.
10. Die hoek tussen die knopkierie en die assegaai is tradisioneel baie
kleiner as op hierdie wapen. Die hoek dui die samewerking tussen die
wetgewende en die uitvoerende gesagte van 'n land... en hier is die hoek
baie groot, wat dui op 'n wanverhouding tussen die wet en die toepassing
van die wet.
11. Die bokhorings aan beide kante van die wapen (dis nie ivoortande
nie).
12. Die numeriese totale van die letters in die leuse (as jy dit in
rekenaarsyfers omskakel en bymekaartel) gee 'n totaal van 666.
13. Jesus sit aan die regterhand van God, maar hierdie voël kyk na
links, wat dui op 'n weerstand teen die almagtige gesag van God.
14. Die figure dra wit roubande om hul bo-arms... wit bande was die
kleur van die anti-dienspligbeweging van die kommunistiese partye in die
80'er jare.
15. As jy die wapen op sy kop draai dan lyk dit soos 'n vuurpyl --
simbolies dat die mens nie tevrede is met sy bestaan op die aarde nie,
maar hom tot die hemele wil verhef.
Erm... behalwe hierdie, kan ek geen ander slegte dinge sien nie...
*nie-ernstig-nie*
> 6. As jy mooi kyk sal jy sien dis eintlik 'n aasvoël en nie 'n
> kraanvoël nie
Alhoewel die blou kraanvoel glo die nasionale voel vanSA is, is hierdie een
glo 'n sekretarisvoel, volgens die
uitlegging op Beeld. Die sentrale element is dus 'n
scriba. Opperman sou daarvan gehou het.
Gloudina
> 6. As jy mooi kyk sal jy sien dis eintlik 'n aasvoėl en nie 'n
> kraanvoėl nie
Gloudina:
Alhoewel die blou kraanvoel glo die nasionale voel vanSA is, is hierdie
een
glo 'n sekretarisvoel, volgens die
uitlegging op Beeld. Die sentrale element is dus 'n
scriba. Opperman sou daarvan gehou het.
Samuel:
Aaaah, ek wou SEG dit lyk nie soos 'n kraanvogel nie. Tx, Gloutannie...
ek het juis gewonder watter vogel dit is.
Nouja, die kommunisverskriktes sou seg: Die wapen spot met die kerke se
scribas.
> Samuel:
> Aaaah, ek wou SEG dit lyk nie soos 'n kraanvogel nie. Tx, Gloutannie...
> ek het juis gewonder watter vogel dit is.
>
> Nouja, die kommunisverskriktes sou seg: Die wapen spot met die kerke se
> scribas.
Ahhhhh, nou gaan die lig vir my op.
Die tannie wat al ooievaars sien wei
het op die lusernlande op die walle
van die Oranje-rivier (op pad tussen
Europa en George, waar hulle oorwinter.)
Samuel Murray <smurra...@yebo.co.za> wrote in message
news:8ef3au$h1d$1...@ctb-nnrp1.saix.net...
> 6. As jy mooi kyk sal jy sien dis eintlik 'n aasvoėl en nie 'n
> kraanvoėl nie
Alhoewel die blou kraanvoel glo die nasionale voel vanSA is, is hierdie een
glo 'n sekretarisvoel, volgens die
uitlegging op Beeld. Die sentrale element is dus 'n
scriba. Opperman sou daarvan gehou het.
Gloudina
Nee Tannie, dis duidelik 'n lammergeier wat die lammers nou gaan gei. :-)
In onskuld, het ek hierdie bose aanvaar, maar in hierdie tye sal die onskuld
nie die skuld verberg nie. Let op! Wees wakker! Hier word die merk van die
bees uitgeskryf. :(=~<
///
\ \\\
// ///
$$$$$$$$$$$$$$$
>
>
>
> *nie-ernstig-nie*
>
>
>
En, nee, dis nie 'n spottery nie. Ek is net al effens moeg vir mense wat
duiwelse tekens in alles om hulle sien. Partykeer is 'n driehoek net dit:
'n driehoek met geen bybetekenisse nie.
Ek het 'n pęl wat op 'n stadium erg met hierdie simboliek deurmekaar was.
Hy wou byv. nie 'n Toyota ry nie, want die Toyota-wapen is drie ellipse wat
een of ander duistere ding sou beteken, definitief van Satan. Toe sę ek
eendag vir hom hy moet kyk na die gloeilampe in sy huis en vir my sę watse
maak is hulle. Hy maak toe so en sę meeste is Osram. Toe sę ek hy moet
hulle vervang, want Osram is 'n Noorweegse afgod. Vra ek hom of hy dan nou
'n Mazda sou ry, sę hy ja. Tot ek aan hom uitwys Mazda is een van die gode
in die Zoroastriese geloof (ek dink die god van lig). Ens. ens. Gelukkig
is hy nou meer besadig. Ek dink hy't agtergekom 'n simbool is dit wat jy
van hom wil maak. Daar's 'n teks in die Bybel wat iets sę hiervan: dat dié
een wat glo dat as hy brandoffervleis eet, is dit sonde; hý pléég sonde as
hy dit eet, terwyl die ou wat dit nie glo nie, pleeg nie sonde nie.
Die keuse van die taal vir die nuwe wapen, is soos Gloudina sę, 'n
Salomo-wysheid. Weet net nie so mooi van die uitspraak nie. Ek sal maar by
die Afr vertaling bly, iets soos: "Diversiteit maak mag" om die ou leuse te
parafraseer.
Groete,
Dries Venter
NS: Wat doen Rocco Van Tonder en Associates?
Rocco Van Tonder & Associates wrote in message
<390b0...@news1.mweb.co.za>...
>Dit lyk my almal is te bang om iets te se van julle nuwe wapen. Wel ek sal
>iets daar oor se, as n Blanke Afrikaanse Christen sal ek dit nooit aan vaar
>as my teken van my land nie. REDE, toe ek hoor julle gaan n nuwe teken kry
>van die commies, het ek vir almal gese dat hulle sal sien hoeveel
verskuilde
Dries Venter
@home.com <@home.com> wrote in message <390B4382...@home.com>...
Ek het persoonlik nie 'n probleem met die nuwe wapen nie, dit is besonders
diplomaties en neutraal gedoen, en die leuse kan seker niks anders as funky
genoem word nie. Dit lyk nogal na 'n URL met die /:wtwet daarbinne of
watookal. Weet ook nie altyd hoekom moet 'n landswapen latyns inhę nie, so
ons land se eie uitgestorwe taal kan dan seker die jop doen.
Per slotsom is dit baie beter as die flippen landsvlag wat niks meer is as
'n ANC-vlag met 'n bont valletjie om nie.
> Ja gloudina as jy niks het om te se nie, en as jy nei weet waar van jy praat
> nie dan is jy net soos die volksvreemdes, jy het die klokie gehoor maar het
> nie n idee waar die son op kom nie, hoopenlik is dit lekker deur mekaar dan
> sal jy dit verstaan. Jou brein krag is die selfde as die volksvreemdes.
> As jy weet waar van ek praat, wat ek baie sterk twyfel, dan kan jy n eier
> le, gaan dink aan iets wat jy van weet en dan kom jy terug dan kan ons kyk
> of jy dan iets weet, want j-y w-e-e-t t-o-k-k-e-l
I rest my case. Rocco, in watter besigheid is jy?
As jy 'n prokureur is, sal ek nie vir jou toelaat
om met my sake te werk nie. Jy ken nie eens jou
eie taal nie (die spelling, die idionatiese gebruik)
en jou pogings om 'n logiese gesprek te voer,
is amper nul. Net 'n laaste vraag: wat bedoel
jy met die laaste sin." Jy weet tokkel." Ek ken
die woord tokkel, maar net as 'n werkwoord.
Wat beteken "tokkel" in jou laaste sin. Daardie
sin het my skoon verbyster.
Gloudina
> <@home.com> wrote in message news:390B2667...@home.com...
KaapseKind wrote:
> > Ek mag uniek wees en my landswapen erken dit. Eenheid in verskeidenheid.
Nét
> > wat ons nodig het en waarna ons streef.
> Nee wat Kaapse Kind, Rocco is te domom te sien dat die wapen juis vir die
> Afrikaner
> toelaat om uniek te wees binne die groter
> verskeidenheid.
Inteendeel. Daar is ten minste twee betekenisse wat aan "diversiteit" geheg
word: a) Jy mag diversiteit onderhou deur te kies om jou (bepaalde aspekte
van jou persoonlikheid) binne bepaalde groepverband uit te leef en b) Jy
moet verseker dat elke groep die volle spektrum van diversiteit weerspieël.
Die eerste en kan miskien diversiteit onderhou. Die tweede een vernietig
dit. 'n Goeie voorbeeld hiervan kom voor in die nasionale onderwysbeleid wat
trots verklaar dat die uitkomstes van die kurrikulum verpligtend is, en
gemik is op "inclusion". Om daardie rede, vervolg die dokument, kan
godsdiens nie "include" word nie, want "non-religious" leerders sal nie die
uitkomstes kan bereik nie.
Waaragtig. Om "inclusive" te wees, moet godsdiens "exclude" word. Chris
Louw, in sy bebliksemde boetie se synskrises, het 'n ander aspek hiervan
beleef - en bietjie anders verwoord.
Hierdie paradoks lę volledig in die nuwe leuse opgesluit - as dit vertolk
word soos die onderwysbeleid "inclusion" vertolk.
> Eintlik is mense soos Rocco nie verenig in
> hulle liefde vir hulle taal en hulle groep nie,
> maar in hulle rassehaat. Dis die dat 'n Poolse
> immigrant en 'n double-barreled Engelsman
> met 'n Australiese vrou vir Chris Hani se
> dood verantwoordelik was. Al wat hulle
> verenig het, was haat.
>
> Gloudina
Hmmmmm....... Ek sien daar's 'n ander ou haatvraat wat nog steeds hier haat
aanstig.
Vriendelike groete, Leendert