Hello byeboer
Jy's lekker suur vandag.
Wat het gebeur? 'n Kangaroe jou gebyt?
ch...@irc.com.au wrote in article <35107837...@irc.com.au>...
| Suid-Afrika en ander dele van Afrika was vir ongeveer 300 jaar 'n lekker
| vakansieplek vir die Europees. Noudat die palmbome uitgedroog het, die
<<>Hello byeboer
>Jy's lekker suur vandag.
>Wat het gebeur? 'n Kangaroe jou gebyt?>>>
Kangeroe is nie so stupid nie.
Hy het maar net die "need" gevoel om SA te beledig. Seker weer skuldig
wakker geword na 'n droom...
Hier kom ou Nico weer met die
oogklappe aan. Jy reis seker
nie teveel rond nie.Om te
verklaar dat alle parke in
die VSA silwerskoon is en
al die geriewe honderd
persent, sal selfs 'n ou
Amerikaner vir jou oor
uitlag.Waar bly jy, Nico,
waar jy bokke van jou
woonstel af kan sien?
Gloudina
Die lewe dring nie tot jou deur nie! Haal JOU oogklappe af dan sal jy ook
mooi dinge om jou raaksien.
Jy reis seker
| nie teveel rond nie.
Ek reis soveel as my geld en tyd toelaat, Gloudina. Ek het in my eerste
paar maande hier dele van Texas, Iowa, Illinois, Wisconsin en dan groot
dele van Minnesota gesien! En oral is dit pragtig skoon! Veral openbare
parke en geriewe. Kom kyk self! Maar onthou Gloudina, ek het al baie vir
jou gesę, die voorwaarde is dat jy nie in al die hole en agterstrate met
dooie duiwe moet gaan kruip nie. Kom kyk net na die staats parke, stads
parke en openbare geriewe hier waar die gemiddelde man op straat gereeld
met sy kinders kom.
Om te
| verklaar dat alle parke in
| die VSA silwerskoon is en
| al die geriewe honderd
| persent, sal selfs 'n ou
| Amerikaner vir jou oor
| uitlag.
Juis 'n Amerikaner en inwoner van Minnesota wat voor ons aankoms hier, dmv
e-mail vir ons gesę het dat ons bietjie hoër belasting sal betaal, maar
dat 'n mens net die parke hoef te besoek om te sien waar die geld spandeer
word. Die mense hier is baie trots op hulle omgewing. En jy kan dit
sien.
Waar bly jy, Nico,
| waar jy bokke van jou
| woonstel af kan sien?
Ons bly in 'n apartment in Eagan, 'n stad wat deel uitmaak van die
metropool van die Twin Cities: Minneapolis en St Paul. Tussen ons en
Mendota Heights is pragtige woude waarin die bokke loop. Sonder enige
heinings om. Onder andere op die gronde van die US Postal Service se Bulk
Post Center. Ek ry gereeld met my kamara in die kar, maar hulle is selde
naby genoeg vir 'n foto. Baie oggende sien ek net hulle spore in die
sneeu. Orals op die strate wat aan die woude grens is daar bordjies wat
waarsku van die bokke se teenwoordigheid - baie soos die bordjies in SA
wat waarsku van kudus wat oor die pad kan spring.
Al wil ek graag glo dat jy dit gevra het uit blote belangstelling, klink
dit tog asof jy my nie glo nie.
Bel die Department of Natural Resources van St Paul - hulle kan dit
bevestig.
Kom kyk self hier - ek sal jou gaan wys.
Wees geduldig - ek belowe dat as ek 'n foto van hulle kry, ek dit hier vir
almal sal pos.
Dis iets mooi wat ek jou probeer vertel het, Gloudina - probeer dit so
raaksien.
Ek het ook al die mooiste eekhorings gesien in die bome wat agter my seun
se skool groei - en gloudina, hulle is netso mooi! Het julle ook van hulle
daar in julle omgewing?
Groete
Nico
Baie moeilik vir iemand wat heeldag vingerwys om mooi dinge raak te
sien.
> Ek reis soveel as my geld en tyd toelaat, Gloudina. Ek het in my
> eerste
> paar maande hier dele van Texas, Iowa, Illinois, Wisconsin en dan
> groot
> dele van Minnesota gesien! En oral is dit pragtig skoon! Veral
> openbare
> parke en geriewe.
Net so hier in Aus, ek kon nie glo toe ek parke sien wat skoon is en
waar daar nie honderde onder die bome l^e en slaap nie. 'n Mens is ook
nie bang om jou kinders op die gras neer te sit nie - in SA loop en
spoeg sekere mense die heeldag, blaas hulle neuse skoon en lig been
orals.
> Kom kyk self! Maar onthou Gloudina, ek het al baie vir
> jou gesę, die voorwaarde is dat jy nie in al die hole en agterstrate
> met
> dooie duiwe moet gaan kruip nie.
Seker waar sy bly op die oomblik en gebly het in SA. Sommige vind dit
baie moeilik om hulle self te verbeter.
> Kom kyk net na die staats parke, stads
> parke en openbare geriewe hier waar die gemiddelde man op straat
> gereeld
> met sy kinders kom.
>
In SA kan jy nie die term 'gemiddelde man' gebruik nie. Die 'gemiddelde
man' bly nog steeds in die bos en vee sy agterent met 'n graspol af en
dring terselfdertyd aan om in 'n huis te bly en nie vir water en ligte
te betaal nie.
> Om te
> | verklaar dat alle parke in
> | die VSA silwerskoon is en
> | al die geriewe honderd
> | persent, sal selfs 'n ou
> | Amerikaner vir jou oor
> | uitlag.
>
Hulle sal vir jou lag - die plekke waar die 'gemiddelde Amerikaner' bly
is skoon, ek weet ek was al baie daar. Dit is waar die 'gemiddelde'
minderheids groepe bly, waar jy NSA standaarde kry.
> Waar bly jy, Nico,
> | waar jy bokke van jou
> | woonstel af kan sien?
>
Definitief waar die 'gemiddelde Amerikaner' bly. As dit in die selfde
situasie in Afrika was, waar die 'gemiddelde man' bly, sou die bokke dag
een al op die spit gewees het.
Boere vir die Bokke
b...@boer.wa.sa skribbel:
>Definitief waar die 'gemiddelde Amerikaner' bly. As dit in die selfde
>situasie in Afrika was, waar die 'gemiddelde man' bly, sou die bokke dag
>een al op die spit gewees het.
Bynes,
Jy moet miskien 'n draai in Kenia gaan maak. Ek was verbaas om te sien hoe
wei die wildebeeste, zebras en Thompson gaselle tussen die Masai se beeste
rond. Of is Kenia nie deel van Afrika nie?
Terloops, kan jy ons se^ wat van die Bloubok, Kaapse leeu en Kwagga geword
het?
Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
>
> Ek reis soveel as my geld en tyd toelaat, Gloudina. Ek het in my eerste
> paar maande hier dele van Texas, Iowa, Illinois, Wisconsin en dan groot
> dele van Minnesota gesien! En oral is dit pragtig skoon! Veral openbare
> parke en geriewe. Kom kyk self! Maar onthou Gloudina, ek het al baie vir
> jou gesę, die voorwaarde is dat jy nie in al die hole en agterstrate met
> dooie duiwe moet gaan kruip nie. Kom kyk net na die staats parke, stads
> parke en openbare geriewe hier waar die gemiddelde man op straat gereeld
> met sy kinders kom.
Jy was dus nog nie op die Eastern
Seaboard of in California waar
'n groot deel van die Amerikaanse
bevolking lewe nie. Maar nou sit
jy vir almal en vertel hoe skoon
"Amerika" is. Dis nou asof iemand
in Stellenbosch of Swellendam sit
en vir almal vertel hoe mooi en
skoon Suid-Afrika is. Daarbenewens
moet jy besef dat die kompleks van
myne en industrie in die streek
rondom Johannesburg heel uniek is.
Hier in Kanada het ons omtrent
niks wat daarmee kan vergelyk nie.
In die VSA miskien die Detroit-
Chicago strook van geindustriali-
seerde area, en die streek rondom
Manhattan. In Duitsland die Ruhr
area. In India seker stede soos
Calcutta, ensovoorts. Maar om nou
in Minneapolis-St.Paul te sit en
s^e hoeveel beter jy voel as in
Johannesburg, is naief. Hoekom het
jy dan nie maar sommer George toe
getrek nie? Weet jy hoe mooi dit
in George is?
Gloudina
Jou antwoord verdien net minagting. Ek het ook nie die hele Suid Afrika
gesien nie. En jy ook nie. En jy het defnitief ook nie die hele Amerika
gesien nie. Of die hele Kanada nie. Dink, man! Jou redenasies is soos
die van 'n laerskoolkind wat 'n debatsaand verloor.
Daarbenewens
| moet jy besef dat die kompleks van
| myne en industrie in die streek
| rondom Johannesburg heel uniek is.
Enigste plek in die wereld waar daar so baie swartes is om vuil te mors
...?
| Hier in Kanada het ons omtrent
| niks wat daarmee kan vergelyk nie.
Hoe durf jy dan mening uitspreek.
| In die VSA miskien die Detroit-
| Chicago strook van geindustriali-
| seerde area, en die streek rondom
| Manhattan. In Duitsland die Ruhr
| area. In India seker stede soos
| Calcutta, ensovoorts.
Deur plekke soos Calcutta met Amerika toe te vergelyk illustreer my punt
baie mooi , dankie.
Maar om nou
| in Minneapolis-St.Paul te sit en
| s^e hoeveel beter jy voel as in
| Johannesburg, is naief. Hoekom het
| jy dan nie maar sommer George toe
| getrek nie? Weet jy hoe mooi dit
| in George is?
Ek het vir ses maande aan die tuinroete gewerk en die plek van binne leer
ken. Dis nog duur daar. Die landsregering daar is nog heel korrup. Die
nuus en koerante daar maak 'n mens netso depresief as wat dit doen aan die
Rand. Ons familie in George berig maar dat die misdaad daar netso sleg is
as in ander dele van SA - hulle moet ook hulle deure en karre sluit.
Kom asseblief met meer sinvolle plasings vorendag as jy weer reaksie wil
hê.
Nico
>
> Enigste plek in die wereld waar daar so baie swartes is om vuil te mors
Hier ontbloot jy jouself as 'n
APARTHEIDSVARK. Wonder wat jy
sal doen wanneer jy in jou geliefde
"Amerika" ('n versinsel in jou kop)
kom in plekke soos Harlem of dele
van Washington nie ver van die Wit
Huis nie, waar die oorgrote deel van
die inwoners swart is. Is jy dan
buite "Amerika."?
>
> Ek het vir ses maande aan die tuinroete gewerk en die plek van binne leer
> ken. Dis nog duur daar. Die landsregering daar is nog heel korrup. Die
> nuus en koerante daar maak 'n mens netso depresief as wat dit doen aan die
> Rand. Ons familie in George berig maar dat die misdaad daar netso sleg is
> as in ander dele van SA - hulle moet ook hulle deure en karre sluit.
Wel, ek weet nie van jou nie, maar
hier in Ottawa moet ons ook ons kar
en deur sluit. Hulle het karre uit
die garages onder in ons gebou gesteel
tot onlangs. Nou het ons beter kontrole
met 'n meer gesofistikeerde stelsel. Ek
vra jou net weer: Was jy al in Chicago?
Dis mos nie ver van jou nie. Gaan ry
bietjie deur die stad se minder gegoede
dele en rapporteer dan weer. Of bestaan
jou "Amerika" net uit selektiewe dele
in jou kop. Word groot. En eerlik.
Niemand wil h^e jy moet weer teruggaan
SA toe nie. Maar hou op grootpraat oor
hoe wonderlik dit in "Amerika" is.
Gloudina
Hang af van gebied tot gebied en die ingesteldheid van die inwoners.
Probeer bietjie Malawi - enigste voels wat jy in Blantyre sien is groot
swart kraaie.
So, hier stel jy dit nou self dat dit die swart mense is wat so mors - dat
die vuil woonbuurtes dié is waarin die meerderheid swart mense bly, selfs
in Amerika.
Ek kan maar net weer herhaal: ek gaan kruip nie in al die hole rond nie!
| Wel, ek weet nie van jou nie, maar
| hier in Ottawa moet ons ook ons kar
| en deur sluit. Hulle het karre uit
| die garages onder in ons gebou gesteel
| tot onlangs. Nou het ons beter kontrole
| met 'n meer gesofistikeerde stelsel.
Nee, ek is nou nog te onlangs uit 'n "crime" geteisterde SA, maar ek sien
elke oggend hoe daar motors, bakkies en minivans buite ons winkels
aangeskakel bly staan, terwyl hulle eienaars in die winkels in is om koffie
te koop. Hier hoef ons nie motors te sluit nie.
Ek was ook in die Kersseisoen by 'n "progressive dinner" wat die kerk
aangebied het (jy ry van huis tot huis om by elk 'n dis te eet. By die
eerste huis het dit ter sprake gekom - die mense weet nie waar die huis se
sleutels is nie! By die volgende huise het ek gevra - en net een uit die
vyf huise se eienaars kon vir my sê waar die huis se sleutels is.
Lyk vir my dat jy die vermoë het om net die swakste woonbuurtes te sien,
besoek en nou blyk dit, ook in te bly.
Ek
| vra jou net weer: Was jy al in Chicago?
'n Jaar terug - Oprah Winfrey - "talk show host" in CHICAGO - praat oor
kinder veiligheid - raai die kinders aan om in enige huis IN te hardloop,
al is die mense nie tuis nie, as hulle bedreig sou word. Nie moontlik om
sulke raad te gee as meeste huise gesluit sou wees nie ....
| Dis mos nie ver van jou nie. Gaan ry
| bietjie deur die stad se minder gegoede
| dele en rapporteer dan weer.
Ek belowe ek sal - ek het gister dieselfde hier in St Paul gaan doen, en
hoewel ek huise kon kry wat baie klein was - opmekaar gebou - meesal swart
mense te sien - het dit baie beter gelyk as lokasies in SA, selfs vier jaar
na die afskaf van apartheid. Ek was aangenaam verras en was bly om dit te
sien. (Opmerklik ook was dat hoe arm die omgewing en huise ook al gelyk
het, was ten minste helfte van die motors splinternuwe blink vuurwaens.
Die ander helfte was ou, groot slap karre wat netsoos die ou Valiants gelyk
het wat ons in SA gehad het!)
Of bestaan
| jou "Amerika" net uit selektiewe dele
| in jou kop.
Weereens, ek kruip nie in die hole en swakste plekke rond nie. Gister se
rondry was genoeg om my 'n idee te gee van hoe St Paul se ou buurtes lyk.
MY Amerika, die een waarin ek kies om te bly en die een wat ek myself baie
gelukkig ag om te kan bekostig en die een waarmee ek my omring, is
middelklas (as ek so cheeky kan wees om so 'n waardeoordeel te vel),
silwerskoon, alles daarin werk of word baie vinnig reggemaak, is relatief
vry van misdaad, geheel en al vry van geweld soos ek dit in SA geken het en
is 'n groot fees om in te bly.
Gloudina, jy sit en raak neuroties oor die wereld se swak buurtes en dink
dis al jou mede blankes se skuld en jy veg soos 'n verdrinkende rot om jou
neus bo die moeras te hou en nog boonop in die proses vir almal te vertel
hoe wonderlik jy was en hoe wonderlik AL jou swart boeties is. Jy slaag
nie. Jou siening is nie gebalanseerd nie en jy is hoogs verbitterd. Voor
jy nie alles dit verwerk het nie, is dit moeilik om met jou te redeneer,
want ek weet sommer nou al dat min van wat ek hier sê, tot jou gaan
deurdring. (Ek vra nie jy moet deur my oortuig word om netsoos ek te dink
nie. Ek sou net bly wees as jy sou erken dat ander om jou hier in die NG
ook 'n geldige standpunt kan hê.)
Nico
lou wrote:
>Hang af van gebied tot gebied en die ingesteldheid van die inwoners.
>Probeer bietjie Malawi - enigste voels wat jy in Blantyre sien is groot
>swart kraaie.
Stem saam, Lou. Bynes het egter 'n 'sweeping statement' gemaak oor Afrika.
Die voorbeeld wat ek genoem het verteenwoordig die ander uiterste van die
spektrum. Daar is redes hoekom mense diere doodmaak. In Botswana is die
woord vir 'bok' en 'vleis' blykbaar dieselfde, en tog het hulle een van die
beste bewaringsprogramme ter wereld.
Ek was destyds op wittebrood in Malawi. Daar onder by die meer het die
visarende ons soggens wakker geraas.
<<>Definitief waar die 'gemiddelde Amerikaner' bly. As dit in die
selfde
>situasie in Afrika was, waar die 'gemiddelde man' bly, sou die bokke dag
>een al op die spit gewees het.>>
Ek wonder nou net: Wat het van al die wild in Europa geword?
En was daar nie in die VSA ook wild oral nie?
En die eike-woude van Brittanje en so aan. Wat het daarvan geword?
Het swart Afrikane destyds oor die grense geglip en dit gaan
vernietig.....?
<<>Stem saam, Lou. Bynes het egter 'n 'sweeping statement' gemaak oor
Afrika.
>Die voorbeeld wat ek genoem het verteenwoordig die ander uiterste van die
>spektrum. Daar is redes hoekom mense diere doodmaak. In Botswana is die
>woord vir 'bok' en 'vleis' blykbaar dieselfde, en tog het hulle een van die
>beste bewaringsprogramme ter wereld.>>
Ek het 'n ruk terug 'n stuk uit Percy Fitzpatrick se geskrifte op die
groep geplaas oor hoeveel wild hier in SA was en hoe dit in die vorige
eeu op morsige wyse uitgeroei is deur wit en swart.
Wit EN swart.
Ek sal dit dalk weer later intik en pos.
Ferdi skryf:
>Ek het 'n ruk terug 'n stuk uit Percy Fitzpatrick se geskrifte op die
>groep geplaas oor hoeveel wild hier in SA was en hoe dit in die vorige
>eeu op morsige wyse uitgeroei is deur wit en swart.
Ferdi,
'n Ou moenie te kras oordeel oor die ouens van daai tyd nie. As jy lees oor
Percy Fitzp. en ouens soos FC Selous, dan is dit duidelik dat baie van die
'uitroei' daai tyd as 'sport' beskou is. Te midde van oorvloed neem dit lank
om te besef dat iets uitgeput kan raak.
Ons oordeel baie maklik, sonder dat ons besef dat ons bydra tot uitwissing.
Neem die groter Johannesburg gebied - vroeer het daar wild voorgekom, maar
vandag is daar weinig, bloot vanwee die feit dat dit toegebou is - die
habitat is vernietig. Daar bly mense daar wat hulle bevuil as iemand toelaat
dat 'n renoster gejag word.
Die een wat ek die meeste geniet, is 'take only pictures, leave only
footprints'. Klink na 'n fantastiese motto vir bewaring, ne?
Vir elke foto wat geneem word, moet daar iewers in 'n Kodak of Fuji fabriek
nuwe films gemaak word. Dit benodig sekere chemikalie, wat sekere chemiese
afval, dikwels toksies, tot gevolg het. Waar land daai afval? Die ou wat die
foto geneem het en net voetspore gelaat het dink hy is die wonderlikste
bewaringsgesinde wat leef. Maar is hy?
Hierdie is 'n onderwerp waaroor ons ure kan gesels.
<<>Hierdie is 'n onderwerp waaroor ons ure kan gesels.>>
My punt is dat daardie oordeel - kras of sag - eweredig na almal toe
gaan.
Ek sal weer daardie stuk gaan haal. Dis nogal erg. Bokke wat in reuse
troppe in vleie gejaag word sodat hulle daar kan verdrink en die velle
verkoop kan word vir 'n paar sent een en so aan.
Hy vertel dat Louis Botha aan hom vertel het dat toe hy - Botha - jonk
was het 'n trop wildebeeste of iets oor hulle plaas getrek en dat dit
iets soos twee dae (ek besef ek onthou verkeerd hier) geneem het vir
die trop om oor te beweeg.
Die Europeėrs en Amerikaners het eers hulle eie woude en wild vernietig,
toe omtrent al die res van die wźreld s'n. Nou sit hulle met 'n moerse
"guilt" trip en probeer hulle hoogheilig as bewaarders van die wźreld se
natuurskatte voorhou. Terwyl mevrou Amerikaner die grootste aankoper is
van Imbuia meubels (byvoorbeeld), teken sy 'n petisie om die reėnwoude van
Borneo, Brasiliė, Kongo, ens te beskerm en die mense wat daar woon te
ontneem van wat dikwels hul enigste verkoopbare bate is. Arrogante
bliksems...
Dries Venter
Pretoria
Ferdi <ferd...@icon.co.za> wrote in article
<3536d791...@news.icon.co.za>...
Dries Venter wrote in message <01bd575c$6beddb80$LocalHost@mecer-386>...
>Die Europeėrs en Amerikaners het eers hulle eie woude en wild vernietig,
>toe omtrent al die res van die wźreld s'n. Nou sit hulle met 'n moerse
>"guilt" trip en probeer hulle hoogheilig as bewaarders van die wźreld se
>natuurskatte voorhou. Terwyl mevrou Amerikaner die grootste aankoper is
>van Imbuia meubels (byvoorbeeld), teken sy 'n petisie om die reėnwoude van
>Borneo, Brasiliė, Kongo, ens te beskerm en die mense wat daar woon te
>ontneem van wat dikwels hul enigste verkoopbare bate is. Arrogante
>bliksems...
Ja. Dis 'n aspek waaroor ek wonder as mense hoog opgee oor hoe skoon en goed
georganiseer, veilig en mooi hulle woonplekke in ander lande is.
Daardie pophuisbuurte benodig massiewe hulpbronne aan energie en grondstowwe
om dit in daardie toestand te hou. En een van die redes waarom dit so skoon
is, is omdat die groot hoeveelhede afval wat daardie verbuiksvraatsige
gemeenskappe produseer doodeenvoudig uitgevoer word na gebiede buite die sig
van die wat daar woon.
Groete, Leendert
Nee, ou Driesie, was jy al hier? Ons het nou heelwat meubels gekoop na ons
hier aangekom het - pragtige hout meubels. Maar op meeste daarvan word
duidelik aangedui waar die hout gegroei is - byvoorbeeld ons kombuis tafel
en stoele is van kommersieel gegroeide rubberboom hout gemaak.
Die verwoesting van die verlede word nou vervang deur 'n obsessie om te
bewaar. As die obsessie dan van 'n guilt trip afkomstig is, maak dit die
bewaringspoging dan verkeerd?
Moenie sulke uitsprake maak voor jy nie self kom kyk het nie.
Nico
Dit gebeur nadat daar van my verwag is om 'n groot effort in te sit om my
afval reg te kry vir recycling: ons moet op huishoudingvlak ons eie afval
skei in papier/karton, glas, plastiek en blik en dan die res. Ons gooi nie
maar net weg nie. My motors moet elke jaar getoets word dat die
uitlaatgasse nie so erg besoedel nie. (Jy sien hier NOOIT 'n vragmotor met
bolle rook wat hy uitblaas nie.) My hele gesin se sinus probleme is iets
van die verlede - iets wat ek toeskryf aan die afwesigheid van
lugbesoedeling hier waar ons bly.
Ons betaal vir die massiewe hulpbronne wat ons lewenskwaliteit hoog hou.
Kom kyk - kom stel ondersoek ter plaatse in. Jy sal verbaas wees, en van
baie van jou vooroordele ontslae raak.
Nico
Ferdi skryf:
>Hy vertel dat Louis Botha aan hom vertel het dat toe hy - Botha - jonk
>was het 'n trop wildebeeste of iets oor hulle plaas getrek en dat dit
>iets soos twee dae (ek besef ek onthou verkeerd hier) geneem het vir
>die trop om oor te beweeg.
Ek neem aan jy praat van LB die eerste Eersteminister. Hy het naby Vrede
grootgeword, so dit is moontlik dat die verskynsel wat jy meld, die
'trekbokke' van daai tyd was, wat natuurlik springbokke was. Dit is iets wat
ek altyd met die karroo geassosieer het, maar ek se^ nie dit kon nie in die
Vrystaat ook gebeur het nie. In alle waarskynlikheid baie moontlik.
Ek is egter nie bewus van enige grootskaalse wildebees migrasies in SA nie,
wel seisoenale bewegings na die voetheuwels van die Drakensbergreeks, soos
hier by ons. Definitief nie op die skaal wat dit in die Serengeti ekosisteem
plaasvind nie.
In Augustus 1991 was ek in Masi-Mara, wat die Keniaanse deel van die
Serengeti uitmaak, en ons het die voorpunt van die migrasie gesien. Soos een
ou dit gestel het, 'wall-to-wall' wild. Regtig 'n gesig om te aanskou.
Die prentjie is darem nie heeltemal so donker op bewaringsgebied nie. Die
feit dat 'n monete^re waarde aan wild gekoppel word, het tot gevolg gehad
dat daar vandag in SA baie meer wild is as bv. 50 jaar gelede. Baie mense
het 'n probleem met die begrip 'volhoubare benutting'. Die punt om te besef
is dat 'n individu binne 'n spesie 'n ondergeskikte rol speel i.t.v die
oorlewing van die spesie. Een witrenoster wat gejag word teen 'n prys van
$50 000 baan die weg vir 'n hele aantal ander renosters (en ander spesies)
om te bly voortbestaan. Ek self jag nie, maar het baie goeie begrip van jag
as 'n bestuursinstrument in bewaring.
Ek dink die dae van diere doodmaak net ter wille van doodmaak is grootliks
iets van die verlede. Soos baie ander dinge in SA dink ek dit is meer
belangrik om te konsentreer op die toekoms, en te bepaal wat moontlik en
gewens is, as om aanhoudend in die verlede te krap. Nie dat ons die verlede
heeltemal moet vergeet nie - dit gee vir ons belangrike rigtingwysers vir
die toekoms. In SA, Kanada, Australiė, of waar ons ons ook al bevind.
Nico wrote in message <01bd57eb$0c049580$880962d1@newmicronpc>...
>| Ja. Dis 'n aspek waaroor ek wonder as mense hoog opgee oor hoe skoon en
>goed
>| georganiseer, veilig en mooi hulle woonplekke in ander lande is.
>|
>| Daardie pophuisbuurte benodig massiewe hulpbronne aan energie en
>grondstowwe
>| om dit in daardie toestand te hou. En een van die redes waarom dit so
>skoon
>| is, is omdat die groot hoeveelhede afval wat daardie verbuiksvraatsige
>| gemeenskappe produseer doodeenvoudig uitgevoer word na gebiede buite die
>sig
>| van die wat daar woon.
>
>Dit gebeur nadat daar van my verwag is om 'n groot effort in te sit om my
>afval reg te kry vir recycling: ons moet op huishoudingvlak ons eie afval
>skei in papier/karton, glas, plastiek en blik en dan die res. Ons gooi nie
>maar net weg nie.
Nee ek weet, Nico. Maar wat van die neweprodukte, affalstowwe en
omgewingsbesoedeling in die vervaardiging van die papier, glas, plastiek,
blik, ens waarvoor die weggooigemeenskappe die aanvraag skep?
Dit gaan ook hier oor die grondstowwe en halfverwerkte produkte wat die VSA
invoer.
Wanneer laas het jy van Machadodorp deur Elandskloof na Nelspruit gery - ek
verstaan deel van die produkte van die pulpfabriek wat daardie hele gebied
uitstink en vergiftig word uitgevoer.
Die lugbesoedeling en die surreėn op die hoėveld - veral daardie hellekolk
om Witbank - hoeveel daarvan maak dit moontlik dat mooi "skoon" gemeenskappe
elders goedkoper staal en ander produkte kan gebruik?
>My motors moet elke jaar getoets word dat die
>uitlaatgasse nie so erg besoedel nie. (Jy sien hier NOOIT 'n vragmotor met
>bolle rook wat hy uitblaas nie.) My hele gesin se sinus probleme is iets
>van die verlede - iets wat ek toeskryf aan die afwesigheid van
>lugbesoedeling hier waar ons bly.
Yep. En die platinum wat jou uitlaatstelsel laat werk word by Rustenburg
geproduseer - 'n grootstuk bosveld daarmee heen. Nie soseer deur die myn
nie, maar deur die mense wat daar saamtrek as werkers, aanhangers en
plakkers. Ek kan jou verseker hul afval word nie gesorteer nie. Jy sien, om
te verseker dat daardie gemeenskappe nie hul omgewing besoedel nie, sou
noodwendig beteken dat die platinumprys styg, en jy meer moet betaal vir jou
skoon lug.
En die elektrisiteit wat die myn en die rafinadery aandryf kom ook van die
hoėveld, waar die vervaardiging van die elektrisiteit die hoofoorsaak van
die omgewingsbesoedeling is. Die lug kan skoongemaak word, maar dit sal die
prys van jou uitlaatstelsel laat styg.
Die effek is, natuurlik, dat die kinders van Kwa Guqa se harsings in lood
gepekel word ten bate van die oplossing van jou sinusprobleem.
>
>Ons betaal vir die massiewe hulpbronne wat ons lewenskwaliteit hoog hou.
Nee. _Ons_ betaal daarvoor.
>Kom kyk - kom stel ondersoek ter plaatse in. Jy sal verbaas wees, en van
>baie van jou vooroordele ontslae raak.
Nee, Nico. Ek moet ongelukkig van jou verskil in hierdie opsig.
Tydens die ertappelhongersnood in Ierland in die vorige eeu (waarvandaan
vele van die Irish Americans in daardie tyd gekom het, benewens die wat
gevrek het van gras vreet) het die uitvoer van vleis en graan na Engeland
nie eens 'n dip getoon nie.
Tydens die mees onlangse hongersnood in Soedan en Ethiopiė onderskeidelik
het die uitvoer van tropiese vrugte na die lande van die Noordelike Halfrond
onverpoosd voortgegaan.
Kyk gerus na die persentasie van die wźreld se kweekhuisgasse wat deur die
VSA in die atmosfeer ingepomp word - en let op hoe traag die VSA is om 'n
perk op hulself te plaas.
Ek misgun jou nie 'n skoon en geordende omgewing nie. Maar besef net dat dit
grootliks bekostigbaar is omdat ander mense elders 'n groot deel van die
koste betaal.
'n Mens moet dus uiters versigtig wees om morele waardes te koppel aan die
reinheid en die orde. Mens mag dalk vind dat dit deels in stand gehou word
ten koste van besoedeling en wanorde elders. En dit sou die morele oordeel
oor die onderskeie samelewings verander, nie waar nie?
Groete, Leendert
Ek moet met alles wat jy sę, saamstem.
Maar onderliggend hieraan is die feit dat elke mens, en ook elke gemeeskap,
volk en land, verantwoordelikheid vir homself moet dra.
Ek sou baie graag wou hę die Suid Afrikaners wat jy so opnoem, moet hulle
voet neersit en sę dat hulle nie meer bereid is om ten koste van hulleself,
Amerikaners 'n gemaklike lewe te gee nie. Dit sou Amerikaners se luukse
lewe duurder maak en dalk tot gevolg het dat meer tegnologie die lig sien
om te kompenseer. (Goed of sleg).
In jou eie redenasie vrees ek is daar 'n morele vingerwysing na my. Maar
ek kan nie verantwoordelikheid neem vir wat Suid Afrikaners prysgee ter
wille van my gemak nie. Ek is ongelukkig te veel van 'n kapitalis en glo
te veel aan die vrye mark stelsel.
Moenie my verkeerd verstaan nie - ek is baie ernstig as ek sę ek sal graag
wil sien dat "misbruikte gemeenskappe" regoor die wereld meer op hulle eie
regte moet staan.
Ek weet die saak het twee kante, maar dink aan hierdie perspektief: as die
reenwoude van suid-Amerika eerder beskerm word as vernietig word, sal ons
almal beter af wees. Selfs die ou wat die "slash en burn" doen, al besef hy
dit dalk heel laaste. Maar die verantwoordelikheid behoort juis syne te
wees. Al betaal ek hom wat vir soliede hout meubels, behoort hy net te
weier. Hoekom is dit dan byvoorbeeld nodig vir westerse lande (Europa) om
te skree oor die reenwoude. Na regte behoort hulle net gehoor te word
terwyl hulle skree dat hulle nie hout van suid Amerika af kry nie.
Die saak is baie kompleks, en ek het simpatie vir beide kante.
Wat ek wel sterk oor voel is dat ek nie skuldig gaan voel teenoor enige
iemand oor my skoon omgewing nie. As hier iemand is wat besoedel, sal ek
saam met die gemeenskap werk om druk uit te oefen om dit gestaak te kry.
Ek het nie 'n obsessie daaroor nie, maar as ek kan kies, kies ek eerder die
produk wat nie van soliede hout gemaak is nie of wat "gerecycle" is.
Ander ouens kan maar ophou om 'n deel van die koste van my skoon omgewing
te betaal - ek sal bereid wees om duurder daarvoor te betaal.
Sjoe, 'n ou sal nog baie hieroor kan gesels, maar ek haat hierdie lang
plasings en nou is my eie ook al te lank! Skuus! Ons praat weer ...
Nico
Hier sal ek graag wil hê jy moet vir my voorbeelde gee ... ek is nuuskierig
of ek bereid sal wees of nie!
| Ek het nie 'n probleem met die vrye mark nie. Juis omdat die vrye mark
die
| hulpbronne genereer wat ons in staat stel om 'n hand uit te steek na die
| minderbevoorregtes.
|
| Dis waarom die Skrif ons maan om te werk sodat ons geld sal hê om
aalmoese
| te gee vir die armes. Mens kan natuurlik redeneer oor die aard wat die
| "almoese" moet aanneem - persoonlik verkies ek die soort wat die "armes"
| help om self te produseer - sodat hulle op hul beurt sal hê vir die
armes.
|
Hierdie veroorsaak tans vir my 'n groot morele dilema: - ek weet nie waar
om die streep te trek nie. In Sa het ek gesweer ek sal nooit iemand sonder
kos van my deur af weg stuur nie - en die enigste boemelaar wat sonder baie
kos by my deur weg is, is die een wat geld wou hê en die vrygte, mieliemeel
en halwe brood in my gesig terug gegooi het.
Ek hou ook baie van die idee van iemand leer visvang eerder as m hom vis te
gee.
Is die kennis van die Amerikaners nie beskikbaar vir die Afrika lande om
hulle eie besoedeling te begin beperk nie?
Hulle kan dit nie bekostig nie, hoor ek jou sê.
Moet ons dan net tot in ewigheid GEE, sonder dat Afrika ooit leer visvang?
So optimisties as wat ek oor die algemeen is, het ek nie veel hoop in
daardie opsig nie - nou weer gesien oor TV met Clintoin se besoek: die
kommentator sê: " ...and by far the biggest applause went up when Clinton
said America is ready to help you ...". Ek weet dit is oop vir
interpretasie, maar ek is seker daardie swart massa het net geldelike
skenkings in gedagte gehad.
| >Moenie my verkeerd verstaan nie - ek is baie ernstig as ek sê ek sal
graag
| >wil sien dat "misbruikte gemeenskappe" regoor die wereld meer op hulle
eie
| >regte moet staan.
|
| Goed.
|
| Maar doen jy iets daaromtrent? Die Skrif maan ons per slot van rekening
om
| te "bid en werk". Gebed, hoe vroom ookal, is nie voldoende nie.
Gee asb weer vir my 'n paar voorbeelde.
Al die res wat jy sê is baie mooi en ek kan nie baie fout vind nie.
Ek dink net egter daar is iets nie reg aan 'n ewigdurende bekhand hou van
een bevolkkingsgroep teenoor 'n ander nie - is dit nie juis dit wat die
swartman in Sa se menswaardigheid ondermyn nie? Sal hy nie homself eers op
gelyke voet met sy blanke landgenote kan stel as hy moue oprol en werk en
ophou bakhand staan nie.
Ek weet hierdie is "sweeping statements", maar ek dink die doelbewuste
veralgemening is waar.
Nico
> Dit is hier waar ek respek het vir die regses soos Karel Boshoff van Orania
> of Ds Mossie v/d Berg van Radio Pretoria. Hulle standpunt is om hul
> volkstaat in te rig volgens hul eie oortuigings - terselfdertyd maan hulle
> hul volgelinge voordurend dat die bestaan van 'n volkstaat juis 'n plig op
> sy burgers sou plaas om te werk vir die ontwikkeling en opheffing van minder
> bevoorregte bure.
Ja, solank hulle hulle naaste minder-
bevoorregte bure eerste help. Christina
Landman het onlangs ges^e hoe maklik
die dominee staan en preek oor die
armoede in Indi"e en geld vir hulle
insamel, terwyl die vreeslike armes
in die lokasie gerieflikheidshalwe
vergeet word.
> Is die kennis van die Amerikaners nie beskikbaar vir die Afrika lande om
> hulle eie besoedeling te begin beperk nie?
> Hulle kan dit nie bekostig nie, hoor ek jou sę.
> Moet ons dan net tot in ewigheid GEE
Arrogante gepraat oor "ons" wat net
gedurig moet "gee" Wie is "ons" en
wie moet gedurig gee? Wat van al die
arbeid wat afgedwing was van die
80 % van SA se bevolking om die "wit"
bevolking (heelwaarskynlik jy voordat
jy VSA toe gegaan het) te verryk. Ek
vind jou argumente arrogant, en ek is
bly dat Leendert dit op hom neem om
jou daarop attent te maak.
> Ek dink net egter daar is iets nie reg aan 'n ewigdurende bekhand hou van
> een bevolkkingsgroep teenoor 'n ander nie - is dit nie juis dit wat die
> swartman in Sa se menswaardigheid ondermyn nie? Sal hy nie homself eers op
> gelyke voet met sy blanke landgenote kan stel as hy moue oprol en werk en
> ophou bakhand staan nie.
Ek maak beswaar teen hierdie soort
gepraat. Die nie-blanke is nog altyd
die mense wat die moue moes oprol
en die harde werk doen. Nou word hulle
ten minste ook toegelaat om voor
rekenaars te sit en hier en daar
hulle godgegewe talente toe te pas.
Gloudina
Nico wrote in message <01bd5c51$d06aabc0$750962d1@newmicronpc>...
>Leendert,
>
>Ek moet met alles wat jy sê, saamstem.
>
>Maar onderliggend hieraan is die feit dat elke mens, en ook elke gemeeskap,
>volk en land, verantwoordelikheid vir homself moet dra.
Ek stem saam. Maar deel van die verantwoordelikheid wat ek vir myself dra is
ook die verantwoordelikheid om moreel te handel.
>
>Ek sou baie graag wou hê die Suid Afrikaners wat jy so opnoem, moet hulle
>voet neersit en sê dat hulle nie meer bereid is om ten koste van hulleself,
>Amerikaners 'n gemaklike lewe te gee nie.
Dit is waar.
Is jy bereid om 'n hand te gee sodat hulle hulself kan bemagtig en die
vermoë verwerf om hul voet neer te sit?
> Dit sou Amerikaners se luukse
>lewe duurder maak en dalk tot gevolg het dat meer tegnologie die lig sien
>om te kompenseer. (Goed of sleg).
>
>In jou eie redenasie vrees ek is daar 'n morele vingerwysing na my.
Nie juis nie. Ek wys net op die morele implikasies van sommige van die dinge
wat jy skryf :-)
>Maar
>ek kan nie verantwoordelikheid neem vir wat Suid Afrikaners prysgee ter
>wille van my gemak nie. Ek is ongelukkig te veel van 'n kapitalis en glo
>te veel aan die vrye mark stelsel.
Ek het nie 'n probleem met die vrye mark nie. Juis omdat die vrye mark die
hulpbronne genereer wat ons in staat stel om 'n hand uit te steek na die
minderbevoorregtes.
Dis waarom die Skrif ons maan om te werk sodat ons geld sal hê om aalmoese
te gee vir die armes. Mens kan natuurlik redeneer oor die aard wat die
"almoese" moet aanneem - persoonlik verkies ek die soort wat die "armes"
help om self te produseer - sodat hulle op hul beurt sal hê vir die armes.
>
>Moenie my verkeerd verstaan nie - ek is baie ernstig as ek sê ek sal graag
>wil sien dat "misbruikte gemeenskappe" regoor die wereld meer op hulle eie
>regte moet staan.
Goed.
Maar doen jy iets daaromtrent? Die Skrif maan ons per slot van rekening om
te "bid en werk". Gebed, hoe vroom ookal, is nie voldoende nie.
Ek dink die punt is dit:
Kapitalisme stel ons in staat om oorvloed te produseer (nie net aan "kos" of
"geld" nie, maar ook aan kundigheid, organsiasievermoë, ens). Die morele
kring sluit wanneer ons die oorvloed deel met die wat nie het nie.
Maar die morele basis van die vrye mark is juis dat ek die wilsvryheid het
om _nie_ te deel nie. Net soos God ons die wilsvryheid gee om Hom _nie_ te
gehoorsaam nie - Hy gee ons die vryheid om te sondig as ons wil.
Die sosialisme se oplossing is om ons te dwing om te deel. Net soos die
Nasionale regering ons gedwing het om die Sabat the onderhou. Die feit dat
ons "reg" optree onder dwang beteken egter dat _niemand_ moreel optree nie.
Want 'n daad onder dwang is eenvoudig amoreel (nog moreel nog imoreel). Die
een wat onder dwang optree is nie die dader nie - slegs 'n instrument in die
hand van die een wat dwing - en wat dus die dader is. Dit is hier waar die
imorele aard van die sosialisme lê - dit neem ons wilsvryheid weg, en maak
dit dus vir almal onmoontlik om moreel op te tree.
Onder die sosialisme tree _niemand_ dus moreel op nie. Onder kapitalisme
kies ons om moreel of imoreel op te tree.
Dit is hier waar ek respek het vir die regses soos Karel Boshoff van Orania
of Ds Mossie v/d Berg van Radio Pretoria. Hulle standpunt is om hul
volkstaat in te rig volgens hul eie oortuigings - terselfdertyd maan hulle
hul volgelinge voordurend dat die bestaan van 'n volkstaat juis 'n plig op
sy burgers sou plaas om te werk vir die ontwikkeling en opheffing van minder
bevoorregte bure.
Ek dink dat dit hierdie verantwoordelikheid is wat mens ontduik as jy uitwyk
na ander lande - of jy dit dertig jaar gelede gedoen het en of jy dit nou of
in die toekoms doen.
Dis nou maar my eie opinie, maar dit is die rede waarom ek walg aan die
vrome skynheiligheid van Gloudina se kruistog.
Groete, Leendert
> >
> > Ja, solank hulle hulle naaste minder-
> > bevoorregte bure eerste help.
>
> Dit is, volgens die aangehaalde here, 'n oorlewingsvoorwaarde vir enige
> volkstaat in Afrika.
>
> > Christina
> > Landman het onlangs ges^e hoe maklik
> > die dominee staan en preek oor die
> > armoede in Indi"e en geld vir hulle
> > insamel, terwyl die vreeslike armes
> > in die lokasie gerieflikheidshalwe
> > vergeet word.
>
> Ja. Ek weet nie juis in watter kerk Christina Landman kom nie. Aangesien sy
> een van Unisa se teoloë is, waar "interfaith" die flavour of the month is,
> kan dit seker net sowel 'n moskee of hindoe-tempel wees.
>
> Ek weet wel dat sy sorg dat sy voldoende dwars uitsprake maak om gereeld
> genoeg in De Kitch te kom.
O wee, daaar gaan die buurt.
Nou is Christina Landman nie
meer goed genoeg nie, en
UNISA se teologie-departement
is ook "verkeerd." Leendert,
wat moet 'n mens glo om 'n
Christen te wees? Ek het gedag
jy moet glo wat Christus
vir ons gevra het om te doen:
om ons naaste lief te h^e.
Watter vereistes stel jou
kerk dan, anders is jy "uit."
Gloudina
Nico wrote in message <01bd5ca5$6536eea0$a00962d1@newmicronpc>...
>Leendert van Oostrum <L@v.O> wrote in article
><6fql5n$3l3$1...@kendy.up.ac.za>...
>|
>| Is jy bereid om 'n hand te gee sodat hulle hulself kan bemagtig en die
>| vermoë verwerf om hul voet neer te sit?
>|
>
>Hier sal ek graag wil hê jy moet vir my voorbeelde gee ... ek is nuuskierig
>of ek bereid sal wees of nie!
Ek sal elders 'n gedetaillerde voorbeeld gee.
>
>| Ek het nie 'n probleem met die vrye mark nie. Juis omdat die vrye mark
>die
>| hulpbronne genereer wat ons in staat stel om 'n hand uit te steek na die
>| minderbevoorregtes.
>|
>| Dis waarom die Skrif ons maan om te werk sodat ons geld sal hê om
>aalmoese
>| te gee vir die armes. Mens kan natuurlik redeneer oor die aard wat die
>| "almoese" moet aanneem - persoonlik verkies ek die soort wat die "armes"
>| help om self te produseer - sodat hulle op hul beurt sal hê vir die
>armes.
>|
>
>Hierdie veroorsaak tans vir my 'n groot morele dilema: - ek weet nie waar
>om die streep te trek nie. In Sa het ek gesweer ek sal nooit iemand sonder
>kos van my deur af weg stuur nie - en die enigste boemelaar wat sonder baie
>kos by my deur weg is, is die een wat geld wou hê en die vrygte, mieliemeel
>en halwe brood in my gesig terug gegooi het.
>
>Ek hou ook baie van die idee van iemand leer visvang eerder as m hom vis te
>gee.
>Is die kennis van die Amerikaners nie beskikbaar vir die Afrika lande om
>hulle eie besoedeling te begin beperk nie?
Die "kennis" is beskikbaar. Maar die probleem is veel meer kompleks as om
bloot na 'n biblioteek te gaan. Tegnologie-oordrag is 'n saak wat
diepliggend bepaal word deur kulturele aangeleenthede. Ek het al tevore hier
geskryf oor die onderwerp, maar ek doen dit met graagte weer.
Byvoorbeeld: In Venda sal 'n arm gesin amper die helfte van sy maandelikse
uitgawes gebruik om brandhout te koop. 'n Sonstoof, wat teen gesubsidieerde
pryse vir 'n paar rand gekoop kan word, sal hy nie gebruik nie - selfs nie
as dit met demonstrasies in die dorpies gegepromoveer word nie. (Een rede is
omdat jy swart emaljepotte in die sonstoof moet gebruik - maar swart
emaljepotte word ook deur hekse gebruik. En in Venda word hekse sito-sito
vermoor.) Intussen word die landskap van bome gestroop.
In Mamelodi, op die hoogtepunt van die verbruikersboikotte, het geen mens 'n
eletrisiteitsrekening betaal nie. In 60% van die huishoudings waar daar
elektriese stowe was het die mense nogtans op 'n oop vlam gekook - hout of
gas.
'n Bekende branstofmaatskappy ontwikkel 'n rooklose brandstof vir gebruik in
townships om die besoedeling wat steenkool veroorsaak te verminder - dit
verkoop nie. Hulle betaal 'n navorsingsinstelling honderdduisende rande om
te bepaal watter eienskappe sulke brandstof moet hê om vir die verbruiker
aanvaarbaar te wees. Dit blyk dat daar 'n vlam moet wees - wat bepaalde
kleure moet toon of nie toon nie. Die as moet bepaalde eienskappe hê. En
verskeie ander aspekte. Besoedelingsvrye branstof met sulke eienskappe kan
wel met die bestaande tegnologie vervaardig word - maar teen 'n prys wat nie
mededingend is nie.
Nou is daar verskeie manier waarop mens uit 'n Westerse perspektief op so
iets kan reageer. Maar dis irrelevant. Want dis die Afrikamense wat die
brandstof en die sonstowe sal gebruik of nie gebruik nie - wat op
elektrisiteit sal kook of nie. Jy en ek kan tekere gaan tot ons blou in die
gesig is. Maar sonder dat ons werklik in gesprek gaan met die mense sal ons
nêrens kom nie. En dit beteken nie om in gesprek te gaan met die demagoë wat
voorgee dat die mense hulle demokraties verkies het nie.
Maar dit kan ook nie 'n "eenrigtinggesprek" wees - waar die "kennis van
Amerika" "oorgedra" moet word soos jy suggereer nie. 'n Meesterstudent in
landbou by Tukkies verduidelik in 'n skripsie:
Die grond in Venda het vir meer as duisend jaar 'n stabiele bevolking
onderhou. Toe kom die sendelinge. Die sendlinge het eers vir die mense
geleer dat die ding van die voorvadergeeste 'n fout is. Die heilige bosse en
berghange is nie regtig heilig nie - dis afgodery. Jy kan maar hout kap in
die bosse, jou beeste laat wei teen die hange, en daar paaie maak en mense
daar laat woon. En die taboe daarteen dat jou beeste loop in die vleilande
is ook nonsens. Die sendelinge het 'n muti wat jy aansmeer, dan kry die
beeste nie meer vrotpooitjie nie.
Nou, sê die student, het die riviere gaan staan vir die eerste maal in die
geskiedenis. Die oumense sê dis omdat die voorvadergeeste kwaad is omdat so
baie mense die sendelinge aanhang. En die jonges glo dit.
Nico wrote in message <01bd5ca5$6536eea0$a00962d1@newmicronpc>...
>Hulle kan dit nie bekostig nie, hoor ek jou sê.
>Moet ons dan net tot in ewigheid GEE, sonder dat Afrika ooit leer visvang?
>So optimisties as wat ek oor die algemeen is, het ek nie veel hoop in
>daardie opsig nie - nou weer gesien oor TV met Clintoin se besoek: die
>kommentator sê: " ...and by far the biggest applause went up when Clinton
>said America is ready to help you ...". Ek weet dit is oop vir
>interpretasie, maar ek is seker daardie swart massa het net geldelike
>skenkings in gedagte gehad.
Ek weet nie. My indruk is dat die mense dikwels persoonlike betrokkenheid
veel hoër aanslaan waar dit saak maak.
Attie van Niekerk bedryf die NOVA-stigting (Navorsing oor die Opheffing en
Voorkoming van Armoede). Hulle gebruik 'n navorsingstegniek wat hulle self
ontwikkel het.
a) Inligting word ingesamel deur lede van die teikengemeenskap self
(professionele mense - verpleegsters, maatskaplike werkers, onderwysers,
ens) wat deur die navorsingspan opgelei word.
b) Die data word versamel by wyse van onderhoude met verskeie lede van
teikengesinne uit die gemeenskap (nie net een individu nie - die "eenheid
warop hulle navorsing doen is altyd 'n gesin as geheel).
c) Die data word verwerk, vertolk, en voorgelê aan die klient se tegnoloë
en wetenskaplikes. Laasgenoemde maak hul afleidings, en verduidelik hoe
hulle die inligting vertolk.
d) Die spanne gaan terug na die gemeenskap, en verduidelik die
wetenskaplikes se standpunte. Hulle kry die reaksies van die mense, wat wer
vertolk word, ens.
e) Tipies gaan so 'n navorsingsprojek deur dertien iterasies van
heen-en-weer vertolk. _Sonder uitsondering_ vind daar om en by die sewende
of agste iterasie 'n radikale wending plaas in die standpunt van die
verteenwoordigers van die gemeenskap. Tot in daardie stadium is die meeste
van die dinge wat die wetenskaplikes voorstel goed en reg, en die mense kan
nie wag om die wonderlike voordele begin pluk wat die wetenskap belowe nie.
Maar dan begin hulle werklik sê wat hulle dink - dan begin allerlei
implikasies en komplikasies inwerk. Eers dan kan die gesprek begin.
f) Sonder uitsondering is die resultate van hierdie soort navorsing drasties
verskillend as die soort wat met eenmalige vraelyste ingesamel word. En dit
lyk asof die produkte, prosedures en stelsels wat op hierdie manier
ontwikkel word goed aanvaar word en 'n wesenlike uitwerking het.
Nico wrote in message <01bd5ca5$6536eea0$a00962d1@newmicronpc>...
>
>| >Moenie my verkeerd verstaan nie - ek is baie ernstig as ek sę ek sal
>graag
>| >wil sien dat "misbruikte gemeenskappe" regoor die wereld meer op hulle
>eie
>| >regte moet staan.
>|
>| Goed.
>|
>| Maar doen jy iets daaromtrent? Die Skrif maan ons per slot van rekening
>om
>| te "bid en werk". Gebed, hoe vroom ookal, is nie voldoende nie.
>
>Gee asb weer vir my 'n paar voorbeelde.
>
>Al die res wat jy sę is baie mooi en ek kan nie baie fout vind nie.
>Ek dink net egter daar is iets nie reg aan 'n ewigdurende bekhand hou van
>een bevolkkingsgroep teenoor 'n ander nie - is dit nie juis dit wat die
>swartman in Sa se menswaardigheid ondermyn nie? Sal hy nie homself eers op
>gelyke voet met sy blanke landgenote kan stel as hy moue oprol en werk en
>ophou bakhand staan nie.
>Ek weet hierdie is "sweeping statements", maar ek dink die doelbewuste
>veralgemening is waar.
Kom ek gee 'n voorbeeld:
Op Vryburg bring 'n halfdosyn opstandige swart leerlinge die hoërskool tot
stilstand. In die proses word die swart woongebied amper afgebrand, en koëls
vlieg. Die hele land is in rep en roer daaroor, en Mandela is maar die
soveelste politikus en "kundige" wat die plek besoek om die ding nog meer
prominent te maak. Die wittes in die skool is "rassiste" en die swart
leerlinge is "ongedissiplineerd".
Swartes maak ongeveer 25% van die leerlinge uit. Daar is nie een swart
verteenwoordiger op die bestuursraad nie, ten spyte daarvan dat die wart
ouers en leerlinge se getalle voldoende is om te verseker dat hulle
verteenwoordig word - as hulle sou deelneem aan die verkiesing van die
bestuursraad.
Maar "swart ouers is nie betrokke by die onderwys van hul kinders nie". Die
minister van onderwys sę self so, en die swart ouers wat ek ken sę dit ook.
Swart leerlinge in Vryburg het geweier dat die owerheid met hul ouers
praat - "ons ouers is onopgevoed", het hulle gesę. "Ons sal vir onsself
praat".
Dit is 'n wesenlike probleem - die tempo van verandering in die swart
gemeenskappe is so vinnig dat die generasiegaping besonder groot is. Dit
ontmagtig die ouers wat self miskien net 'n paar jaar op skool was - dikwels
nie lank genoeg om volhoubare geletterdheid te vestig nie. (Maar dis
nonsens, wat gevoed word deur politieke maghebbers, burokrate en
onderwyservakbonde. Ongeletterde mense is selde oningelig, maar hulle word
vreeslik maklik ge-intimideer. Mense wat halfgeskool is leer teen 'n veel
vinniger tempo as hul kinders - mits hulle betrek word by die onderwys van
die kinders. Kinders se prestasie op skool hou direk verband met die mate
waartoe die ouers by hul leerwerk betrokke is, ongeag die skoolvlak wat die
ouers self bereik het.)
Maar dis nie al nie. 'n Swart ouer wat ek ken ('n Christen) stel dit so:
Vroeër jare moes swart ouers hul kinders vir die sendelinge gee om gekersten
te word as hulle wou hę die kinders moet leer. Later moes hulle hulle vir
Bantu Education gee. Nou moet hulle hulle vir die ANC gee. Hulle is gewoond
daaraan.
'n Kollega van my wys daarop dat ouers wat hul kinders na inisiasieskole
stuur aanvaar dat "die ou mans" die kinders daar sal leer - hulle mag nie
eens weet wat die kinders daar leer nie. As die kind in die proses sou
sterf, aanvaar ouers dit gelate - dit is die noodlot.
Luthuli wys daarop dat kinders in tradisionele gemeenskappe eintlik maar
deur die gemeenskap opgevoed word - enige volwassene in die dorp het net
soveel reg as 'n ouer om 'n kind te tugtig of tereg te wys.
Dit is algemeen bekend dat baie konservatiewe swart ouers in die stede hul
kinders van skoolgaande ouderdom terugstuur na die stamgebiede om deur die
grootouers grootgegemaak te word - 'n tendens wat in die skole-onrus van die
tagtigerjare toegeneem het.
Beteken dit dat swart ouers nie betrokke is by die onderwys van hul kinders
nie? Ja. Maar wit ouers verskil nie veel nie. In die stadsgebied waar ek
woon kon 8 uit 10 Afrikaanse skole verlede jaar nie 'n kworum kry om 'n
bestuursraad te verkies nie.
Afrikaanse ouers, wat in die vorige eeu van die mees onafhanklike mense was,
is in hierdie eeu ontmagtig tot omtrent dieselfde vlak as swart ouers.
Eers die Tweede Vryheidsoorlog, met die Minlerbeleid van Engelse onderwys
daarna - net enkele ouers was in staat om die CNO-skole te ondersteun.
Toe die depressie, verstedeliking en die armblankevraagstuk. Veral die
kerke, maar ook die onderwysdepartemente het oorgeneem en uiters outokraties
te werk gegaan met kurrikulum, onderwysmetodes, ens - alles met die beste
bedoelings ter węreld, maar sonder enige ruimte vir teenstand. Vra maar vir
Gloudina hoe outokraties "die Kerk" sy hulpprogramme bestuur het.
Toe "Christelik-Nasionale Onderwys". Die kind moes "deur die Volk gevorm
word". Dit het beteken "kundiges" wat alle besluite oor die onderwys moes
neem. Teen die negentigs kom Piet Marais soos 'n middeleeuse monnik wat
aflaatbriewe verkoop met sy Model C-skole, waar ouers "inspraak" in die
onderwys van hul kinders kon koop! Maar as jy kyk na wat hulle daarvoor
gekry het was dit die reg om gratis arbeid te verskaf vir projekte by die
skool, geld in te samel vir die skool - en miskien om die kleur van die
servette te kies vir die matriekafskeid. Oor die inhoud wat kinders leer en
die metodes waarvolgens hulle leer sou ouers geen sę hę nie - dit was "die
professionele domein" van die onderwyser. Die onderwyser, op sy beurt, was
'n staatsamptenaar wat moes doen soos die department vir hom sę - soos Piet
Marais ook eenkeer beklemtoon het. Dit is die model wat die ANC oorgeneem
het. Hulle minister verklaar trots "alle skole is nou Model C-skole"!
Die enigste gemeenskap waar ouers deur die jare privaatskole in beduidende
getalle onderhou het was die Engelse. Hulle vorm ook die meerderheid van die
ouers wat tans hul kinders tuis onderrig.
Swart en Afrikaanse ouers is min of meer doelbewus ontmagtig sodat die
"staat" (of die stam) beheer kan hę oor die volgende geslag. die paradigma
was nog altyd die paradigma van Loyola: "Gee my 'n kind as hy jonk is". Die
idee dat mens die ouer geslag maar moet "afskryf" en jou hoop vestig op die
kinders wat jy na jou hand kan grootmaak. Die _kinders_ sal hopelik
waardering hę vir jou "kennis uit amerika". Maar al wat gebeur is dat jy die
een geslag na die ander afskryf. En elke geslag is meer ontredderd as die
vorige.
Daar is baie mense wat beweer dat die belhamels onder die swart leerlinge in
Vryheid gemanipuleer word deur politici om die politieke doelwitte van die
politici te bereik. Die nuwe premier van Gauteng het, in sy premiersrede in
Februarie teenoor die opposisiepartye gedreig "ek sal julle kinders van
julle vervreem".
Nou kan mens in Afrikapessimisme jou hande saamslaan en weën. Of jy kan jou
hande uit jou moue steek en ouers begin mobiliseer om hul selfbeeld terug te
eis van die magtiges, die kundiges en die kinders wat hulle daarvan beroof
het.
Slegs as dit gebeur sal gesinne en gemeenskappe daarin slaag om ook die
verandering van hul omgewing te begin bestuur in plaas daarvan om willoos
aan die neus gelei te word en te wag vir die volgende Clinton wat aalmoese
uitdeel.
En jy moet sien hoe gou ouers begin charge vat as jy vir hulle verduidelik
dat 'n kind tot en met sy sesde lewensjaar meer leer as in die res van sy
lewe saam - en dit onder die beheer van sy "onbevoegde" ouers. Dit is
"kennis uit Amerika". Maar as jy hulle deur 'n proses vat met hierdie
kennis, en dit koppel aan hul eie ervaring, moet jy sien hoe vinnig hulle
die waarheid daarvan insien.
Maar dit vereis betrokkenheid. "Bid en hoop" is nie genoeg nie.
@igs.net <@igs.net> wrote in message <6fr5k0$ahm$1...@news.igs.net>...
>"Leendert van Oostrum" <L@v.O> writes: >
>> Dit is hier waar ek respek het vir die regses soos Karel Boshoff van
Orania
>> of Ds Mossie v/d Berg van Radio Pretoria. Hulle standpunt is om hul
>> volkstaat in te rig volgens hul eie oortuigings - terselfdertyd maan
hulle
>> hul volgelinge voordurend dat die bestaan van 'n volkstaat juis 'n plig
op
>> sy burgers sou plaas om te werk vir die ontwikkeling en opheffing van
minder
>> bevoorregte bure.
>
>
Baie dankie vir jou skrywe - ek het dit uiter interesant gevind - dit gee
'n mens weer stof tot nadenke en wys jou 'n ander sy van die probleem.
Jou ondertoon klink effens negatief - het jy hoop vir die toekoms? Seker
nie met so baie Jaape soos ek wat die land verlaat nie, né...
--
Net Nico ...
...die witman, europeer en amerikaner ....
en
| wie moet gedurig gee?
...die witman, europeer en amerikaner .... Gaan kyk maar na die nuutste
nuus oor belasting in SA.
Wat van al die
| arbeid wat afgedwing was van die
| 80 % van SA se bevolking om die "wit"
| bevolking (heelwaarskynlik jy voordat
| jy VSA toe gegaan het) te verryk.
... waarmee daar vir hulle werk en inkomste geskep is.
Ek
| vind jou argumente arrogant,
... ek is bly, want ek weet waarvan ek praat en as iemand soos jy dit
arrogant vind, moet daar iets in steek.
en ek is
| bly dat Leendert dit op hom neem om
| jou daarop attent te maak.
|
Leendert se redenasies maak ten minste sin en gee 'n mens iets om aan te
dink, al hoef 'n mens nie daarmee saam te stem nie en al bied hy nie altyd
'n positiewe oplossing nie. Leer by hom, Gloudina, LEER!
|
|
| > Ek dink net egter daar is iets nie reg aan 'n ewigdurende bekhand hou
van
| > een bevolkkingsgroep teenoor 'n ander nie - is dit nie juis dit wat die
| > swartman in Sa se menswaardigheid ondermyn nie? Sal hy nie homself
eers op
| > gelyke voet met sy blanke landgenote kan stel as hy moue oprol en werk
en
| > ophou bakhand staan nie.
|
| Ek maak beswaar teen hierdie soort
| gepraat. Die nie-blanke is nog altyd
| die mense wat die moue moes oprol
| en die harde werk doen.
Hulle is steeds vandag van die duurste arbeid wat daar in die wereld
bestaan - dit is waarom so baie van ons grondstowwe uitgevoer word. Jy het
dalk die romantiese beeld van die natgeswete mynwerker in die kop, maar
vergelyk die swart arbeidsmag se produktiwiteit met enige ander arbeidsmag
in die wereld, dan praat ons weer ...
Nou word hulle
| ten minste ook toegelaat om voor
| rekenaars te sit en hier en daar
| hulle godgegewe talente toe te pas.
Net jammer so min van hulle het die kop daarvoor - dit bekommer my baie!
|
| Gloudina
|
|
> | ten minste ook toegelaat om voor
> | rekenaars te sit en hier en daar
> | hulle godgegewe talente toe te pas.
>
> Net jammer so min van hulle het die kop daarvoor -
dit bekommer my baie!
Jy is arrogant. Sulke mense soos
jy is SA gelukkig om van ontslae
te raak. Gelukkig dat mense soos
jy nie meer SA domineer en
terroriseer nie. Ek dink jy voel
net minderwaardig omdat jy nou
moet kompeteer met mense wat meer
opvoeding as jy het.
@igs.net <@igs.net> wrote in message <6fufib$oa2$1...@news.igs.net>...
>"Leendert van Oostrum" <L@v.O> writes: >
> O wee, daaar gaan die buurt.
> Nou is Christina Landman nie
> meer goed genoeg nie, en
> UNISA se teologie-departement
> is ook "verkeerd." Leendert,
> wat moet 'n mens glo om 'n
> Christen te wees? Ek het gedag
> jy moet glo wat Christus
> vir ons gevra het om te doen:
> om ons naaste lief te h^e.
> Watter vereistes stel jou
> kerk dan, anders is jy "uit."
Dat jy moet glo wat die Bybel sę - waarvan jy hierbo net die een helfte
opsom.
En selfs waar dit aangaan het ek nie opgelet dat Christina se openbare
standpunte oorloop van "Liefde" nie.
Maar sy is natuurlik vry om te glo soos sy wil - en UNISA se Fakulteit
Teologie is vry om te verkondig wat hy wil. Die probleem kom in dat hulle
reeds ver gevorder het op die pad om hul multifaithteologie (wat ek nie as
'n Christelike een beskou nie) te vestig as die staatsgodsdiens wat in
openbare skole verkondig moet word - en waaraan kinders sal moet voldoen om
kwalifikasies te kry as hulle hul sin kry.
Vriendelike Groete, Leendert
Nico wrote in message <01bd5dd9$77e625e0$bd0962d1@newmicronpc>...
O ja!
My jongste dogter is drie weke gelede gebore. Met so baie Japies wat die
land
verlaat moet ons wat agterbly die verlies vervang, nie waar nie :-)
Meer ernstig:
Geen samelewing het nog ooit gevorder op tegnologiese gebied voordat hy
begin het om tegnologie en wetenskap in sy eie taal te bedryf nie - die
industriële revolusie het in Europa afgeskop eers toe hulle hul volkstale as
intellektuele tale begin gebruik het, en Latyn oorboord gegooi het - Japan,
China, ens het in hul eie tale ontwikkel.
In die laat tagtigs het onderwysers in wiskunde en wetenskap in Kenia,
Uganda en Tanzanië gaan sit en wetenskaplike terminologie vir daardie vakke
in Swahili ontwikkel - en begin om dit on skole in Swahili aan te bied.
Vandag is Swahili die voertaal van die Universiteit van Makerere in Uganda -
aan die Universiteit van Zanzibar is die om die helfte Swahili en Engels.
In Nigerië het onderwysdepartemente begin om Engels met verdrag te vervang
met die volkstale as onderrigmedium.
Ek dink die begin van die oplewing van Afrika lę hier - vir oor 'n jaar of
driehonderd.
In SA is die tendens nog die teenoorgestelde. Maar mense begin so hier en
daar sę dat "die voertaal van die Universiteit van die Noorde moet eintlik
Sepedi wees - en die van die Universiteit van Zululand, Zulu." (Ek het
vandag na so 'n gesprek tussen drie gedoktoreerde Sotho's geluister.)
Die ironie is, natuurlik dat wanneer dit gebeur, een van die basiese
grondmotiewe van apartheid en "Bantu Education" verwesenlik sal wees.
In elk geval, Nico. In die lang termyn het ek eintlik meer hoop vir Afrika
as vir Amerika. Mits ons die kort en die mediumtermyn oorleef en toegelaat
word om ons rol te speel om 'n omgewing te bou waarin die lang termyn kan
ontwikkel.
Groete, Leendert
Wat 'n verfrissing om 'n intelligente persoon 'n gebalansseerde bespreking
oor 'n
boeiende onderwerp te kan sien doen! Ha, ha. Wat 'n vergrype van die
Afrikaanse taal pleeg ek nie nou hier nie.
Prof. Omotosogaan van dieselfde stanpunt uit as jy, in sy boek:" Seasons of
Migrations to the South".
Dit maak natuurlik eventueel die opstel van internasionale vraestelle
effens problematies met die verkeidenheid tale wat geakkommodeer moet word.
Tog is dit oor-en-oor bewys dat kinders beter presteer in 'n vraestel in
die moeder taal, en dat begrip vir die werk somtyds verlore gaan in die
worsteling met 'n vraestel in 'n ander taal. Dit geld veral in Wiskunde. My
dogter het in st.1, (op aanbeveling van die skoolhoof en onderwysers) die
st.4 Wiskunde-olimpiade geskryf en derde in die land geeindig. In st.4
skryf sy weer die Olimpiade in Engels, en haal nie naastenby die paal nie.
Die meting van 'n kind se vermoëns het, na my mening dus heelwat te doen
met moedertaal onderrig. Ons twee ( jy in jou hoogsgeskoolde akademiese
beroep, en ek op minder goedgeskoolde grondvlak) vorm 'n pakt oor
opleiding. Jou insette word waardeer.
>Die meting van 'n kind se vermoëns het, na my mening dus heelwat te doen
>met moedertaal onderrig.
Sommige studies deur Skutnabb-Kangus en Toukomaa (1979) toon sterk dat
kinders die' Piagetian konkrete operasionele vlak' moet bereik voordat
hulle 'n tweede taal aanleer. Die vlak word bereik tussen die ouderdom
van 7 en 11 jaar. Kinders kan dan meer logies dink en raak ook meer
bewus van andere se opinies. Dit is dus belangrik dat kinders die
konkrete operasionele vlak in die moedertaal moet bereik, anders word
hulle semi-taalvaardig, hulle mag sukkel om in twee tale te
funsioneer.
Ander interessante studies deur Fantini en Bates (1985-1988) het weer
getoon dat kinders gelyktydig twee tale kan aanleer sonder dat dit
hulle vermoens enigsins beinvloed. Volgens hulle studies lyk dit of
kinders van die middel-klas socio-ekonomiese groep baie suksesvol is
met die aanleer van 'n tweede taal.
Volgens die nuutse studies lyk dit dan of kinders na die ouderdom van
8 en 10 jaar en volwassenes die maklikste 'n tweede taal aanleer.
Kleuters is egter beter om die aksent van die tweede taal vinniger te
bemeester. Taalkundiges verskil egter nog baie oor die kwessie van
ouderdom en die aanleer van 'n tweede-taal.
Willemien
>Tussen hakies - vir die uitgewekenes wat so spog oor hoe dikwels hulle
>Afrikaans praat tuis en op straat : Daar is deesdae verskeie
>tuisonderwysprogramme in Afrikaans beskikbaar. Een verskaffer verwag om
>binnekort meer as veertienduisend skoollesse in Afrikaans op die Web te
>plaas - vir gebruik teen betaling, natuurlik.
"Uitgewekenes' kan dus voortgaan om hulle taal te bestudeer, en is dus
gladnie plekgebonde nie, Wonderlik..........................!
Willemien
griet wrote in message <01bd5ecd$38746260$12a6...@sandvlak.global.co.za>...
>Prof. Omotosogaan van dieselfde stanpunt uit as jy, in sy boek:" Seasons of
>Migrations to the South".
Ja wel, my standpunte oor moedertaalonderrig is geensins oorspronklik nie
:-)
Maar dankie vir die komplimente. Onverdiende komplimente laat mens nog
lekkerder voel as die ander soort :-)
>
>Dit maak natuurlik eventueel die opstel van internasionale vraestelle
>effens problematies met die verkeidenheid tale wat geakkommodeer moet word.
Ek weet. Maar, soos jy hieronder getuig, is die resultate van internasional
vraestelle wat net in een taal afgeneem word, in elk geval ongeldig - dit
meet nie net die vermoë van die toetsling in die betrokke veld (hier
Wiskunde) nie, maat die resultaat word gekontamineer deur die toetsling se
vermoë in die "internasionale taal" waarin die toets afgeneem word.
Dis een rede waarom konservatiewe Amerikaners gekant is teen onderwys in
ander tale as Engels vir kinders in die VSA - dit laat hulle toe om nonsens
soos die Bell Curve te glo.
Dis ook 'n rede waarom Afrikaanse onderwys in SA onder voortdurende druk
staan - die regering wil Afrikaanse kinders kniehalter op dieselfde wyse as
wat hulle (die regering) kies om swart kinders te kniehalter (ja ek weet -
hulle maak die mooiste geluide oor "moedertaalonderwys = moedersmelk" maar
hulle maak net sulke mooi geluide oor "deeemokrisseee" en "joeeemin
raaaits").
>Tog is dit oor-en-oor bewys dat kinders beter presteer in 'n vraestel in
>die moeder taal, en dat begrip vir die werk somtyds verlore gaan in die
>worsteling met 'n vraestel in 'n ander taal. Dit geld veral in Wiskunde. My
>dogter het in st.1, (op aanbeveling van die skoolhoof en onderwysers) die
>st.4 Wiskunde-olimpiade geskryf en derde in die land geeindig. In st.4
>skryf sy weer die Olimpiade in Engels, en haal nie naastenby die paal nie.
Dit gaan nie net oor meting nie - dit gaan oor die onderrig self. Soos jy
uitwys, is dit veral in die veld van abstrakte konseputalisering (bv
Wiskunde, grammatika - enige vorm van logika) waar gebrek aan
moedertaalonderrig die grootste skade aanrig. Die ergste is dat hierdie
dinge selde op skoolvlak manifesteer - dit word eers regtig duidelik wanneer
die mense op universiteitsvlak kom, en nie meer soveel op memorisering kan
staatmaak nie.
Ina du Plessis by Tukkies het in die tagtigs haar doktorale navorsing gedoen
oor die onderrig van Wiskunde in Tswana aan Tswanaleerders in Mamelodi. Die
resultate bevestig jou waarneming 100%. Die sogenaamde "onvermoë" van swart
kinders om wiskunde te leer het verdwyn toe die Tswanas wiskunde leer in
Tswana. Maar jy sien, die onderwerp was nie toe polities korrek nie, en is
nie nou polities korrek nie. Die gevolg is dat haar bevindinge gou
doodgeswyg is.
Dit geld ook in die Afrikaanse gemeenskap. 20% van Afrikaanse kinders (in
Suid-Afrika) gaan, soos ek verneem, deesdae in Engels skool. In die groot
meerderheid van die gevalle, so blyk dit, is dit Afrikaanse ouers wat
politiek korrek wil wees, of wat, net soos soveel swart ouers, naief glo dat
hulle die kinders "'n beter kans gee" deur hulle in Engels te laat
skoolgaan.
Tussen hakies - vir die uitgewekenes wat so spog oor hoe dikwels hulle
Afrikaans praat tuis en op straat : Daar is deesdae verskeie
tuisonderwysprogramme in Afrikaans beskikbaar. Een verskaffer verwag om
binnekort meer as veertienduisend skoollesse in Afrikaans op die Web te
plaas - vir gebruik teen betaling, natuurlik.
Groete, Leendert