Google Groups no longer supports new Usenet posts or subscriptions. Historical content remains viewable.
Dismiss

Pieter Pieterse

265 views
Skip to first unread message

Davie Davis

unread,
Mar 21, 2002, 12:15:43 PM3/21/02
to

Daar is Pieter Pieterse die storieverteller ook vermoor.
Sy vrou het 12 uur vanmiddag sy lyk gevind.

Die ANC het vandag beloof dat die doodstraf nooit weer
ingestel sal word nie.

Annette

unread,
Mar 21, 2002, 1:03:18 PM3/21/02
to
Ek het net gou kom kyk of iemand al die nuus geskryf het.

Annette


--
Davie Davis <d...@ve.com> wrote in message
news:d55k9uo5fd6ep0218...@4ax.com...

kaatjie

unread,
Mar 21, 2002, 4:22:49 PM3/21/02
to
En sommige mense se dit gaan goed in SA?

Ja ja ek weet, ek is terug

"Annette" <ann...@ctnet.co.za> wrote in message
news:a7d76v$kl76l$1...@ID-92016.news.dfncis.de...

TJ

unread,
Mar 22, 2002, 1:19:28 AM3/22/02
to

Annette

unread,
Mar 22, 2002, 1:31:32 AM3/22/02
to
Ja Kaatjie, dit gaan goed - want moord kry mens oral.

Annette

--
kaatjie <kaa...@van.die.baan> wrote in message
news:Jasm8.1612$IA.1...@news-binary.blueyonder.co.uk...

Sakkie

unread,
Mar 22, 2002, 2:42:02 AM3/22/02
to
Ek het Pieter geken. My skoonpa was saam met hom op skool en later jare in
die weermag. Ek het 'n slag of wat heerlik saam met hom gekuier tot
laataand toe. Wat 'n ongelooflike tragedie is sy dood nie. Sulke dinge
maak dat ek myself afvra wat de bliksem maak ek nog in 'n plek soos dié waar
menselewens minder waarde het as 'n selfoon of 'n televisiestel of 'n
trapfiets of die R20 per jaar waarmee die skoolfonds verhoog word. Wil ek
regtig my kinders grootmaak waar hulle op 'n daaglikse basis aan sulke
dierlike wreedhede blootgestel word.


"Davie Davis" <d...@ve.com> wrote in message
news:d55k9uo5fd6ep0218...@4ax.com...
>
>

Daniel

unread,
Mar 22, 2002, 3:55:29 AM3/22/02
to
Wat is jou opsies Sakkie? Lyk my mense wat enigsins 'n kans het om te
beweeg het al ernstig daaraan gedink...

Wonder maar net

Daniel


"Sakkie" <Sakkie@toti> wrote in message
news:3c9ae160$0$2...@hades.is.co.za...

Wouter Plaasvark

unread,
Mar 22, 2002, 4:11:04 AM3/22/02
to
Ek het Pieter Pieterse goed geken. Vir dié wat oorsee woon,
Pieter Pieterse is 'n bekende skrywer wat vermoor is. Sy vrou
was 'n week lank weg en het by haar terugkeer op sy
ontbindende lyk by hulle huis in die vakansiedorp Marloth Park
aan die suide van Krugerwildtuin afgekom. Hy was vasgebind.

Ek sien die media is onbewus van of minstens stil oor sy vroeė
loopbaan. Hy was aanvanklik 'n polisieman, in sy eie woorde
seker die mees ongemotiveerde poliesman in die mag. Toe
was hy vir baie jare 'n Sanlamverteenwoordiger. Hy het tot
takbestuurder op Pietersburg gevorder.

Ja, hy was vroeėr Pieter Pieterse van Pietersburg.

Daarna het hy Kaap toe gekom, hy was 'n Bestuurder in Sanlam
se opleidingsafdeling. In dié tyd het ons soms saam brug gespeel..

Toe het hy 'n kontrak by Daan Retief gekry om 'n reeks draaiboeke
te skryf. Hy het sy werk bedank en op 'n plaas in die Bosveld gaan
woon en voltyds skrywer geword. Hy het 'n ruk daarna van sy vrou
geskei en daarna hoofsaaklik in 'n karavaan gewoon. Dié het
gewoonlik aan die Weskus gestaan, dikwels op Tietiesbaai,
soms in Namibiė. Pieter was 'n baie bedrewe kreef- en perlemoen-
duiker en het soms letterlik daarvan gelewe. Hy het baie basies geleef,
deur kreef en perlemoen by hoteleienaar Johnny Carosini te ruil vir
brood, botter en groente.

En in die aande op Tietiesbaai om 'n vuur kon hy die wonderlikste
stories vertel. Baie beter as wat hy ooit op "Maak 'n Las" oorgekom
het, hy was werklik 'n uithalerstorieverteller. .

In die tyd het hy vir Jenny, die "Ingelsman", ontmoet en hulle is later
getroud. Ek het haar 'n paar keer gesien, maar haar nooit regtig
leer ken nie. Ek het vir Pieter 'n jaar gelede op Oudtshoorn
gesien en lekker oor die ou dae gesels.

Ek salueer een van Suid Afrika se groot seuns. Totsiens Pieter.


"Sakkie" <Sakkie@toti> wrote in message
news:3c9ae160$0$2...@hades.is.co.za...

Sakkie

unread,
Mar 22, 2002, 5:33:26 AM3/22/02
to

"Wouter Plaasvark" <plaa...@shotmail.com> wrote in message
news:3c9af...@news1.mweb.co.za...

>
> Ek salueer een van Suid Afrika se groot seuns. Totsiens Pieter.
>

Amen Wouter


Sakkie

unread,
Mar 22, 2002, 5:55:13 AM3/22/02
to

"Daniel" <kap...@hotmail.com> wrote in message
news:6tCm8.80$sO2....@news.xtra.co.nz...

> Wat is jou opsies Sakkie? Lyk my mense wat enigsins 'n kans het om te
> beweeg het al ernstig daaraan gedink...

Nee Daniël, jy het verkeerd. Baie van ons het hier gebly omdat ons graag
wou glo dat ons kan help om die foute van die verlede reg te maak en dat
dinge gaan regkom. Ek glo al minder. Wat meer is, baie mense wat wel
padgegee het sit en hoop dat dinge gaan verbeter sodat hulle weer kan
terugkeer na hul geliefde geboorteland.

>
> Wonder maar net
>

Daniël, ek ken jou nie en daarom gaan ek jou op twee maniere antwoord. Kies
jy maar die een wat van toepassing is en ignoreer die ander een. Eerstens,
Indien jy regtig wonder wat enige regdenkende mens nog in hierdie land maak,
ek kan jou nie antwoord nie broer, ek wonder al meer myself. Aan die
anderkant, indien jou "Wonder maar net" 'n poging tot sarkasme was, vat jou
opmerking en steek dit so diep in jou gat op dat dit by jou neus uitpeul jou
armsalige idioot.
Liefde Groete uit Suid-Afrika
Sakkie

> Daniel
>

Annette

unread,
Mar 22, 2002, 7:52:43 AM3/22/02
to
Sakkie, ek het net vir Pieter twee keer ontmoet - toe hy by Tietiesbaai
gekamp het - en met hom gepraat oor sy heerlike storievertel kosprogram wat
hy aangeboed het.
Daardie program was uitstekende advertensie vir die Weskus.
Dit is werklik jammer dat nie 4 van die laaste 4 storievertellers wat dood
is, aan natuurlike oorsake dood is nie ( Pieter, Jan Spies, Koos Meyer en
Tolla),
maar as ons mooi oor die saak dink - elke keer as ons agter die stuurwiel
inklim, is ons kanse net so swak op oorlewing as diegene wat alleen by 'n
huis sit.
Daar is seker mense, maar ek weet van niemand wat die land verlaat het agv
ons wilde ryers op die paaie nie.

Wat vir my die ergste is - toe Pieter gekamp het - so eenkant en alleen -
wat 'n gevaarlike situasie is, was hy veilig.
Nou is hy vermoor in 'n safaripark - waar mens seker kan aanneem dat daar 'n
mate van sekuriteit is.

Annette


Sakkie <Sakkie@toti> wrote in message news:3c9ae160$0$2...@hades.is.co.za...

Annette

unread,
Mar 22, 2002, 8:07:42 AM3/22/02
to
Iemand elders het opgemerk dat die moordenaars miskien van oor die grens kon
gekom het.......
Annette


Annette <ann...@ctnet.co.za> wrote in message

news:a7f9md$ksusu$2...@ID-92016.news.dfncis.de...

Wouter Plaasvark

unread,
Mar 22, 2002, 10:22:31 AM3/22/02
to
Annette

Wat vir my die ergste is - toe Pieter gekamp het - so eenkant en
alleen - wat 'n gevaarlike situasie is, was hy veilig. Nou is hy
vermoor in 'n safaripark - waar mens seker kan aanneem dat
daar 'n mate van sekuriteit is.

en

Iemand elders het opgemerk dat die moordenaars miskien
van oor die grens kon gekom het.......

Wouter
Marloth Park is 'n groot woongebied, geen safarikamp nie.
Die erwe het nie grensdrade of heinings nie, dis alles net
Bosveld. En daar is baie onbeboude erwe, van baie van
die huise kan jy dus geen ander huise sien nie. Daar is
wilde diere wat ongehinderd daar rondloop. Dis dus nie
snaaks dat mense hom nie gekry het nie, eerder
snaaks dat wilde diere hom nie gekry het nie. Dalk vermy
hulle die huise?

Die dorp is omhein, met toegangsbeheer by die twee
voertuighekke. Maar ek reken dis maklik vir voetgangers om
daar in te kom, die noordekant is nie omhein nie, daar is dit
net die Krokodilrivier wat dit van die Krugerwildtuin skei.
Daar is gereeld inbrake en diefstalle in dié dorp, so twee of
drie jaar gelede is 'n dief (hy het 'n sonpaneel gesteel) deur
leeus opgevreet in die dorp.

Dis naby Mosambiek, en dis nie onmoontlik dat die
boosdoener(s) van daardie kant af kon gekom het op pad na
Gauteng nie


Lou

unread,
Mar 22, 2002, 2:29:10 AM3/22/02
to
As ek nou bygelowing was - die Maak-'n-Las program het drie van hulle
aanbieders aan nie natuurlike oorsake verloor in die afgelope paar jaar-
sou ek gedink het die pos dra 'n vloek :}

Bart Nel

unread,
Mar 23, 2002, 3:45:43 AM3/23/02
to
Dis die blond,
dis die blou:
dis die veld,
dis die lug;
en 'n voël draai bowe in eensame vlug -
dis al

Dis 'n balling gekom
oor die oseaan,
dis 'n graf in die gras,
dis 'n vallende traan -
dis al

(Dis Al deur Jan F.E. Celliers)


As Ceasar, weerloos en bebloed,
en Macbeth, verlei deur heksegroet,
het hy met skitterende nasleep van eer
die uiteindelik-stil-word gerepeteer.
Dis maklik om die angs te flous
met 'n glasie sjerrie - op die applous!

Maar toe hy niksvermoedend, soos bepaal,
vertolking as vertoning moes herhaal,
vind hy, gestroop van kleed en kleur,
die mens moet sterf as amateur.

(Dood van 'n akteur deur Charles Fryer vir Fred Engelen)

Koebaai Maak 'n Las

'n Eregas
van Maak 'n las
het sopas -
Doodgegaan

Ons gaan hom mis
en sy spyse van vis
wat saam in sy kis
ook het heengegaan

Koebaai Pieter,
Koebaai Tolla,
Koebaai Jan,
Koebaai Koos

Julle las is gemaak
in ons harte vasgehaak
Julle dood het ons geraak

Nou is die rym op
want die dood het julle kom haal

Koebaai

Dis my las

(Deur Bart)

Ek het nie vir Pieter, Tolla, Spies of Koos persoonlik geken nie, maar het
altyd gehoop dat ek eendag die voorreg sal hę. Ek sal hulle gesigte en
stories seer seker mis!

Bart


Frikkie Potgieter

unread,
Mar 24, 2002, 11:39:44 AM3/24/02
to
Maak nie saak waarvandaan hulle gekom het nie, almal is mos welkom hier
tussen die kommuniste.
Waar is daai M8 nou. Hoekom antwoord die diereryk nie nou op hierdie skrywes
nie maar net waar die ding ou "oompies" en apartheid kan aanval.

Fok, hierdie wiel gaan nog lelik draai ???????
Kyk net wat maak "gloudina" se broers daar in zim.....


Annette <ann...@ctnet.co.za> wrote in message

news:a7fa8t$ku84r$1...@ID-92016.news.dfncis.de...

Davie Davis

unread,
Mar 24, 2002, 12:15:07 PM3/24/02
to
On Sun, 24 Mar 2002 18:39:44 +0200, "Frikkie Potgieter"
<rsa...@freemail.absa.co.za> wrote:


>Waar is daai M8 nou.

Sy't ook selfrespek (hopelik) Frikkie. So sy kruip bietjie weg.


>Maak nie saak waarvandaan hulle gekom het nie, almal is mos welkom hier
>tussen die kommuniste.

So simpel argument om te redeneer dat hulle (miskien) van oor die
grens gekom het. Soos jy sę, wat maak dit saak waar hulle uitgekruip
het. Volgens vandag se Sondag koerant is lokale swartes uitgewys en
dit blyk dus dat hulle nie van oor die grens is nie.

Weet nie of jy die Rapport gelees het nie Frikkie, maar daar word
gelag vir adjunk president (jacob zuma) wat die Rhodesiëse verkiesing
as vry en regverdig bestempel en thabo mbeki wat stem dat mugabe uit
die statebond geskors word as gevolg ondermeer van 'n onregverdige
verkiesing. Dit is natuurlik 'n vraag hoe mbeki sy adjunk se bevinding
verduidelik.

Terwyl ek nou met jou gesels sien ek hoe biskop tutu op die sewe uur
nuus vertel van sy geweldige respek vir mugabe. Hy noem darem dat sy
doen en late met die verkiesing onaanvaarbaar is.

Wat sę jy daarvan dat Suid Afrika (heelwaarskynlik as gevolg van ons
fantastiese rykdomme) nou finansieël vir Zim gaan help?


USPAUL

unread,
Mar 24, 2002, 1:54:19 PM3/24/02
to
> Wat sê jy daarvan dat Suid Afrika (heelwaarskynlik as gevolg van ons

> fantastiese rykdomme) nou finansieël vir Zim gaan help?
>

Vir watter rede sal SA dit wil doen? Is dit dalk in ruil vir verkiesings
advies?

Annette

unread,
Mar 24, 2002, 2:24:22 PM3/24/02
to
Daar is net een rede - die behoud van Onse Prez se breinkind - Nepad.

Kos vir die mense van Zimbabwe is by my 'n teer sakie - natuurlik moet
daardie mense gevoed en gehelp word - maar dit ( die hulp) sal net van
enige nut wees as onafhanklike internasionale instansies die kos soontoe
neem en onder die mense versprei.

Annette

USPAUL <plo...@bellsouth.net> wrote in message
news:Oipn8.174370$Nn6.9...@e3500-atl2.usenetserver.com...

Davie Davis

unread,
Mar 24, 2002, 2:54:29 PM3/24/02
to
On Sun, 24 Mar 2002 13:54:19 -0500, "USPAUL" <plo...@bellsouth.net>
wrote:

>Vir watter rede sal SA dit wil doen? Is dit dalk in ruil vir verkiesings
>advies?
>

of besettingsraad? 'n Swart verkeerskonstabel het in die week
gewys hoe dom hulle regtig is deur 'n boer se beroep op sy
kaartjie as 'stupid boer' aan te gee. Hierdie regering maak
dieselfde onbeplande naďwe foute wat mens laat wonder
hoeveel intelligensie hulle werklik besit.

Davie Davis

unread,
Mar 24, 2002, 3:00:47 PM3/24/02
to
On Sun, 24 Mar 2002 21:24:22 +0200, "Annette" <ann...@ctnet.co.za>
wrote:


>
>Kos vir die mense van Zimbabwe is by my 'n teer sakie - natuurlik moet
>daardie mense gevoed en gehelp word -

Hier ondersteun ek jou natuurlik volkome Annette, maar glo jy
dan dat die hulp by 'n paar sakke mielies gaan bly?
Dit klink natuurlik so bietjie na 'cut your nose to spite your face'
(alhoewel ek nie die cutting gedoen het nie natuutlik) wanneer
ek dink aan die regeringsondersteuners wat nie nou sal kan
bekostig om skielik te besluit dat die regering verkeerd is nie.
Ek betaal relatief baie belasting en dit skryn om te wonder
waar dit heengaan.


@rogers.com

unread,
Mar 24, 2002, 6:03:30 PM3/24/02
to

Frikkie Potgieter wrote:


> Kyk net wat maak "gloudina" se broers daar in zim.....

Frikkie, niks wat nou in Zimbabwe gebeur,
kan enigsins opweeg teen wat jou apartheids-
varke in SA gedoen het nie. Dis wat Dawie
van die Burger ook nou die dag uitgewys het.
Julle witgesmeerde apartheidsvark-graftes
kan nou maar ook julle bekke hou oor Zimbabwe.
Dis mos julle nuwe manier om julle verlede
weg te steek.


Gloudina

@rogers.com

unread,
Mar 24, 2002, 6:08:47 PM3/24/02
to

Davie Davis wrote:


> Ek betaal relatief baie belasting en dit skryn om te wonder
> waar dit heengaan.


Ten minste gaan dit nie vir kaspers wat
skoolkinders in die strate skiet nie, en
vir vragmoters wat mense op hulle vaders
se grond gaan oplaai en hulle dan op die
kaal haai vlakte los nie.

Gloudina


*Sterrenkijker*

unread,
Mar 25, 2002, 2:45:12 AM3/25/02
to
Gloudina,

Ek vind daardie taal van jou wel sterk...
Moet eintlik 'n bietjie meer oor die verlede van die Apartheidsvarke
vir die wêreld vertel. Feite is feite...
Vir 'n beter begrip vanweë die mense uit andere lande: praat!!

Norbert (uit Vlaanderen)

-----------------------------------------------------------------------------------------------------
Davie Davis wrote:

Gloudina
--------------------------------------------------------------------------------------------
"@rogers.com" <@rogers.com> schreef:

Sakkie

unread,
Mar 25, 2002, 7:16:26 AM3/25/02
to
Kan ek julle asseblief vra om hierdie gesprekrigting onder 'n nuwe/ander
onderwerp verder te neem. Onder die huidige onderwerp klink dit smaakloos,
taktloos en kan dalk misverstaan word as 'n teken van swak inbors, swak
karakter en 'n algehele gebrek aan opvoeding.

"*Sterrenkijker*" <sterre...@skynet.be> wrote in message
news:3c9ed18b...@news.skynet.be...

USPAUL

unread,
Mar 25, 2002, 7:54:04 AM3/25/02
to

Gloudina:

> Ten minste gaan dit nie vir kaspers wat
> skoolkinders in die strate skiet nie, en
> vir vragmoters wat mense op hulle vaders
> se grond gaan oplaai en hulle dan op die
> kaal haai vlakte los nie.
>

Baie dinge het in die verlede gebeur waarmee
die meeste van ons nie saamstem nie. Hoekom
word die verlede so baie gebruik om die misdade
wat daagliks gepleeg word te verbloem of te regverdig?

My oom is op sy plaas in die noord-kaap wreed
dood-geskop terwyl hy van 'n rugoperasie herstel het.
Die mans verantwoordelik vir die daad wat kort voor
die aangeleentheid amnestie by die nuwe regering ontvang
het, se eerste verweer was dat hy hulle in die "apartheidsjare"
mishandel het deur hulle met swepe te slaan.
Getroue plaaswerkers wat bykans dertig jaar lank vir
hom gewerk het, het egter getuig dat hulle nog nooit
hierdie mense gesien het nie, en meer belangrik dat my
oom soos 'n vader vir sy mense was.
Hiedie groepie "onderdruktes" was ook verandwoordelik
vir die moord op 'n ander plassboer en sy vroe die week tevore.
Die mees skokkende deel van die verhaal is dat die
swaarste straf vir hierdie moorde slegs 12 jaar was.

Is hierdie "vaders se grond" stelling van jou 'n 'n skimp
vir landbesetting soos in Zimbabwe?

Dink jy dat die "agtergeblewenes" ooit vir hule self
sal kan sorg sonder om die blaam vir hulle mislikkings
op die "Previous Regime" te plaas.

Lou

unread,
Mar 25, 2002, 5:02:15 AM3/25/02
to
Self so tot laas jaar 'n erf in Woodpecker paadjie gehad, fantastiese
plek met leeus wat so dan en wan deurkom, rooibokke, kudus, seekoeie,
kameelperde en wat jy ookal in die KNP sal verwag - maar dit verkoop agv
die afstand, malaria en die misdaad (natuurlik her die gebrek aan geld
om te bou geen rol gespeel nie :}).

Die probleem met Marloth is dat dit as deurgang deur Mosambiekers
gebruik word - want vandaar kan hulle maklik tot by Hektorspuit vorder
(minder leeus as KNP en minder polisie as die N4) en dan is dit op 'n
taxi tot in Gauteng. Natuurlik is daar dan ook groot probleme met petty
theft - waar kos, komberse en elektriese ware ens gesteel word. Daar is
ook 'n sekuritets firma maar vandat een so jaar gelede ook deur 'n leeu
van sy fiets getrek is en byna opgevreet is is hulle ook seker maar
versigtig as die son sak.

dit was vir my ook snaaks dat hienas en jakkalse waarvan daar heelwat
rondsluip hom nie grkry het nie.

@rogers.com

unread,
Mar 25, 2002, 11:55:34 AM3/25/02
to

USPAUL wrote:


> Baie dinge het in die verlede gebeur waarmee
> die meeste van ons nie saamstem nie. Hoekom
> word die verlede so baie gebruik om die misdade
> wat daagliks gepleeg word te verbloem of te regverdig?

> Is hierdie "vaders se grond" stelling van jou 'n 'n skimp
> vir landbesetting soos in Zimbabwe?
>
> Dink jy dat die "agtergeblewenes" ooit vir hule self
> sal kan sorg sonder om die blaam vir hulle mislikkings
> op die "Previous Regime" te plaas.


Wel, jy en jou voorsate het heelwaarskynlik
steen en been tot 1948 gekla oor die "vorige
regime" en wat die Engelse gedurende die
Boere-oorlog aan "die Afrikaner" gedoen het.
( Afrikaners is skerp verdeel in twee groepe:
dié Afrikaners wat soos Smuts en Botha 'n
nuwe konsep ingebring het van wat dit is om
Afrikaner te wees, en die klagatte wat altyd
gesit en grens het oor die onregverdigheid van
dit alles. Dis die "nasionaliste" in die tweede
groep wat die leisels in die hande gekry het in
1948 en een van die skandaligste regimes van die
tweede helfte van die 20ste eeu geskep het.)
En ja, ek dink Thabo Mbeki moet opskud met
landbesit-hervorming, anders is Zimbabwe SA se
voorland. Elke keer as mense statistieke sien,
dan besef jy dat meeste van die grond nog in wit
hande is. En laat ek jou weer daaraan herinner,
in SA is ag uit elke tien mense nie-blank. Ek
dink jy behoort op te hou om smalend te praat
oor "agtergeblewenes." Jy en jou rasgenote sit
in 'n land wat grotendeels 'n swart land was
en nog is, en jy het die nerve om vir hulle
te probeer voorskryf. Jy dink jy het die reg
omdat jou voorsate in die vorige paar eeue in
die land ingestap het en vir hulle daar neerge-
plak het. Maar boetie, daardie dae is verby.

Tant Hessie van die Derde Republiek

Davie Davis

unread,
Mar 25, 2002, 12:40:06 PM3/25/02
to

On Mon, 25 Mar 2002 16:55:34 GMT, "@rogers.com" <@rogers.com> wrote:
>USPAUL wrote:
>> Baie dinge het in die verlede gebeur waarmee
>> die meeste van ons nie saamstem nie. Hoekom
>> word die verlede so baie gebruik om die misdade
>> wat daagliks gepleeg word te verbloem of te regverdig?
>

> Wel, jy en jou voorsate het heelwaarskynlik


> steen en been tot 1948 gekla oor die "vorige
> regime"
>

>Tant Hessie van die Derde Republiek

Eer jy te fel oordeel Paul, moet ek vir die tannie in die bres tree.
Siende dat jy nuut op die groep is is jy dalk nie bewus daarvan
dat sy in die apartheidsjare landuit moes vlug na 'n verhouding
met die wit boer op die plaas waar sy gewoon het.


Tobie

unread,
Mar 25, 2002, 1:31:58 PM3/25/02
to
"Davie Davis"

> Siende dat jy nuut op die groep is is jy dalk nie bewus daarvan
> dat sy in die apartheidsjare landuit moes vlug na 'n verhouding
> met die wit boer op die plaas waar sy gewoon het.
~~~~~~
heheheheh ......................... weer tussen die messegoed
geslaap ............. hmmmm?
--
***************************
http://www.transformationafrica.org
***************************

Davie Davis

unread,
Mar 25, 2002, 1:40:13 PM3/25/02
to
On Mon, 25 Mar 2002 20:31:58 +0200, "Tobie" <tmdv@isat_nospam.co.za>
wrote:

>~~~~~~
>heheheheh ......................... weer tussen die messegoed
>geslaap ............. hmmmm?

Ken nie daardie uitdrukking Tobie, verduidelik?

l&p

unread,
Mar 25, 2002, 4:17:34 PM3/25/02
to

Nou is daar geen honger in SA nie,
die wit boere bestuur hul land,
gee werk aan die swart plaaswerkers,
die plaaswerkers het geen honger nie.
Die boere produseer, hulle betaal die plaaswerkers,
die plaaswerkers werk, hulle produseer kos vir die
mense in die land.
Eienaardig ne? Honger in Zim, Hoe kom??
Ag, ek sien nou is ek 'n rassis .....!
Of hoe?
Patrick


In article <3C9F56D3...@rogers.com>,

Kinky

unread,
Mar 25, 2002, 5:11:24 PM3/25/02
to
"@rogers.com" <@rogers.com> wrote in message news:<3C9F56D3...@rogers.com>...

> USPAUL wrote:
>
>
> > Baie dinge het in die verlede gebeur waarmee
> > die meeste van ons nie saamstem nie. Hoekom
> > word die verlede so baie gebruik om die misdade
> > wat daagliks gepleeg word te verbloem of te regverdig?
[knip]

Glouding:


>
> Wel, jy en jou voorsate het heelwaarskynlik
> steen en been tot 1948 gekla oor die "vorige

> regime" [knip]


Ek
> dink jy behoort op te hou om smalend te praat
> oor "agtergeblewenes." Jy en jou rasgenote sit
> in 'n land wat grotendeels 'n swart land was
> en nog is, en jy het die nerve om vir hulle
> te probeer voorskryf. Jy dink jy het die reg
> omdat jou voorsate in die vorige paar eeue in
> die land ingestap het en vir hulle daar neerge-
> plak het. Maar boetie, daardie dae is verby.
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek

KinkY: Ek kan nie verstaan waarom Tant Hessie gedurig ons land sit en
beoordeel en veroordeel nie. Ek was nog nie eers gebore in 1948 nie
en is nie skaam om wit te wees in hierdie land van ons nie. Dat ons
voorsate foute gemaak het, is waar maar wat help al die verwyte nou?
Waar bring dit ons? En wat kan jy dink om te bereik deur ons gedurig
daaraan te herinner? Vir n groot klomp van ons, is die besluite
namens ons geneem maar dit maak ons nie sleg nie. Mense maak foute,
juis omdat hulle mense is. Soms is daai foute fataal en soms kan ons
daaruit leer. Maar hou tog asseblief op om ons neuse gedurig daarin
te vryf of put jy een of ander perverse genot daaruit. Jy wat nie
elke dag hier woon en werk en die dinge om jou sien nie. Dinge wat
mens laat besef dat ons inderdaad n lang pad voor ons het.

Kom ek vertel julle iets. Ek het die afgelope week langs my pa se
siekbed gesit terwyl hy in die Intensiewe eenheid van n swart
hospitaal om sy lewe geveg het. En wanneer n blanke mens - soms
vroualleen - die swart gebied binnery en die getalle oorweldig jou,
dan bid jy. NIe net vir jou eie veiligheid nie maar ook vir jou pa
wat 'uitgelewer' lę aan die genade van die ander mense wie in die
verlede verontreg is. En laat ek julle vertel dat ek baie fout kan
vind in dit wat ek ervaar en gesien het. Maar ek verkies om te
konsentreer op die goed wat ek ervaar het. Dat daar elke dag in daai
hospitaal n ander stel reëls geld, is waar maar mens besef gou dat jy
jou kaarte reg moet speel.

Ek is emosioneel oor die armoede en leed wat ek aanskou het. En ek is
emosioneel oor die dankbaarheid wat ek beleef het. En ek is dankbaar
dat daar in my hart hoop is vir die pragtige land van ons. Want
eindelik wil ons maar almal dieselfde dinge uit die lewe hę. Sommige
van ons was net meer gelukkig as ander.

Maar asseblief, Gloudina, dit sal tog lekker wees as jy soms n
positiewe opmerking maak oor die vordering wat ons hier maak. Hierdie
is my land en ek het nie juis n lus of n ander plek om heen te gaan
nie. As jy iets in jouself kan vind wat jy oor het vir hierdie land,
help ons dan ook deur nie alewig na alles wat hier fout gaan die blaam
op die verlede te plaas nie. Dit is nou geskiedenis en ons wat kan
help verander, leef nou en het elke liewe stukkie positiwiteit nodig.
Selfs van jou.

@rogers.com

unread,
Mar 25, 2002, 6:38:06 PM3/25/02
to

Kinky wrote:


Ek kan nie verstaan waarom Tant Hessie gedurig ons land sit en
> beoordeel en veroordeel nie.


Jy misrepresenteer die feite heeltemal. Ek
weet nie hoekom jy dit doen nie. Ek sit nie
"jou land" gedurig en veroordeel nie. Ek
praat aanhoudend positief oor wat op die
oomblik in SA aangaan. Waarteen ek dit wel
het, is wanneer mense soos Frikkie en Davie
Davis binne SA en mense soos "USPAUL" buite
SA vir Suid-Afrika sit en beswadder. Mense
soos hulle, wat heelwaarskynlik nie 'n vinger
opgelig het om te protesteer teen die dinge
wat minder as twintig jaar gelede nog in
SA bedryf is teen die bevolking nie, maar
wat nou skielik ontpop as die groot skyn-
heilige kritici van alles en nog wat. Ek hoop
jy is nie een van hulle nie. En elke keer
wanneer een van hierdie witgeverfde grafte
hulle bekke rek, sal ek vir hulle herinner
wat in hulle verlede is. Ek het die reg
daartoe verdien, omdat ek self 'n Afrikaner
is, en hierdie soort mense as skorremorrie
sien wat SA en my rassegroep oneindig oneer
en skade aangedoen het.

Gloudina

@rogers.com

unread,
Mar 25, 2002, 6:47:30 PM3/25/02
to

Kinky wrote:


Ek het die afgelope week langs my pa se
> siekbed gesit terwyl hy in die Intensiewe eenheid van n swart
> hospitaal om sy lewe geveg het. En wanneer n blanke mens - soms
> vroualleen - die swart gebied binnery en die getalle oorweldig jou,
> dan bid jy. NIe net vir jou eie veiligheid nie maar ook vir jou pa
> wat 'uitgelewer' lę aan die genade van die ander mense wie in die
> verlede verontreg is. En laat ek julle vertel dat ek baie fout kan
> vind in dit wat ek ervaar en gesien het. Maar ek verkies om te
> konsentreer op die goed wat ek ervaar het.

Ek neem aan jou pa was in 'n hospitaal
wat voorheen gereserveer is vir swart
mense. Ek neem aan daar is eintlik nou
nie meer in SA "swart hospitale" nie, of
is ek verkeerd? Ek neem aan dat omdat
dit voorheen 'n swart hospitaal was in
'n oorwegende swart area, die hospitaal
nie so modern as in die voorheen wit
gebiede was nie. Is dit die skuld van
die lokale bewoners wat nog selfs nou
met tweederangse hospitale tevrede moet
wees.
Soos ek jou brief lees, was jy bang
vir jou eie veiligheid en jou pa se
veiligheid. Maar niks laat my dink dat
daar iets slegs met julle gebeur het nie.
Tog merk ek 'n klaagtoon in jou brief. Nou
wil ek jou graag vra: hoekom is daar 'n
klaagtoon in jou skrywe?

Gloudina


USPAUL

unread,
Mar 25, 2002, 11:08:46 PM3/25/02
to
Ek kan amper verstaan hoe die antie daaroor moet voel. En ek is jammer as
dit voorkom dat ek haar oordeel, dis nie my bedoeling nie.


"Davie Davis" <d...@ve.com> wrote in message

news:lqnu9ugsdc2f65pid...@4ax.com...

Threeships 'did you see that?? ' Mcduck

unread,
Mar 26, 2002, 2:02:00 AM3/26/02
to
On Mon, 25 Mar 2002 16:55:34 GMT, "teef" <@rogers.com> served the
following to the group:


>
> snip - al die gemors is uitgesny
>

ek is al so gatvol om die verskoning van `n mens wat vir almal vir
vertel wat om te dink en wat reg en verkeerd is. dis nou die slapgat
wat, in plaas van deel te word van die struggle, eerder weg gehardloop
het na 'groener' weivelde. die een wat, in plaas van die 'moedertaal'
hier te praat, eerder tussen die engels sprekendes gaan bly het en dan
net wanneer 'dit' dit reg ag engelse woorde gebruik met die alleenreg
daarop. in my kak boere opvoeding is ek geleer dat oom en tannie
gebruik word uit respek so ek kan nie verstaan waarom die deelnemers
aan hierdie ng die ding hierdie eer toeswaai nie.

jou ou miserabele fosiel, kry vir jou `n stokperdjie of iet om jou bek
van ander af te hou. jy eien jouself die reg toe om die wat in sa leef
te oordeel en te kritiseer, surprise teef, jy het daai reg agter
gelaat toe jy agteruit getoi-toi het na jou nuwe tuiste. jy gaan aan
soos `n lesbiese oujongding wat sit met een moerse seks fustrasie (dis
nou die lack daaraan). en nee, tenspyte wat jou 1948 bio boekie
vertel, dit is nie net om mee te piepie nie. kry `n vibrator man,
bevry jouself uit jou ou klein helletjie. jou kopseer sal verdwyn en
jy sal heelwat better voel oor jou medemens.

btw hierdie post volg eintelik maar net die trend wat teef sin altyd
volg. klim in ander se karakter en persoonlikheid in sonder om hulle
persoonlik te ken.


Threeships 'did you see that??' Mcduck
www.mothership.co.za

Sakkie

unread,
Mar 26, 2002, 2:06:46 AM3/26/02
to
Patrick, ons huidige situasie werk nie volgens jou logika hier onder nie.
Jou argument tel net vir mense wat volgens Maslow op die onderste trap van
sy "Hierachy of needs" is. M.a.w. hulle is ingestel op oorlewing en al wat
belangrik is, is vandag se kos. Meeste van ons mense wat daarin val is
gelukkig met wat hulle het, want hulle het iemand wat vir hulle sorg.

Die probleem is dat die oorgrote meerderheid van ons mense verby daardie
stadium is en as gevolg daarvan ander "needs" het. Een daarvan is die
sekuriteit van grondbesit en ook die aansien wat daarmee saamgaan. Dit is
hier waar ons huidige situasie ongebalanseerd is en ek is bevrees Gloudina
is reg, as daar niks omtrent gedoen word nie is dit net 'n kwessie van tyd
voordat ons dieselfde pad sal loop as Zim.

Die feit dat baie van ons voorheen benadeeldes nie die kennis en
ondervinding het om groot plase suksesvol te bestuur nie is 'n heel ander
saak en as ons skielik ons huidige plase oorgee in die hande van onkundiges,
sal ons ook soos Zim baie gou sonder kos sit.


"l&p" <l&p...@camerama.demon.nl> wrote in message
news:ant25213...@camerama.demon.nl...

Lou

unread,
Mar 26, 2002, 1:28:56 AM3/26/02
to

"@rogers.com" wrote:
> Ek
> dink jy behoort op te hou om smalend te praat
> oor "agtergeblewenes."

Dit is 'n amptelike regerings term wat 'n baie dokumente en wette
voorkom - hoekom praat jy nie met die regering daaroor nie?

Wouter Plaasvark

unread,
Mar 26, 2002, 5:53:01 AM3/26/02
to
Gloudina

Ek neem aan jou pa was in 'n hospitaal
wat voorheen gereserveer is vir swart
mense. Ek neem aan daar is eintlik nou
nie meer in SA "swart hospitale" nie, of
is ek verkeerd? Ek neem aan dat omdat
dit voorheen 'n swart hospitaal was in
'n oorwegende swart area, die hospitaal
nie so modern as in die voorheen wit
gebiede was nie. Is dit die skuld van
die lokale bewoners wat nog selfs nou
met tweederangse hospitale tevrede moet
wees.
Soos ek jou brief lees, was jy bang
vir jou eie veiligheid en jou pa se
veiligheid. Maar niks laat my dink dat
daar iets slegs met julle gebeur het nie.
Tog merk ek 'n klaagtoon in jou brief. Nou
wil ek jou graag vra: hoekom is daar 'n
klaagtoon in jou skrywe?

Wouter
Waar het jy die klaagtoon gesien, Gloudina? Ek
ervaar haar vertelling eerder as 'n positiewe realisme.

En jou aanname dat die hospitaal tweederangs is,
sal waarskynlik verkeerd wees as dit 'n stedelike
hospitaal is, die ou sogenaamde swart hospitale het
meesal uitstekende fasiliteite gehad. Die probleem
was histories eerder by die aantal en toeganklikheid
van die "swart" hospitale en soms by die gehalte
van die personeel, laasgenoemde is waarskynlik
minder van 'n probleem vandag.

Jou beskuldigende vraag "Is dit die skuld van die


lokale bewoners wat nog selfs nou met tweederangse

hospitale tevrede moet wees" is waarskynlik misplaas
en is die tipe reaksie waarna Kinky verwys as sy vra
hoekom jy so negatief oor SA oorkom, selfs wanneer
jy nie die feite aan jou kant het nie.

Sakkie

unread,
Mar 26, 2002, 6:14:37 AM3/26/02
to

"Wouter Plaasvark" <plaa...@shotmail.com> wrote in message
news:3ca05...@news1.mweb.co.za...

Ek wil hier by Wouter aansluit. Garankuwa(sp?) hospitaal naby Pretoria word
beskou as een van die bestes in die land. Daar word ook baie navorsing
gedoen in verskeie mediese rigtings.


Thys de Wet

unread,
Mar 26, 2002, 8:04:06 AM3/26/02
to
Skerp né!!! Soos 'n mes né!

Anti, maar jy's darem op 'n wicket oor die klagatte né?
En as Anti nou so al die wysheid oor die land in pag het, wat maak jou dan
in Kanada sit?
Shame, en om te dink hulle (Kanada) weet nie eens van "de bron der wysheid"
wat daar so te sê onder hulle se neuse sit nie!

That such wizzdim should go to waste! Anti, ai Anti, Waar was jy toe
Verwoerd jou nodig had?
Maar ag ja jy was mos besig om die "leiers van môre" Afrikaans te leer. Nou
weet ons ook sommer hoekom party van hulle so 'n snaakse aksent het as hulle
Afrikaans probeer praat!

Mensig maar ek spaar nie die lepel nie! Roer boeties (en sussies)! Roer!

Thys meddie liepel oppie Bos!


"Davie Davis" <d...@ve.com> wrote in message

news:lmru9uo2mt190cplv...@4ax.com...

@rogers.com

unread,
Mar 26, 2002, 9:07:55 AM3/26/02
to

Threeships 'did you see that?? ' Mcduck wrote:

> "teef" <@rogers.com> served the
> following to the group:


> jou ou miserabele fosiel,

> surprise teef
> soos `n lesbiese oujongding
> kry `n vibrator man,


Gereeld soos klokslag, wanneer mens
die geskrywery van hierdie soort
McBoerseun (wat sy erfenis vir 'n pot
boeliebief verkoop het) analiseer,
dan kry forensies die volgende:

(1) hy dink half in Engels ('n geradbraakte
Engels.)
(2) Hy kan nie in Afrikaans spel nie.
(3) Hy vloek aanmekaar
(4) Hy maak kroniese seksuele verwysinge.
(5) HY kan hom nie inhou nie, moet kronies
van homoseksualisme praat.Die sielkundiges
vertel ons hierdie soort mense het self
'n fasinering met die gay life style.

Tant Hessie Freud

@rogers.com

unread,
Mar 26, 2002, 9:20:34 AM3/26/02
to

Sakkie wrote:


> Die probleem is dat die oorgrote meerderheid van ons mense verby daardie
> stadium is en as gevolg daarvan ander "needs" het. Een daarvan is die
> sekuriteit van grondbesit en ook die aansien wat daarmee saamgaan. Dit is
> hier waar ons huidige situasie ongebalanseerd is en ek is bevrees Gloudina
> is reg, as daar niks omtrent gedoen word nie is dit net 'n kwessie van tyd
> voordat ons dieselfde pad sal loop as Zim.
>
> Die feit dat baie van ons voorheen benadeeldes nie die kennis en
> ondervinding het om groot plase suksesvol te bestuur nie is 'n heel ander
> saak en as ons skielik ons huidige plase oorgee in die hande van onkundiges,
> sal ons ook soos Zim baie gou sonder kos sit.

Al wat sal gebeur, is dat die "voorheen
benadeeldes" (wat in alle geval die plase
vir die wit base al hierdie honderde jare
bewerk het) die grond sal gebruik vir hulle
eie voordeel, en nie vir die voordeel van
die uitvoermark en buitelandse valuta nie.
Daar word nou alreeds stemme gehoor in die
World Bank se geledere wat sê dat die vereistes
dat ontwikkelende lande die noue fiskale
vereistes van die World Bank moet volg om
lenings te kry, een van die elemente is
in die kroniese onvermoë om 'n gesonde
"ekonomie" te ontwikkel. Dis tyd dat die
lande van Afrika onafhanklik gemaak word
van die ou wit omies wat agter lessenaars
sit en vir hulle vertel hoe hulle moet
ontwikkel. Eers dan sal die dominansie
van die nageslagte van die Europese setlaars
wat veral na die VSA versprei het, ophou om
Afrika en sekere ander ontwikkelende lande
te verkneg. En as hierdie verknegting te erg
word, sal die lokale bevolking begin opstand
maak daarteen in die strate, soos nou onlangs
in Argentinië gebeur het.

Gloudina

@rogers.com

unread,
Mar 26, 2002, 9:26:16 AM3/26/02
to

Lou wrote:


O. Is dit amptelike regerings-beleid
om SMALEND van "agtergeblewenes" te
praat? Jissie, dit klink amper soos die
kandidate vir die Konserwatiewe party
se leierskap hier in Ontario, wat
"homelessness" onwettig wou verklaar.

Gloudina

@rogers.com

unread,
Mar 26, 2002, 9:42:09 AM3/26/02
to

Sakkie wrote:


Wouter:


>>En jou aanname dat die hospitaal tweederangs is,
>>sal waarskynlik verkeerd wees as dit 'n stedelike
>>hospitaal is, die ou sogenaamde swart hospitale het
>>meesal uitstekende fasiliteite gehad.

> Ek wil hier by Wouter aansluit. Garankuwa(sp?) hospitaal naby Pretoria word


> beskou as een van die bestes in die land. Daar word ook baie navorsing
> gedoen in verskeie mediese rigtings.

Die bespreking gaan nie oor of swart
hospitale goed of sleg is nie. Gaan
weer terug na Kinky se brief en lees
(dan tussen die lyne) hoe bevrees sy
was vir die wel en wee van haarself
en haar pa in 'n swart hospitaal. Sy
praat baie duidelik negatief oor hoe
dinge in die hospitaal gedoen word.
Dis hierdie soort negatiwiteit wat
mense hulle in SA toelaat, en dink dis
hulle erfenis om gedurig te kla oor
"hoe dinge nou is." Maar hulle wil
ander mense die swye oplę wanneer hulle
objekteer teen die argwaan en die
hovaardigheid van mense soos Frikkie
byvoorbeeld, en die slinkse opmerkings
oor 'n paar ander op hierdie nuusgroep
wat ek kan noem, veral as hulle soms
buite SA sit en ook nie meer weet wat
in SA aangaan nie.
En dis nie die skuld van die swart
bevolking in SA dat dinge nie sommer weer
lekker blink in alle instansies is nie.
SA kom uit 'n halfeeu van sosiologiese-
ekonomiese dwingelandskap, en dit sal
seker 'n ander halfeeu wees voor alles
weer na die smaak is van die voorheen
bevoordeeldes. Intussen is die swart
bevolking van SA wonderlik geduldig.

Gloudina

@rogers.com

unread,
Mar 26, 2002, 9:47:42 AM3/26/02
to

Thys de Wet wrote:


> Shame, en om te dink hulle (Kanada) weet nie eens van "de bron der wysheid"

> wat daar so te sę onder hulle se neuse sit nie!

En wat laat jou tot hierdie
gevolgtrekking kom?

Tant Hessie wat gister oor die
Pretoria-bridge gery het.

Sakkie

unread,
Mar 26, 2002, 9:46:58 AM3/26/02
to

<@rogers.com> wrote in message news:3CA083E7...@rogers.com...

>
> Al wat sal gebeur, is dat die "voorheen
> benadeeldes" (wat in alle geval die plase
> vir die wit base al hierdie honderde jare
> bewerk het)
> Gloudina
>

Gloudina, jy het self op 'n plaas grootgeword en jy van alle mense behoort
te weet dat daar 'n helse verskil is tussen 'n trekker bestuur en om 'n
boerdery te bedryf op so 'n manier dat jy 'n land voed.

@rogers.com

unread,
Mar 26, 2002, 10:03:43 AM3/26/02
to

Sakkie wrote:


> Gloudina, jy het self op 'n plaas grootgeword en jy van alle mense behoort
> te weet dat daar 'n helse verskil is tussen 'n trekker bestuur en om 'n
> boerdery te bedryf op so 'n manier dat jy 'n land voed.

Ek het op 'n besproeiingshoewe
in die Noordkaap grootgeword. En
in my herinnering sien ek nog altyd
vir my pa en sy bruin helper in die
oggend staan en praat van wat weer
vandag gedoen moet word. Ek weet dat
my pa ongeveer sy aanbevelings as
wet beskou het, tensy hy iets anders
beoog het. Albei hierdie mans was
hoogs-eerwaardige manne, omtrent dieselfde
ouderdom. Albei hierdie mans was diakens
en later ouderlinge in hulle gemeentes.
Die verskil was egter dat my pa in 'n lekker
huis op sy erf kon bly, terwyl Outa Jan omtrent
twee myl uit die kroek moes instap elke dag om
"sy werk te kom doen." Dis hierdie herinnering
van hoe mense wat nie die regte soort hare
gehad het in SA nie, wat my vandag aggressief
maak teenoor mense wat vernederend van hierdie
mense praat.
En beide hierdie mans was in die dwingelandy
van 'n kapitalistiese set up, waar mense hulle
agterente afgesukkel het om druiwe te plant om
rosyntjies te maak om dit dan na die buiteland
te stuur sodat die wit omies in die regering
buitelandse valuta kon kry. Vir daardie
kapitalistiese dwingelandy is duisende nageslagte
van die stamme van die Khoi van die lekker eilande
afgeboender en moes hulle tussen die droė randjies
gaan bly, waar hulle myle moes loop om water te
kry om te kook en te was.

Gloudina


Hilda en Gervaas

unread,
Mar 26, 2002, 10:23:56 AM3/26/02
to

> Intussen is die swart
> bevolking van SA wonderlik geduldig.
>
> Gloudina

Gloudina,

Prinsipieel wil ek nie meng in 'n argument oor 'n ander land nie. Ek voel
nie ek's bevoeg daarvoor nie. Maar nou wil ek tog vra : wat stel jy dan voor
as oplossing vir die swart bevolking ? Hoekom sê jy hulle is 'wonderlik
geduldig' ? Wat moet volgens jou gebeur om hul lot te verbeter ? Wat moet
hulle opeis ? Is daar realistiese oplossinge om die swart bevolking in 'n
kort tyd welstellend te maak ? Of dink jy hulle moet maar in opstand kom,
chaos veroorsaak en dan weer opnuut begin ? Dink jy as hulle 'ongeduldig'
was dat dinge vinnig sal verbeter ?
Ek begryp nie goed wat jy bedoel nie met daardie 'wonderlik geduldig' nie.

Hilda.


Wouter Plaasvark

unread,
Mar 26, 2002, 10:26:14 AM3/26/02
to
Wouter:
>>En jou aanname dat die hospitaal tweederangs is,
>>sal waarskynlik verkeerd wees as dit 'n stedelike
>>hospitaal is, die ou sogenaamde swart hospitale het
>>meesal uitstekende fasiliteite gehad.

Sakkie


> Ek wil hier by Wouter aansluit. Garankuwa(sp?) hospitaal naby Pretoria
word
> beskou as een van die bestes in die land. Daar word ook baie navorsing
> gedoen in verskeie mediese rigtings.

Gloudina


Die bespreking gaan nie oor of swart
hospitale goed of sleg is nie.

Wouter
Ons het jou foutiewe opmerking daaroor uitgewys en
jy verkies om daaroor te swyg. Jy is egter deels reg, die
bespreking gaan nou oor jou optrede, oor hoekom jy die
ongevraagde negatiewe en smalende opmerking
gemaak het oor voormalige swart hospitale wat
"tweederangs" sou wees

Gloudina


Gaan weer terug na Kinky se brief en lees
(dan tussen die lyne) hoe bevrees sy
was vir die wel en wee van haarself
en haar pa in 'n swart hospitaal.

Wouter
Dis tog natuurlik, ons het almal 'n vrees vir die onbekende.
Soveel meer as 'n geliefde se lewe aan 'n draadjie hang.
Maak dit haar in jou oë 'n rassis? Jy kan nie ernstig wees nie!

Gloudina


Sy praat baie duidelik negatief oor hoe
dinge in die hospitaal gedoen word.

Wouter
Ek verskil. Sy rapporteer, maar kritiseer nie. En ek lees dat
sy op die goeie wat sy ervaar het konsentreer. En dat sy
dankbaar is en hoop het vir ons land. En dat sy jou vra om nie
so afbrekend te wees nie

Gloudina


Dis hierdie soort negatiwiteit wat
mense hulle in SA toelaat, en dink dis
hulle erfenis om gedurig te kla oor
"hoe dinge nou is."

Wouter
Nee, nou veralgemeen jy en jy betrek vir Kinky
onredelik by iets waaraan sy duidelik geen deel het nie.
Die negatiwiteit is suiwer by jou. Suiwer by jou, hoor.

Jou optrede is waaroor dit nou gaan, dis hier kwetsend.
Hou dit vir dié wat dit verdien

Ek reageer nie op die res van jou betoog nie, want
dit hoort nie hier nie. Dis die hele punt, die punt wat
jy klaarblyklik nie wil insien nie. As jy ongevraagd
kritiseer, dan verloor jou geregverdigde kritiek ook
sy trefkrag, dan reduseer jy jouself tot een van dié
wat in die opskrif van hierdie boodskap beskryf word


@rogers.com

unread,
Mar 26, 2002, 11:07:13 AM3/26/02
to

Wouter Plaasvark wrote:


> Nee, nou veralgemeen jy en jy betrek vir Kinky
> onredelik by iets waaraan sy duidelik geen deel het nie.
> Die negatiwiteit is suiwer by jou. Suiwer by jou, hoor.
>
> Jou optrede is waaroor dit nou gaan, dis hier kwetsend.
> Hou dit vir dié wat dit verdien

So jy verkies om heeltemal te vergeet
dat Kinky vir my by naam en direk
aangeval het. En haar versoek was
dat ek my mond moet hou ( sodat Frikkie
en Kie nou maar kan gif spuit soos
hulle wil, maar ek mag nie terug vertel
van wat sy geliefde apartheidsvarke in
SA gedoen het nie. Want dis tog o, so
negatief.) En sy maak die verdere
presumpsie dat ek "negatief is oor SA."
Ek is alleen negatief oor klagatte.
(Terloops, ek het daardie titel gekies
toe iemand gevra het dat die draad
met Pieterse se naam verander moet word,
aangesien dit lank nie meer oor daardie
onderwerp gegaan het nie.)
En as jy jou Afrikaanse koerante
lees, sien jy meer en meer Afrikaner-
mense objekteer teen die negatiewe toon
waarmee mense praat. Jyself begin uitwys
dat "Zim swartsmeer" miskien 'n industrie
geword het van mense met rekenaars.

Gloudina

Tobie

unread,
Mar 26, 2002, 2:00:48 PM3/26/02
to
"Thys de Wet"

Waar was jy toe
> Verwoerd jou nodig had?
> Maar ag ja jy was mos besig om die "leiers van môre" Afrikaans
te leer. Nou
> weet ons ook sommer hoekom party van hulle so 'n snaakse aksent
het as hulle
> Afrikaans probeer praat!
~~~~~~~~~~~~~~~
nie eers te praat van die aksent wanneer hulle Engels probeer
praat nie. ek het destyds so hard probeer om te verstaan, maar my
macaw praat baie duideliker, en dan het hy nie eers 'n
luidspreker nodig nie, jy hoor hom tot innie onnerdorp
ek wens julle wil stomp raak virre slag, my maagspiere kannitie
meer vattie :-)

Wouter Plaasvark

unread,
Mar 26, 2002, 2:23:39 PM3/26/02
to
Wouter Plaasvark wrote:
> Die negatiwiteit is suiwer by jou. Suiwer by jou, hoor.
> Jou optrede is waaroor dit nou gaan, dis hier kwetsend.
> Hou dit vir dié wat dit verdien

Gloudina


So jy verkies om heeltemal te vergeet
dat Kinky vir my by naam en direk aangeval het.

Wouter
Nee, ek vergeet niks. Ek het daardie baie redelike versoek
van haar en alles wat almal geskryf het deeglik in ag geneem.
En dan reken ek jy is onredelik. En in jou eie woorde, ek
vertel dit soos dit is

Gloudina


Ek is alleen negatief oor klagatte.

Wouter
Die probleem is dat dit dan klink of jy almal as klagatte beskou.
Dis wat ek by jou probeer tuisbring, val gerus dié aan wat
dinge skryf wat so 'n aanval verdien, maar moenie 'n
rassis agter elke boodskap ontdek nie. Veral nie dié wat
duidelik opbouende en positiewe gevoelens uitstraal nie

Gloudina


(Terloops, ek het daardie titel gekies
toe iemand gevra het dat die draad
met Pieterse se naam verander moet word,
aangesien dit lank nie meer oor daardie
onderwerp gegaan het nie.)

Wouter
En nou pas daardie skoen ongelukkig vir jou

Gloudina


En as jy jou Afrikaanse koerante
lees, sien jy meer en meer Afrikaner-
mense objekteer teen die negatiewe toon
waarmee mense praat.

Wouter
Ek stem al die pad daarmee saam. Maar jy verstaan klaarblyklik
nie dat dit niks hiermee uit te waai het nie. Hierdie gaan oor jou
onbillike kritiek en die onproduktiewe en destruktiewe effek wat
dit op veral redelike (maar ook onredelike) mense het.


Wouter Plaasvark

unread,
Mar 26, 2002, 2:23:41 PM3/26/02
to
Gloudina

Al wat sal gebeur, is dat die "voorheen
benadeeldes" (wat in alle geval die plase
vir die wit base al hierdie honderde jare
bewerk het) die grond sal gebruik vir hulle
eie voordeel, en nie vir die voordeel van
die uitvoermark en buitelandse valuta nie.
Daar word nou alreeds stemme gehoor in die
World Bank se geledere wat sę dat die vereistes

dat ontwikkelende lande die noue fiskale
vereistes van die World Bank moet volg om
lenings te kry, een van die elemente is
in die kroniese onvermoë om 'n gesonde
"ekonomie" te ontwikkel. Dis tyd dat die
lande van Afrika onafhanklik gemaak word
van die ou wit omies wat agter lessenaars
sit en vir hulle vertel hoe hulle moet
ontwikkel.

Wouter
Dit klink vir my al te veel na ideologiese wensdenkery, Gloudina
Maak hulle los van die finansieringsinstansies en hou op om uit
te voer en jy het 'n bestaansboerdery. Wat jy vanjaar produseer,
eet jy vanjaar, want jy kan nie produseer vir die hoër pryse wat
jy met uiytvoere kan verdien om geld te belę vir die maer jare nie.

Bestaansboerdery werk as 'n klein stuk grond 'n gesin deurlopend
kan onderhou, maar in Afrika met sy harde klimaatsomstandighede
is jy beter af met die kapitaliste en hulle vermoë om vooruit te
beplan, uit te voer en te belę vir die toekoms. Bestaansboere
gaan dood in droogtes, dis die natuur se manier om die
bevolking by die grond se vermoë aan te pas.

Hierdie berig is vars uit die oond, en moet asseblief nie op
die wit/swart aspek konsentreer nie, ek probeer net die harde
werklikheid van Afrika se klimaat op boerdery illustreer.

CHIKOMBA, Zimbabwe, March 26 (AFP) - Drought-stricken Zimbabwe
will have to endure "a very long year" until the harvest of April
2003, laments Kumbirai Chikwenengwe, standing in a field of withered
maize.
Throughout the drought-parched country, this year's crop will
hardly be worth the effort to reap.
Chikwenengwe's 35 hectares (87.5 acres) in Zimbabwe's central
Midlands Province have not soaked up a drop of rain since the
official start of the rainy season last November.
Chikwenengwe, originally from northwestern Mashonaland West
Province, was awarded his plot here under the government's
controversial land reforms launched in early 2000.
In October, he borrowed money so he could buy some seed and hire
a tractor to plow his fields.
But as the rains failed to come, Chikwenengwe, who is married
with five children, said: "My land is not life-giving. It has
brought me despair and hunger."
The highest plants are no taller than four-year-old Lennon, his
youngest.
Lennon's malnourishment shows in his bloated stomach and his
frequent vomiting of plain water.
His mother Felicias says he has had nothing but water the last
two days.
In Shona, the language of Zimbabwe's ethnic majority, "nzara"
means both drought and famine, because "we know that one is
provoking the other," Felicias said.
Hunger has forced some of the Chikwenengwe's neighbors to leave
their plots.
"We have nothing left," Chikwenengwe said. "We are waiting for
help from God or the government."
The UN World Food Program (WFP) says 558,000 people are at risk
of starvation in Zimbabwe, normally a regional breadbasket.
Farmers say this April's maize harvest will be minimal, after a
sharp reduction last year resulting from disruptions to commercial
farming under the land reforms.
From 2.4 million tonnes in 2000, when ruling party supporters
began invading white-owned farms, output fell to 800,000 tonnes last
year.
Zimbabwe's 12 million people consume between 1.8 million and two
million tonnes of maize per year, and the country normally exports
surplus grain.
Further south on inferior farmland long tilled by Zimbabwe's
majority blacks, between the dried-up Charandura and Gweru rivers,
the lifeless rocky plains stretch out as far as the eye can see.
The traditional earthen grain stores are empty, and maize meal
-- the staple food in the region -- is nowhere to be found.
At 57, Miriam Mushindibaba, a widow living in a round mud hut in
a village near Chemheke, is old beyond her years.
Weeping at the side of her failed maize crop, she said: "I have
never seen this before. Even during the 1992 drought, my maize gave
a few grains."
Her 32-year-old son Gabriel supports the family through the
traditional sculptures he carves.
"I won't be able to carry on like this for long," he said. "I
have a wife and children to feed. I won't be able to feed everyone
over the (coming) winter."
He said he was considering moving to neighboring South Africa
where he could work as a laborer.
For most poor peasants here, the land is their only source of
livelihood, and with the coming harvest a clear bust, they will have
to scratch out a living with nothing in their larders until the next
harvest comes around.
Villagers in nearby Chamakanda pooled enough funds together to
buy a sack of maize meal, the basis of the national dish, sadza.
A large platter was served up, and about 15 children descended
on it, polishing it off in no time.
They had eaten nothing but green peanuts for the past week.
"What will become of us if we cannot feed our children anymore?"
one mother asked.

@rogers.com

unread,
Mar 26, 2002, 3:04:25 PM3/26/02
to

Tobie wrote:


> nie eers te praat van die aksent wanneer hulle Engels probeer
> praat nie

> ek wens julle wil stomp raak virre slag, my maagspiere kannitie
> meer vattie :-)


Ja, my maagspiere ookie. Veral as ek
hoor hoe die boertjies praat van die
ander se aksente, en as mens hulle
hoor praat dat kan jy tot in Hong
Kong en Parys hoor dis 'n boertjie
wat praat. Ek luister nou die dag
selfs na Breyten Breytenbach se
Engelse aksent. Na al die jare in
die buiteland.
Dis mos ook nou die nuwe mode
onder sekere Afrikaners... om oor
die agtergeblewenes se aksente te
praat.

Gloudina

Danielle

unread,
Mar 26, 2002, 3:17:53 PM3/26/02
to
On Tue, 26 Mar 2002 21:00:48 +0200, "Tobie" <tmdv@isat_nospam.co.za>
wrote:

>Thysie innie bos sę:


> Maar ag ja jy was mos besig om die "leiers van môre" Afrikaans
>te leer. Nou weet ons ook sommer hoekom party van hulle so 'n snaakse aksent
>het as hulle Afrikaans probeer praat!

>En Oom Tobie antwoord so ewe:

>nie eers te praat van die aksent wanneer hulle Engels probeer
>praat nie. ek het destyds so hard probeer om te verstaan, maar my
>macaw praat baie duideliker, en dan het hy nie eers 'n
>luidspreker nodig nie, jy hoor hom tot innie onnerdorp
>ek wens julle wil stomp raak virre slag, my maagspiere kannitie
>meer vattie :-)

ROTFL! Hierdie was nou vir my ook baie snaaks. Rerig! Want wanneer
2 afrikaners sit en spot oor ander mense se aksente as hulle Engels
(of Afrikaans) praat, is rerig skreeusnaaks!
(Maar ek verstaan die frustrasie van nie kan verstaan nie, want ek
sukkel net so met die bleddie rednecks hier in die Suide!)
Maar op 'n ernstiger noot - aksente/dialekte is interessant, en is
nogal een van die aspekte van verskillende kultuurgroepe wat ek veral
baie geniet - om die verskil te kan hoor tussen (vir my 'n kras en
harde)New York aksent en byvoorbeeld New Orleans patois. En dan die
sielkrimpende Suidelike Aksente wat my teen die mure wil laat uitklim
teenoor die pragtige en sagte Engels (ekskuus - Amerikaans) wat
byvoorbeeld in die Seattle omgewing gepraat word. My ore kan ook
eenvoudig nie meer die Britse aksente hanteer nie - veral nie daardie
uitgerekte "drawn out cockney accent", nie.

Elkgeval - hallo - ek is terug! :-)

@rogers.com

unread,
Mar 26, 2002, 3:28:18 PM3/26/02
to

Danielle wrote:


My ore kan ook
> eenvoudig nie meer die Britse aksente hanteer nie


Ek stem met jou saam. Die nuusomroepers
veral het hierdie oordrewe Britse aksente.
As mens na die aksente uit die verskillende
countries van Engeland luister, is dit nogal
nie te sleg nie, en as mens na iemand uit
selfs Oxford en Cambridge luister, is dit
ook nie so erg nie. Maar as mens na die
nuusomroepers op Britse nuusprogramme luister,
kry ek werklik 'n pyn in die maag. Hoekom
klink hulle so?

Gloudina

@rogers.com

unread,
Mar 26, 2002, 3:38:37 PM3/26/02
to

Wouter Plaasvark wrote:


> Ek stem al die pad daarmee saam. Maar jy verstaan klaarblyklik
> nie dat dit niks hiermee uit te waai het nie. Hierdie gaan oor jou
> onbillike kritiek en die onproduktiewe en destruktiewe effek wat
> dit op veral redelike (maar ook onredelike) mense het.


Vertel my watter onbillike kritiek ek
produseer. As Frikkie my uitskel oor my
"kommunistiese" vriende, sal ek hom vertel
waar Dawid die wortels gegrawe het. As
Davie Davis bekommerd is oor hoe sy
belasting aangewend word, sal ek vir hom
wys waarop dit deesdae nie aangewend word
nie. As Kinky vir my vertel dat ek te
negatief is oor Suid-Afrika, dan sal ek
vir haar uitwys dat ek baie baie positief
is oor SA op die oomblik.

Gloudina

Wouter Plaasvark

unread,
Mar 26, 2002, 4:09:43 PM3/26/02
to
Wouter

> Ek stem al die pad daarmee saam. Maar jy verstaan klaarblyklik
> nie dat dit niks hiermee uit te waai het nie. Hierdie gaan oor jou
> onbillike kritiek en die onproduktiewe en destruktiewe effek wat
> dit op veral redelike (maar ook onredelike) mense het.

Gloudina


Vertel my watter onbillike kritiek ek
produseer.

Wouter
Ek sę jou nog aanmekaar, maar jy wil nie hoor nie
Hierdie was ongevraagde en onredelike kommentaar op 'n
positiewe inset, jy maak hier afleidings (toevallig verkeerd)
en maak dan beskuldigings wat volg uit jou verkeerde
afleidings en dit op 'n pleidooi om meer positief te wees oor SA!


"Ek neem aan jou pa was in 'n hospitaal
wat voorheen gereserveer is vir swart
mense. Ek neem aan daar is eintlik nou
nie meer in SA "swart hospitale" nie, of
is ek verkeerd? Ek neem aan dat omdat
dit voorheen 'n swart hospitaal was in
'n oorwegende swart area, die hospitaal
nie so modern as in die voorheen wit
gebiede was nie. Is dit die skuld van
die lokale bewoners wat nog selfs nou
met tweederangse hospitale tevrede moet
wees.
Soos ek jou brief lees, was jy bang
vir jou eie veiligheid en jou pa se
veiligheid. Maar niks laat my dink dat
daar iets slegs met julle gebeur het nie.
Tog merk ek 'n klaagtoon in jou brief. Nou
wil ek jou graag vra: hoekom is daar 'n
klaagtoon in jou skrywe?"

Ek is nou moeg om verder op hierdie trant met jou te stoei, jy
stel nie belang in die argument of billikheid nie, jy soek net
ontsnaproetes om uit jou verleentheid te kom. Daar is geen
ontsnaproetes nie


me & bobby magee

unread,
Mar 26, 2002, 4:47:43 PM3/26/02
to

<@rogers.com> wrote in message news:3CA0810B...@rogers.com...

> (1) hy dink half in Engels ('n geradbraakte
> Engels.)
> (2) Hy kan nie in Afrikaans spel nie.
> (3) Hy vloek aanmekaar
> (4) Hy maak kroniese seksuele verwysinge.
> (5) HY kan hom nie inhou nie, moet kronies
> van homoseksualisme praat.Die sielkundiges
> vertel ons hierdie soort mense het self
> 'n fasinering met die gay life style.
>

Wonder of hy en Frikkie dalk familie is? Ek sien definitiewe
ooreenkomste...


Danielle

unread,
Mar 26, 2002, 7:35:53 PM3/26/02
to
On Tue, 26 Mar 2002 20:28:18 GMT, "@rogers.com" <@rogers.com> wrote:

> Maar as mens na die
> nuusomroepers op Britse nuusprogramme luister,
> kry ek werklik 'n pyn in die maag. Hoekom
> klink hulle so?

Ek weet jy vra nie rerig vir my direk nie, want ek het natuurlik geen
idee nie! Maar dit is 'n interessante vraag. En is dit nie jou veld
nie?
Dit is seker soos sommige mense wat voel dit is nodig om hulle taal (
woordeskat en diksie) te wil moduleer na gelang van die sosiale
konteks? Soos 'n afrikaanse vriend van my wat dood gewoon afrikaans
sal praat, maar as hy op sy preekstoel staan, dan verander ALLES
omtrent hom - veral sy lyftaal en sy spreektaal.

Maar iets wat my rerig fassineer, is waarom verskillende kulture/mense
identiese woorde so verskillend uitspreek. Speel die vorm van die
skedel, of grootte van die mondholte of ander fisiese karaktertrekke
dalk 'n rol?
Ek het byvoorbeeld al opgehou probeer Frans praat, want my man spot my
te veel met my uitspraak. Daar is woorde wat ek werklik sukkel om
korrek uit te spreek. Ek blameer maar my gene...
:-)
Maar dat daar definitiewe spraakpatrone waargeneem kan word wat direk
geassosieer kan word met sosiale agtergrond, is ook waar. Dit kan
mens nogal veral waarneem hier in die Suide van Amerika.

Kinky

unread,
Mar 26, 2002, 11:53:54 PM3/26/02
to
Danielle <Stree...@hotmail.com> wrote in message >

> Elkgeval - hallo - ek is terug! :-)

KinkY: Welkom terug! Dit is lekker om jou weer hier rond te hę!
Hoop jy het n wonderlike tydjie weg gehad en lekker gerus!
:-)

Davie Davis

unread,
Mar 27, 2002, 12:23:14 AM3/27/02
to
On Tue, 26 Mar 2002 20:04:25 GMT, "@rogers.com" <@rogers.com> wrote:

>
>Tobie wrote:
>
>
>> nie eers te praat van die aksent wanneer hulle Engels probeer
>> praat nie
>> ek wens julle wil stomp raak virre slag, my maagspiere kannitie
>> meer vattie :-)
>
>
>
> Ja, my maagspiere ookie.
>

>Gloudina

Ja, ons lagspiere ookie, veral as ons hoor hoe jou man dit
goed geag het om homself engelsman te hou en heel trots
vir sę dat hy geen Afrikaans aksent meer het nie (en toe in
Afrikaans aangespreek word - deur die groenteverkoper of
so iets.) Dis waar ons agtergekom het dat oom Isak ook
maar soos jy is.
Vertel bietjie die nuwelinge op die groep daarvan toe want
daar is steeds mense soos 3skepe wat jou te hoog ag.

'n Bewonderaar

Davie Davis

unread,
Mar 27, 2002, 12:43:12 AM3/27/02
to
On Tue, 26 Mar 2002 19:35:53 -0500, Danielle <Stree...@hotmail.com>
wrote:

> Soos 'n afrikaanse vriend van my wat dood gewoon afrikaans
>sal praat, maar as hy op sy preekstoel staan, dan verander ALLES
>omtrent hom - veral sy lyftaal en sy spreektaal.

Dit is snaaks en eintlik komies né. Ek ken ook sulke gevalle. Wat
hiermee saamgaan is wat 'n joernalis eendag gesê het hoe Tutu begin
rolle speel en dramaties rondspring het na hy bekend geword het.


>
>Maar iets wat my rerig fassineer, is waarom verskillende kulture/mense
>identiese woorde so verskillend uitspreek. Speel die vorm van die
>skedel, of grootte van die mondholte of ander fisiese karaktertrekke
>dalk 'n rol?

Iets wat ek vreeslik interessant gevind het, is toe Ronel, wat saam
met my werk en van Springbok afkomstig is (baie ònlangs daarvandaan)
en Afrikaans praat soos enige ordentlike mens (werklik sonder 'n
aksent), 'n paar dae gelede telefonies met haar ma in Springbok gesels
in my teenwoordigheid.. Skielik het die vroumens 'n plat stupid
Namakwalandse aksent solank die gesprek geduur het. Net daarna was
haar taal met my weer heel ordentlik.
Wat ek nie aan gedink het nie en volgende keer wel sal doen, is om
haar iets te vra terwyl sy met haar ma praat. Om te hoor hoe sy tydens
die gesprek met my praat.

As julle afgelei het dat ek dink die Namakwalanders het 'n plat dom
aksent, ja julle is reg. Hulle aksent is selfs erger as dié van die
Kapenaars :-)


Sakkie

unread,
Mar 27, 2002, 1:09:22 AM3/27/02
to
Ons mors ons asem Wouter, Gloudina se woede teen wit Afrikaners strek vêr by
logika verby.

"Wouter Plaasvark" <plaa...@shotmail.com> wrote in message

news:3ca0c...@news1.mweb.co.za...


> Gloudina
> Al wat sal gebeur, is dat die "voorheen
> benadeeldes" (wat in alle geval die plase
> vir die wit base al hierdie honderde jare
> bewerk het) die grond sal gebruik vir hulle
> eie voordeel, en nie vir die voordeel van
> die uitvoermark en buitelandse valuta nie.
> Daar word nou alreeds stemme gehoor in die

> World Bank se geledere wat sê dat die vereistes


> dat ontwikkelende lande die noue fiskale
> vereistes van die World Bank moet volg om
> lenings te kry, een van die elemente is
> in die kroniese onvermoë om 'n gesonde
> "ekonomie" te ontwikkel. Dis tyd dat die
> lande van Afrika onafhanklik gemaak word
> van die ou wit omies wat agter lessenaars
> sit en vir hulle vertel hoe hulle moet
> ontwikkel.
>
> Wouter
> Dit klink vir my al te veel na ideologiese wensdenkery, Gloudina
> Maak hulle los van die finansieringsinstansies en hou op om uit
> te voer en jy het 'n bestaansboerdery. Wat jy vanjaar produseer,
> eet jy vanjaar, want jy kan nie produseer vir die hoër pryse wat

> jy met uiytvoere kan verdien om geld te belê vir die maer jare nie.


>
> Bestaansboerdery werk as 'n klein stuk grond 'n gesin deurlopend
> kan onderhou, maar in Afrika met sy harde klimaatsomstandighede
> is jy beter af met die kapitaliste en hulle vermoë om vooruit te

> beplan, uit te voer en te belê vir die toekoms. Bestaansboere

Sakkie

unread,
Mar 27, 2002, 1:37:54 AM3/27/02
to

"Davie Davis" <D...@ve.com> wrote in message
news:d7m2au4o93sv3t3jm...@4ax.com...

>
> As julle afgelei het dat ek dink die Namakwalanders het 'n plat dom
> aksent, ja julle is reg. Hulle aksent is selfs erger as dié van die
> Kapenaars :-)
>

Ek ken moeilikheid soek as ek dit sien :-)))))


Suidwester

unread,
Mar 27, 2002, 1:59:34 AM3/27/02
to
Tanta Gloudina,
Mens kan net solank sit en lees die drek wat jy kwytraak in hierdie ng oor
die politiek en dis duidelik dat jy 'n gebrek aan ervaring het van wat die
realiteite van Afrika is. Jyself sê jou pa het in 'n mooi huis gewoon en
sy werker in 'n krot.....wie se skuld was dit? Jou eie pappie-goed wat 'n
aartheidsvark was? As hy sy werker dan soveel gerespekteer het, hoekom het
hy nie vir hom ordentlike behuising gegee nie?
Verder, as jy van die politiek kan vergeet, dis jou tyd vir 'n lessie in
die realiteite van Afrika. Ons bly in Namibië en sal ek vir jou 'n skok
gee? Maak nie saak of jy swart, wit, bruin, piek of geel soos julle
weghollers is nie, om 'n stuk grond te vat en daarop te gaan boer en 'n
positiewe bydrae te maak tot die land se ekonomie [mooi stadig vir jou
beteken dit om meer te produseer as wat jy kan opvreet], moet jy ten eerste
amper 'n miljoen hê net om 'n EKONOMIESE eenheid te kan koop wat in ons land
ten minste 5 500 hektaar is. Dan het jy net die grond en 'n moerse lot
skuld! Om te begin boer, sal jy ten minste nog so 'n ½miljoen kapitaal
nodig hê want jy gaan ver van die dorp af wees, water sal jy voor moet boor
[hoe klink R100 000 per boorgat vir jou want water hier by ons is maklik oor
die 300 voet diep?]. Die naaste winkel of garage van jou af is maklik
70km plus. Elke stukkie brandstof, onderdele, lek, medisyne moet aangery
word.
Saam met die 'Tinpot' diktator Mugabe, skrou ou Sam Nujoma ook oor
plaasbesettings, maar gelukkig koop hulle darem nog grond op van boere wat
nie meer wil nie. Dan deel hulle dit in 1000 hektaar eenhede op......vir
mense om op te plak want daar is geen manier wat jy op 1000ha in ons land 'n
sinvolle bestaan kan maak nie.
Die 'bottom line' is, ou Antie, dat al gee jy vir my 'n plaas present,
sal ek dit nie vat nie want ek is nie 'n boer nie en dis 'n vinnige manier
om 'n billike fortuin gou 'n klein fortuintjie te maak! En net so as 'n
stertjie, duidelik weet jy nie so lekker van die lande van Suider-Afrika se
geskiedenis nie, want dan sou jy nie gesê het van die swart volke wat van
hulle gronde af verdryf is nie. Hoe ver wil jy dit terugvat. Die San was
eerste, toe kom van die ander swart volkere.....die een oorwin en vat die
ander se grond. Ek neem aan jy is bereid om jul eiendom in Kanada te skenk
vir die Indiane of wat ook al eerste daar was? Dis 'n stront argument en
sal altyd een wees! Ek weet nie van EEN boer wat sy plaas verniet gekry
het nie. Hulle moes maar koop. Net so weet ek nie van een blanke in ons
land wat verniet huise gekry het nie......hulle moes dit koop.
Ek dink ids tyd dat JY die apartheidspook waarvoor jy weggehol het
besweer en begin realisties dink......maar dan is dit seker nie maklik om te
erken jy is 'n lafaard nie?
<@rogers.com> wrote in message news:3C9E5B78...@rogers.com...
>
> Frikkie Potgieter wrote:
>
>
> > Kyk net wat maak "gloudina" se broers daar in zim.....
>
> Frikkie, niks wat nou in Zimbabwe gebeur,
> kan enigsins opweeg teen wat jou apartheids-
> varke in SA gedoen het nie. Dis wat Dawie
> van die Burger ook nou die dag uitgewys het.
> Julle witgesmeerde apartheidsvark-graftes
> kan nou maar ook julle bekke hou oor Zimbabwe.
> Dis mos julle nuwe manier om julle verlede
> weg te steek.
>
>
> Gloudina
>


Wouter Plaasvark

unread,
Mar 27, 2002, 2:38:29 AM3/27/02
to
Davie

Iets wat ek vreeslik interessant gevind het, is toe Ronel, wat saam
met my werk en van Springbok afkomstig is (baie ònlangs daarvandaan)
en Afrikaans praat soos enige ordentlike mens (werklik sonder 'n
aksent), 'n paar dae gelede telefonies met haar ma in Springbok gesels
in my teenwoordigheid.. Skielik het die vroumens 'n plat stupid
Namakwalandse aksent solank die gesprek geduur het. Net daarna was
haar taal met my weer heel ordentlik.

Wouter
As sy nie met daardie aksent praat nie, klink sy vir hulle soos die
BBC-nuuslesers vir die Noord-Amerikaners klink. Hovaardig,
neus-in-die-lug en aansitterig. Jy sal vir hulle heelwat erger klink
met jou Tronsvôlse aksent.

Ek het nie geweet jy is 'n chauvinis ook nie, Davie. Daardie woordjie
"vroumens" sê baie...


Wouter Plaasvark

unread,
Mar 27, 2002, 2:41:15 AM3/27/02
to
Davie Davis

> As julle afgelei het dat ek dink die Namakwalanders het 'n plat dom
> aksent, ja julle is reg. Hulle aksent is selfs erger as dié van die
> Kapenaars :-)

Sakkie


Ek ken moeilikheid soek as ek dit sien :-)))))

Wouter
Nee wat, ons vat dit van wie dit kom....
Dus geen probleem nie

Almal weet tog Afrikaans het in die Boland ontstaan. Enige persoon
wat dus anders as die Kapenaars praat, praat met 'n aksent. Ware
Kapenaars het gaan aksent nie :-)

Lou

unread,
Mar 27, 2002, 4:56:55 AM3/27/02
to

"@rogers.com" wrote:
>
> Lou wrote:
>
> > "@rogers.com" wrote:
> >
> >> Ek
> >> dink jy behoort op te hou om smalend te praat
> >> oor "agtergeblewenes."
> >>
> >
> > Dit is 'n amptelike regerings term wat 'n baie dokumente en wette
> > voorkom - hoekom praat jy nie met die regering daaroor nie?
>
> O. Is dit amptelike regerings-beleid
> om SMALEND van "agtergeblewenes" te
> praat? Jissie, dit klink amper soos die
> kandidate vir die Konserwatiewe party
> se leierskap hier in Ontario, wat
> "homelessness" onwettig wou verklaar.
>
> Gloudina

Nee stupit ek praat van die term - dit is egter 'amptelik regerings
beleid' om smalend van voorheen bevoordeeldes - dis nou mense soos ek en
jy want ons velle is wit - te praat. Dit is egter 'n blanket term - soos
'n kief net - dit spaar niks nie.

Davie Davis

unread,
Mar 27, 2002, 7:00:38 AM3/27/02
to

Danielle se raaiskoot:


Maar iets wat my rerig fassineer, is waarom verskillende kulture/mense

identiese woorde so verskillend uitspreek. Speel die grootte van die
skedel, of vorm van die mondholte of ander fisiese karaktertrekke
dalk 'n rol?
>

en Davie se verontskuldiging:
Uh Uh, nie ék wat moeilikheid soek nie Sakkie, kyk mooi hie raai
Danielle dat dit te doen het met die kleiner skedels van die
Kapenaars. :-)))

Sakkie

unread,
Mar 27, 2002, 8:13:38 AM3/27/02
to

"Davie Davis" <davie...@emaiil.com> wrote in message
news:pqc3au8nuq78365hl...@4ax.com...

Nei man Dirrie, dis nerrie vie vootanne wat samtaaims missieng is


@rogers.com

unread,
Mar 27, 2002, 8:19:12 AM3/27/02
to

Davie Davis wrote:


> Ja, ons lagspiere ookie, veral as ons hoor hoe jou man dit
> goed geag het om homself engelsman te hou en heel trots
> vir sę dat hy geen Afrikaans aksent meer het nie (en toe in
> Afrikaans aangespreek word - deur die groenteverkoper of
> so iets.) Dis waar ons agtergekom het dat oom Isak ook
> maar soos jy is.
> Vertel bietjie die nuwelinge op die groep daarvan toe want
> daar is steeds mense soos 3skepe wat jou te hoog ag.


Wel, die verskil tussen my en Oom
Izak is natuurlik dat ek baie trots
is op my oulike Suid-Afrikaanse
aksent, en Oom Izak gehoop het dat
niemand meer in sy stem 'n Afrikaanse
aksent kon hoor nie. Jy moet onthou
Oom Izak was hier teen 1976 so bloedig
kwaad vir die klomp apartheidsvarke
dat hy nie meer Afrikaans wou praat nie,
en gehoop het dat die Kubane die klomp
skorremorrie uit die Unie-geboue
gaan skop.
Die storie oor die vrugteverkoper
op die Londonse straat? Daar was blyk-
baar 'n bruinman wat SA perskes en ander
vrugte verkoop, en nadat hy vir my man
hoor praat, vir hom in Afrikaans aanspreek.
Dit was hier aan die einde van die
sewentigerjare en Oom Izak was nog in sy
wil-nie-Afrikaans-praat-fase, en toe maak
hy maar of hy die man nie verstaan nie.
Die storie word tot sy skande vertel. Hy
praat nou lustig Afrikaans, elke keer as
hy die kans kry. (Wat natuurlik nie te
dikwels is nie, laaste keer nog met Antjie
Krog.)

Gloudina

Sakkie

unread,
Mar 27, 2002, 8:19:18 AM3/27/02
to

"Wouter Plaasvark" <plaa...@shotmail.com> wrote in message
news:3ca17...@news1.mweb.co.za...

Ek wonder as 'n ou na die fonetiese uitspraak gaan kyk watter gebied die
naaste aan die waarheid sal kom. Ek het so 'n idee dat ons Trônsvôler
maatjies dalk 'n verrassing kan kry.


@rogers.com

unread,
Mar 27, 2002, 8:44:59 AM3/27/02
to

Suidwester wrote:

'n gebrek aan ervaring het van wat die

> realiteite van Afrika is. Jyself sę jou pa het in 'n mooi huis gewoon en


> sy werker in 'n krot.....wie se skuld was dit? Jou eie pappie-goed wat 'n
> aartheidsvark was? As hy sy werker dan soveel gerespekteer het, hoekom het
> hy nie vir hom ordentlike behuising gegee nie?

Die werker hét in die enigste "ordentlike"
behuising gebly wat deur die N.G. Kerk se
reëls vir behuising op die kerk-gekontrolleerde
besproeiingskema toegelaat was. Baie van die
bruinmense het verkies om op die erwe te
bly in pondokkies, maar dit was teen die reëls
van die kerkowerhede. Daar teen die barre
heuwels, omtrent twee myl van die "wit"
gedeelte van Marchand, het die gekleurdes
dus gebly. Hierdie mense se ouers en groot-
ouers was meestal Nama wat oorspronklik op
van daardie eilande gebly het. Die NG Kerk
se ou wit omies was dan een van die eerste
instansies waar apartheid toegepas was en
nie-blanke mense "verwyder" is van waar hulle
eers gebly het. Tot die skande van die ou
wit omies. Insluitende my pa, wat op 'n keer
een van die twee boere was wat op "Die
Hoofkommissie" gedien het en as gevolg daarvan
die Sinodes moes bywoon in dié kapasiteit.
Maar die oumense was so gekondisioneer
om hierdie skeiding van die rasse as die wet
van die Mede en die Perse te sien. Eenkeer het
my ma gesę sy vind dit so erg dat sy nie vir
"Griet," die wasaia en haar goeie vriendin, 'n
stoel kon aanbied as hulle land en sand aanmekaar
praat op die agterste veranda nie. Toe ek vir my
ma vra hoekom sy haar nie 'n stoel aanbied nie,
toe sę sy "wat sal die bure daarvan sę."

Gloudina

@rogers.com

unread,
Mar 27, 2002, 8:56:06 AM3/27/02
to

Suidwester wrote:

> Verder, as jy van die politiek kan vergeet, dis jou tyd vir 'n lessie in
> die realiteite van Afrika. Ons bly in Namibië en sal ek vir jou 'n skok
> gee? Maak nie saak of jy swart, wit, bruin, piek of geel soos julle
> weghollers is nie, om 'n stuk grond te vat en daarop te gaan boer en 'n
> positiewe bydrae te maak tot die land se ekonomie [mooi stadig vir jou
> beteken dit om meer te produseer as wat jy kan opvreet], moet jy ten eerste
> amper 'n miljoen hê net om 'n EKONOMIESE eenheid te kan koop wat in ons land
> ten minste 5 500 hektaar is. Dan het jy net die grond en 'n moerse lot
> skuld!


Dit mag vir jou 'n skok wees, maar hier in
Noord-Amerika weet ons baie van op plase
boer en hoe die hoë kostes van boer vir
omtrent elke boer diep in die skuld jaag
elke keer as die pryse sleg is en die
oes skraal is. Dit is natuurlik omdat die
boere, net soos enige boer in SA, onder
die dwang is van die vereistes van die
wêreldmarkte. Baie mense praat van die
"death of the family farm" as 'n voldonge
feit, maar die regerings kan nie tot die
stap oorgaan en ophou subsidies betaal nie,
dus gaan biljoene dollars van belasting om
hierdie family farms in stand te hou. En nog
is dit nie genoeg nie. Dis daarom dat Willie
Nelson en sy "Farm Aid" konserte elke keer
geld bymekaar moet maak om family farmers van
bankrotskap te red.
In die ou dae in SA, met volop swart
hulp, was die wit boere op die wit plase seker
nog 'n betalende onderneming. Ek neem aan op
die oomblik is family farms in SA ook maar in
die pekel. Ek het egter een skoondogter wie se
familie nog lustig voortboer op 'n plaas in
Ficksburg in die Vrystaat, en hulle klink nie
of hulle in die moeilikheid is nie.

Gloudina

@rogers.com

unread,
Mar 27, 2002, 9:09:21 AM3/27/02
to

Suidwester wrote:

Hoe ver wil jy dit terugvat. Die San was
> eerste, toe kom van die ander swart volkere.....die een oorwin en vat die
> ander se grond. Ek neem aan jy is bereid om jul eiendom in Kanada te skenk
> vir die Indiane of wat ook al eerste daar was? Dis 'n stront argument en
> sal altyd een wees!


Kom ons vat dit maar net omtrent twee eeue
terug. Tot by 1802. En sien waar meeste van
jou voorsate gesit het. Of in Europa of in
die Boland, neem ek aan.
Ek dink jy is baie onkundig oor wat op die
oomblik in Kanada gebeur. Daar word op groot
skaal met die Eerste Nasies onderhandel
om land terug te gee onder die bestuur van die
Eerste Nasies in daardie gevalle waar dit kan
bewys word dat die Eerste Nasies nie self die
grond "verkoop" het en "treaties" gemaak het met
die Franse en Britse setlaars uit Europa nie.
As ek op so 'n stuk grond sit, sal ek móét
verskuif of anders onder die kontrole van die
betrokke Eerste Nasie moet kom. Ek sal geen
opsie hę nie.
Dit neem egter nie weg van die feit dat
Kanada, net soos die VSA en Meksiko, nog onder
die effektiewe kontrole is van ou wit omies
(en hier en daar tannies) wie se voorvaders
oorspronklik uit Europa gekom het nie. Die
swernoters het oral ingestap en geplak, nč?

Gloudina

Sakkie

unread,
Mar 27, 2002, 9:35:48 AM3/27/02
to

<@rogers.com> wrote in message news:3CA1CFAA...@rogers.com...

>
> Suidwester wrote:
>
> > Verder, as jy van die politiek kan vergeet, dis jou tyd vir 'n
lessie in
> > die realiteite van Afrika. Ons bly in Namibië en sal ek vir jou 'n
skok
> > gee? Maak nie saak of jy swart, wit, bruin, piek of geel soos julle
> > weghollers is nie, om 'n stuk grond te vat en daarop te gaan boer en 'n
> > positiewe bydrae te maak tot die land se ekonomie [mooi stadig vir jou
> > beteken dit om meer te produseer as wat jy kan opvreet], moet jy ten
eerste
> > amper 'n miljoen hê net om 'n EKONOMIESE eenheid te kan koop wat in ons
land
> > ten minste 5 500 hektaar is. Dan het jy net die grond en 'n moerse lot
> > skuld!
>
>
> Ek het egter een skoondogter wie se
> familie nog lustig voortboer op 'n plaas in
> Ficksburg in die Vrystaat, en hulle klink nie
> of hulle in die moeilikheid is nie.
>
> Gloudina
>

Tannie G, dit is presies die punt wat ons almal probeer maak. As jy weet
wat jy doen, en jy het 'n gevestigde plaas wat groot genoeg is om ekonomies
te bedryf, en jy weet hoe om te beplan om droogtes en oorstrominge te
oorleef, en die finasieële instansies het genoeg vertroue in jou om jou uit
te help wanneer dinge nou regtig broekskeur gaan, dan kan jy boer, en dan
kan jy jou land van kos voorsien. Daar is nog heelwat ander krities
belangrike fondamente waarop 'n gesonde boerdery gevestig is, en as jy
daardie fondasie nie het nie, gebeur wat nou in Zimbabwe gebeur en wat in
die nie-so-vêr-in-die-toekoms Suid-Afrika kan gebeur as ons regering nie
versigtig is nie en as ons voorheen benadeeldes nie net geduldiger gaan wees
nie, maar ook na landbouskole toe gaan waar hulle geleer kan word dat dit
nie net gaan oor grondbesit nie.


Sakkie

unread,
Mar 27, 2002, 9:46:25 AM3/27/02
to

<@rogers.com> wrote in message news:3CA1D2C1...@rogers.com...

Ek weet nie hoekom dit hulle spesifiek nou swernoters maak nie. Miskien
omdat hulle wit was? Geskiedenis vertel ons dat dit is hoe dinge gedoen
was. Swart, wit, rooi, geel, dit maak nie saak na watter nasie jy na kyk
nie, dit is hoe dit gewerk het. Daarmee sę ek nie dat dit reg was nie, ek
sę net dat jou kommentaar dat die witmense nou swernoters was onregverdig
is.

@rogers.com

unread,
Mar 27, 2002, 10:57:43 AM3/27/02
to

Sakkie wrote:

>> Die
>> swernoters het oral ingestap en geplak, nč?
>>
>>Gloudina
>>
>
> Ek weet nie hoekom dit hulle spesifiek nou swernoters maak nie. Miskien
> omdat hulle wit was? Geskiedenis vertel ons dat dit is hoe dinge gedoen
> was. Swart, wit, rooi, geel, dit maak nie saak na watter nasie jy na kyk
> nie, dit is hoe dit gewerk het. Daarmee sę ek nie dat dit reg was nie, ek
> sę net dat jou kommentaar dat die witmense nou swernoters was onregverdig
> is.

Kan jy nie sarkasme verstaan nie?

Deur die eeue het verskillende groepe
ander mense se lewensruim op 'n groot
skaal binnegegaan en gemaak of dit hulle
s'n is. Soos byvoorbeeld die Romeine.
En die Grieke voor hulle wat tot in
Afghanistan gevorder het. En so omtrent
'n duisend jaar gelede die Moslem invalle
vanuit die Middelooste.
Maar op die skaal van dinge, was die uittog
van Europeërs uit Europa in die laaste vyf
of ses eeue een van die grootste. En die
wereld is op die oomblik besig om hulle los
te maak van die dwingelandy wat daardie
Europese "plakkers" op hulle afgedwing het.
Dis een van die dinge wat die haat teen die
"Amerikaners" inspireer in die breine van
Moslem terroriste. Of hulle nou reg of verkeerd
is, is 'n ander vraag.

Gloudina

@rogers.com

unread,
Mar 27, 2002, 11:09:05 AM3/27/02
to
Sakkie wrote:


> Tannie G, dit is presies die punt wat ons almal probeer maak. As jy weet
> wat jy doen, en jy het 'n gevestigde plaas wat groot genoeg is om ekonomies
> te bedryf, en jy weet hoe om te beplan om droogtes en oorstrominge te
> oorleef, en die finasieële instansies het genoeg vertroue in jou om jou uit
> te help wanneer dinge nou regtig broekskeur gaan, dan kan jy boer, en dan
> kan jy jou land van kos voorsien. Daar is nog heelwat ander krities
> belangrike fondamente waarop 'n gesonde boerdery gevestig is, en as jy
> daardie fondasie nie het nie, gebeur wat nou in Zimbabwe gebeur en wat in
> die nie-so-vêr-in-die-toekoms Suid-Afrika kan gebeur as ons regering nie
> versigtig is nie en as ons voorheen benadeeldes nie net geduldiger gaan wees
> nie, maar ook na landbouskole toe gaan waar hulle geleer kan word dat dit
> nie net gaan oor grondbesit nie.

Ja, op die oog af is alles waar. Maar subtiel
argumenteer jy dus vir die status quo, dit wil
sê, jy neem aan omdat die wit mense al die
know how het, moet hulle maar gelos word om
op die plase voort te boer.
En selfs onder die huidige regering is die
deck gestack teen swart boere. My skoondogter
vertel dat 'n tante van haar in die besigheid
is om "wit" plase te vind om aan die regering
te verkoop, sodat hulle swart boere daarop kan
vestig. (Haar tante maak glo 'n stywe kommissie
daaruit.) Maar my skoondogter sê die arme swart
boere moet dit dan op sekere voorwaardes van die
regering koop, en skuld die regering dan op die
lang duur geld wat hulle nooit kan hoop om af te
betaal nie.
My skoondogter se mense is al meer as 'n eeu
en 'n half op dieselfde grond in die Vrystaat. Jy
kan seker daarvan wees dat daardie mense daardie
grond beset het nadat van die Voortrekkers in die
Vrystaat teen die lokale stamme geveg het en die
grond van hulle afgevat het. Hierdie storie dat
al die "witmense" hulle plase met geld gekoop het,
is ook sommer net 'n half-waarheid. My een oupa het
sy grond in die Kakamas-besproeiingsskema gekry
bloot deur te help om die bome van die eiland
uit te grawe, en deur te help om die kanale vir
die besproeiings-skema te grawe. Hy het nie 'n
pennie daarvoor betaal nie.

Gloudina

Davie Davis

unread,
Mar 27, 2002, 1:20:18 PM3/27/02
to
On Wed, 27 Mar 2002 09:38:29 +0200, "Wouter Plaasvark"
<plaa...@shotmail.com> wrote:


>
>Wouter
>As sy nie met daardie aksent praat nie, klink sy vir hulle soos die
>BBC-nuuslesers vir die Noord-Amerikaners klink. Hovaardig,
>neus-in-die-lug en aansitterig. Jy sal vir hulle heelwat erger klink
>met jou Tronsvôlse aksent.

Dit klink snaaks maar ek dink jy's reg


>
>Ek het nie geweet jy is 'n chauvinis ook nie, Davie. Daardie woordjie
>"vroumens" sê baie...
>
>

Nee Wouter, wat jy in daardie woord 'vroumens' lees, lees jy verkeerd.
Die vroumense saam met wie ek werk, en spesifiek die wat onder my
hand is waaronder 'n persoonlike asssistent en 'n telefoniste, weet
baie goed dat 'vroumens' vreeslik maklik 'n komplimenterende woord
kan wees. Iets soos "Vroumens, jy was vandag goud werd. Die blommetjie
is 'n klein dankie_sê."


Davie Davis

unread,
Mar 27, 2002, 1:20:17 PM3/27/02
to
On Wed, 27 Mar 2002 15:13:38 +0200, "Sakkie" <sakkie@toti> wrote:


>
>Nei man Dirrie, dis nerrie vie vootanne wat samtaaims missieng is
>

Maybe 'tissie time om biekie 'n paar dae vannie geselsskap
weg te bly en sodoende my eigene voortanne te spaar:-)))

Danielle

unread,
Mar 27, 2002, 2:03:42 PM3/27/02
to
On 26 Mar 2002 20:53:54 -0800, kin...@hotmail.com (Kinky) wrote:

>KinkY: Welkom terug! Dit is lekker om jou weer hier rond te hê!

>Hoop jy het n wonderlike tydjie weg gehad en lekker gerus!
>:-)

Dankie Kinky. :-) Ja, dit was wonderlik om weer bekende plekke te
kon gaan opsoek en die koffiereuk wat so vasslaan teen jou as jy van
die vliegtuig afklim, ens.
My man was so gaaf om spesiaal 'n stukkie wat op TV was oor Kaapstad
te "tape". Ek het dit sopas klaar gekyk. Dit was 'n episode van een
van hierdie realiteits programme, en die ouens moes na Kaapstad toe
vlieg en dan sekere dinge daar doen. Ek kon my oë nie glo toe ek sien
hoe dinge verander het nie. Nog mooier as ooit, maar die kontras
tussen arm en ryk slaan mens nogal hard tussen die oë. En ek het my
doodgegril vir 'n ou omie wat een van die deelnemers amper wou soen
toe sy vir hom vra vir 'n donasie. In sy gebroke Engels sê hy toe vir
haar :"we don't speak english", maar hy probeer darem nog 'n soen
inkry - eeeeughy! Dit het my nogal laat terugdink aan my ervaringe as
kind ook - daai slop soene van party mense. Eeeuw....
Ek het toe ook geleer wat 'n "smiley" is...grootter EEEEUW!!!

Maar Lanzerac is nog net so mooi, en ek was heel verbaas om die
ferries te sien. Destyds moes ons met so ou boot oorvaar na Robbin
eiland, nou is hulle heel fênsie daar, hoor! :-)
Maar ai, daardie blou blou lug is iets wat ek darem baie mis. Bobby,
my man sê dat daar by julle is die lug ook so pragtig skerp blou.
Elkgeval...laat ek ophou babbel. :-)

Terloops, waar is Annette? Ek sien haar nêrens nie!

Danielle

unread,
Mar 27, 2002, 2:13:12 PM3/27/02
to

>Dit is snaaks en eintlik komies né.

Nè!! :-)))

>ken ook sulke gevalle. Wat
>hiermee saamgaan is wat 'n joernalis eendag gesê het hoe Tutu begin
>rolle speel en dramaties rondspring het na hy bekend geword het.

Hey, oppas nou. Los vir Tutu uit. :-)

>Iets wat ek vreeslik interessant gevind het, is toe Ronel, wat saam
>met my werk en van Springbok afkomstig is (baie ònlangs daarvandaan)
>en Afrikaans praat soos enige ordentlike mens (werklik sonder 'n
>aksent), 'n paar dae gelede telefonies met haar ma in Springbok gesels
>in my teenwoordigheid.. Skielik het die vroumens 'n plat stupid
>Namakwalandse aksent solank die gesprek geduur het. Net daarna was
>haar taal met my weer heel ordentlik.
>Wat ek nie aan gedink het nie en volgende keer wel sal doen, is om
>haar iets te vra terwyl sy met haar ma praat. Om te hoor hoe sy tydens
>die gesprek met my praat.

Hehehehe...ja, ek kan ook baie stories wat soortgelyk is vertel. En
weet jy wat die snaakste van alles is, is dat dit hier in die Suide
presies dieselfde is. Dank vader daarvoor, want anders sou ek NOOIT
'n enkele woord kon verstaan nie! :-))

>As julle afgelei het dat ek dink die Namakwalanders het 'n plat dom
>aksent, ja julle is reg. Hulle aksent is selfs erger as dié van die
>Kapenaars :-)

Ooo, maar djy soek mos nou!! :-))
Terloops, dink jy daar is so groot variasie van aksente (nie dialekte
nie) in die Transvaal, ook? Ons los maar die Vrystaar en Natal (ons
weet mos hulle is net daar om...er...never mind)
:-)))


Danielle

unread,
Mar 27, 2002, 2:34:15 PM3/27/02
to
On Wed, 27 Mar 2002 09:38:29 +0200, "Wouter Plaasvark"
<plaa...@shotmail.com> wrote:

>Ek het nie geweet jy is 'n chauvinis ook nie, Davie. Daardie woordjie

>"vroumens" sę baie...

So gepraat van chauviniste....ek het nog 'n appeltjie te skil met 'n
sekere vark op 'n ander groep ook. Noudat jy my herinner...:->

Danielle

unread,
Mar 27, 2002, 2:36:33 PM3/27/02
to
On Wed, 27 Mar 2002 09:41:15 +0200, "Wouter Plaasvark"
<plaa...@shotmail.com> wrote:

>Almal weet tog Afrikaans het in die Boland ontstaan. Enige persoon
>wat dus anders as die Kapenaars praat, praat met 'n aksent. Ware
>Kapenaars het gaan aksent nie :-)

Ek stem!! :-) Ek is seker dan ook 'n ware Kapenaar, want ek het ook
geen aksent nie! Ek HET NIE HOOR!! <mumbles en mutters>
:-)

Danielle

unread,
Mar 27, 2002, 2:44:33 PM3/27/02
to
On Wed, 27 Mar 2002 14:00:38 +0200, Davie Davis
<davie...@emaiil.com> wrote:

>en Davie se verontskuldiging:
>Uh Uh, nie ék wat moeilikheid soek nie Sakkie, kyk mooi hie raai
>Danielle dat dit te doen het met die kleiner skedels van die
>Kapenaars. :-)))

LOL! Ag sies man!! Moenie jy nou OOK begin om woorde uit konteks te
haal en aan te haal as "bewyse" nie!! :-))
Maar jy is reg - Kapenaars het nie groot koppe nie. Hulle het nie
nodig om te "bewys" hulle is beter nie. Hulle is net...
:-))

Danielle

unread,
Mar 27, 2002, 2:47:09 PM3/27/02
to
On Wed, 27 Mar 2002 15:19:18 +0200, "Sakkie" <sakkie@toti> wrote:


>Ek wonder as 'n ou na die fonetiese uitspraak gaan kyk watter gebied die
>naaste aan die waarheid sal kom. Ek het so 'n idee dat ons Trônsvôler
>maatjies dalk 'n verrassing kan kry.

Sê gou vir my - is die die Namakwalanders wat praat van "hom se" as
hulle byvoorbeeld na 'n vroulike persoon verwys?


Danielle

unread,
Mar 27, 2002, 2:49:36 PM3/27/02
to
On Wed, 27 Mar 2002 20:20:18 +0200, Davie Davis <D...@ve.com> wrote:


>Nee Wouter, wat jy in daardie woord 'vroumens' lees, lees jy verkeerd.
>Die vroumense saam met wie ek werk, en spesifiek die wat onder my
>hand is waaronder 'n persoonlike asssistent en 'n telefoniste, weet
>baie goed dat 'vroumens' vreeslik maklik 'n komplimenterende woord
>kan wees. Iets soos "Vroumens, jy was vandag goud werd. Die blommetjie

>is 'n klein dankie_sę."

Jy is besig om jouself dieper en dieper in die sop te praat. Bly
eerder tjoepstil vrind!! :-))
Jy skyt op din ys...
:-)))

Veldmuis

unread,
Mar 27, 2002, 2:45:46 PM3/27/02
to
On Wed, 27 Mar 2002 14:34:15 -0500, Danielle <Stree...@hotmail.com>
wrote:

>On Wed, 27 Mar 2002 09:38:29 +0200, "Wouter Plaasvark"
><plaa...@shotmail.com> wrote:
>
>>Ek het nie geweet jy is 'n chauvinis ook nie, Davie. Daardie woordjie

>>"vroumens" sê baie...


>
>So gepraat van chauviniste....ek het nog 'n appeltjie te skil met 'n
>sekere vark op 'n ander groep ook. Noudat jy my herinner...:->

Sjjtt Danielle, hy stap steeds somtyds heel ongenooid hier in.
Laat slapende varke met rus.

Veldmuis

ns.
wat my pla is die woord 'ook' wat jy sê:-)


Streepmuis

unread,
Mar 27, 2002, 3:07:51 PM3/27/02
to
On Wed, 27 Mar 2002 21:45:46 +0200, Veldmuis <D...@ve.com> wrote:


>>So gepraat van chauviniste....ek het nog 'n appeltjie te skil met 'n
>>sekere vark op 'n ander groep ook. Noudat jy my herinner...:->
>
>Sjjtt Danielle, hy stap steeds somtyds heel ongenooid hier in.
>Laat slapende varke met rus.
>
>Veldmuis
>
>ns.

>wat my pla is die woord 'ook' wat jy sę:-)

LOL! Hallo muisgenoot. :-))
Jaaaa....daai Danielle was altyd in SA as 'n erge feminis beskou.
(Nie dat sy is of was nie, dis net dat die ou omies het altyd so
gedink). :-)
Moet tog net asseblief NOOIT na jou vrou verwys as "mammie" nie - daar
is nog so paar ander dinge ook wat haar sommer laat rooi sien.
Vroumens is okay hoor mansmens. Maar "meisie" is nie okay nie!
:-)
<fluister> Ken jy vir Benico?
:-)))

Veldmuis

unread,
Mar 27, 2002, 3:03:57 PM3/27/02
to
On Wed, 27 Mar 2002 14:13:12 -0500, Danielle <Stree...@hotmail.com>
wrote:

>
>Ooo, maar djy soek mos nou!! :-))
>Terloops, dink jy daar is so groot variasie van aksente (nie dialekte
>nie) in die Transvaal, ook? Ons los maar die Vrystaar en Natal (ons
>weet mos hulle is net daar om...er...never mind)
>:-)))
>

Nie regtig nie Danielle, want soos jy weet het Afrikaans miskien wel
in die Boland ontstaan maar tot sy reg gekom in die Transvaal; waar
dit gebou en ontwikkel is van die prehistoriese Afrikaans (wat steeds
in die Kaap en Namakwaland gepraat word) tot die moderne stylvolle
kommunikasiemiddel wat dit tans is. ;-)))

Davie Davis

unread,
Mar 27, 2002, 3:09:32 PM3/27/02
to
On Wed, 27 Mar 2002 14:49:36 -0500, Danielle <Stree...@hotmail.com>
wrote:

>
>Jy is besig om jouself dieper en dieper in die sop te praat. Bly
>eerder tjoepstil vrind!! :-))
>Jy skyt op din ys...
>:-)))


My woorde aan Sakkie (bietjie hoėr op) blyk waar te wees:

Veldmuis

unread,
Mar 27, 2002, 3:30:07 PM3/27/02
to
On Wed, 27 Mar 2002 15:07:51 -0500, Streepmuis
<Stree...@hotmail.com> wrote:


>:-)
><fluister> Ken jy vir Benico?
>:-)))

Sjjjt... wie's hy vroumens?
Jy het pos... by beide jou
adresse:-)

Een van die muise

Wouter Plaasvark

unread,
Mar 27, 2002, 3:23:35 PM3/27/02
to
Wouter

>Ek het nie geweet jy is 'n chauvinis ook nie, Davie. Daardie woordjie
>"vroumens" sę baie...

Danielle


So gepraat van chauviniste....ek het nog 'n appeltjie te skil met 'n
sekere vark op 'n ander groep ook. Noudat jy my herinner...:->

Wouter
Nou maar gee hom gas, Danielle :-) Gee hom gas.


Wouter Plaasvark

unread,
Mar 27, 2002, 3:45:44 PM3/27/02
to
>Ek het nie geweet jy is 'n chauvinis ook nie, Davie. Daardie woordjie
>"vroumens" sę baie...

Davie


>Nee Wouter, wat jy in daardie woord 'vroumens' lees, lees jy verkeerd.
>Die vroumense saam met wie ek werk, en spesifiek die wat onder my
>hand is waaronder 'n persoonlike asssistent en 'n telefoniste, weet
>baie goed dat 'vroumens' vreeslik maklik 'n komplimenterende woord
>kan wees. Iets soos "Vroumens, jy was vandag goud werd. Die blommetjie
>is 'n klein dankie_sę."

Danielle


Jy is besig om jouself dieper en dieper in die sop te praat. Bly
eerder tjoepstil vrind!! :-)) Jy skyt op din ys... :-)))

Wouter
Ek wou eers sę dat aanspreekvorme soos "juffrou", "mevrou",
"mens" of selfs "vrou" baie beter as "vroumens" werk wanneer jy
komplimente uitdeel, maar na Danielle se verduideliking sę ek
liewers net in goeie Kaaps : "I rest my case, djou onner" :-)

me & bobby magee

unread,
Mar 27, 2002, 4:52:16 PM3/27/02
to

"Danielle" <Stree...@hotmail.com> wrote in message
news:8k44au09mv0vdc1g9...@4ax.com...

>Bobby,
> my man sê dat daar by julle is die lug ook so pragtig skerp blou.

Ja-nee, Suster, die skerp blou lug is vreeslik opmerklik hier. Veral
deesdae - dit is maar hengs droog, glo weer die begin van El Nino, en ons
sukkel nog steeds met 30+ grade C en 70%+ humiditeit. Soms, net soms, kry
ons drie duim reën, soos gisteraand - dis nou drie duim uit mekaar uit, die
druppeltjies...

Maar nou ja, vandag sluit die skole vir 'n paar dae, dit is die eerste
wedren van die seisoen vir ons, dus is dinge aan die verbeter.

Groetnis van Onder


Swart Simon

unread,
Mar 27, 2002, 7:10:44 PM3/27/02
to
"Wouter Plaasvark" <plaa...@shotmail.com> wrote in message
news:3ca05...@news1.mweb.co.za...

> Wouter
> Waar het jy die klaagtoon gesien, Gloudina? Ek
> ervaar haar vertelling eerder as 'n positiewe realisme.
>
> En jou aanname dat die hospitaal tweederangs is,
> sal waarskynlik verkeerd wees as dit 'n stedelike
> hospitaal is, die ou sogenaamde swart hospitale het
> meesal uitstekende fasiliteite gehad. Die probleem
> was histories eerder by die aantal en toeganklikheid
> van die "swart" hospitale en soms by die gehalte
> van die personeel, laasgenoemde is waarskynlik
> minder van 'n probleem vandag.
>
> Jou beskuldigende vraag "Is dit die skuld van die
> lokale bewoners wat nog selfs nou met tweederangse
> hospitale tevrede moet wees" is waarskynlik misplaas
> en is die tipe reaksie waarna Kinky verwys as sy vra
> hoekom jy so negatief oor SA oorkom, selfs wanneer
> jy nie die feite aan jou kant het nie.


Nee wat.

Wat eintlik gebeur het is dat Kinky 'n emosionele kaart gespeel het om 'n
punt te score in 'n argument wat oor politiek gaan. Ek aanvaar dat sy dit
waarskynlik nie doelbewus gedoen het nie. Sy het my volle simpatie met haar
pa se siekte. Maar sy moet dit tog maar uit argumente hou wat oor iets heel
anders gaan.

Swart Simon


It is loading more messages.
0 new messages