Die jakkals met die rooi krans om sy nek
brag onheil na my deur, want toe hy skrou
op sewe myl distansie dat net ek
sy woord kon hoor, toe weet ek dis oor jou,
Hermanus, wat daar iewers tussen klip
jou moeë burgers sonder dat jul weet
met hoogson 'n gebied laat binneglip
waar mausers reglê vir die aanvalskreet.
Toe waak en bid die hele Rehoboth
dat God oorvat, toe sien ons hoe die Maandag
glip van die voorvoet van die hotnosgod
en tussen Duisman en die son stofslaan,
en toe die dag blind word, skiet jul hot-om
toe weet ons dat ons bloed heel huis toe kom.
Wie was / is Ronnie Belcher?
Jy weet seker dat hierdie in Namibia afspeel.
Bees
<@rogers.com> wrote in message news:3E8869A1...@rogers.com...
> Baie interresant. Wie was Hermanus? Wat is die Duisman?
>
> Wie was / is Ronnie Belcher?
>
> Jy weet seker dat hierdie in Namibia afspeel.
Ek weet nie presies wie Hermanus is nie,
maar hy was seker een van die kapteins van
die Rehoboth-basters.
Die woord "Duisman" word al van vroeg af
gebruik om die "wit man" aan te dui. Ek sien
dat die English South African Dictionary die
oorsprong as "unknown" aandui, maar dit is tog
seker afkomstig van "Dutchman"?
Sover ek weet, is Ronnie Belcher woonagtig in
die Boland, en help hy boeke uitgee. Weet iemand
iets meer van hom?
Gloudina
Elaine
E
"Elaine" <evd...@hotmail.com> wrote in message
news:3e8a1...@news1.mweb.co.za...
Gloudina
Sover ek weet, is Ronnie Belcher woonagtig in
die Boland, en help hy boeke uitgee. Weet iemand
iets meer van hom?
Wouter
Sover ek weet, was Prof Ronnie Belcher aan onder andere die
Universiteit van Stellenbosch verbonde en het hy na sy aftrede
op 'n plaas naby Stellenbosch gewoon. Maar ek wil onthou
dat die plaashuis afgebrand het, waar hy nou woon is ek nie
seker nie, maar ek vermoed dis steeds in Stellenbosch.
Hy het ook 'n privaat kollege begin.
Hy kom uit 'n Engelse Kaapse gesin, maar het Afrikaans gedoseer
en nagevors. Sy doktorsgraad was oor sonnetvorme. Hy is ook die
enigste blanke ere-Griekwa in die land.
Of hy boeke uitgee weet ek nie, maar hy skryf nog gedigte.
Soos jy elders noem is hy bekend vir sy sonnette.
"Suidwester" <ock...@mweb.com.na> wrote in message
news:3e8a8...@news1.mweb.co.za...
> Of hy boeke uitgee weet ek nie, maar hy skryf nog gedigte.
> Soos jy elders noem is hy bekend vir sy sonnette.
Ek het eenkeer, ek dink in Litnet, gelees
waar iemand vra hoekom Belcher een van sy
bundels self uitgegee het, aangesien hy tog
seker maklik 'n ander uitgewer kon kry. Daarna
het ek opgemerk dat 'n hele paar nuwe bundels
uitgegee is deur hom (met die woord Suider
erens in die naam.) Miskien moet jy bietjie
verder navors.
Gloudina
> Definitief het dit in Duits-SWA afgespeel met die draai van die vorige eeu
> en dit trek op die Basters se laaste groot geveg met die Duitsers.....dis
> waarvoor die Duisman staan [julle dink aan Duusman vanuit die Kaap].
> Hermanus van Wyk was die volksvader van die Basters.
Baie dankie vir jou informasie. Ek wens jy
wil meer van hierdie soort geskiedenis van
Namibiė gee.
Gloudina
Gloudina
Ek het eenkeer, ek dink in Litnet, gelees
waar iemand vra hoekom Belcher een van sy
bundels self uitgegee het, aangesien hy tog
seker maklik 'n ander uitgewer kon kry. Daarna
het ek opgemerk dat 'n hele paar nuwe bundels
uitgegee is deur hom (met die woord Suider
erens in die naam.) Miskien moet jy bietjie
verder navors.
Wouter
Ek is op Oudtshoorn en sal nie nou navors nie, maar die Kollege wat hy
gestig het is Suider Kollege of so iets. Hulle gee dan duidelik ook boeke
uit, jou inligting klink reg.