Google Groups no longer supports new Usenet posts or subscriptions. Historical content remains viewable.
Dismiss

Ingrid Jonker - Lied van die lappop.

110 views
Skip to first unread message

Tinkerbell

unread,
Nov 16, 2001, 2:41:09 AM11/16/01
to
INGRID JONKER

uit Versamelde Werke (Perskor 1975)

ONTVLUGTING (1956)
vir Abr. H. Jonker

LIED VAN DIE LAPPOP

Ek is die lappop wat nie praat
en maak net op jou liefde staat

Saans lę ek blind en stil en doof
en lig nie meer my semel-hoof

My hande roer nie en my lyf
word met jou weggaan koud en styf

Sonder jou hulp kan ek nie loop:
jy het my sommerso gekoop

en sal my nog een Guy Fawkes-nag
goedmoeds verbrand en daaroor lag.

Ek is die lappop sonder gees
My pyn jou luid gevierde fees.

0 new messages