Google Groups no longer supports new Usenet posts or subscriptions. Historical content remains viewable.
Dismiss

briefie vir oom kaspaas

1 view
Skip to first unread message

hen...@my-dejanews.com

unread,
Jan 12, 1999, 3:00:00 AM1/12/99
to
hallo oorle oom kaspaas,

danksy die genade is ons lewendig trug van die see af. weet oom hoe ver
is die see van sanien af. vir al as 'n mens se pa by lê soentoe verby ry
om te kyk of hy nog brand. my pa sê hy wil ons 'n krismis fielieng gee
dis hoekom hy by plekke soos vrede en betlehem vir by ry. ek hoop oom weet
dis waar die liewe here gebore is, maar ek het niemand gesien wat op 'n
donkie ry nie. net teksies wat ok gaan kyk of lê soentoe nog brand.

my ouma was ook by die see. my ander oupa het haar gaan oplaai by die te
oue huis op robbert son. toe val sy oor die kaste drank wat sy vir my pa
moes saam neem. toe kerm sy vir dae in ons ore oor haar heep wat seer is.
tot my pa dit later nie meer kan hou nie toe vat hy haar hospetaal toe.
toe sê die kiekie haar heep is af, toe moet sy 'n yster heep kry. nou is
sy bang om vir by 'n mag neet te loop. die dokter sê ons famielie breek
hille bene oor drank.

die see was vir my baie lekker, want my oom het 'n jet skie gehad waarmee
ons gery het. ma' hy laaik dit om ons af te gooi. toe wil hy my pa ook
afgooi ma' hy klou so vas lat my oom saam af val. my pa sê my oom het nie
gedink hy kan so klou nie. my oom sê hyt nie gedink my pa se pens se momentim
is so groot nie.

vir my pa was die see nie so lekker nie. hy moes my ouma hospetaal toe vat.
my oom het hom afgegooi met die jet skie. die meisies loop nie meer top lus
nie. ek het al die vis gevang en hy kon niks vang nie. toe ry hy nog 'n dyk
in ons kar teen 'n trantaal vas. hyt darrim genoeg wyn gehad om te syp en
daar was genoeg dol fyne om hom te vir maak.

koebaai oom kaspaas, moenie oom se bene breek oor drank nie.

hennerietjie

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

Leendert van Oostrum

unread,
Jan 18, 1999, 3:00:00 AM1/18/99
to

hen...@my-dejanews.com wrote in message

>my pa sę hy wil ons 'n krismis fielieng gee


>dis hoekom hy by plekke soos vrede en betlehem vir by ry.

Die poskantoor het 'n posadres vir die jaarlikse Kersvaderpos geskep: Posbus
2512 Bethlehem.

Groete, Leendert

Doedie Nel

unread,
Jan 22, 1999, 3:00:00 AM1/22/99
to

Leendert van Oostrum wrote:


Ek hoor Betlehem is in Israel want hulle kon nie drie wyse manne in die Vrystaat
kry nie. Is dit waar?

Liefies

Doedie


hen...@my-dejanews.com

unread,
Jan 23, 1999, 3:00:00 AM1/23/99
to
hallo oom kaspaas

hierdie is miskien die laaste keer dat ek skryf. my pa sê hier is
anties op die nies groep wat goed skryf wat ons kinders nie mag lees
nie. hy sê hille stier lelike kiekies van hille self ok. dit klink my
dis soos daai van die kannie bale wat mekaar lewendig vreet soos hotnos
gotte wat ek oom laas van virtel het. my pa sê daar oor mag ek nie meer
die nies groep lees nie. hy sê 'n mens weet nie watse onhyl nog gaan
yt broei nie.

ek weet nie wat ek dan na skool gaan maak nie. hie op tsanien weet ons
nie meer hoe die son lyk nie want dit reen te veel. meer as vier honnert
millie meter in desember en vir janne warie al meer as twee honnert. ons
kry nie kans om byte te speel nie. die oorle fanie botha dam sal seker
enige dag begint oor loop.

van al die reens het ons kriepie krollie vir syp toe ons by die see was.
my pa moes die oom van rousies lat kom om asem in die kriepie se pype te
blaas. my pa se bonzaais is nie meer bonzaais van al die reens nie. pety
lyk soos daai groot boom wat my pa vir ons op nysna gaan wys het. dis nou
die wat nie soos die kriepie gevrek het van al die water nie. tjester die
bokser hoef nou nie meer oor die hyning te klim om hulle op te vreet nie
want hille het deer die hyning gegroei. nou help hy my pa om hille weer
bonzaais te kry.

my pa sê ook oorle oom noag moet bly wees lat hy nie op tsanien gebly het
nie want hy sou nooit al daai diere betyds in sy skip gekry het soos wat
dit nou reen nie. dalk sou hy 'n a kwarie jim van sy skip kon maak.

koebaai oom kaspaas, my pa sê oom moet vir daai antie se diens vir skaffer
lat weet wat se kiekies sy stier dan sal hille haar toe maak. hy dink nie
sy is by emweb nie, want dan sou die kiekie nie by oom yt gekom het nie.

igs.net

unread,
Jan 24, 1999, 3:00:00 AM1/24/99
to
hen...@my-dejanews.com writes:

> hallo oom kaspaas

> van al die reens het ons kriepie krollie vir syp toe ons by die see was.
> my pa moes die oom van rousies lat kom om asem in die kriepie se pype te
> blaas.

Hennerietjie, ek is so bly jy is terug
van die see. Ek het gedink jou pa het
besluit om jou daar agter te laat.
Ek kan nie verstaan wat 'n "kriepie
krollie" is nie. Hier by ons is hulle
goggas. In Kwazulu het ons hulle
tsongalolos of soiets genoem. Maar dit
klink nie of jou kriepie krollie 'n
gogga is nie. Verduidelik tog.

Piggy

bi...@mgenerations.net

unread,
Jan 24, 1999, 3:00:00 AM1/24/99
to
In article <78e2vn$pt1$1...@news.igs.net>,
<@igs.net> wrote:
> hen...@my-dejanews.com writes:

Ek kan nie verstaan wat 'n "kriepie
> krollie" is nie. Hier by ons is hulle
> goggas. In Kwazulu het ons hulle
> tsongalolos of soiets genoem. Maar dit
> klink nie of jou kriepie krollie 'n
> gogga is nie. Verduidelik tog.
>
> Piggy


Oom Kaspaas kan jou seker beter inlig as wat ek kan maar n creepy
crawly is n gedoente wat die swembad bewegend skoon filtreer. Die
beweging gee dus die naam van iets wat kruip.

Billy.

0 new messages