Google Groups no longer supports new Usenet posts or subscriptions. Historical content remains viewable.
Dismiss

" Plaashek " deur UYS KRIGE

166 views
Skip to first unread message

@rogers.com

unread,
Apr 17, 2004, 3:47:51 PM4/17/04
to
Uys Krige
Plaashek
Bloedrooi die aalwyn langs
die slingerpad.
Dis of daar vonke uit
elk vuurpyl spat.
Maar niks, niks roer nie . net
'n luggie wat
skrams aan die ritselende
grassate vat.

Daarbo die blou, blou lug,
daaronder die rivier
wat deur die boorde kronkel met
'n groene swier.
Niks stoor die yle swewende
bergstilte hier.

Ná al die jare maak ek weer
'n plaashek oop.
Waar het my paaie
tog nie geloop
om my hier by 'n hek te bring
van al my waan gestroop,
maar met my denke helder
en in my hart die hoop?

Die hek staan in die skad'wee van
'n kremetart.
Die stilte in my's volkome met
niks troebels, niks verward.
Ek lig die knip . Ek maak
'n hek oop in my hart.


Koot

unread,
Apr 20, 2004, 2:16:10 AM4/20/04
to
Mooi mooi.

"@rogers.com" <bou...@rogers.com> wrote in message
news:HRfgc.952$Mzw...@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com...

Michel Martens

unread,
Apr 20, 2004, 5:54:44 PM4/20/04
to
Koot schreef op Tue, 20 Apr 2004 08:16:10 +0200 in de nieuwsgroep
soc.culture.south-africa.afrikaans

>Mooi mooi.

Heel zeker!

>
>"@rogers.com" <bou...@rogers.com> wrote in message
>news:HRfgc.952$Mzw...@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com...
>> Uys Krige
>> Plaashek
>> Bloedrooi die aalwyn langs


Kan iemand mij vertellen wat 'aalwyn' precies betekent?
Een plant, een boom?

Dank.


--
Groeten,
Michel.

Elaine

unread,
Apr 20, 2004, 8:40:17 PM4/20/04
to
'n Aalwyn is 'n plant met sulke vet "blare". Die sap van die aalwyn word
gebruik as tipe "medisyne", vir enigiets van purgasie tot verkoue. Dis
ongelooflik bitter, maar baie mense sweer hoog en laag dit werk.

E

Elaine

unread,
Apr 20, 2004, 8:47:11 PM4/20/04
to
As dit help, die Engels vir Aalwyn is Aloe.

@rogers.com

unread,
Apr 20, 2004, 8:51:09 PM4/20/04
to

"Michel Martens" skryf

> Kan iemand mij vertellen wat 'aalwyn' precies betekent?
> Een plant, een boom?

Die Engels vir aalwyn is "aloe."
Aalwyne kom in alle grootes. Daar is baie klein
aalwyntjies, en dan is daar reuse boomaalwyne,
groter as 'n volwasse man.
My geliefkoosde aalwyne was 'n tipe wat in
die Noordkaap gegroei het. Hulle het van
binne af doodgegaan en het dus na baie
jare 'n sirkel van gesonde plante gemaak,
met niks in die middel : die perfekte plek
om huis-huis in te speel in die veld.

Gloudina


Michel Martens

unread,
Apr 21, 2004, 7:28:30 AM4/21/04
to

over 'aalwyn'

Elaine en Gloudina, dank voor de toelichting. Het is nu helemaal
duidelijk.
--
Groeten,
Michel.

0 new messages