my vrou se naam is Yolande
sy is 'n vrou
klein en getrou
maar getrain
haar hare is swart
haar oė mispelbruin
haar neusie is plat
en haar mond 'n rooiborsie
gestol in die vlug
agter haar tande
hang die vleesklok van 'n vreemde land
Yolande Yolande gee my jou hande
ek het jou getrou
jy is my vrou
- en al julle vraatsige oė, Here, kakkerlak
vir spek en boontjies oor my landkaart
as julle verwag, onnosele age, dom donders
dat ons my vrou vir julle slag en rangskik
in die beddens van julle verbeelding
dis ons twee wat lag -
(my vrou en ek)
om af te rond:
haar ore is dus kerke
haar hande is soos wyn
haar voete is meesterwerke
roosblaar en klein konyn
sy dra vyf tone aan elke voet
worsies spek en bloed
van die beste in die land
my Yolande
hier kom sy nou
my Vrou
Het jy ´n tikfout gemaak (ape) of is dit "age"? Wat is age?
Max____________________________
"@rogers.com" <bou...@rogers.com> wrote in message
news:KeqDc.542832$Ar.3...@twister01.bloor.is.net.cable.rogers.com...
> Het jy ´n tikfout gemaak (ape) of is dit "age"? Wat is age?
Nee, dis die meervoud van " aag " wat in Afrikaans
meestal gebruik word in sy verkleinwoord-vorm
"nuuskierige agie." Die woordeboek verklaar "agie"
as in Engels "Paul Pry, Miss Curiosity, inquisitive person."
Gloudina
De oorsprong ligt waarschijnlijk bij de Nederlandse uitdrukking
'nieuwsgierig Aagje' wat nieuwsgierig kind betekent. 'Aagje' is een
meisjesnaam (verkleinvorm van Agatha) en de uitdrukking komt van Aagje
van Enkhuizen, de hoofdpersoon uit een verhaal van de Amsterdammer Jan
Soet uit 1675.
--
Groeten,
Michel.
>De oorsprong ligt waarschijnlijk bij de Nederlandse uitdrukking
>'nieuwsgierig Aagje' wat nieuwsgierig kind betekent. 'Aagje' is een
>meisjesnaam (verkleinvorm van Agatha) en de uitdrukking komt van Aagje
>van Enkhuizen, de hoofdpersoon uit een verhaal van de Amsterdammer Jan
>Soet uit 1675.
Dankie, Michel. Dit was baie interessant. EK het nogal altyd
gewonder oor daardie en baie ander sogenaamde "unieke" Afrikaanse
uitdrukkings.