Ai dis so sleg om sulke goed te lees, en mens staan eindelik magteloos want
dit lyk asof ons seuns en dogters net vererger in verbeteringskole. Het ons
nie 'n vroulike ekwivalent vir "Boys Town" nie? As ons het, het die ma nie
die welsyn se toestemming nodig om haar meisiekind daar te plaas nie.
Elaine
"Paul Van Straaten" <dexter...@lantic.net> wrote in message
news:at9d30$10u$1...@ctb-nnrp2.saix.net...
"Paul Van Straaten" <dexter...@lantic.net> wrote in message
news:at9d30$10u$1...@ctb-nnrp2.saix.net...
Annette
"Paul Van Straaten" <dexter...@lantic.net> wrote in message
news:at9d30$10u$1...@ctb-nnrp2.saix.net...
"Elaine" <evd...@hotmail.com> wrote in message
news:3df85...@news1.mweb.co.za...
"Paul Van Straaten" <dexter...@lantic.net> wrote in message
news:at9u0g$8e3$1...@ctb-nnrp2.saix.net...
Paul. ek het nou self met Me Visser gepraat - en sy het my geredelik haar
direkteur se nommer gegee - so as daar te klae is, doen dit daar. Hy is Dr
Engelbrecht by 012 - 322 8885.
Me Visser kon nie met my bevestig of die ma al by die dept van maatskaplike
dienste aangeklop het nie.
Ek stel voor dat die ma gaan sit en neerskryf wat die kind alles gedoen het
vandat sy onbeheerbaar geword het en 'n afskrif vir haarself hou. Dit sal
baie tyd spaar om die storie oor en oor te vertel, en dit verseker ook dat
alles gemeld word.
Annette
"Paul Van Straaten" <dexter...@lantic.net> wrote in message
news:at9u0g$8e3$1...@ctb-nnrp2.saix.net...
Ja die ouers was so in die dertigs, en die moeder het dit nie breed nie.Sy
werk haar oorhoeks om vir haar twee kinders te gee terwyl dit heel anders
deur die welsyn werker voorgestel word!
Buiten dit, gaan dit vir my oor die maatskaplike werker wat nie haar werk
doen nie.Die kind is 'n potensiele gevaar vir haarself en die feit dat sy in
haar "kwaad" gesterk is deur 'n maatskaplike werker wat vir my heel onbevoeg
lyk om te doen presies dit waarvoor sy geleer het.Sy het die kind die hele
tyd vol gif gepomp deur vir haar te se dat sy sal nie weg gestuur word
nie...
en nou dat dit 'n werklikheid geword het,draai sy haar rug en was haar hande
in onskuld soos Pilatus dit gedoen het!
Sy het basies vanoggend op mev.Young gegil...en dit het
geklink of sy half histeries was.Is dit hoe 'n professioneel opgeleide mens
te kere gaan?
Sy doen niks wat die wet vereis van haar nie.Sy is per slot van sake die
persoon wat diegene wat die dogter versteek
moet laat arresteer...dis ook so uitgespel deur die maatskaplike werker by
die Van Rijn-Plek vir veiligheid,
waar die kind weg geloop het.Verlede jaar het presies dieselfde gebeur!
Mev.Young is bekommerd oor die welstand van haar kind en almal wat
klaarblyklik moet help en belangstel...wil dit afskuif op die volgende
persoon.
As ek dinge so bekyk lyk dit vir my of Marlene Visser die wet buig om haar
te pas...en sy kom weg daarmee.Geen
mens met selfrespek sal die kind laat begaan dat sy doen op aarde net wat sy
wil nie.
Feit is:Hierdie Marlene Visser doen nie haar werk nie,maar sy word betaal om
dit te doen...en dan verdraai sy die waarheid sodat dit haar reg kan bewys!
Is dit geregverdigd teenoor die kind?
Is dit regverdig teenoor die moeder, wat met uiters min bestaans middele
probeer hulp soek het by hierdie Marlene-vrou?
"Annette" <ann...@ctnet.co.za> wrote in message
news:ata2fg$1207ok$1...@ID-92016.news.dfncis.de...
As ek jou verhaaltjie so lees, is ek ook geneig om te dink dat jou
vriendin die vark in die verhaal is... Sy't kak drooggemaak in die
opvoeding van haar kind en mev Visser is nou 'n lekker pispaaltjie vir
haar.
Basta. Die feit dat sy nie onderhoud gekry het nie, is sad vir haar.
Só ook dat sy ingeloop is deur haar ex. Sy's nie die enigste vrou wat
só tenagekom is nie.
Haar kind skreeu ten hemele vir aandag, en sy soek die fout by mev
Visser...
Dis wel belangrik om die ouderdom van die kind te weet, want
verskillende ouderdomme sal mens verskillend aanpak. Ek neem aan sy's
al redelik groot. Sy behoort dus te verstaan as haar Ma nie vir haar
alles wat mooi is kan koop nie.
Die feit dat haar Ma en haar Pa haar weggegooi het, laat my hart bloei
vir haar. Sę vir jou vriendin om haar sokkies op te trek, bloed is
dikker as water...
As jy die kind se ouderdom laat weet sal jy beter voorstelle kry...
Max________________________________________________
"Paul Van Straaten" <dexter...@lantic.net> wrote in message news:<at9d30$10u$1...@ctb-nnrp2.saix.net>...
Kla die kind se ouers aan!
Hoekom moet die belastingbetaler opdok vir mense wie nie na hulle eie
broeisels kan kyk nie. Mev Visser het baie belangriker werk om te
doen.
Max Visser_______________________________________
"Annette" <ann...@ctnet.co.za> wrote in message news:<at9pm9$11227g$1...@ID-92016.news.dfncis.de>...
Annette
"Max" <maxiebu...@yahoo.com> wrote in message
news:e720f1c7.02121...@posting.google.com...
Annette
"Paul Van Straaten" <dexter...@lantic.net> wrote in message
news:ata7a7$bsg$1...@ctb-nnrp2.saix.net...
"Paul Van Straaten" <dexter...@lantic.net> wrote in message
news:ataest$en8$1...@ctb-nnrp2.saix.net...
> Gee die oplossings soos 'n volwasse mens,dan dra ek dit aan haar oor!
Ek dink, du Plessis, dat jy vir die vrou moet
sę dat sy haar moet "divorce" van hierdie dogter
van haar, en vir haarself en haar gesondheid sorg.
Ek dink die sosiale werker moet in kennis gestel
word dat hierdie dogter nou uitsluitlik haar probleem
is, en 'n kopie van die brief moet gehou word, sodat
die moeder kan bewys dat sy haar plig gedoen het.
Ek neem aan die vrou is lid van 'n kerk. Sy, of jy,
behoort die geval onder die aandag van die kerk te
bring, en miskien kan hulle iets daaromtrent doen.
Maar om nou die gif van haat en nyd teenoor die
sosiale werkster by die mengsel van emosies te voeg
waaronder die moeder alreeds gebuk gaan, sal haar
gesondheid net nog meer benadeel. En jou eie vete
teen die sosiale werkster is heeltemal onvanpas op
hierdie nuusgroep, veral as jy werklike name en
werklike telefoonnommers noem.
Tant Hessie Visser
>
>Paul Van Straaten wrote:
>
>
>
> En jou eie vete
> teen die sosiale werkster is heeltemal onvanpas op
> hierdie nuusgroep, veral as jy werklike name en
> werklike telefoonnommers noem.
>
>Tant Hessie Visser
>
>
Tant Hessie Visser, jy't nie nodig gehad om te vis vir name
en kontaknommers nie. Ek't dit met opset bygevoeg met die
hoop dat iemand sal sê, ôkay, sy nou net van my gehoor wat
ek van haar dink. Maar jy Hester Bester, sal dit mos nie doen
nie né? So my moete is vir die vissers (die wat sonder vrug hengel)
DD
E
"Annette" <ann...@ctnet.co.za> wrote in message
news:at9pmc$11227g$2...@ID-92016.news.dfncis.de...
Ten eerste het die betrokke twee dames volgens my,beide
probleme het.
Mev.Young werk hard en lang ure.Sy probeer haar bes,hoewel dit nie waardeer
word deur die dogter nie.Sy is nie 'n baie gesonde mens nie.Die kinders se
pa wil niks met hulle te doen he nie.
Die moeder is nie instaat om die probleme vir haar dogter op te los
nie...dus vra sy hulp!
Die plekke waar die moeder die hulp gevra het is nie baie behulpsaam nie.
Dan...Marlene Visser is 'n baie jong dame en die kind draai haar om haar
pinkie.Daar is bewyse dat die maatskaplike werker die kind glo...mev.Young
is verkeerd!Die ander twee gesinne wat opgetree het as pleeg-ouers...is
verkeerd!
Die koshuis waar die kind was is verkeerd!
Toe mev.Young die maatskaplike werker ingelig het dat die kind dwelms
gebruik,is dit afgeskiet as 'n leuen!
Vir twee jaar is dit so afgeskiet.Toe die laaste pleegma
die kind vat vir toetse, is dit bewys dat sy dwelms gebruik.
Mev.Young het nie die middele tot haar beskikking om
die hulp te kry wat die kind benodig nie, daarom dat sy hulp gevra het!
Waarom vra enige mens om hulp?
Is dit nie omdat jy dit benodig nie?
As sy finansieel in die posissie was sou sy betaal het om haar dogter te
help.Maar sy is nie.
Verder het ek gehoop dat daar iemand is wat 'n privaat
maatskaplike werker sou kon aanbeveel om met hierdie probleem te help.Juis
daarom dat ek die prentjie duidelik
gestel...oor die gebeurde die afgelope twee jaar!
Vir my is dit belangrik om die ma en die kind te help om die nodige
resultate te verkry.
<@rogers.com> wrote in message news:3DF8DA12...@rogers.com...
Ek sou nie weet nie. Ek ken haar nie. Miskien het sy oorkompenseer vir
die feit dat die Pa die kinders afgeskryf het, deur té sag te wees met
die kinders. Miskien wou sy nie ook die kinders seermaak nie, en het
hulle té veel vryheid gegee. Kyk bietjie krities na haar huishouding,
miskien kan jy self sien waar sy foutgegaan het...
Geen kind (veral nie iemand wat nog in haar adolosente (sp?) jare is
nie) wíl dissipline hę nie. Maar 'n ouer móét dit afdwing.
Iemand van 14 het genoeg verstand om te verstaan as haar Ma rustig met
haar praat. Vir haar verduidelik dat sy dit nie breed het nie. Liefde
kos niks. Geen kind sal, as haar Ma haar oorspoel met liefde, haar Ma
so verwerp nie.
'n Kind van daai ouderdom moet nog 'n tyd hę wat sy verplig word om te
gaan slaap. Op te staan, skool toe te gaan, haar huiswerk te doen.
Hierdie kind het, as jy mý vra, geen idee van dissipline nie.
> Watter aandag soek sy as sy weg loop en met gemors meng en dagga rook?
Die aandag wat sy NIE kry nie. Ek ken Ma nie, maar ek's byna seker dat
sy die meisie graag afkraak. Alleen maar afkraak. Prys die kind 'n
bietjie - sy moet tog één goeie eienskap hę. Sę vir haar hoe trots jy
op haar is. Sę vir haar hoe spyt jy is oor hoe suur die verhouding
tussen die twee geword het.
'n Ma behoort tog bietjie kaffersielkunde (sorry Gloudina) te kan
toepas. Sy's tog seker baie slimmer as 'n kind van 14!
> Wanneer het haar ma haar weg gegooi?
Wanneer het haar Ma haar omarm met liefde?
> Haar ma werk om 'n huis te kan bekostig!
Fok die huis. Bly in een kamer, maar gee jou kind prioriteit nommer
een!
> Haar ma was dodelik siek met hart probleme ensomeer, dan het sy weg geraak
> en sommer 'n naweek gaan spandeer saam met 'n klomp volwasse vriende en
> ouens oor die 20!
Ek bly sien van al Ma se probleme. Miskien moet Ma bietjie minder op
haarself fokus. Sy klink vir my ontsettend egosentries.
'n Ma moet tog die gesag hę om 'n stokkie voor verkeerde vriendskappe
te steek.
> Dis maklik om klippe te gooi en die ma te kritiseer...
Net so maklik as wat dit vir Ma is om dogter te kritiseer...
> Die ma is die enigste wat probeer hulp kry het vir die kind...en word sy
> gestenig deur diegene by wie sy die hulp gaan soek het.
Miskien is dit dan tyd om hulp vir haarself te soek. Ek bedoel dit
baie ernstig. Het sy al vrede gemaak met die slegte hand wat die lewe
haar gedeel het?
> Die ma se onder bene is amper so dik soos my bo been...
> raai wat , nie van vet nie maar van water!
Wat het dit met die kind te doen?
> Die vreeslike ma het karre opgepas om vir haar kinders kos te kon gee vanaf
> 8-uur die oggend tot somtyds 2 uur die volgende oggend!Is dit 'n slegte ma?
Dis 'n goeie werker, dit sę NIKS van goeie of slegte Ma nie.
> Ag nee my vriend vergewis jou van die probleme...nadat die pa rond gehoer
> het en sy vrou hom onderhou het met haar "bedel-geld".
Die enigste wat ek van die saak weet is wat jy hier vertel. Ek besef
dus dat ek nie regtig goeie raad kan gee nie. Ek klink miskien asof ek
nou al my vuur op die Tannie wil spoeg, sy klink nie na 'n slegte mens
nie (inteendeel), maar dit klink tog of daar bietjie leiding in haar
opvoeding nodig is. Jy sę niks van die tweede kind nie. Hoe's dit dat
net één met probleme sit?
Hoe was die vrou se verhouding met haar eie Ma?
> Die slegte ma het geen vervoer nie omdat haar man haar met absoluut niks
> gelos het.Die slegte ma het met 'n swart taxi gery Edenvale toe om vir die
> goeie ou dogtertjie te gaan kuier!Die slegte ma le nou al hoeveel nagte om
> en bekommer haar oor haar dogter wat enige iets sal aanvang
> om dwelms in die hande te kry!
En die Voortrekkertannies het kaalvoet oor die Drakensberge geloop! Sy
moet uit die mindset kom dat die lewe haar iets skuld...
Ek sę weer. Baie mans het hulle vrouens al kaalgat gelos na 'n
skeiding.
> Die slegte ma sukkel nou-al sedert Sondag met die SAP en Marlene Visser om
> haar dogter te gaan haal waar sy
> onwettig by ander mense is wat haar dagga-rokery goedpraat!
Die kind moet definitief vertel word dat sy 'n jaar of vier moet wag
voor sy dagga rook. Haar emosionele groei word deur die dagga
belemmer. Ja, selfs ek raak soms iets negatief kwyt oor 'n
pretsigaret... 14 jaar is nog veeels te jonk vir sulke dinge. Waar kry
sy die geld daarvoor?
> My vriend, as ek haar ouer was het ek haar gat aan die brand geslaan en haar
> aangehou in 'n toegesluite huis.
Ek stem amper met jou saam... Die beste sou natuurlik wees om al 'n
paar jaar gelede haar huis 'n tuiste te gemaak het... Kinders van 14
moet daarvan hou om huis toe te gaan. Hulle moet verlang as hulle weg
is.
> As die ma dan so vreeslik sleg is gekyk deur jou kykers,wat was dan fout met
> die ander twee mense by wie sy in pleegsorg was?
Hulle was nie haar ouers nie. Hulle het 'n bedorwe onding in hulle
huis gekry. Ma, aan die ander kant, was geseën met 'n skoon boek, sy't
daarin geskryf wat sy wou...
> Is hulle dan net so sleg?
> Die probleem moet voor die deur van die maatskaplike werker gegooi
> word...omdat sy niks verkeerd glo van die ou dogtertjie nie!
As jy dit beter kan doen, word 'n maatskaplike werker...
> Omdat sy nou al twee jaar van die kind se lewe gemors het!
Ekskuus? 14 jaar van die kind se lewe is gemors.
> Omdat sy nie doen wat die wet vereis nie.Daardie kindjie
> moes al twee jaar gelede in 'n Nywerheidskool gewees het waar sielkundiges
> is,wat haar kon help met haar probleme!
Omdat haar Ma nie kan nie?
> Die KBE het destyds nadat die kind 'n onskuldige man van verkragting
> aangekla het en die dokters bevind het dat daar nooit aan haar geraak is
> nie,weg gestuur gewees het!
Sien tog nou vir eenkeer die kind se hulpkrete!!!
> Dis maklik om die ma die skuld te gee!Maar die ma werk
> vir 'n sukkel bestaan...sy kry geen onderhoud nie en geen hulp nie.Sy het
> ook haar noodkreet geroep toe sy na verskillende organisasies soos die
> KBE/CMR en later die
> Ondersteunings raad is vir hulp!
Die arme Ma. Die arme Ma. Sy's 50, en iemand van 14 is haar
meerdere...
> Die ou dogtertjie het die ma aangerand verskeie kere die
> afgelope drie jaar!Is dit die ma se skuld?
Sy behoort tog 'n kind van tussen 11 en 14 'n lekker snotklap te kan
gee. (Al is dit in die kind se slaap.) Wat het sy daarna gedoen? In 'n
hopie gaan sit en huil? Hierdie Ma moet haarself in die kind se skoene
sit.
> Is dit die ma se skuld dat sy haarself in hierdie benarde posisie bevind?
Nee, dis die res van die węreld se skuld.
> Moes die ma die kind half dood geslaan het?
Toe sy baie kleiner was, miskien een ligte pak slae. Dis belangrik vir
kinders om te weet wie die gesag het. Op 14 is dit bietjie laat om
dinge reg te slaan. Nou redeneer jy met die kind.
> Kom vriend, jy het mos nou die oplossings!
Ek wens ek het dit gehad. Ek sou dit gratis gee.
> Gee die oplossings soos 'n volwasse mens,dan dra ek dit aan haar oor!
Ek probeer my bes. Ek ken die situasie nie goed genoeg nie.
'n Saak het twee kante, ek probeer nie hierdie vrou afkraak nie. Ek
vind dit alleen moeilik om haar kant bo dié van haar dogter te kies.
Sy's verantwoordelik vir die opvoeding van haar kinders, nie andersom
nie. Die feit dat die Pa weg is, neem nie die verantwoordelikheid weg
nie, maar verdubbel haar taak as ouer...
Ek gaan met vakansie en sal dus vir die volgende tydjie nie kan kom
kyk nie, maar ek hoop dat jy sommer vinnig hier plaas dat dogter en ma
weer versoen is...
Groete en sterkte aan ma en kind.
Max - wat glo in 'n kind se regte______________________