Dus, ek dink ek was tog reg dat mens meer beheer het as die agterwiel bars.
Annette
>Dus, ek dink ek was tog reg dat mens meer beheer het as die agterwiel bars.
>
>Annette
>
`n wilde statement om te maak sonder dat jy die persoon ken of weet
wat hulle skills is. glo dit of nie maar daar is mense wat beheer oor
`n kar verloor as hulle links draai of for that matter regs ook.
>
>
Threeships Mcduck
www.mothership.co.za
Dit hang mos baie af van die spoed waarmee daar gery is, die toestand van al
die bande en bestuursvernuf, om nie te praat van hoe swaar die voertuig
gelaai was, die algemene toestand van die motor en die pad, en of die
bestuurder 'n ongelukkige persoon is;))
Annette
"Suidwester" <ock...@mweb.com.na> wrote in message
news:3e251...@news1.mweb.co.za...
>"Dus, ek dink ek was tog reg dat mens meer beheer het as die agterwiel
>bars."
>---
10/01/2003 02:40 PM - (SA)
Vyf sterf toe motorband bars
Carina Smith-Morgan
Vyf mense, waarvan vier lede van een familie van Carletonville, se
lewens is in 'n oogwenk van hulle weggeneem toe die motor waarin hulle
gereis het, se band gebars en van die pad gerol het. Mnr. Hannes
Willemse (45), sy vrou, Hansie (35), sy moeder, me. Magrieta (Blondie)
Willemse (63) en hul vyfjarige dogtertjie, Elsie, is almal in die
ongeluk oorlede. 'n Vriend van sy seun, Deon van Staden, het ook in
die ongeluk omgekom terwyl sy seun, Andries (21) erg beseer is, Die
ongeluk het op die N1 gebeur nadat Willemse sy vrou by 'n hospitaal in
Johannesburg gaan haal het. 'n Kilometer ná die
Randfontein-vierrigtingstop het hy 'n vragmotor verbygegaan, waarna
die band gebars het. Hy het beheer verloor en die motor het begin rol
en aan die regterkant van die pad in die veld tot stilstand gekom.
Willemse is kort ná die voorval agter die stuurwiel oorlede. Al vyf
die ander insittendes is uitgeslinger en Elsie en sy moeder is op slag
dood. Van Staden is ongeveer 'n uur ná die ongeluk oorlede. Sy vrou is
op 30 Desember in die Baragwanath-hospitaal aan haar beserings
oorlede. Andries is steeds in die Rustenburg-hospitaal met ernstige
beenbreuke en beserings aan sy oog. Willemse se suster, me. Elsie
Jacobs, is diep geskok oor die voorval wat haar familie van haar
weggeneem het. "Nou is net ek, my man en my suster van Brakpan nog
oor," sê sy. Sy het nog 'n kwartier voor die ongeluk met haar broer
gepraat om te hoor of sy vrou uit die hospitaal ontslaan is. "Ek het
nie eers vanjaar aan Oujaar of Nuwejaar gedink nie. Ons familie het in
'n oogwenk kleiner geword," sê sy. Jacobs troos haar egter aan die
mooi herrinneringe van haar geliefdes waaraan sy kan vasklou. Die
Willemse-familie is Vrydag vanuit die Ou Apostel-kerk begrawe en Van
Staden is op 30 Desember begrawe. Willemse word ook oorleef deur twee
seuns van onderskeidelik negentien en sewentien jaar.