ek het amper van my stoel af geval toe oom darrim vir 'n slag gereageer het.
hoe gaan dit in holland op tsanien hou ons nog yt. ek hoop nie oom moet met 'n
vinger in 'n dam wal staan om te keer lat die hollanders vir syp nie.
oom onthou seker toe oom leen dit laas gesê het ek moet vir my pa sê hy moet
'n piejoenier wees oorlat hy gemoun het oor die nat kabels. my pa sê as oom
weer vir oom leen dit sien moet oom sê hy moet lees wat in gister se koerant
geskryf is. oom ken seker die bosveld hotel annerkant ol dys. daai een waar
hille lank trig die storie vir die tiewie gemaak het. van daai tyd af wil al
die mense van jansberg gaan vakansie hou by die bosveld hotel. tot laas jaar
toe die mense van telkom vir die hele ol dys kom kabels lê het. smaak my daai
kabels was van die begin af nat want toe is ol dys se founs dood. daai oom sê
hy gaan die hotel toe maak want die mense van jansberg dink nou hy is klaar
toe oorlat niemand die foun antwoord as hille wil bespreek nie.
'n anner oom van ol dys is 'n prô fessionele jagter. laas jaar is hy jamerika
toe en het jag togte gereel vir jamerikaners wat wou kom leeus en oolfante
skiet. hille sou meer as honderd dysend dollers op ol dys spandeer. nie eers
die bank bestierder op ol dys weet hoeveel geld dit is nie. toe kan hille ook
nie deerkom met die foun nie toe gaan jag hille op 'n anner plek. daai oom
was woerend toe skryf hy vir telkom. toe stier hille vir hom 'n tjek van ag
rand om op te maak vir sy verlies. seker beter as niks.
ma' wat ek nie vir staan nie is hoe kabels op ol dys kan nat raak nie. daai
plek is nie soos tsanien nie. met die sonvloed het hille net mistige weer
gehad.
die anner naweek toe my pa hille van die olifants rivier af kom toe hou die
spietkops 'n roud blok by grevelot. oom weet mos hoe oorrag is spietkops op
'n sondag. toe kom daar 'n oom van jansberg vir by. hy is 'n jakler wat 'n
shou op palaborwa gaan hou. toe sien die spietkops hy het 'n klomp messe en
swaarde in sy kar en dog hy is dalk iemand van paggad wat moeilikheid wil
gaan maak. hy sê nee hy gebruik die goed vir sy jakkel ekt. die spietkops sê
hy moet wys toe staan hy da' langs die pad en jakkel met die messe en
swaarde. dis net toe my pa hille da' vir by kom lekker gesyp van die naweek
se kyer. toe hille vir by is toe sê my pa vir oom jon hys dêm bly die
spietkops het hom nie gestop nie want hy sou daai toets nooit gepaas het nie.
koebaai oom kaspaas, sê vir oom leen dit dis swaar om 'n piejoenier te wees as
'n mens moet jakkel met telkom se kabels
hennerietjie
-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
hen...@my-dejanews.com wrote in message <7cjmcf$b4i$1...@nnrp1.dejanews.com>...
Haai Hennerietjie,
Lyk my jou pa lees dieselfde koerant as ek - goeie koerant, want hy lek nie
heeldag die regering nie.
Ek sien die jagter en die hotelman kla selfone werk ook nie by Alldays nie.
Maar as die jagter so professioneel was, sou hy geweet het kortgolfradios werk
baie goed daar. Mens moet net weet om te sę: "brug oor". Ek weet, want toe ek
so oud soos jy was moes ons partykeer my pa op die radio bel. Hy was ook 'n
jagter, maar hy het terrs gejag.
En 'n ou amateurstelletjie soos die een wat my dominie elke jaar saamvat as
die span gaan sendingwerk doen in die Okavango kos nie eers die kleingeld wat
die jagter verloor het op sy Amerikaanse kontrak nie, en die Amerikaners hou
van praat met plekke waar mens moet sę "over and out". Hulle saai my dominie
se preek sommer van die Okavango af in ons kerk uit. En selfs daar in die
Okanvango kan mens hom op sy amateurkortgolfie bel op die lyn van Telkom wat
daardie dag in my huis werk. Mens moet net sę "brug oor".
En die ou met sy hotel: Jy moet sien hoe die Johannesburgers die plek sal
toesak as hulle kan naweek hou by 'n plek waar mens moet sę "brug oor" as jy
jou bespreking bevestig terwyl jou makelaar jou kan hoor.
Nee, wat, Hennerietjie. Sę vir jou pa die ouens se probleem is hulle is nie
professionele pioniers nie. As ou Sammy Marx 'n eeu later geleef het sou hy
miljoene gemaak het uit Telkom se lyne wat nie werk nie. Maar Sammy Marx was
nooit in die skool nie.
Groete van die tante ook
Jou oom Njeefie
Aggenee, my Oom,
Gee die kind tog maar respekte?
Onthou, uit die mond van die suigeling......
Uwe liefhewwende neef, Njeeefie
> Ek dink jou kinderagtige verbositeit en onvolwasse skryfstyl raak nou
> afgesaag.
my liewe oom kaspaas,
dit sallie help oom raas met my nie oom moet met my pa raas. hy het my
opgesteek om vir oom briefies te skryf. oom onthou seker nog lat oom hom laas
jaar ou seun genoem het. hy sê oom het nie 'n kloe hoe oud hy is nie toe dog
hy oom praat met my.
hy sê ek moet vir oom sê 'n mens moet oppie bed slaap wat jy gemaak het. my ma
sê as dit te warm word innie kombuis moet 'n mens yt.
koebaai oom kaspaas, moenie deermekaar raak en oppie stoof slaap nie.
hennerietjie