Google Groups no longer supports new Usenet posts or subscriptions. Historical content remains viewable.
Dismiss

" 'n Paternoster vir Suid-Afrika " deur LINA SPIES

599 views
Skip to first unread message

@rogers.com

unread,
Dec 24, 2003, 10:32:33 PM12/24/03
to
Lina Spies

'n Paternoster vir Suid-Afrika

Here, laat die name geheilig word
van al die kinders van die land -

van hulle
wat modderkoekies gebak het uit sy aarde,
dassies skrikgemaak het in sy klowe,
wol getrap het in sy krale.

Ek het asemloos toegekyk:
swart bolywe geboë oor magtelose diere
en skerp skęre wat my laat wag het,
bang vir die glip-slag, die bloed, die pyn.
Maar die swart versigtige hande
het selde dieper as die wit geknip
en ek kon die lootjies uitdeel
want die arbeider was sy loon waardig
volgens die aantal wat hy vrygemaak het
om ligvoets teen die somerheuwels uit te wei.

Maar die bale is lankal toegewerk en weggestuur,
die wololie van my voete afgewas,
my bene nie meer lam getrap nie.

Vergewe ons, die vergeetagtiges, die uitgerustes,
soos ons hulle vergewe, die luidrugtiges
wat nooit binne die kraal was nie,
wat nooit rietperd gery
en kaalvoet geloop het nie,

en Here, sien ons hande aan:
Kyk, om my wit pols is 'n armband van gras;
my donker speelmaat het dit kunstig gevleg
soos ek nooit kon nie .

Aan U behoort die land
en die son
en die skape van sy weiding

Gee ons liefdevolle hande, Heer,
en sny U self versigtig aan die belemmerende kleed
dat daar nie onnodig bloed verspil nie

en deel U self die lootjies uit


Sterrenkijker

unread,
Dec 25, 2003, 8:51:48 AM12/25/03
to
On Thu, 25 Dec 2003 03:32:33 GMT, "@rogers.com" <bou...@rogers.com>
wrote:

> "Maar die swart versigtige hande
> het selde dieper as die wit geknip"

'n Geseënde Kersfees, Gloudina!

Norbert (uit Vlaandere)

0 new messages