Google Groups no longer supports new Usenet posts or subscriptions. Historical content remains viewable.
Dismiss

" See-sonnet " deur THEO WASSENAAR

278 views
Skip to first unread message

@rogers.com

unread,
Mar 1, 2003, 8:28:24 AM3/1/03
to
Theo Wassenaar
See-Sonnet

O magtige oseaan, jy wydgestrekte,
Omsirkel deur die ongemetenheid,
Diep in jou boesem rus die onontdekte;
Alleen jou swaar gehyg verneem die tyd.

O nooitvermoeide see wat immer-woelend,
Getye reėl na gange van die maan
En op die storm se stem onstuimig spoelend,
Jou branders op die rotse stukkend slaan!

O eew'ge deining van die Grote en Magt'ge!
So dein die breed sterk stroom van volle lewe
In my klein hart. Ek nietigste kristal,
Ek mag ook speel met glans van die ewig-pragt'ge.
Die skepping het ook my sy doel gegewe:
Een polsslag in die ritme van die Heelal!


0 new messages