Google Groups no longer supports new Usenet posts or subscriptions. Historical content remains viewable.
Dismiss

" ek staan op 'n moerse rots " deur ANTJIE KROG

1,745 views
Skip to first unread message

@rogers.com

unread,
Nov 22, 2003, 5:51:46 PM11/22/03
to
Antjie Krog

ek staan op 'n moerse rots

ek staan op 'n moerse rots langs die see by Paternoster
die see slat slingers in die lug
liggroen skuim
onverskrokke kyk ek elke donnerse brander
in sy gut voor hy breek
die rots sidder onder my sole
my bo-beenspiere bult
my bekken smyt die aangeleerde gelate knak uit haar uit
se moer ek is rots ek is klip ek is duin
helder sing my tiete 'n koperklepgeluid
my hande pak Moordbaai en Bekbaai
my arms skeur ekstaties bo my kop:
ek is
ek is
die here hoor my
'n vry fokken vrou


Frikkie Potgieter

unread,
Nov 23, 2003, 1:07:31 AM11/23/03
to
JAMMER OM VAN JOU KAK TE HOOR ???????


On Sat, 22 Nov 2003 22:51:46 GMT, "@rogers.com" <bou...@rogers.com>
wrote:

Elaine

unread,
Nov 24, 2003, 3:06:58 AM11/24/03
to
Dit was lekker om te lees, die gedig het nou regtig met my "gepraat".
Dankie Antie :))

E

Spencer

unread,
Nov 24, 2003, 3:44:10 AM11/24/03
to
As Antjie Krog nie van "tiete" en "fokken" ens gepraat het nie, sou die
gedig dan nog steeds tot jou gespeek het?


"Elaine" <angel...@ananzi.co.za> wrote in message
news:3fc1bc05$0$64...@hades.is.co.za...

BigBadJoe

unread,
Nov 24, 2003, 4:32:11 AM11/24/03
to
Ek het jou post gelees en geignoreer, maar na 'n bietjie dink het ek besluit
dit is 'n goeie fokken vraag.

Joe

"Spencer" <vetm...@webmail.co.za> wrote in message
news:Xqjwb.7956$VV6.1...@news.xtra.co.nz...

Elaine

unread,
Nov 24, 2003, 4:40:46 AM11/24/03
to
Die taal wat sy gebruik is kragtig en is veronderstel om so te wees, ek dink
nie sy sou haar gevoelens kon oordra sonder die "vloekwoorde" nie. Ek
verstaan die gedig as 'n "jubel" oor vrou wees, en nog meer 'n sterk,
onafhanklike vrou (dis die gevoel wat ek kry), en dis hoekom die gedig met
my "gepraat" het. Dis maar moeilik om 'n sterk, onafhanklike vrou te wees
in my wêreldjie, wat meestal deur mans gedomineer word, en waar baie nog glo
'n vrou se plek is in die kombuis met 'n baaibie op die heup. (Miskien is
dit net in die plattelandse area waar ek woon, maar baie mans EN vrouens in
die geweste glo nog steeds dis hoe dit hoort.)

E

"Spencer" <vetm...@webmail.co.za> wrote in message
news:Xqjwb.7956$VV6.1...@news.xtra.co.nz...

Sterrenkijker

unread,
Nov 24, 2003, 8:50:33 AM11/24/03
to
On Sat, 22 Nov 2003 22:51:46 GMT, "@rogers.com" <bou...@rogers.com>
wrote:

> Antjie Krog

Voilŕ! En watter een dink hy of sy moet nog 'n woord sę?..

Norbert (uit Vlaandere)

Suidwester

unread,
Nov 24, 2003, 9:33:51 AM11/24/03
to
Hier wil ek met jou verskil. Die platteland se mense leef nog vir mekaar
en na mekaar toe. 'n Man het 'n rol om te speel en sy vrou het ook haar
rol om te speel. Beide respekteer mekaar se heilige grond. 'n Vrou
probeer nie 'n man wees nie en 'n man wil nie 'n vrou wees nie. Vroumense
is mos reg ontwerp om huiswerk te doen.....dit is nou die swaar gatte en die
kort lengte, sodat hule 'centre of gravity' lekker laag is sodat hulle goete
naby aan die vloer kan doen. Die breė heupe maak dat 'n kleintjie
lekkerder daat kan sit sonder dat hy met sy ma se dagtake inmeng. Buk die
vrou, dan is dit soos 'n pendulum wat balanseer....die boude en borste
balanseer mekaar en kan hulle heeldag so werk. En ons mans meng glad nie
in nie. Omdat die man ongebalansseer is met swaar bolyf en klein onderlyf
[dis nou in diae voor hy TV boude gekry het], buk hy nie so lekker nie en is
dit beter vir hom om regop te bly en sport te beoefen of teen toonbanke te
leuen.
Dis egter in die stad dat die vrouens hul natuurlike boude en borste
wegdieėt en dan óók uit balans raak. Die man lź so baie by die huis en
suip dat sy gat swaarder raak en nou beter begin lyk vir huiswerk, ens. ens.
Sjit, julle stadsjapies het ons hele lewe omvergeneuk!!! He-he!

"Elaine" <angel...@ananzi.co.za> wrote in message
news:3fc1d200$0$64...@hades.is.co.za...

> Die taal wat sy gebruik is kragtig en is veronderstel om so te wees, ek
dink
> nie sy sou haar gevoelens kon oordra sonder die "vloekwoorde" nie. Ek
> verstaan die gedig as 'n "jubel" oor vrou wees, en nog meer 'n sterk,
> onafhanklike vrou (dis die gevoel wat ek kry), en dis hoekom die gedig met
> my "gepraat" het. Dis maar moeilik om 'n sterk, onafhanklike vrou te wees
> in my wźreldjie, wat meestal deur mans gedomineer word, en waar baie nog

Elaine

unread,
Nov 25, 2003, 4:21:46 AM11/25/03
to
Hmmm - my ma het altyd gesę stilbly is ook 'n antwoord.

"Suidwester" <sta...@africaonline.com.na> wrote in message
news:bpt54s$v03$1...@newsreader02.ops.uunet.co.za...


> Hier wil ek met jou verskil. Die platteland se mense leef nog vir mekaar
> en na mekaar toe. 'n Man het 'n rol om te speel en sy vrou het ook haar
> rol om te speel. Beide respekteer mekaar se heilige grond. 'n Vrou
> probeer nie 'n man wees nie en 'n man wil nie 'n vrou wees nie.
Vroumense
> is mos reg ontwerp om huiswerk te doen.....dit is nou die swaar gatte en
die
> kort lengte, sodat hule 'centre of gravity' lekker laag is sodat hulle
goete

> naby aan die vloer kan doen. Die breë heupe maak dat 'n kleintjie


> lekkerder daat kan sit sonder dat hy met sy ma se dagtake inmeng. Buk
die
> vrou, dan is dit soos 'n pendulum wat balanseer....die boude en borste
> balanseer mekaar en kan hulle heeldag so werk. En ons mans meng glad nie
> in nie. Omdat die man ongebalansseer is met swaar bolyf en klein
onderlyf
> [dis nou in diae voor hy TV boude gekry het], buk hy nie so lekker nie en
is
> dit beter vir hom om regop te bly en sport te beoefen of teen toonbanke te
> leuen.
> Dis egter in die stad dat die vrouens hul natuurlike boude en borste

> wegdieët en dan óók uit balans raak. Die man lę so baie by die huis en

Suidwester

unread,
Nov 25, 2003, 4:35:08 AM11/25/03
to
He-he!
"Elaine" <angel...@ananzi.co.za> wrote in message
news:3fc31f0e$0$64...@hades.is.co.za...

Suidwester

unread,
Nov 26, 2003, 5:02:40 AM11/26/03
to
Jy kón my darem 'n punt vir oorspronklikheid gegee het!

"Elaine" <angel...@ananzi.co.za> wrote in message
news:3fc31f0e$0$64...@hades.is.co.za...
> Hmmm - my ma het altyd gesê stilbly is ook 'n antwoord.
> > wegdieët en dan óók uit balans raak. Die man lê so baie by die huis en

Elaine

unread,
Nov 26, 2003, 6:33:56 AM11/26/03
to
Wargtag pragtag tien uit tagtag.

E

"Suidwester" <sta...@africaonline.com.na> wrote in message

news:bq1to1$11f1$1...@newsreader02.ops.uunet.co.za...

xanderrey...@gmail.com

unread,
Sep 16, 2016, 6:34:54 PM9/16/16
to
Jip

0 new messages