Google Groups no longer supports new Usenet posts or subscriptions. Historical content remains viewable.
Dismiss

'n Gedig opgedra aan Paul in die Paradys

41 views
Skip to first unread message

Izak Bouwer

unread,
Dec 26, 1996, 3:00:00 AM12/26/96
to


In ‘n artikel in “Tydskrif vir Letterkunde” vroe”er
vanjaar lees ek van ‘n stryery tussen Kannemeyer en
Gerrit Olivier oor die status van N. P. Van Wyk Louw
onder die Afrikaners en in die Afrikaanse kultuurlewe.
Ek is nie veel geinteresseerd in hierdie polemiek nie,
behalwe vir die feit dat Kannemeyer, die een wat vir N.P.
probeer “verdedig”, oorspronklik ‘n protege van Opperman
was, en ook sy biograaf. (‘n Uiters “juicy” biografie!)
In alle geval, die artikel beweeg my toe om weer ‘n
bietjie N.P. van Wyk Louw te lees, iets wat ek nie te baie
doen nie. (Ek spandeer liewer my tyd op Opperman, C.M.
van den Heever, Jan Celliers, Leipoldt, Eugene Marais...
en Gert Vlok Nel!) Ek maak toe vir “Tristia” oop (een van
die min bundels N.P. wat ek hier het in Kanada) en begin
rondlees in hierdie bundel, wat meestal gedigte bevat wat
hy geskryf het in sy jare wat hy in Nederland deurgebring
het in die vyftigerjare. Toe kom ek tot my verbasing op die
volgende lang gedig af, waarvan ek ongelukkig net stukke
hier en daar kan aanhaal. Dit het my sommer ‘n nuwe
respek vir N.P. Van Wyk Louw gegee.

NUUSBERIGTE : 1956

Het my land ‘n ander geword as wat ek ken?
Waar die klein plasie was met die paar bome
- kweperlaning en peer met party hier en daar blink-
geskuurde takke
van kinders se klim en die vasmaak van weggooi-ooie -

boer wat vandag in die stad boer en Geloftedae vier
(soos daaglikse sondes) vier
die oorwinning van Dingaan se impi’s : die impi’s
wat nou op die plaas in die Ou-Huis woon,
die peerboom afkap, die laning opbrand
sodat die baas (nog tydelik) met vier beskikbare motors
tussen cocktailpaartie en direkteursvergadering
ons grootse volkswil kan leef en uitleef
en dan behoorlik (wetlik of anders) opgedoek word.

Heer, gee my die krag dat ek met loog,
met bytsoda die sonde: verwatenheid,
kan beskrywe....
die sonde van die vermetel volk wat vir U durf aanroep,
wat u heilige Naam durf aanroep oor hulle naamloos
klein (maar voordelige) transaksies.

......Ek gaan roep
vernietiging neer: oor groot skure,
oor marmer in skure, oor skelm belastingontduikings.
Oor eindelose plase-aaneen, oor staal-brandkaste,
oor die wegja van bywoners - goeie boere,
alleen nie besitters nie! goeie werkers:
- Heer, leer ons dink wat “besit” is, Heer laat ons dink!-
en dan: oor haat van swartes, bruines, wittes:
oor dit en sy oorsaak durf ek oordeel afroep.

.......
Ek het vergeet - nie geweet? - in die dae toe ons jonk was:
Afrikanerskap is nie heilig. Ons wou dit heilig he^;
ons wou die volte van menslikheid daaraan gee.
.......
Afrikaners in aansienlike posisies
- mense deur swart opskrifte in die koerante bedien -
....
die soort wat boos is met terugwerkende krag
oor ons vaders se kneg-wees in eie land
- hulle het nou wat hulle noem “gracious living”:
- mooi woorde, van die veroweraar geleer -
........
En hulle gaan nie bly nie: hulle gaan mishoop word,
en ons almal saamsleep na die mishoop:
....
Kom, ons gooi een van die gemeste-kalwer-leiers
neer in die skraal Karoo en ploeg hom in -
daar so by die plakkieaanteel-plaas
van die Wit-Driehoek-Berge by Matjiesfontein
- en kyk hoeveel aarde hy nat-maak:
daar waar sy natkol sit.

(hierdie gedig, ingetik deur gloudina bouwer,
goldilocks, flowerchild, word spesiaal opgedra
aan paul van der merwe. Hy kla mos altyd daar
in Australie” dat hy so “gebrainwash” was in
Suid-Afrika en nie eintlik geweet het wat gaan
aan nie.Maar toe die fees van die gemeste kalf
nou oor was, het hy uitgewyk na ‘n ander land
waar hy dink die gemeste kalf sal vir ewig vir
hom en sy witvellige broers voorsien word.Wat
‘n dwaling. Laat jou brein helder word : sien
duidelik die lot van die oorspronklike Austra-
lie”rs. Of pleit jy weer onkunde en blameer die
oorspronklike Engelse invallers van Australie”
vir wat gebeur het. Oppas, as jy jou hande te veel
in onskuld was, word hulle dalk skurf.)


KLAASVAKIE

unread,
Dec 27, 1996, 3:00:00 AM12/27/96
to

Gloudina

Dis maklik om selektief te leef, lees en dink. Vir iemand wat so lank al
uit die land uit is, is jou mond baie groot oor wat in SA gebeur het. Wat
30 jr. gelede gebeur het, het intussen baie afgewater. Hou op om jou beul
so hard selektief te blaas.

JHV

Van Der Merwe Fam.

unread,
Dec 27, 1996, 3:00:00 AM12/27/96
to

> (hierdie gedig, ingetik deur gloudina bouwer,
> goldilocks, flowerchild, word spesiaal opgedra
> aan paul van der merwe. Hy kla mos altyd daar
> in Australie” dat hy so “gebrainwash” was in
> Suid-Afrika en nie eintlik geweet het wat gaan
> aan nie.Maar toe die fees van die gemeste kalf
> nou oor was, het hy uitgewyk na ‘n ander land
> waar hy dink die gemeste kalf sal vir ewig vir
> hom en sy witvellige broers voorsien word.Wat
>‘n dwaling. Laat jou brein helder word : sien
> duidelik die lot van die oorspronklike Austra-
>lie”rs. Of pleit jy weer onkunde en blameer die
>oorspronklike Engelse invallers van Australie”
>vir wat gebeur het. Oppas, as jy jou hande te veel
>in onskuld was, word hulle dalk skurf.)

Haai Goldilocks het jy nou al sulke lang naels gegroei? Pasop as jy te
veel krap sal die baas jou sommer by die agterdeur uitgooi in die koue
en dan sal Big Chief White Feather se geeste jou kom pla. Dit is mos
"jou" mense wat sy mense so sleg behandel? "Jou" regering laat "hulle"
mos nou werk vir 'n ou geldjie of hoe?.. Skande! Ja die wittes daar
het glo vir Goldilocks ge "importeer" omdat sy so oulik haar
skynheiligheid oor haar apartheids herkoms kon verdoesel sodat sy
tereg kon sê "Some of my best friends were black" Ha ha ha ! Ek dink
Goldilocks het die arme baba swart beer se diamante vasgelê aan die
walle van die Oranjerivier ipv sy pap en vleis dit is hoekom haar
hart nog daar is. Kanada het mos net 'n oorvloed varkvleis en vis...
aai waar is die pap en vleis dan? Of het jy nou al gevorder tot
"Braaibroodjies". Dit betaam mos nie 'n flowerchild om te lyk soos 'n
ou haak&steek nie? So nou kyk sy in die refleksie van die gevriesde
waters van Kanada opsoek na ander om te blameer vir haar Apartheids
sondes. 'n Rassis sonder weerga is onse Goldilocks.Met "Skurwe
Handjies van Arbeid" wil sy mos haar onskuld bewys.
Nou gaan ek eers nog 'n Prawn op die "Barbie" gooi Goldi, Ons kan
later weer verder in mekaar se oë kyk terwyl jy aan die langsteel
vredespyp suig met die sus middel tabak en as ek klaar my prawns geët
het.

Wuifend met 'n Prawn in die hand ,Vrede , groete en mooi wense vir
1997 aan ALMAL op die nuusgroep uit die Paradys .... Paul


Izak Bouwer

unread,
Dec 28, 1996, 3:00:00 AM12/28/96
to

In article <5a0nnb$a...@opera.iinet.net.au>, tan...@iinet.net.au says...


>Haai Goldilocks het jy nou al sulke lang naels gegroei? Pasop as jy te
>veel krap sal die baas jou sommer by die agterdeur uitgooi in die koue
>en dan sal Big Chief White Feather se geeste jou kom pla. Dit is mos
>"jou" mense wat sy mense so sleg behandel? "Jou" regering laat "hulle"

>Nou gaan ek eers nog 'n Prawn op die "Barbie" gooi Goldi, Ons kan


>later weer verder in mekaar se oë kyk terwyl jy aan die langsteel
>vredespyp suig met die sus middel tabak en as ek klaar my prawns geët
>het.
>
>Wuifend met 'n Prawn in die hand ,Vrede , groete en mooi wense vir
>1997 aan ALMAL op die nuusgroep uit die Paradys .... Paul
>

Paul van der Merwe,
Ek sluit nou hierdie gedagtewisseling met jou af.
Is nie geinteresseerd in ‘n verdere verspilling van energie
in 1997 nie. Ek vra jou net beleef om nie so neerbuigend
en rassisties te praat oor die Kanadese First Nations nie.
Net soos die oorspronklike Australiese stamgroepe (waar-
van daar glo honderde verskillendes was) het hulle ‘n
waardesisteem en ‘n respek vir die omgewing wat ver meer
superieur is as die van die groep waaraan jy en ek behoort
en wat sulke skade aangerig het beide in Australie” en in
Suid-Afrika.
My Australiese vriende vertel my ook dat hulle agter
hulle hande lag vir die nuwe immigrante in Australie” wat
probeer om die oorspronklike Australie”rs te uit-Australies.
So loop tog maar versigtig. En hou die Afrikaanse blink kant
bo.
Gloudina Bouwer


Van Der Merwe Fam.

unread,
Dec 29, 1996, 3:00:00 AM12/29/96
to

My Australiese vriende vertel my ook dat hulle agter
>hulle hande lag vir die nuwe immigrante in Australie” wat
>probeer om die oorspronklike Australie”rs te uit-Australies.
>So loop tog maar versigtig. En hou die Afrikaanse blink kant
>bo.
> Gloudina Bouwer

Goldie, sien jy jy bewys my punt. Kyk hoe opgevoed is die Aussies,
hulle skaterlag nie so blatant soos die Kanadese nie :)))
Ek stem saam ons mors energie MAAR een voud wat jy wel maak is jou
stellings oor rassisme!
Nilo vir jou in SA wat vir my skryf ek is in die K..... se opgekruip
skryf dit liewers op die lys dan kan jy en Goldie besluit of ek nou 'n
Rassis of Libaralis of dalk selfs 'n Kleurling is of nog erger 'n
Katoliek??
Goldie ons sal maar liewer iets mooiers oor moet kry om oor te stry,
Paradys groete,
Paul


0 new messages