Google Groups no longer supports new Usenet posts or subscriptions. Historical content remains viewable.
Dismiss

" Naweekpas" deur ANTJIE KROG

38 views
Skip to first unread message

Hessie

unread,
Jul 15, 2008, 11:06:01 AM7/15/08
to

NAWEEKPAS
Antjie Krog

skutter 68474790 K
D-Kompanie uit die kommando vir Bloemfontein-distrik
het die naweek pas gekry
die eerste skurfte van geweld
reeds barsies in die kolf van sy slape
sprei venynig skrootfyn oor die sneller onderlip
in loopgrawe verskans swel sy takdun enkels
skuil sy oortromme en tong
klawerkoeëls onder sy vingers
klanke van geweerloopfluite
en ‘n hewige opmars van simbale oor die veld

daars ‘n vreemde vrees in my voetsoldaat se oë
die skertsblou verdonker halt gespanne
in baretkakie saluut
vanuit my arms mortier sy liggaam telekse van onrus
en veldmyne
die hele huis ruik meteens na oorlog
soggens is daar bloed aan die takke
en kry ek soms my skutter buite
sy geweer soos ‘n varkblom in sy arms
sy skouers weerloos laai ek sondagaand by die kamphek af
en keer magteloos
en pasloos terug
om met blote bestaan
‘n toekoms vir sy ondergang te bou.

Suidwester

unread,
Jul 16, 2008, 4:25:23 AM7/16/08
to

"Hessie" <bou...@rogers.com> wrote in message
news:716a0ca1-8c98-4e8c...@e53g2000hsa.googlegroups.com...

NAWEEKPAS
Antjie Krog

-----Hierdie ding is vir my baie amusant. So baie mense skryf oor die tyd
van die grensoorlog en so baie was nie eers naby aan die affêre nie.
Oningeligde mense wat nie 'n clue het waaroor dit gegaan het nie. Ek kyk
so na Anna se troep se magsnommer 68, dis die jaar waarin hy 16 was en dat
sy reken hy was in die Kommando vir die Bloemfontein distrik en dat hy sou
geweld belewe het buiten opleiding en kampe? Nogal mortiere en landmyne!
Sy het 'n ooraktiewe verbeelding en dalk het haar troep vir haar effe gelieg
soos in 99% van die gevalle van soldate met 'groot stories' oor die grens
van die grens af gekom het. Die werklike harde feite is dat meer as 80%
van al die soldate wat ooit op die grens was, nooit eers 'n terroris lewend
in kontak gesien het nie!


0 new messages