Ek dink ek het nou darem al lank genoeg hier in die donker ge-"lurk",
(seker al so 3 of 4 maande) en nou dog ek mos ek kan ook iets bydra om
hierdie NG 'n bietjie interesant te maak???? (Ek verbeel my maar seker
nč?) Maar al julle ouens wat al so lank al inskryf moet my maar so
nou en dan die Leviete voorlees (is dit miskien 'n idioom wat nog nie
ge-"feature" is nie?) as ek te buitensporig raak. Ek hoop maar ek sal
my kan gedra (vernaamlik as goed soos Thot die derde se snert moet
lees). Wel, nou dat ek myself bekend gemaak het, het ek 'n paar
gunsies wat ek wil vra?
Gloudina of At (of enige ander mens),
Kan julle asseblief hiedie gediggies vir my voltooi? Ek het dit jare
gelede op laerskool geleer, maar die ou geheue is nie meer so goed
nie.
Muskiete Jag Deur ???
Jou vabond wag, ek sal jou kry
van jou sal net 'n bloedkol bly
(hier het ek sommer altyd, as ek die josie in is, gesę:
"van jou sal net 'n strontkol bly")
hier op my kamermure.
Deur jou vervloekste gonsery
kon ek nie slaap vir ure.
en nog meer?? asseblief Gloudina
en dan is daar nog 'n ander gediggie wat ek amper so 'n half-eeu laas
op laerskool geleer het, maar die digter en woorde het ek vergeet.
Die osse stap aan deur die stowwe
geduldig, gedienstig, gedwee
die jukke al drukkend hul skowwe
hul dra dit getroos en tevree??
en nog meer asb. Goudina?
Ek sal maar die spinnerakke moet probeer wegkrap en so aan 'n paar
Idiome begin dink?
Dankie sę by voorbaat vir die hulp.
Mike (van Melbourne, Australië - ek is al amper 30 jaar hier)
>
>Muskiete Jag Deur ???
>
>
Hallo Mike
Welkom in ons midde. Jy voer my nou baie jare terug met Muskiete Jag. My
broer moes die gedig leer om in 'n skoolkonsert voor te dra. Al wat ek
gehoor het vir weke was: "Muskiete Jag deur Jan F.E. Cilliers." Dit was
muskiete jag van die môre tot die aand, op die bus skool toe, in die kar,
oral. Ek het naand die gedig beter as hy self geken. Ek ken hom nounog!
Skryf gerus weer. Dit lyk nie of jou Afrikaans juis verroes het nie!
Groetnis
Alwyn
Het jy nie dalk na 'n Engelse skool gegaan nie? Hierdie was juis die gedigte wat ons daar geleer
het, en dit bring herinnerings terug wat al die jare ęrens begrawe gelę het. Ek het van toe af nooit
weer an hulle gedink nie, en dis te wonderlik om dit weer te sien - al kan ek dit ongelukkig nie
voltooi nie. Ek hoop een van die ander kan.
'n Ander een wat ons geleer het, en wat al die jare my gunsteling was, was "Amakeia", deur A G
Visser . Onthou jy dit dalk ...?
"In die skadu van die berge,
bos-beskut aan alle kant,
staan alleen die hartbeeshuisie
op die grens van .......
(hierdie een kan ek wel voledig stuur as iemand belang stel).
Groete,
Vira.
>Hello Mike, en welkom
>
>Het jy nie dalk na 'n Engelse skool gegaan nie?
<<<<<<OOOooo--KNIP--oooOOO>>>>>>
Hallo Vira,
Man, jy is doodreg. Ek is eintlik Engels sprekend, maar ek
het Afrikaans Hoër geleer op hoërskool en sonder om te "bręk", ek het
'n "A" graad (91%) gekry in my matriek-eksamen (vir Afrikaans) in die
vroër 60's (want ek het baie hard gestudeer). Hier in OZ kry ek maar
baie min geleentheid om Afr. te praat, en wil baie graag hę my
kinders moet Afrikaans leer, maar ek glo aan die spreekwoord wat sę :
"in die land van die blindes is die een-oog koning", en ek wil gladnie
koning wees nie. Haai, is daai dan nie ook 'n idioom vir Stefan se
versameling nie? "Man, am I good?" Ha,ha, (sommer net 'n klein ou
droë grappie hoor?)
> Ek hoop een van die ander kan.
(Muskiete Jag en Die Osse stap aan deur die Stowwe voltooi
Ek Hoop ook maar so, maar niemand het nog vorendag gekom nie. Kommaan,
asseblief mense!
>'n Ander een wat ons geleer het, en wat al die jare my gunsteling was, was "Amakeia", deur A G
>Visser . Onthou jy dit dalk ...?
Onhou ek dit? Onhou ek dit? Toe ek jou briefie lees kry ek toe
sommer so 'n maise knop in my keel, en toe begin ek dit sommer te
gons? (Engels=hum) met die ritme van "Oh my darling, oh my darling,
oh my darling Clementine). Toe besef ek dat ek meeste van die woorde
vergeet het!
>"In die skadu van die berge,
>bos-beskut aan alle kant,
>staan alleen die hartbeeshuisie
>op die grens van .......
Gaan tog asseblief aan, Vira
>(hierdie een kan ek wel voledig stuur as iemand belang stel).
Stuur asseblief die hele ene?
Dankie, baie dankie, Vira.
Beste Groete,
Mike (in Australië)
>Hallo Mike
>
>Welkom in ons midde. Jy voer my nou baie jare terug met Muskiete Jag. My
>broer moes die gedig leer om in 'n skoolkonsert voor te dra. Al wat ek
>gehoor het vir weke was: "Muskiete Jag deur Jan F.E. Cilliers." Dit was
>muskiete jag van die môre tot die aand, op die bus skool toe, in die kar,
>oral. Ek het naand die gedig beter as hy self geken. Ek ken hom nounog!
>
>Skryf gerus weer. Dit lyk nie of jou Afrikaans juis verroes het nie!
>
>Groetnis
>Alwyn
>
Hallo Alwyn,
Man, stuur asseblief Muskiete Jag se woorde. Jy sê jy ken hom
nounog? Seblief man. Ek wil dit vir my kinders leer, want hulle kan
g'n woord Afr. praat nie. (Soos ek vir Vira gesê het, is ek eintlik
Engels sprekend, en ek wil nie waag om hulle myself te leer nie.) Ek
hoor daar is 'n skool in Perth (Westelike Australië) wat Afrikaans as
'n Uitlandse Taal (Foreign Language), maar ek woon in Melbourne.
Ek gaan jou nou "bribe". As jy my die woorde stuur, sal ek julle so
'n bietjie van Melbourne vertel.
Jy sê dat my Afrikaans nie verroes is nie? Gits, ek dink ek
praat baie sleg Afr. man, want hier is nie baie mense in Melbourne wat
Afrikaans praat nie. Die min Suid Afrikaners wat ek hier ken, praat
almal net Engels, of hulle gee voor dat hulle nie kan Afrikaans praat
nie. (Hulle is seker maar almal 'n klomp domkoppe).
Hartlike Groete,
Mike
Mike <mike...@peninsula.starway.net.au> wrote in article
<33891bef...@news.starway.net.au>...
> Ek wil dit vir my kinders leer, want hulle kan
> g'n woord Afr. praat nie. (Soos ek vir Vira gesę het, is ek eintlik
> Engels sprekend, en ek wil nie waag om hulle myself te leer nie.) Ek
> hoor daar is 'n skool in Perth (Westelike Australië) wat Afrikaans as
> 'n Uitlandse Taal (Foreign Language), maar ek woon in Melbourne.
> Ek gaan jou nou "bribe". As jy my die woorde stuur, sal ek julle so
> 'n bietjie van Melbourne vertel.
>
> Jy sę dat my Afrikaans nie verroes is nie? Gits, ek dink ek
> praat baie sleg Afr. man, want hier is nie baie mense in Melbourne wat
> Afrikaans praat nie. Die min Suid Afrikaners wat ek hier ken, praat
> almal net Engels, of hulle gee voor dat hulle nie kan Afrikaans praat
> nie. (Hulle is seker maar almal 'n klomp domkoppe).
Mike, miskien praat jy dit sleg. Maar jy skryf pragtige Afrikaans.
As jy praat soos wat jy skryf, dan moet jy beslis ook goeie
Afrikaans kan praat.
Ek is egter in iets anders ge"interesseerd. Jy is nie die enigste
Engelsprekende persoon wat in die buitelnad terug gryp na
Afrikaans as tweede taal nie. Wat dink jy is die rede of redes
agter hierdie verskynsel?
Dit mag wees dat iemand jou eerlike en goed bedoelde opinie
sal aanval. Dis nou maar een van die dinge wat op die NG gebeur
en wat ons sal moet verdra. Laat my toe om 'n paar moontlikhede
te skets.
Dit mag wees dat jy terug verlang na Suid Afrika en dat Afrikaans
vir jou 'n ikoon van hierdie verlange geword het? Afrikaans is 'n
produk van Suid Afrika. 'n Mens hoor en sien dit al rondom jou.
Dit word gebruik om die land en alles daarin skeppend te weergee.
Dit laat my dink aan ander Engelsprekende mense wat 'n
Bantoetaal eerder as Afrikaans as tweede taal magtig is. Hoe voel
hulle oor die Bantoetaal?
Dit mag wees dat jy spesifiek na Afrikaans as gesproke taal terug
verlang. Dit is nogal belangrik om in hierdie opsig tussen die
gesproke en die geskrewe taal te onderskei. Liefde vir die gesproke
taal sal onder andere terug verwys na ervarings in jou kleuter dae.
Dit kan ook terug heen verwys na die klanke (mense, diere en dinge)
wat jy hier gehoor toe jy nog hier gewoon het. Dit laat my dink aan
die twee keer wat ek in die buiteland was. Iets wat my gou opgeval
het, is dat die afwesigheid van Suid Afrikaanse klanke my baie
gehinder het.
Dit mag wees dat Afrikaans 'n invloed op jou Engels gehad het. Ou
Saksies van Noord Europa het 'n groot rol gespeel in die vorming van
Ou Engels. Ek raak gaandeweg al hoe meer onder die indruk dat Ou
Saksies ook 'n baie groot rol gespeel het in die vorming van Afrikaans.
Sou dit die geval wees, dan kan daar sprake van simpatiese resonansie
tussen Engels en Afrikaans wees, via die onderliggende Ou Saksies.
Dis soos twee stemvurke wat teen dieselde frekwensie tril. As die een
tril en did word teen die ander een gedruk, begin die ander een ook tril.
Ek weet regtig nie. Daarom stel ek so baie belang in julle antwoorde.
Alles van die beste
At de Lange
>
>Hallo Alwyn,
> Man, stuur asseblief Muskiete Jag se woorde. Jy sê jy ken hom
>nounog? Seblief man. Ek wil dit vir my kinders leer, want hulle kan
>g'n woord Afr. praat nie. (Soos ek vir Vira gesê het, is ek eintlik
>Engels sprekend, en ek wil nie waag om hulle myself te leer nie.) Ek
>hoor daar is 'n skool in Perth (Westelike Australië) wat Afrikaans as
>'n Uitlandse Taal (Foreign Language), maar ek woon in Melbourne.
>Ek gaan jou nou "bribe". As jy my die woorde stuur, sal ek julle so
>'n bietjie van Melbourne vertel.
>
>
>Hartlike Groete,
>Mike
Hallo Mike,
Ek het toendertyd met groot entoesiasme weggetrek en Muskiete Jag begin
skryf, en toe vasgehaak by "Pardoef, dis mis, daar gaat hy weer".
Ek sal moet naslaan, my geheue laat my nou in die steek. Kom nounet van
die SAUK se biblioteek maar geen Muskiete jag nie. Vyf bundels van Jan
F.E. Celliers daar gesien, onder andere.
Sal gou oppad huistoe 'n draai by die bib maak - hou net so bietjie aan!
Tot later
Alwyn
Hallo At,
Dankie vir jou prys vir my Afr. skywery, maar ek weet nie so
goed van die pratery nie? Ek het maar selde die geleentheid om dit te
be-oefen. Dis seker darem dat ek so self-bewus is daarvoor, en
somstyds as ek nie die regte vertalings weet nie en nie 'n woordeboek
byderhand het nie, dan slaan ek sommer oor na die Anglisismis. (Soos
hulle sę: Kombuis-Engels)
>Mike, miskien praat jy dit sleg. Maar jy skryf pragtige Afrikaans.
>As jy praat soos wat jy skryf, dan moet jy beslis ook goeie
>Afrikaans kan praat.
>
>Ek is egter in iets anders ge"interesseerd. Jy is nie die enigste
>Engelsprekende persoon wat in die buitelnad terug gryp na
>Afrikaans as tweede taal nie. Wat dink jy is die rede of redes
>agter hierdie verskynsel?
Dis so wraggies waar man, hier sit ek en ek moet luister net na
Engels, want my hele familie En skoon-familie praat net Engels. Dis so
net 'n paar van my Afrikaner vriende wat ek lekker kan mee gesels, en
hulle help my altyd baie geduldig as ek so 'n onnosele fout maak, want
ek dink mos nou altyd in Engels, en dan moet ek eers in my geheue
vertaal voordat ek my groot bek oopmaak.
>Dit mag wees dat iemand jou eerlike en goed bedoelde opinie
>sal aanval. Dis nou maar een van die dinge wat op die NG gebeur
>en wat ons sal moet verdra. Laat my toe om 'n paar moontlikhede
>te skets.
Ek sal probeer om my eerlike antwoorde te gee.
>Dit mag wees dat jy terug verlang na Suid Afrika en dat Afrikaans
>vir jou 'n ikoon van hierdie verlange geword het? Afrikaans is 'n
>produk van Suid Afrika. 'n Mens hoor en sien dit al rondom jou.
>Dit word gebruik om die land en alles daarin skeppend te weergee.
>Dit laat my dink aan ander Engelsprekende mense wat 'n
>Bantoetaal eerder as Afrikaans as tweede taal magtig is. Hoe voel
>hulle oor die Bantoetaal?
Eerstens, ken ek ongelukkig geen Bantoe-taal nie, alhoewel ek
tenminste čen wou geleer het in my jong-dae. Die verlange na die
Boland is sterk, en ek mis die reuk van vars strooi as dit oestyd is,
of die aroma van mos met pars-tyd. (Ja, in daardie dae het die
arbeiders nog die druiwe getrap om wyn te maak) Dan is daar die reuk
(kan ek sę: "amper die stink") van Vaal-japie as die arbeiders met
middag-ete en aand-ete hulle doppie kom haal. Hulle het mos sommer
uit die afgesaagde bees-horing gedrink. Ek kan nog onthou hoe sommige
van hulle 'n bietjie uitgevreet was en dan sę hulle: "gee my nogge
dop, my baas, dan werk ek langer op jou plaas". My kinders vind dit
baie amusant as ek hulle so van my kinder-jare vertel, maar soos jy
weet, verloor al die Afrikaanse sę-goedjies hulle karakter en
snaaksheid as dit in Engels vertaal word.
>Dit mag wees dat jy spesifiek na Afrikaans as gesproke taal terug
>verlang. Dit is nogal belangrik om in hierdie opsig tussen die
>gesproke en die geskrewe taal te onderskei. Liefde vir die gesproke
>taal sal onder andere terug verwys na ervarings in jou kleuter dae.
Sien vorige paragraaf.
>Dit kan ook terug heen verwys na die klanke (mense, diere en dinge)
>wat jy hier gehoor toe jy nog hier gewoon het. Dit laat my dink aan
>die twee keer wat ek in die buiteland was. Iets wat my gou opgeval
>het, is dat die afwesigheid van Suid Afrikaanse klanke my baie
>gehinder het.
Ek mis die middagse kanonskoot vanaf Seinheuwel in Kaapstad. Hier is
daar g'n ander manier om jou horlosie reg te sit nie. En dan was
daar die geluide van die smouse op die Parade elke Woensdag en
Saterdag. (Het hulle nog dit?) (In ligte luim:) Dit herinner my aan
'n ourige Bantoe man wat besig was om te preek, Bybel in die hand, op
die parade (op die hoek van Kasteel Straat en Darling Straat). ......
En hy sę: "Julle moet oppas, julle moet julle bekeer, want as die Here
weer kom, as Hy kom, dan gaan julle kak" (sic - kan een van julle
slimmetjies asseblief die "sic" vir my vertaal?). Dis nou so wragtig
waar, ek lieg nie vir julle nie, dit het regtig gebeur. Dis nie 'n
"urban legend" nie, want ek het dit self gehoor. Ek vind dit nou nog
baie amusant as ek daaraan t'rug dink.
Ek mis ook al die afgesaagde sę-goedjies wat die smouse op die parade
kwyt geraak het. Mens moet 'n (Suid) Afrikaner wees om hierdie dinge
te waardeer.
Alles van die beste
Mike (in Oz)
> >'n Ander een wat ons geleer het, en wat al die jare my gunsteling was, was
> "Amakeia", deur A G
> >Visser . Onthou jy dit dalk ...?
>
> Onhou ek dit? Onhou ek dit? Toe ek jou briefie lees kry ek toe
> sommer so 'n maise knop in my keel, en toe begin ek dit sommer te
> gons? (Engels=hum) met die ritme van "Oh my darling, oh my darling,
> oh my darling Clementine). Toe besef ek dat ek meeste van die woorde
> vergeet het!
>
>
> Stuur asseblief die hele ene?
>
>
Mike, toe ek jou pos lees moes ek twee keer kyk, want ek kon my oë nie glo nie
- toe sit en glimlag ek van oor tot oor, want jy het my geheimpie wawyd
oopgelę. Ek sing al die jare al "Amakeia" op die wysie van "Oh my darling,
Clementine", maar ek dog ek's die enigste een ter węreld, en ek sou dit nooit
so in die openbaar toegegee het nie , he he he! Kyk, ek's al alles genoem van
"nogal weird!" tot "so mal soos 'n haas" en "stapelgek", so ek moet nou bietjie
oppas as ek 'n tikseltjie "credibility" nog will handhaaf. Maar jy het my nou
so vęr gedryf, kom ons sing maar saam:
AMAKEIA ~ deur A.G. Visser
('n voorval uit die Sesde Kafferoorlog).
In die skadu van die berge,
bos-beskut aan alle kant,
staan alleen die hartbeeshuisie
op die grens van Kafferland.
Saggies neurie Amakeia
op die wal van Kei-rivier,
tot hy slaap, die tere wiggie
van die blanke pionier:
"Stil maar, stil maar, stil Babani;
kyk hoe blink die awendster.
Niemand sal vir kindjie slaan nie -
stil maar, al is Mammie ver."
Amakeia had belowe
toe haar nonna sterwend was,
om die hulpelose kindjie
tot hy groot was, op te pas.
Liefd'ryk sorg sy vir die wit kind,
tot vir hom die lewenslig
straal uit aia Amakeia's
vrind'lik-troue swart gesig.
Onheilspellend sien sy tekens,
oorlog kom daar in die land:
Snel die inval, huis en hawe
uitgemoor en afgebrand.
Selfvergetend, doodveragtend,
met die wit kind op haar rug,
na die Amatola-berge
het sy ylings heen gevlug.
"Stil maar, stil maar, pikanienie;
oor die bergtop rys die maan.
Niemand sal vir ons hier sien nie;
môre sal ons huis toe gaan."
Ag, dat oë van verspieders
ook haar skuilplaas moes ontdek!
"Spaar hom, hy's so klein nog," smeek sy
met die hande uitgestrek.
Woedend tier die wilde bende:
"Sterf of gee die wit kind hier!"
"Oor my lewelose liggaam ..."
antwoord Amaeia fier.
"My belofte aan my nonna -
beste wat daar ooit nog was -
waar hy gaan, moet Amakeia
saamgaan om hom op te pas."
"Is jul lewend nie te skei nie,
bly dan in die dood vereen -
kort proses met haar, Maxosas,
laat die blink asgaaie reën!"
*
In die Amatola-klowe
sing nog net die winterwind
deur die riete in die maanskyn:
"Tula - Tula - stil, my kind!"
Vira, baie dankie dat jy ons weer aan die inhoud van die
gedig laat dink het.
Toe ek die volgende vers lees
> "Is jul lewend nie te skei nie,
> bly dan in die dood vereen -
> kort proses met haar, Maxosas,
> laat die blink asgaaie reën!"
kom 'n gedagte skielik by my op.
Ons land is vrot van negatiwiteit. Wat betref die rasseverhoudinge,
hoor 'n mens gedurig hoe die een die ander ingedoen het.
Maar selde hoor ons van die positiewe dinge - van weldade van een
mens teenoor 'n ander mens van 'n ander ras. Laat ons hierdie
weldade begin opdiep.
Beide eerste ministers JBM Herzog en JC Smuts was van
mening dat die gebrek aan rasseharmonie die grootste enkele
probleem van Suid Afrika is wat opgelos moet word. Hulle is al
lank nie meer met ons nie, maar die probleem is nog steeds
daar. Hoeveel nader is ons aan die oplossing as toe?
Ek dink dat die probleem 'n deel van 'n veel groter probleem is,
naamlik kultuurharmonie. Dit is deel van 'n nog veel groter
probleem wat die "diep ekologiese probleem" genoem kan
word - hoe om in harmonie met die natuur, jou medemens en
God te lewe.
Gebrek aan kultuurharmonie vuur die gebrek aan rasseharmonie
aan. Daar is byvoorbeeld 'n persoon, vanuit die Engelse kultuur,
wat die Afrikaanse kultuur verguis. Maar vir iemand wat nie
oplettend lees nie, lyk dit asof die persoon eintlik besig is om
namens swartmense witmense by te kom met die Afrikaner as
die gerieflike slaansak. Sy verguisings is vet op die vuur van
van 'n ander persoon wat rassehaat aanblaas.
Haat is soos 'n aansteeklike en bykans ongeneesbare siekte.
As jy daarmee in kontak kom, is jy kort voor lank self hopeloos
siek. Dink maar aan Ebola koors as voorbeeld. Hanteer die
haataanblasers soos wat julle iemand sal hanteer wat Ebola
koors het.
Isoleer hulle van ander mense. Met ander woorde, vermy dat
hulle openbare kontak kan maak. Elke keer wat julle hulle
terug antwoord, gee dit hulle net verdere geleentheid vir kontak
en dus aansteking. Versorg hulle in isolasie deur steeds
isolerend in die versorging op te tree. Skryf privaat aan hulle,
met die nodige respek. Vertel hulle aan watter
aansteeklik/ongeneesbare siekte hulle lei. Gee hulle die nodige
medisyne om die simptome van die siekte te onderdruk totdat
hulle dit nie meer wil inneem nie. Daarna kan niks meer vir hulle
gedoen word nie, behalwe om vir hulle te bid.
> Maar selde hoor ons van die positiewe dinge - van weldade van een
> mens teenoor 'n ander mens van 'n ander ras. Laat ons hierdie
> weldade begin opdiep.
> ... hoe om in harmonie met die natuur, jou medemens en
> God te lewe.
<snip>
Ja, ek stem saam dat dit baie belangrik is. Ek dink ook dit het te doen met
"Diepte", van 'n mens se siel. Hoe meer hy regtig omgee, hoe meer sal 'n mens
bereid wees om dieper te probeer kyk, en dinge te probeer verstaan. Die wat
klaar besluit het om 'n mening in te neem, ongeag wat iemand vir hulle probeer
sê, het 'n geslote verstand, waar niks in elk geval kan deurdring nie.
(Ekskuus dat ek my so lomp uitdruk, maar ek dink die volgende sal my mening
verklaar):
DIEPTE
(Th. Wassenaar)
Wie na die oppervlakte
Van stil diep water kyk,
Gewaar alleen die blare
En slyk wat bo-op dryf;
Maar wie sy oog veel dieper,
As na die oneind'ge rig,
Hy sien die donker aarde
Vol diepte en vol lig;
Hy sien geen vuilswart water
Of modderbodem meer,
Maar in die hart van die aarde
Die hemel omgekeer.
Daar dryf die los wit wolkies
Soos skepe op die see,
Soos op 'n somerlandskap
Verspreide troppe vee.
Hy sien die hoë hemel
So diep daaronder welf,
So rein en ongemete
Soos lig en diepte self.
So is in alle dinge
'n Diepte te ontdek,
Waar suiwre siel van skoonheid
Sig aan die stof onttrek.
Liefde aan almal,
Vira.
>Mike, toe ek jou pos lees moes ek twee keer kyk, want ek kon my oë nie glo nie
>- toe sit en glimlag ek van oor tot oor, want jy het my geheimpie wawyd
>oopgelę. Ek sing al die jare al "Amakeia" op die wysie van "Oh my darling,
>Clementine", maar ek dog ek's die enigste een ter węreld, en ek sou dit nooit
>so in die openbaar toegegee het nie , he he he! Kyk, ek's al alles genoem van
>"nogal weird!" tot "so mal soos 'n haas" en "stapelgek", so ek moet nou bietjie
>oppas as ek 'n tikseltjie "credibility" nog will handhaaf. Maar jy het my nou
>so vęr gedryf, kom ons sing maar saam:
>
>
>AMAKEIA ~ deur A.G. Visser
>
>('n voorval uit die Sesde Kafferoorlog).
>
>
>In die skadu van die berge,
>bos-beskut aan alle kant,
>staan alleen die hartbeeshuisie
>op die grens van Kafferland.
>
>Saggies neurie Amakeia
>op die wal van Kei-rivier,
>tot hy slaap, die tere wiggie
>van die blanke pionier:
Ens. ens.
Vira, you're a brick (jy is 'n baksteen? heh, heh,). Man, ek is ewig
in you dank. (Moenie notisie vat van my humorsin nie, want ek word
ook beskryf as "utterly wierd, with the sickest sense of humour").
In 'n vroër pos sę jy ek sal seker lekker huil? Maar ek sę vir jou
toe ek Amakeia deurlees, toe skree ek sommer snot en trane (of wassit
miskien maar net krokodil-trane?) So waarie vet man, ek het toe
sommer 'n groter knop in my keel, dat ekkie eens ......(nee wat, dis
'n sensetiewe ding die met my).
Ek het my 'n "Iomega Zip Drive" gekoop (een 3.5" skyfie hou 100 MB) en
al Gloudina se gediggies čn Amakeia op een spesiale skyfie gesit
(hierdie een word spesiaal net gehou vir gedigte en idiome). Eendag,
eeeendag, as ek so bietjie meer tyd op hanne het sal ek hulle ammal
oppie "web" (spinnerak?? heh, heh), op my eie tuisblad sit.
Nou, gepraat vannie "web": watter vertalings gee mens vir ((Nou gaan
ek die Engelse name gee, en dan my vertolking gee, met die hoop dat
miskien čen goeie siel (kan jy nou sien hoe kom die Anglisismis uit?)
my sal regtrek.))
World Wide Web = Węreld Wye Spinnerak?
Surf the Web = Golf die Branders oppie Spinnerak?
Browse the Web = Die Spinnerak Deurblaai?
Search Engine = Deurdringende Masjien?
Web Browser = Spinnerak Deurblaaier?
Dis maar nou net 'n paar van hulle (en Mense, ONTHOU!! dis ammal tong
innie kies, hoor?).
Voeg nog sommer so 'n paar by, mense en lat ons 'n bietjie pret hę
hier oppie Spinnerak in plaas van al die gemors wat mens moet lees van
al die "Left - and Right Wingers".
Alles ten Beste.
Van daai mal Kangeroo,
Mike.
>World Wide Web = Wêreld Wye Spinnerak?
>Surf the Web = Golf die Branders oppie Spinnerak?
>Browse the Web = Die Spinnerak Deurblaai?
>Search Engine = Deurdringende Masjien?
>Web Browser = Spinnerak Deurblaaier?
>>Web Page = Spinnerak Blad? <-- GeorgieBoy se nederige bydrae
>On 5/27/97 11:00AM, in message <N.052797....@196-22-65-78.IAFRICA.COM>,
>vi...@iafrica.com wrote:
>
>> Jammer mense, ek sien nou eers 'n tikfout raak, en wil dit net gou regstel:
>>> Knip,Knip en Snip >>>
>Groete,
>Vira.
>
Hello Vira,
Jammer dat ek so lank geneem het om jou te bedank vir
"Ossewa", maar toe ek die korreksie vir Amakeia lees, was dit versteek
op my rekenaar se skerm. Ek gebruik "Free Agent" as Nuus-leser (is
that the correct translation for News Reader?) en die skerm word in
drie verdeel, met die liggam van die pos in die onderste gedeelte.
toe sien ek mossie die anner stuk nie. Alwyn het hom ook gestuur
(maar net met drie versies) toe dink ek mos: "Jislaaik, ek het hom
mos nou, en ek was so opgewonne dat ek nie eens jou pos behoorlik
deurgelees het nie. Ek kry hom toe agterna, en ek " Zip" hom toe
sommer dadelik voordat my rekenaar kan "crash". (Dis nie onmoontlik
nie, want dit het al sommer baie kere gebeur)
"Anyhow, all's well that ends well, as they say in the classics".
Nogmaals, my hartlike dank vir al jou moeite.
Totsiens.
Mike.
(The Wizard of Oz???)
Wat van "Wêreldwydweb" vir World Wide Web? Ek dink dit is 'n mooi Afr
woord en dit sê lekkerder as die Engelse een. Ok, dit is afgelei van die
Engels (anglisisme?), maar what the hell, dit MOET tog iewers vandaan
kom.
--
Jonnie
Jonnie <jon...@anon.ac.za> wrote in article
<86523940...@dull.nac.ac.za>...
Jonnie,
Miskien is 'web' nie 'n anglisisme nie.
Web kom van die Ou Engelse woord 'wefan'. Ou Engels is
gevorm uit veral Anglies en Saksies. Ek het al voorheen
geskryf van my vermoede (Conjecture) dat Laag Saksies
(Nederduits) 'n noemenswaardige rol gespeel het in die
vorming van Afrikaans. Hier het ons tipies 'n voorbeeld
daarvan. Die woord 'wefan' het in Afrikaans 'weef' geword.
Maar selfs die woord 'web' word in Afrikaans gebruik vir 'n
spinnerak asook die swemvlies tussen 'n watervo"el se pote.
Daar is dus niks verkeerd om Wordl Wide Web te vertaal
met Wereld Wye Web nie. Volgens ons taalre"els behoort
ons wereldwye aanmekkat te skryf. Maar in die geval sou
dit nie pla nie om so die WWW te kan behou
Beste wense.
At de Lange