>Tussen mampoer en witblits?
Weetie - maar ek dink dis dieselle as moonshine!! :-))
(Dalk word witblits in die kaap gestook, en mampoer in die Transvaal?)
:-))
>Ek hoor daar is 'n mampoerfees hierdie naweek net buite Pretoria aan die
>gang - en daar gaan ook pap en kaiings wees.
>Sal more my eie pap en kaiings hier maak.:)
Nou hoededuiwel of van wanner af eet 'n Kypie dan nou pap hunh? :-)))
Terloops, is dit dan nou deesdae wettig om moonshine te maak in SA?
Moes mens nie destyds 'n spesiale permit of iets daarvoor gehad het
nie?
Wouter
Mampoer is oorspronklik 'n Noordelike (Transvaalse)
naam en word van enige soort vrugte gestook.
Witblits is 'n Kaapse produk en word tradisioneel net
van Hanepoot druiwe gestook.
Die prosesse is identies. En die name word deesdae meermale
omgeruil. Perskeblits, perskemampoer en perskebrandewyn is
dus dieselfde ding. So ook witblits en druiwemampoer, mits
laasgenoemde van Hanepoot is.
Ons mense laat hulle nie van 'n ou liksensietjie teehou as daar feesgevier
word nie;)
Annette
.com> wrote in message news:klgffucofqfclffjf...@4ax.com...
>Ek het mos in die Transvaal en Vrystaat grootgeword, so ek ken van
>kaiings;))
Eish - ek het alweer so bietjie vergeet om te onthou - jammer hoor?!
:-))
Maar dissie die kaiings wat ek oor worry nie. Ek ken van...:-))
Dis die PAP!!! Yeeeughy!! :-))
>Ons mense laat hulle nie van 'n ou liksensietjie teehou as daar feesgevier
>word nie;)
<g> So, wat jy sę is dat mens nogsteeds 'n lisensie nodig het?
As jy jou eie fees wil hou saam met jou pap en kaiings, en jy soek
witblits - laat my weet. Ek het nog goeie kontakte..) :-))))
> Witblits is 'n Kaapse produk en word tradisioneel net
> van Hanepoot druiwe gestook.
Dit is vir my snaaks dat ons geen hanepoot
druiwe hier in die vrugtewinkels kry nie.
Dit was vir my ook altyd so snaaks dat mens
nie die SA "suurlemoen" hier in Noord-Amerika
kry nie. Die een met die lekker los skil, en
dis minder suur as lemmetjies. Totdat ek eendag
'n vrug sien wat uit die Karibbiese area kom, en
wat "Ugly fruit" genoem word. Ek is seker die
SA suurlemoen is 'n kruising tussen 'n lemoen
en dié Ugly Fruit.
Gloudina
Danielle
Laat my nou dink aan Herman Charles Bosman se Oom Schalk Lourens wat
mos so lief vir die mampoer was?
Ai, hy het darem mooi stories geskryf.
Miskien het iemand anders ander verklarings, maar volgens die een
skakel sę hulle toe die volgende:
"Mampoer is a truly Transvaal tradition and traces its origins to the
Npedi chieftan Mampuru who discovered that if you distilled fruit that
had fermented you gave it more than a little extra kick"
en so bietjie verder:
"Mampoer is believed to be named after a chief of the Npedi tribe, one
Mampuru. The voortrekkers (pioneers) on their travels from the Cape to
the interior were given this drink which was distilled from the
maroela fruit which grew abundantly in that area."
Oor Witblits, sę hulle die volgende:
"Witblits is as old as South African viticulture itself. Its origins
go back to the 17th century when it was known as Cape Brandy. Later it
trekked inland with the Voortrekkers who called it Cape Smoke."
O ja, die skakel is hier:
http://www.nmk.co.za/products/spirits/mampoer-witblits.htm
> Totdat ek eendag
> 'n vrug sien wat uit die Karibbiese area kom, en
> wat "Ugly fruit" genoem word.
Ek dink dit word "Ugli" gespel (oorspronklik vanaf Jamaica).
> Miskien het iemand anders ander verklarings, maar volgens die een
> skakel sę hulle toe die volgende:
> "Mampoer is a truly Transvaal tradition and traces its origins to the
> Npedi chieftan Mampuru who discovered that if you distilled fruit that
> had fermented you gave it more than a little extra kick"
Volgens die Dictionary of South African
English kom die woord heelwaarskynlik van
die Sotho mampuru, strongest man.
Die verklaring vir mampoer: "Home distilled
spirit, particularly associated with the
Transvaal, often called peach brandy made of the
juice of peaches and numerous other soft fruits,
including wild marulas, medlars, prickly pears
and karree berries.
Gloudina
Ek wonder wat die oorspong van skokiaan sou wees?
Hantam
Wouter Plaasvark" > Tussen mampoer en witblits?
Wouter
Huh uh. White lightning is die vertaling van witblits :-)
Wouter
Skokiaan word gebrou deur gis (yeast) by gistende maroela of wat ook
te voeg. Die oorsprong is Zulu, sover ek weet. Dit word in elk geval by
Zulu-paarties gedrink. Dis 'n relatief goedkoop en onsuiwer brousel,
bedoel om 'n klomp mense vinnig gekoring te kry, anders as witblits
of mampoer, wat gedistilleer is soos ander edel spiritus.
Totally different league!
Hoe gaan daai liedjie?
(Nico Carstens het hom graag gespeel)
Jan Umfaan het sy ma geslaan
Nou drink hulle die skokiaan.....
Annette
"Katryn" <Stree...@hotmail.com> wrote in message
news:cesffuc3la7bf8v2b...@4ax.com...
Gloudina
Dit is vir my snaaks dat ons geen hanepoot
druiwe hier in die vrugtewinkels kry nie.
Wouter
Ek vermoed Hanepoot is meer van 'n wyndruiwe as
'n uitvoerdruif, Gloudina. Dit het gewoonlik heelwat
merke, ens op die korrels, dalk is dit te duur om
hanepoot te kweek dat dit mooi genoeg lyk om
oorsee te vervoer?
> Ek vermoed Hanepoot is meer van 'n wyndruiwe as
> 'n uitvoerdruif, Gloudina. Dit het gewoonlik heelwat
> merke, ens op die korrels, dalk is dit te duur om
> hanepoot te kweek dat dit mooi genoeg lyk om
> oorsee te vervoer?
Is hanepoot 'n Europese druif wat in
SA ingevoer is, of is dit lokaal
ontwikkel?
So nou en dan sien ek rosyntjies wat
lyk asof dit van hanepoot gemaak is
hier in die winkels. Hanepoot rosyntjies
is baie lekker, maar dit was nooit bemark
daar in die Noord Kaap in my jongdae nie.
Maar my pa het gereeld vir ons 'n paar
sakke hanepootrosyntjies gemaak.
Gloudina
<g> Sjuoor - en die eier was daar voor die hoener, nč? :-)))
Elke keer as my skuilnaam so in aanhalingstekens verskyn, dan voel dit
vir my of iemand vir my ore probeer aansit! :-)))
en (skies het nie 'n ander woord nie) kafferbier? Waarvan word dit gemaak?
Kry mens dit nog te koop? Onder watter naam gaan dit nou?
Kekkel
> Is hanepoot 'n Europese druif wat in
> SA ingevoer is, of is dit lokaal
> ontwikkel?
Ek dink dat dit 'Muscat d'Alexandrie' is. As dit so is, dan is dit 'n
Europese druif.
Hilda.
"Hilda" <h...@pandora.be> wrote in message
news:3L8K8.7509$ud....@afrodite.telenet-ops.be...
Wouter
Ek is nie 'n kenner hiervan nie, maar ek reken dit word onder andere
sorghumbier genoem. Dit word van graansorghum gebrou. Dit word
beslis nog in groot volumes gemaak, maar ek verstaan dit verloor
veld teen die sogenaamde helder bier.
.com> wrote in message news:3cf91...@news1.mweb.co.za...
Hilda
Ek dink dat dit 'Muscat d'Alexandrie' is. As dit so is, dan is dit 'n
Europese druif.
Wouter
Ja, dit klink reg, Hanepoot is Muscat d'Alexandrie
Volgens Internet bronne - o.a Hugh Johnson se History of Wine:
"the most ancient of Muscat grapes, the Muscat of Alexandria, brought
from the Eastern Mediterranean...planted in the Canary Islands ... may
have been a staging post for some of the vines that eventually found
their way to South Africa and Australia.
The genealogy of the Muscat subfamily of grapes is far from simple.
Van de Stel's Spanish Hanepoot (hen crap?) was the white Muscat of
Alexandria. His "Frontignac" (hence 'Qui vive's mistaken identity with
Frontignan) was the Muxcat ą Petits Grains, the finest but most
variable of the clan, at least in colour, ranging from white to a warm
brown.
Ek dink die "Muscat de Frontignan" is wat ons ken as Muskadel, en
Muscat d'Alexandrie is definitief die goedkoper, meer 'kommen'
Hanepoot.
>Nee hel Hilda, die hanepoot is baie groter as 'n muskiet;)))
Nee hel Annette - ek het al stories gehoor van Kanadese muskiete wat
jou hare sal laat rys! :-)))
Terloops, is dit nie vreemd dat julle 'n druif "hanepoot" noem nie?
Dis mos 'n gras of onkruid tipe van ding?
> Wouter
> Ek is nie 'n kenner hiervan nie, maar ek reken dit word onder andere
> sorghumbier genoem. Dit word van graansorghum gebrou.
Ek het gladnie van die smaak van kafferbier
gehou nie, maar dis glo, as dit goed gemaak
word, een van die beste voedsels wat jy kan
eet. Hulle het dit in Natalse hospitale
voorgeskryf vir sekere maagaandoenings.
Gloudina
>Hilda
>Ek dink dat dit 'Muscat d'Alexandrie' is. As dit so is, dan is dit 'n
>Europese druif.
>
>Wouter
>Ja, dit klink reg, Hanepoot is Muscat d'Alexandrie
Lank terug het ek 'n vreeslike rusie gehad met 'n vriend van my wat
gesę het dat vrouens BAIE meer praat/skryf as mans. Ek begin hom nou
glo (amper 15 jaar later) :-)))
(het sopas 'n ellelange stuk as antwoord geskryf aan Hilda om maar
eintlik dieselfde te sę as wat jy gesę het in 'n paar woorde -
sheesh!) :-)
> Ek dink die "Muscat de Frontignan" is wat ons ken as Muskadel, en
> Muscat d'Alexandrie is definitief die goedkoper, meer 'kommen'
> Hanepoot.
Tussen ons sultana-druiwe was daar 'n paar
stokke "kristal" druiwe. Om hierdie stokke
tussen al die ander te kry, moes ons onthou
waar hulle in die akker gestaan het, en moes
ons die stokke aftel ( soveel van die een
kant van die akker en soveel van die anderkant
van die akker) om op die regte een af te kom.
Die kristal-druiwe was ronder en groener en
fermer as hanepoot, en duidelik verskillend van
die sultana-vrug. Die kristaldruiwe-stokkies het
heelwaarskynlik per abuis ingesluip tussen die
ander, want die boere het hierdie stokkies uit
die Boland bestel. Sou kristaldruiwe ook van
Europese oorsprong wees?
Ek het nog op geen ander plek gesien dat
hulle die stokke gevleg het soos dit daar in die
Noord-Kaap in die wintermaande gedoen word nie.
Die stokkies-vlegter kies vir homself omtrent
vyf lote waarvan hy hou, en knip die res af. Dan
vleg hy hierdie lang lote in 'n soort ronde mandjie
se vorm. Die nuwe blare en lote groei dan aan hierdie
vlegsel die volgende lente.
Gloudina
> Nee hel Annette - ek het al stories gehoor van Kanadese muskiete wat
> jou hare sal laat rys! :-)))
Kanadese muskiete en huisvlieë is van die
luiste wat daar op aarde bestaan. Maar wat
hulle in stadigheid inboet, wen hulle in
die groot getalle wat die paar maande van
die laatlente en die somer orals rond is.
Die ding wat jou hare sal laat rys, is
die black flies. Gelukkig is hulle darem
net in die bosse rond.
Gloudina
> Ek het nog op geen ander plek gesien dat
> hulle die stokke gevleg het soos dit daar in die
> Noord-Kaap in die wintermaande gedoen word nie.
> Die stokkies-vlegter kies vir homself omtrent
> vyf lote waarvan hy hou, en knip die res af. Dan
> vleg hy hierdie lang lote in 'n soort ronde mandjie
> se vorm. Die nuwe blare en lote groei dan aan hierdie
> vlegsel die volgende lente.
Eintlik behoort ek stil te bly oor hierdie onderwerp, maar ek vind
veral bogenoemde baie interessant. In een van my boeke oor wyn - die
"Sotheby's Wine Encyclopedia", van Tom Stevenson, verduidelik hy van
al die verskillende metodes wat tradisioneel gebruik word vir "vine
training" soos jy ook hierbo beskryf. Dit lyk definitief asof die
metode wat jy beskryf 'n interessante variasie van die "Gobelet"
metode is. Dit val onder die "spur-training" tegnieke. Die ander
hoofgroep is "cane-training".
Hy noem onder die verskeie tegnieke dat een van die unieke Gobelot
sisteme word in Australiė gebruik, maar slegs in 'n paar baie ou
wynlande, waar hulle gewoonlik ook die Grenache tipe druif aangeplant
het. Hy noem dit die "bush-vine" tegniek.
Miskien moet jy uitvind of hierdie tegniek wat jy beskryf het,
nogsteeds in SA gebruik word. Dit sal mos 'n unieke bydrae kan maak
tot die wynwereld. Mens moet dit dan miskien onder bekendes soos Hugh
Johnson en Stevenson se aandag bring, sodat hulle dit kan opneem in
die argiewe vir die volgende publikasies van hulle boeke. Stevenson
se gedeelte oor Suid Afrikaanse wyne is veral baie goed.
Elkgeval...
> Hy noem onder die verskeie tegnieke dat een van die unieke Gobelot
> sisteme word in Australiė gebruik, maar slegs in 'n paar baie ou
> wynlande, waar hulle gewoonlik ook die Grenache tipe druif aangeplant
> het. Hy noem dit die "bush-vine" tegniek.
> Miskien moet jy uitvind of hierdie tegniek wat jy beskryf het,
> nogsteeds in SA gebruik word. Dit sal mos 'n unieke bydrae kan maak
> tot die wynwereld.
Wel, ek is seker hierdie soort ding is wel
źrens gedokumenteer. Dis vir my interessant
dat dit die "Gobelot" sisteem genoem word.
Dit klink dus van Franse oorsprong.
Ek sou aanneem hierdie "stokkies vleg"
manier van doen is spesiaal aangedui vir
sultana-druiwe. (Die Noord Kaap en sekere
dele van Australiė was in my kinderdae die
twee beste sultana-rosyntjies produserende
streke in die wźreld.)
Miskien lei hulle ook nou in die Noordkaap
die druiwe langs draadheinings op. Dis seker
goedkoper as om elke winter 'n hele klomp
arbeiders te betaal om die stokke individueel
te kom vleg.
Gloudina
"Wouter Plaasvark" <plaa...@shotmail.com>