Google Groups no longer supports new Usenet posts or subscriptions. Historical content remains viewable.
Dismiss

Woltemade se perd

642 views
Skip to first unread message

Teunis vanRee

unread,
Jan 14, 1998, 3:00:00 AM1/14/98
to

Iemand vra my nou die dag wat was die naam van Wolraad Woltemade se perd.
Ek het nie gedink dis bekend nie, maar sy verseker my sy het die naam erens
gesien. Nou is ek nuuskierig....weet een van julle miskien wat dit was?
Nie een van die amptelike stories wat ek sover gelees het, noem sy naam nie,
maar nou verneem ek Leipoldt en Keet het oor Woltemade gedig. Miskien kom
die naam daarin voor? asseblief, die nuuskierigheid vreet my op!!

Groetnis

http://www.nis.za/~vanreet/index.html


Julia

unread,
Jan 15, 1998, 3:00:00 AM1/15/98
to

Ek is seker sy naam was Fiefie.

J

Teunis vanRee <van...@users.ilink.co.za> wrote in article
<69iv03$1h6$1...@ilink3.nis.za>...

piet

unread,
Jan 15, 1998, 3:00:00 AM1/15/98
to

waaroor ek meer wonder, is hoekom dit enigsins belangrik is.

Key Bored

unread,
Jan 15, 1998, 3:00:00 AM1/15/98
to

Wat _ek_ wil weet is die naam van sy broer. Is dit waar hulle het
hom Vleisraad genoem?


A


Knormoer

unread,
Jan 15, 1998, 3:00:00 AM1/15/98
to

Kan eerder sien hoekom iemand dit wil weet as om bv te wil weet watter boek
mens gelees het

knormoer

piet <ja...@jakeworld.com> wrote in article
<69ko2b$lvv$1...@asgard.sprintlink.co.za>...

diaan

unread,
Jan 15, 1998, 3:00:00 AM1/15/98
to

My geld is op "Poon", eerder as "Black Beauty".

Het nog altyd gedink iemand met die naam van 'n Landbouraad het kannie
lekker wesie.

Teunis vanRee

unread,
Jan 16, 1998, 3:00:00 AM1/16/98
to

Mense, wanneer laas het een van julle geglimlag hmmm?

Knormoer (a...@afrikaans.za) wrote:
: Kan eerder sien hoekom iemand dit wil weet as om bv te wil weet watter boek
: mens gelees het

Dankie knormoer.

: piet <ja...@jakeworld.com> wrote in article


: <69ko2b$lvv$1...@asgard.sprintlink.co.za>...
: | waaroor ek meer wonder, is hoekom dit enigsins belangrik is.

Wie het gese dis belangrik? En moet tog seblief nie jou ou koppie daaroor
breek nie.

: | "Julia" <inc...@dom.sc> wrote:
: |
: | >Ek is seker sy naam was Fiefie.

: |

Baie baie dankie Julia, so behulpsaam...

: | >Teunis vanRee <van...@users.ilink.co.za> wrote in article


: | ><69iv03$1h6$1...@ilink3.nis.za>...
: | >>
: | >> Iemand vra my nou die dag wat was die naam van Wolraad Woltemade se
: perd.

: |
: | >> gesien. Nou is ek nuuskierig....weet een van julle miskien wat dit
: was?
: |

Ek neem aan niemand weet nie.

Liefdegroete.

jack

unread,
Jan 17, 1998, 3:00:00 AM1/17/98
to

Teunis vanRee wrote:
>
> Iemand vra my nou die dag wat was die naam van Wolraad Woltemade se perd.
> Ek het nie gedink dis bekend nie, maar sy verseker my sy het die naam erens
> gesien. Nou is ek nuuskierig....weet een van julle miskien wat dit was?
> Nie een van die amptelike stories wat ek sover gelees het, noem sy naam nie,
> maar nou verneem ek Leipoldt en Keet het oor Woltemade gedig. Miskien kom
> die naam daarin voor? asseblief, die nuuskierigheid vreet my op!!
>
> Groetnis
>
> http://www.nis.za/~vanreet/index.html
Die gedig oor Wolraadt van Leipolt

Hoera vir Wolraadt Wolraadt Te Made
Hoera vir Wolraadt, hys vasberade

Hy gaan na die beech om die surf uit te kyk
Sien daar n skippie lelik in die knyp

Hy wou toe gaan om die mense te red
maar sy perdjie was te vet

Hoera vir Wolraadt Wolraad te made
Hoera vir Wolraadt hys vasberade.

Leipolt se spelling was maar treurig omdat hy in die taalstryd groot
geword het toe die mense nog nie mooi Afrikaans kon praat nie. Hy het
egter in sy eenvoud baie gediggies geskryf terwyl hy zol gerook het. n
Ander mooi Afrikaanse gediggie wat my te binne skiet oor Racheltjie de
Beer wat haar broertjie gered het en mens aan die hart gryp was soos
volg:

Hoera vir Rachel, Rachel de Beer
Hoera vir Rachel sy sit my neer

Sy stop haar broertjie in n ertvark gat
Dit was so koud en dit was so nat

Haar broertjie se "ek is honger en dors"
Sy se "ag shut-up, dis n bleddie gemors"

Hoera vir Rachel, Rachel de Beer
Hoera vir Rachel, sy sit my neer.

Dan het Leipolt nog vele meer gediggies gedig wat te veel is vir mens om
vandag op mens se keybord met een vingertjie te sit en uit-tik maar
nogtans in die mond van die volk vir ewig sal bly en verheerlik word en
in die hart van die Afrikaner gedra en gekoester sal word. Leipolt het
nooit die helde onder die kindertjies van die Afrikaner vergeet nie en
ook bv gedig oor Dirkie Ys en andere terwyl hy "stoned" agter op die
kakebeenwa gele het. As mens maar dink aan die soet woorde van - Hoera
vir Dirkie, Dirkie Ys, Hoera vir Dirkie hyt hom ooreis. Vir die Zoeloes
was Dirkie nie bang, Hy skiet hulle met sy sanna, katang katang - DAN
KAN MENS NET SE, DANKIE VIR MENSE SOOS LEIPOLT.

pacma...@gmail.com

unread,
May 28, 2014, 12:47:45 PM5/28/14
to

mdenn...@gmail.com

unread,
May 1, 2015, 5:36:00 AM5/1/15
to
Woltemade se perd se naam was Vonk

amand...@gmail.com

unread,
Aug 2, 2016, 2:35:43 AM8/2/16
to
On Wednesday, January 14, 1998 at 10:00:00 AM UTC+2, Teunis vanRee wrote:
> Iemand vra my nou die dag wat was die naam van Wolraad Woltemade se perd.
> Ek het nie gedink dis bekend nie, maar sy verseker my sy het die naam erens
> gesien. Nou is ek nuuskierig....weet een van julle miskien wat dit was?
> Nie een van die amptelike stories wat ek sover gelees het, noem sy naam nie,
> maar nou verneem ek Leipoldt en Keet het oor Woltemade gedig. Miskien kom
> die naam daarin voor? asseblief, die nuuskierigheid vreet my op!!
>
> Groetnis
>
> http://www.nis.za/~vanreet/index.html

Sy naam was VONK ('n Skimmel hings - sien www.mieliestronk.om)

wim.k...@gmail.com

unread,
Sep 18, 2017, 6:59:25 AM9/18/17
to
On Wednesday, 14 January 1998 10:00:00 UTC+2, Teunis vanRee wrote:
> Iemand vra my nou die dag wat was die naam van Wolraad Woltemade se perd.
> Ek het nie gedink dis bekend nie, maar sy verseker my sy het die naam erens
> gesien. Nou is ek nuuskierig....weet een van julle miskien wat dit was?
> Nie een van die amptelike stories wat ek sover gelees het, noem sy naam nie,
> maar nou verneem ek Leipoldt en Keet het oor Woltemade gedig. Miskien kom
> die naam daarin voor? asseblief, die nuuskierigheid vreet my op!!
>
> Groetnis
>
> http://www.nis.za/~vanreet/index.html

Die Perd se naam was Vonk, Fleur was Gnl De Wet se perd se naam net so terloops
0 new messages