|This is a multi-part message in MIME format.
|--------------1B0C0C726DACFFD0081209BC
|Content-Type: text/plain; charset=us-ascii
|Content-Transfer-Encoding: 7bit
|
|Orkaan, Sikloon en 'n Tifoon. Wat is die verskil tussen almal en wat
|veroorsaak dit? Wat is 'n Hurricane in Afrikaans?
|
Pierre,
Hier waar ek bly en verder af suid in die middel van die VSA, kry ons tornados -
die "funnel clouds" waarna ouens verwys. Hulle is klein en sterk - waar 'n
tornado gaan sit het, lê daar 'n strepie verwoesting 'n halwe kilometer wyd (min
of meer) en 'n paar kilometer lank. Hy werk amper soos 'n "blender" - daar kom
niks heel uit hom uit nie - niks. Ek en my gesin het al 'n paar aande in die
basement deurgebring, maar gelukkig het ons nog nie een gesien nie.
Daar is 'n lekker beskrywing by
http://whyfiles.news.wisc.edu/013tornado/index.html
'n Orkaan is 'n Hurrican en dis die goed wat daar aan die weskus van Afrika
ontstaan, oor beweeg hier na die karribiese see toe en dan die ouens aan die
Amerikaanse suid-oos kus 'n harde tyd gee. Hulle is baie groot (Huidege een is
700myl in deursnee) en het die oog in die middel waar die wind nie waai nie.
Daar is 'n mooi beskrywing by
http://whyfiles.news.wisc.edu/073hurricane/2.html
Brian Farr bespreek 'n sikloon mooi op sy verwysingsblad:
http://www.atms.unca.edu/~farr/atcqrg.html
'n Tifoon is dieselfde as 'n orkaan, maar is die naam wat dit in 'n ander wereld
deel het.
Hier is Brian se opsomming:
"Throughout the world the tropical cyclone is known by different names. The term
hurricane comes from the Spanish word huracan, meaning evil spirit. The Indian
tribes of the Caribbean called the god of stormy weather Hunrakan. Many other
local names were used to describe these wind storms. The Atlantic basin, East
Pacific, and South Indian Ocean use the word hurricane. Typhoon is used in the
West Pacific Ocean as well baguio. Cyclone is used in the North Indian Ocean and
near Australia. Willy-willi is a local term describing a hurricane in Australia"
So ver my aardrykskunde vannuit my skooldae my herinner, het dit iets te
doen met die rigting van die wind - een tol kloksgewys, en die nader
anti-kloksgewys - of so iets? (Ek dink ook daar is 'n verskil ten opsigte
van die windrigting afhangende of dit in die suidelike of noordelike
halfrond plaasvind).
Heel toevallig gesels ek Saterdag met 'n jong skoolseun van 'n vriend van my
juis oor die winde....hy het gepraat van 'hurricanes', tornados', en
'twisters'. Om die gesprek 'n bietjie op te kikker het ek hom uitgevra oor
die verskille. Sy antwoord het te doen gehad met die vorm van die wind - hy
het dit mooi geteken vir my - 'n 'huricane' is erg tregter-vormig, 'n
'tornado' is baie spits-vormig, en 'n 'twister' is 'n deurmekaar spul van
beide die twee wat nie 'n bepaalde roete volg nie, maar eerder deurmekaar
waai.
Is 'n orkaan en sikloon nie winde wat nie noodwendig met reën gepaard gaan
nie, en 'n tifoon 'n wind waarby erg reën by betrokke is nie?
Iets waaroor ek nie seker is nie, maar wel weet dat daar so iets bestaan, is
dat die winde wel verkskillende name het - party het mans-name, en ander
vroue-name - ek dink dit het ook miskien iets te doen met halfronde...of
miskien nie.
Hoop dit help!
Jan van Perth.
(IBICF)
djle...@bigfoot.com
squa...@perspiration.com.au
http://www.perspiration.com.au
ICQ 21792471
Pierre Du Plessis <Pierre.D...@sabre.com> wrote in message
news:37DF9306...@sabre.com...