Google Groups no longer supports new Usenet posts or subscriptions. Historical content remains viewable.
Dismiss

Wie kan help?

43 views
Skip to first unread message

Tobie

unread,
Feb 2, 2002, 11:38:56 AM2/2/02
to
Die dorp Gravenhage, in watter van die lande in Europa is dit geleë?
Ek het 'n voorwerp hier wat in daardie dorp/stad vervaardig is.
Die vervaardiger se naam is: W. Vervloet & Zoon
Op die voorwerp is die volgende geskryf. Daar mag meskien 'n
fout in die spelling wees as gevolg van ek wat dit meskien
anders sien. JE MAINTIENDRAI
Ek het nie eintlik meer inligting nie, behalwe dat ek nog moet sę
wat die voorwerp is.
Arthur, hoe lyk dit, lus vir 'n fietsrit na Gravenhage? :-)
--

Arthur Hagen

unread,
Feb 2, 2002, 12:09:36 PM2/2/02
to
"Tobie" schreef...

> Die dorp Gravenhage, in watter van die lande in Europa is dit geleë?

Teën enige Hagenees wat dit lees kan ek net sę "sien jy nou, selfs aan die
andere kant van die węrld weet hulle dat Den Haag geen stad is nie maar 'n
dorp!".

's Gravenhage is die deftige naam vir Den Haag

> Ek het 'n voorwerp hier wat in daardie dorp/stad vervaardig is.
> Die vervaardiger se naam is: W. Vervloet & Zoon
> Op die voorwerp is die volgende geskryf. Daar mag meskien 'n
> fout in die spelling wees as gevolg van ek wat dit meskien
> anders sien. JE MAINTIENDRAI

Ek sal (my) handhaaf. Die lyfspreuk van die Oranjes.

> Ek het nie eintlik meer inligting nie, behalwe dat ek nog moet sę
> wat die voorwerp is.
> Arthur, hoe lyk dit, lus vir 'n fietsrit na Gravenhage? :-)

Lus of geen lus nie, ek moet iedere werkdag na Den Haag fiets .... die
municipaliteit van Den Haag is my werkgewer :-)

Arthur


Davie Davis

unread,
Feb 2, 2002, 12:04:57 PM2/2/02
to
On Sat, 2 Feb 2002 18:38:56 +0200, "Tobie" <tmdv@isat_nospam.co.za>
wrote:

> Daar mag meskien 'n
>fout in die spelling wees as gevolg van ek wat dit meskien
>anders sien. JE MAINTIENDRAI

Heel tereg (let wel, tereg en nie terg) daar is beslis 'n fout in die
spelling Tobie :-)

@rogers.com

unread,
Feb 2, 2002, 1:52:09 PM2/2/02
to

Tobie wrote:


JE MAINTIENDRAI
> Ek het nie eintlik meer inligting nie, behalwe dat ek nog moet sę
> wat die voorwerp is.
> Arthur, hoe lyk dit, lus vir 'n fietsrit na Gravenhage? :-)

Hy sal bietjie ver moet ry.
Dis Frans.

Madame Hessie du Helsdingen


Arthur Hagen

unread,
Feb 2, 2002, 2:35:58 PM2/2/02
to
Gloudina schreef...

> Tobie wrote:
> JE MAINTIENDRAI
> > Ek het nie eintlik meer inligting nie, behalwe dat ek nog moet sę
> > wat die voorwerp is.
> > Arthur, hoe lyk dit, lus vir 'n fietsrit na Gravenhage? :-)
>
> Hy sal bietjie ver moet ry.
> Dis Frans.

Soos ek al aan Tobie verduidlik het, is 'Je Maintaindrai' die lyfspreuk van
die familie van Oranje-Nassau. Dis in Frans omdat Orange (ooit eiendom van
die familie van Oranje-Nassau) 'n Franse stad is.

's Gravenhage is die hofstad. Beide die werkpaleis (Paleis Noordeinde) en
die woonpaleis (Huis ten Bosch) van die huidige koningin is in Den Haag.

Dis oorigens nie ongebruiklik vir koningshuise om lyfspreuke in andere tale
te het nie. Dink aan die Windsors met 'Ick dien' ...

> Madame Hessie du Helsdingen

'Du' en nie 'des' nie?

Groete,
Arthur


@rogers.com

unread,
Feb 2, 2002, 3:23:43 PM2/2/02
to

Arthur Hagen wrote:


> Dis oorigens nie ongebruiklik vir koningshuise om lyfspreuke in andere tale
> te het nie. Dink aan die Windsors met 'Ick dien' ...
>
>
>>Madame Hessie du Helsdingen
>>
>
> 'Du' en nie 'des' nie?


Wel, vir een helsdingen ( " 'n ding
uit die hel") is dit tog seker "du."
As dit nou van "die van Helsdingens"
was, dan sou ek seker "des" moes
gebruik het.

Madame Hessie des Helsdingens originales.


Arthur Hagen

unread,
Feb 2, 2002, 5:46:28 PM2/2/02
to
Gloudina schreef...

> Arthur Hagen wrote:
> >>Madame Hessie du Helsdingen
> > 'Du' en nie 'des' nie?
>
> Wel, vir een helsdingen ( " 'n ding
> uit die hel") is dit tog seker "du."
> As dit nou van "die van Helsdingens"
> was, dan sou ek seker "des" moes
> gebruik het.
>
> Madame Hessie des Helsdingens originales.

Nee, jy kan 'die van Helsdingens' net met 'les Helsdingens' vertaal.

Dit lyk vir my oorigens 'Helsdingen' is 'n meervoud. Een helsding, twee
helsdingen. Maar ek weet daar is ook 'n dorp met die naam, dus waarskynlik
moet dit nie 'des' wees nie en ook nie 'du' nie, maar net 'de'.

Groete,
Arthur

@rogers.com

unread,
Feb 2, 2002, 6:56:54 PM2/2/02
to

Arthur Hagen wrote:


Maar ek weet daar is ook 'n dorp met die naam

Ek neem aan jy praat van die dorp
in Nederland. Kan jy verduidelik
waar in Nederland dit is. Het julle
ook 'n uitdrukking soos ons oor die
van Helsdingens? Die Van Helsdingens
is daardie mense wat nie met hulle laat
speel nie, wat omge-ellie is, wat ander
op hulle plek sit op amper op 'n mitiese
manier. So byvoorbeeld, as die dag breek,
dan maak die van Helsdingen hom heel.
As die bliksem slaan, dan slaan die
van Helsdingen terug.

Gloudina

Kinky

unread,
Feb 2, 2002, 11:49:04 PM2/2/02
to
"@rogers.com" <@rogers.com> wrote in message news:<3C5C7DA2...@rogers.com>...

> >
>
> Ek neem aan jy praat van die dorp
> in Nederland. Kan jy verduidelik
> waar in Nederland dit is. Het julle
> ook 'n uitdrukking soos ons oor die
> van Helsdingens?

KinkY: Namens wie praat jy nou Rogers? Wie is die 'ons' in jou pond?

Tobie

unread,
Feb 3, 2002, 5:47:55 AM2/3/02
to
:-P``````````~~~~~~''' :-)
--

"Davie Davis"
: Heel tereg (let wel, tereg en nie terg) daar is beslis 'n fout in die
: spelling Tobie :-)


Arthur Hagen

unread,
Feb 3, 2002, 5:58:53 AM2/3/02
to
Gloudina schreef...

> Arthur Hagen wrote:
> Maar ek weet daar is ook 'n dorp met die naam
>
> Ek neem aan jy praat van die dorp
> in Nederland. Kan jy verduidelik
> waar in Nederland dit is.

Dis naby Vianen, suidlik van Utrecht.

http://makeashorterlink.com/?S2A126E5


> Het julle
> ook 'n uitdrukking soos ons oor die
> van Helsdingens?

Nee, ons het nie so'n legendariese familie nie .... die enige vanne wat ek
kan bedink wat ons in uitdrukkings gebruik is die van (het huishouden van)
Jan Steen en (jongens van) Jan De Wit.

Groete,
Arthur


@rogers.com

unread,
Feb 3, 2002, 11:07:19 AM2/3/02
to

Kinky wrote:

Het julle
>> ook 'n uitdrukking soos ons oor die
>> van Helsdingens?
>>
>
> KinkY: Namens wie praat jy nou Rogers? Wie is die 'ons' in jou pond?


Ek praat namens Afrikaans-sprekendes,
waarvan ek een is. Dis hoeveel onse
op my pond is. Klim jy ook nou op
die waentjie wat vir mense wil vertel
wie nou namens Afrikaans kan praat,
en wie nie? Skaam jou.

Tant Hessie van Helsdingen, in die
Kanadese provinsie van die wêreldstaat.

Tobie

unread,
Feb 3, 2002, 6:00:39 AM2/3/02
to
Ok Baie dankie Arthur
<wonder> hoekom sou ek geweet het dat Arthur wel kon help?
Arthur kan ek jou vra om in die telefoonboek / Yellowpages te kyk of die
besigheid
nog bestaan? W. Vervloet & Zoon.
As daardie besigheid nog bestaan, al wat ek dan kan sę is "WOW!!!" Die
eienaar sal paar honderd jaar oud wees :-)
Ek gaan die voorwerp skandeer en plaas op die ng, of dit vir jou aanstuur.

Nou wonder ek hoekom sou die naam Gravenhage wat deftig is, vervang word met
die 'commen' naam Den Haag. :-) Wat het dan in die in die geskiedenis gebeur
dat dit sou verander het?
Ek vra ekskuus aan die inwoners dat ek gesę het dorp / stad, ek het regtig
nie geweet dat dit die ou naam was van Den Haag nie. :-))))
--

Arthur Hagen

unread,
Feb 3, 2002, 4:02:06 PM2/3/02
to
"Tobie" schreef...

> Ok Baie dankie Arthur
> <wonder> hoekom sou ek geweet het dat Arthur wel kon help?
> Arthur kan ek jou vra om in die telefoonboek / Yellowpages te kyk of die
> besigheid nog bestaan? W. Vervloet & Zoon.

Daardie besigheid bestaan waarschynlik nie meer nie. Ek kan hom tenminste
nie vind nie. Daar staan nog wel 4 Vervloets in die telefoonboek vermeld. Ek
kan by die argiewe navraag as ek jou 'voorwerp' interessant vind :-)

> As daardie besigheid nog bestaan, al wat ek dan kan sę is "WOW!!!" Die
> eienaar sal paar honderd jaar oud wees :-)

'n besigheid kan blyf bestaan na die dood van die eienaar. Neem byvoorbeeld
die drukker van Nederlands bankbiljette -Joh. Enschedé- wat al 300 jaar
bestaan.

> Ek gaan die voorwerp skandeer en plaas op die ng, of dit vir jou aanstuur.

Ek is baie nuuskierig! Waarom doen jy so geheimsinnig oor 'die voorwerp' of
weet jy net nie wat dit is nie?

> Nou wonder ek hoekom sou die naam Gravenhage wat deftig is, vervang word
met
> die 'commen' naam Den Haag. :-) Wat het dan in die in die geskiedenis
gebeur
> dat dit sou verander het?

Dis juis andersom. Die ou naam is Den Haag (Die Haghe), maar mense het
gedink dis nie deftig genoeg nie :-)

Groete,
Arthur


@rogers.com

unread,
Feb 3, 2002, 10:21:49 PM2/3/02
to

Arthur Hagen wrote:


> Dis naby Vianen, suidlik van Utrecht.

>> Het julle


>> ook 'n uitdrukking soos ons oor die
>> van Helsdingens?
>>
>
> Nee, ons het nie so'n legendariese familie nie .... die enige vanne wat ek
> kan bedink wat ons in uitdrukkings gebruik is die van (het huishouden van)
> Jan Steen en (jongens van) Jan De Wit.


Dankie Arthur. Ek neem dus aan ons
Van Helsdingens se naam kom van die
Nederlandse dorp af, want sover ek
weet is daar nie so 'n plek in SA
nie.
Wat is die storie agter Jan Steen en
Jan de Wit?

Gloudina


Arthur Hagen

unread,
Feb 4, 2002, 2:24:27 PM2/4/02
to
Gloudina schreef...
> Arthur Hagen wrote:
> > Nee, ons het nie so'n legendariese familie nie .... die enige vanne wat
ek
> > kan bedink wat ons in uitdrukkings gebruik is die van (het huishouden
van)
> > Jan Steen en (jongens van) Jan De Wit.
>
> Wat is die storie agter Jan Steen en
> Jan de Wit?

Jan Steen was een schilder en op veel taferelen zijn rommelige huishoudens
afgebeeld. 'Een huishouden van Jan Steen' betekent dan ook dat je vindt dat
iemand een rommeltje maakt van het huishouden.

Johan de Witt was pensionaris voor Dordrecht en later raadspensionaris in
het eerste stadhouderloze tijdperk. In het rampjaar (1672) werd zijn broer
Cornelis beschuldigd van een moordaanslag op de prins van Oranje. Hij werd
vrijgesproken, maar toen Johan hem uit de gevangenis in Den Haag ging halen,
werden beiden door een meute gelynched.

Als een gezonde, stevige jonge knaap loopt te klagen dat ie moe is of het
koud heeft wordt wel eens gevraagd 'ben jij nou een jongen van Jan de Witt'?

Groeten,
Arthur


Tobie

unread,
Feb 4, 2002, 4:21:31 PM2/4/02
to
<@rogers.com>
: JE MAINTIENDRAI
: Hy sal bietjie ver moet ry.
: Dis Frans.
~~
nou hoe lank sal dit dan vir Arthur neem om Frankryk toe te ry, halfdag?
'mind you', die pad is seker verys, mag meskien sy rug verder seermaak.
Maar soos ons kan sien het hy die die 'lyfspreuk' van die Oranjes "Ek sal
(my) handhaaf"
sommer geken.
erm .... wat is die Oranjes ... koninggesindes of wat?
al wat ek kan onthou van Oranjes is daardie liedjie wat ons op skool geleer
het.
"Hebt jy al gehoor van de silverenvloot, de silveren vloot van Oranje" en
dan
was daar nog appeltjies aanboord .... ens. ens.
Onthou jy dit nog? Ek kan dit nou sing, maar wil nou nie die kinders in jou
huis
wakker gemaak het nie. ;-)
--

Arthur Hagen

unread,
Feb 5, 2002, 2:58:10 PM2/5/02
to
"Tobie" schreef...

> nou hoe lank sal dit dan vir Arthur neem om Frankryk toe te ry, halfdag?

Met die motor? Omtrent 3 uur na Rijssel (Lille).

> 'mind you', die pad is seker verys, mag meskien sy rug verder seermaak.

Verys? Nee, dit lyk hier lente. Saterdag was sonnig en 15 grade! Ek het al
bome sien bloei ....

> erm .... wat is die Oranjes ... koninggesindes of wat?

Die huis van Oranje-Nassau, ons koningshuis.

> al wat ek kan onthou van Oranjes is daardie liedjie wat ons op skool
geleer
> het. "Hebt jy al gehoor van de silverenvloot, de silveren vloot van
Oranje" en
> dan was daar nog appeltjies aanboord .... ens. ens.

Hierdie is 'n liedjie oor Piet Heyn (wat hier in Delft begrawe lę) ....

Heb-je van de Zilveren Vloot wel gehoord,
De zilveren Vloot van Spanje?
Die had er veel Spaanse matten aan boord
En appeltjes van Oranje!

Groete,
Arthur


Tobie

unread,
Feb 5, 2002, 3:38:46 PM2/5/02
to
"Arthur Hagen"
: Ek is baie nuuskierig!
~~~
ok Arthur, gee vir hans 'n kans en ek stuur vir jou die geskandeerde jpg. ek
sal dit so klein as moontlik maak sodat dit nou nie heel aand neem om
aftelaai nie. Dankie vir jou moeite sover. Jy's ook maar lekker nuuskierig
nę :-) Ek ook, om die waarheid te sę. Sou wil weet of dit so paar honderd
duisend rand werd kan wees. :-))))))))))))))))))))))))) <------- 'check
daai million dollar smile'
--

Tobie

unread,
Feb 5, 2002, 3:43:01 PM2/5/02
to
"Arthur Hagen"
: Hierdie is 'n liedjie oor Piet Heyn (wat hier in Delft begrawe lę) ....

:
: Heb-je van de Zilveren Vloot wel gehoord,
: De zilveren Vloot van Spanje?
: Die had er veel Spaanse matten aan boord
: En appeltjes van Oranje!
~~
ag natuurlik, Piet Heyn, jy is reg, het dit nou net gesing,
Piet Heyn zyn naam is klein, zy daden benden groot ..... etc etc :-))
--

Arthur Hagen

unread,
Feb 5, 2002, 3:46:09 PM2/5/02
to
"Tobie" schreef...

> "Arthur Hagen"
> : Ek is baie nuuskierig!
> ~~~
> ok Arthur, gee vir hans 'n kans en ek stuur vir jou die geskandeerde jpg.
ek
> sal dit so klein as moontlik maak sodat dit nou nie heel aand neem om
> aftelaai nie.

Stuur dit asseblief na my reguliere adres. Hotmail aksepteer geen grote
aanhangsels nie.

My adres is hagenaa(at)caiw.nl

Moenie die jpg te klein maak nie; ek het 'n baie vinnige verbinding!

Groete,
Arthur


Tobie

unread,
Feb 5, 2002, 3:54:26 PM2/5/02
to
ok
-
"Arthur Hagen"
: Stuur dit asseblief na my reguliere adres.


Tobie

unread,
Feb 5, 2002, 4:06:05 PM2/5/02
to
ok Arthur hy is weg na jou toe 59.5kb jpg
van die 'voorwerp' :-)
--

Arthur Hagen

unread,
Feb 5, 2002, 4:16:01 PM2/5/02
to
"Tobie" schreef...
> ok

Prachtig! Ik zal eens zien of ik iets over een Vervloet kan vinden die dit
gemaakt kan hebben!

Misschien kun je je vraag ook eens stellen op alt.military.collecting. Daar
zitten waarschijnlijk mensen met veel kennis hierover.

Ik laat het je weten als ik iets ontdek ....

Groeten,
Arthur


0 new messages