Google Groups no longer supports new Usenet posts or subscriptions. Historical content remains viewable.
Dismiss

"Muskiete jag" deur A.D. KEET

11,685 views
Skip to first unread message

sympatico.ca

unread,
Aug 12, 1999, 3:00:00 AM8/12/99
to

MUSKIETE JAG
A.D. Keet

Jou vabond, wag, ek sal jou kry,
Van jou sal net ‘n bloedkol bly
Hier teen my kamermure.
Deur jou vervloekte gonsery,
Deur jou gebyt en plagery
Kon ek nie slaap vir ure.

Mag ek my voorstel, eer ons skei,
Eer jy die doodslag van my kry -
My naam is van der Merwe.
Muskiet, wees maar nie treurig nie,
Wees ook nie so kieskeurig nie.
Jy moet tog ééndag sterwe.

Verwekker van malaria,
Sing maar jou laaste aria -
Nog een minuut vir grasie.
Al soebat jy nou nòg so lang,
Al sê jy ook: ek is nie bang,
Nooit sien jy weer jou nasie...

Hoe sedig sit hy, o die kreng!
Sy kinders kan maar kranse breng,
Nòu gaan die vabond sterwe.....
Pardoef! Dis mis! daar gaan hy weer!
Maar dóód sal hy, sowaar ek sweer -
My naam is van der Merwe.

Daniel

unread,
Aug 13, 1999, 3:00:00 AM8/13/99
to
Gloudina,

Dankie-tog jy is terug.....ek het verlang na jou gedig-plasings!

Dankie,

Jan van Perth.--
{IBICF}
djle...@bigfoot.com
ICQ 21792471
<@sympatico.ca> wrote in message news:37B35FBA...@sympatico.ca...

MUSKIETE JAG
A.D. Keet

Thys de Wet

unread,
Aug 13, 1999, 3:00:00 AM8/13/99
to
Gloud's is terug!

Gedag van haar sal net 'n bloedkol bly
hier op my rekenaarskerm
O die kreng!
die discdrive wou gaan 'defragment'
oor hul gekerm oor 'glouds'
hier op die kuberruimte

(Met apologie aan AD Keet)
Aag wat, staak tog die gekerm oor Gloudina. Sy doen dit immers in
Afrikaans...


Daniel wrote in message <7p05oo$9fv$1...@news.iinet.net.au>...

sympatico.ca

unread,
Aug 13, 1999, 3:00:00 AM8/13/99
to

Thys de Wet wrote:

> Gloud's is terug!
>
> Gedag van haar sal net 'n bloedkol bly
> hier op my rekenaarskerm

Kerels, ek is darem al 'n hele rukkie terug.
Kompleet met 'n nuwe bediener. Sympatico
is die internet-arm van Bell Canada. Ons
betaal $25 dollars vir 200 uur aansluiting en
nog 50 uur omdat ons Bell vir ons telefoon-
aansluiting het.

Ek lees en pos nou op Netscape. Ek wonder
of dit vir Lou tevrede stel. Hy het mos gekla
dat my oorspronklike poste nie in die threads
inpas nie.

Gloudina


Johan

unread,
Aug 14, 1999, 3:00:00 AM8/14/99
to
Muskiete jag
JN Potgieter (Met apologie aan die heer Keet)

Jou vabond, wag ek sal jou kry,
Van jou sal net 'n droė vel bly
Hier in my eie Minnesota
Deur jou gebraai en spuitery
Deur jou "Off" en smeerdery
Het ek gesukkel met my kwota.

Mag ek my voorstel, eer ek eet,
Eer ek my lekker dik gaan vreet -
My naam is muskiet Anopheles
Meneer, wees maar nie treurig nie,


Wees ook nie so kieskeurig nie.

Jy weet ek gaan jou altyd pes.

Draer van malaria,
Ek sing vir jou 'n aria -
Nog een keer om jou kop te vlieg.
Al waai jy nou so wild en weer,
Al vloek jy, ja, en sweer,
Ek gaan bietjie in jou bloed kom spuug.

Hoe suiglik sit ek, stewig en dors!
Kom kinders, hiers genoeg om mee te mors.
Hy slaan en dink hy gaan my kwes…
Pardoef! Dis mis! Hie gat ek wee…
Maar baie eet sal ek, sowaa, ek swee -
My naam is Anopheles!


zainab.m...@gmail.com

unread,
Dec 7, 2013, 8:33:39 PM12/7/13
to
It is 3:15 am in cairo,egypt,as a south african living in egypt I could not sleep because of a mosquito and it reminded of this poem that I learnt in 1978 at primary school,I hunted it and now I have a bloedkol teen my kamer muur;so die muskiet het finally gesterf,lol

catheri...@gmail.com

unread,
Apr 10, 2014, 3:00:09 AM4/10/14
to

lenko...@gmail.com

unread,
Jan 7, 2016, 4:20:57 AM1/7/16
to
On Thursday, April 10, 2014 at 9:00:09 AM UTC+2, catheri...@gmail.com wrote:
>

Ja neh, it reminds me of the olden times, life was good at school.

gfmm...@gmail.com

unread,
Feb 20, 2016, 5:49:22 PM2/20/16
to
Vat 'n 2 L Coke(of ander) plastiese bottel,sny in die helfde vat 'n klein sop bordjie gooi gis(Yeast)en kwart kopie bruin suiker met lou warm water in bordjie.

Plaas plasties bottel oor (bo op) bordjie met gis bruin suiker en water en los.
Al die muskiete sal in die bottelnek in vlieg en nooit weer uitkom nie.
Glen (gehoor van 'n plaasboer)dit werk blykbaar vir meer as 2 weke.
Ek gaan dit ook nou probeer.
Vertel my of dit vir u ook werk.

glen...@gmail.com


lepog...@gmail.com

unread,
Nov 17, 2016, 4:53:15 AM11/17/16
to
muskiete jag

mahlat...@gmail.com

unread,
Aug 7, 2018, 2:15:35 PM8/7/18
to
Muskietejag

fortunat...@gmail.com

unread,
Aug 31, 2018, 9:51:46 PM8/31/18
to
1999թ. օգոստոսի 12, հինգշաբթի, 9:00:00, UTC+2 sympatico.ca օգտատերը գրել է.
> MUSKIETE JAG
> A.D. Keet
>
> Jou vabond, wag, ek sal jou kry,
> Van jou sal net ‘n bloedkol bly
> Hier teen my kamermure.
> Deur jou vervloekte gonsery,
> Deur jou gebyt en plagery
> Kon ek nie slaap vir ure.
>
> Mag ek my voorstel, eer ons skei,
> Eer jy die doodslag van my kry -
> My naam is van der Merwe.
> Muskiet, wees maar nie treurig nie,
> Wees ook nie so kieskeurig nie.

zodwaspec...@gmail.com

unread,
Jan 30, 2019, 5:53:54 AM1/30/19
to

rpi...@gmail.com

unread,
Feb 4, 2019, 2:29:19 PM2/4/19
to
Gloudina , vroeer van Kimberley, is dit jy?

moniquec...@gmail.com

unread,
Feb 6, 2019, 1:41:05 PM2/6/19
to
torsdag den 12. august 1999 kl. 08.00.00 UTC+1 skrev sympatico.ca:
0 new messages